Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: liefdesappel
liefdesappel [boodskap #153576] Ma., 16 November 2026 06:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
liefdesappel
Afbreking: lief•des•ap•pel
Samestelling: liefde + appel


Selfstandige naamwoord: liefdesappel
Meervoud: liefdesappels
Verkleinwoord: liefdesappeltjie
Meervoud van verkleining: liefdesappeltjies

Betekenis:
• Die tamatie of 'n tamatieagtige vrug wat liefde en vrugbaarheid sou bevorder.

Gebruik:
• Die liefdesappels versprei hulle geur; daar is allerlei keurige vrugte by ons deur, vars en oud; ek het hulle vir jou gebêre, man wat ek liefhet. [Hooglied 7:13]

Sinoniem:
• tamatie

Vertaling:
Engels: love apple
Nederlands: liefdesappel

Nota:
• Die presiese plant waarna die Bybelse "liefdesappels" verwys, is nie met sekerheid vasgestel nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tempelprostituut
tempelprostituut [boodskap #153575] So., 15 November 2026 18:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
tempelprostituut
Afbreking: tem•pel•pros•ti•tuut
Samestelling: tempel + prostituut


Selfstandige naamwoord: tempelprostituut
Meervoud: tempelprostitute

Betekenis:
• 'n Vrou wat as prostituut in tempels werk.

Gebruik:
• Niemand van julle mag sy dogter die skande aandoen om haar 'n tempelprostituut te laat word nie. [Levitikus 19:29]

Sinoniem:
• tempelhoer

Vertaling:
Engels: temple prostitute
Nederlands: tempelprostituee, tempelhoer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ondertussen
ondertussen [boodskap #153574] So., 15 November 2026 12:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
ondertussen
Afbreking: on•der•tus•sen


Bywoord: ondertussen

Betekenis:
• Gedurende die tyd wat iets anders gebeur.

Gebruik:
• Ondertussen het kosbare tyd verlore gegaan.

Sinoniem:
• inmiddels
• intussen
• onderwyl
• solank

Vertaling:
Engels: meanwhile, in the meantime
Nederlands: ondertussen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitdraai
uitdraai [boodskap #153573] So., 15 November 2026 11:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
uitdraai
Afbreking: uit•draai
Samestelling: uit + draai


Werkwoord: draai uit, uitdraai
Verlede tyd: het uitgedraai

Betekenis:
• Om te draai om iets los te maak of uit te haal.
• Om van 'n roete in 'n ander rigting te draai.
• Om iets tot gevolg te hê.

Gebruik:
• Hy draai die gloeilamp versigtig uit.
• Sy moes vinnig uitdraai om die voetganger te mis.
• Die saak het anders uitgedraai as wat ek verwag het.

Sinoniem:
• afskroef
• losdraai
• losskroef
• ontskroef
• afdraai
• afwyk
• uitwyk
• verloop

Afgelei:
• uitdraaipad

Vertaling:
Engels: to remove by turning; to dodge, evade; to come down to
Nederlands: uitdraaien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: afvreet
afvreet [boodskap #153572] So., 15 November 2026 10:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
afvreet
Afbreking: af•vreet
Samestelling: af + vreet


Werkwoord: vreet af, afvreet
Verlede tyd: het afgevreet

Betekenis:
• Om iets deur te vreet te verwyder of weg te neem.

Gebruik:
• Die sprinkane vreet die groenigheid in die veld af.
• Die voëls sal jou vleis van jou afvreet. [Genesis 40:19]
• Die roes het die metaal afgevreet.

Sinoniem:
• afbyt
• afeet
• wegvreet

Vertaling:
Engels: to eat away, gnaw off
Nederlands: afvreten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: seëlring
seëlring [boodskap #153571] So., 15 November 2026 10:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
seëlring
Afbreking: seël•ring
Samestelling: seël + ring


Selfstandige naamwoord: seëlring
Meervoud: seëlringe
Verkleinwoord: seëlringetjie
Meervoud van verkleining: seëlringetjies

Betekenis:
• 'n Ring met 'n gegraveerde teken (stempel) waarmee 'n seël gestempel word.

Gebruik:
• Die koning het die dokument met sy seëlring verseël.

Vertaling:
Engels: signet ring, seal ring
Nederlands: zegelring

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rouklere
rouklere [boodskap #153570] So., 15 November 2026 10:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
rouklere
Afbreking: rou•kle•re
Samestelling: rou + klere


Selfstandige naamwoord: roukleed
Meervoud: rouklere

Betekenis:
• Klere wat tydens 'n tydperk van rou gedra word.

Gebruik:
• Ná haar man se dood het sy vir 'n wyle swart rouklere gedra.

Sinoniem:
• begrafnisklere
• roudrag
• rougewaad

Vertaling:
Engels: mourning clothes, mourning garments
Nederlands: rouwkleding, rouwkleren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: boklam
boklam [boodskap #153569] So., 15 November 2026 09:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
boklam
Afbreking: bok•lam
Samestelling: bok + lam


Selfstandige naamwoord: boklam, boklammer
Meervoud: boklamme, boklammers
Verkleinwoord: boklammetjie
Meervoud van verkleining: boklammetjies

Betekenis:
• 'n Jong bok.

Gebruik:
• Maar sy broers het 'n boklam geslag en die klere van Josef gevat en in die bloed gedoop. [Genesis 37:31]

Wisselvorm:
• boklammer

Vertaling:
Engels: goat kid
Nederlands: geitenlam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bloedfamilie
bloedfamilie [boodskap #153568] So., 15 November 2026 09:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
bloedfamilie
Afbreking: bloed•fa•mi•lie
Samestelling: bloed + familie


Selfstandige naamwoord: bloedfamilie
Meervoud: bloedfamilies

Betekenis:
• Mense met dieselfde voorouers wat deur hulle bloedverwantskap aan mekaar verbind is.

Gebruik:
• Ons moenie sy lewe neem nie, hy (Josef) is ons broer, hy is bloedfamilie. [Genesis 37:22]

Sinoniem:
• bloedverwant

Vertaling:
Engels: blood relatives
Nederlands: bloedverwanten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: stamhoof
stamhoof [boodskap #153567] So., 15 November 2026 08:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
stamhoof
Afbreking: stam•hoof
Samestelling: stam + hoof


Selfstandige naamwoord: stamhoof
Meervoud: stamhoofde

Betekenis:
• Die leier of hoogste gesagsdraer van 'n stam.

Gebruik:
• Die stamhoof het die oudstes vir 'n vergadering byeengeroep.

Sinoniem:
• hoofman
• kaptein
• stamleier

Antoniem:
• stamlid

Vertaling:
Engels: tribal chief, chieftain, headman
Nederlands: stamhoofd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: byvrou
byvrou [boodskap #153566] So., 15 November 2026 08:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
byvrou
Afbreking: by•vrou
Samestelling: by + vrou


Selfstandige naamwoord: byvrou
Meervoud: byvroue

Betekenis:
• 'n Vrou wat buite-egtelik saam met 'n getroude man woon.
• (Bybel) 'n Sekondêre eggenoot wat aan die hoofvrou ondergeskik is.

Gebruik:
• Die koning het baie vroue en byvroue gehad.
• Abraham het Hagar as byvrou geneem.

Sinoniem:
• bysit
• bywyf

Antoniem:
• hoofvrou
• houvrou

Vertaling:
Engels: concubine
Nederlands: bijvrouw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: familiegeskiedenis
familiegeskiedenis [boodskap #153565] So., 15 November 2026 08:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
familiegeskiedenis
Afbreking: fa•mi•lie•ge•skie•de•nis
Samestelling: familie + geskiedenis


Selfstandige naamwoord: familiegeskiedenis
Meervoud: familiegeskiedenisse

Betekenis:
• Die geskiedenis en herkoms van 'n familie oor verskillende geslagte heen.

Gebruik:
• Sy vors haar familiegeskiedenis na om meer oor haar voorouers te wete te kom.

Sinoniem:
• familieverlede

Vertaling:
Engels: family history
Nederlands: familiegeschiedenis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: slavinvrou
slavinvrou [boodskap #153564] So., 15 November 2026 08:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
slavinvrou
Afbreking: sla•vin•vrou
Samestelling: slavin + vrou


Selfstandige naamwoord: slavinvrou
Meervoud: slavinvroue

Betekenis:
• 'n Slavin wat deur 'n man as vrou geneem is.

Gebruik:
• Terwyl Israel in daardie landstreek gebly het, het Ruben gemeenskap gehad met Bilha, sy pa se slavinvrou. [Genesis 35:22]

Vertaling:
Engels: slave wife
Nederlands: slavinvrouw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: hiertoe
hiertoe [boodskap #153563] Sa., 14 November 2026 19:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
hiertoe
Afbreking: hier•toe
Samestelling: hier + toe


Bywoord: hiertoe

Betekenis:
• Tot die genoemde plek, doel of tydstip.

Gebruik:
• Hulle het hiertoe ingestem.
• Tot hiertoe en nie 'n steek verder nie.
• Ek is tot hiertoe vol van jou nonsens!

Vertaling:
Engels: to this, hereto, to this end
Nederlands: hiertoe

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kameelbul
kameelbul [boodskap #153562] Sa., 14 November 2026 18:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kameelbul
Afbreking: ka•meel•bul
Samestelling: kameel + bul


Selfstandige naamwoord: kameelbul
Meervoud: kameelbulle

Betekenis:
• 'n Volwasse manlike kameel.

Gebruik:
• Gedurende die paarseisoen kan die kameelbulle besonder aggressief raak.

Antoniem:
• kameelkoei

Vertaling:
Engels: male camel, bull camel
Nederlands: mannelijke kameel, kamelenhengst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kameelkoei
kameelkoei [boodskap #153561] Sa., 14 November 2026 17:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kameelkoei
Afbreking: ka•meel•koei
Samestelling: kameel + koei


Selfstandige naamwoord: kameelkoei
Meervoud: kameelkoeie

Betekenis:
• 'n Vroulike kameel.

Gebruik:
• Julle tree op net soos 'n onrustige kameelkoei wat rondhardloop op soek na 'n bul. [Jeremia 2:24]

Sinoniem:
• kameelwyfie

Antoniem:
• kameelbul

Vertaling:
Engels: female camel, cow camel
Nederlands: kamelenkoe, vrouwelijke kameel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kliphoop
kliphoop [boodskap #153560] Sa., 14 November 2026 13:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kliphoop
Afbreking: klip•hoop
Samestelling: klip + hoop


Selfstandige naamwoord: kliphoop
Meervoud: kliphope
Verkleinwoord: kliphopie
Meervoud van verkleining: kliphopies

Betekenis:
• 'n Hoop klippe wat opmekaar gepak of gegooi is.

Gebruik:
• Hierdie kliphoop sal dien as getuienis van ons ooreenkoms, het Laban verklaar. [Genesis 31:48]

Sinoniem:
• klipstapel

Vertaling:
Engels: pile of stones, heap of rocks
Nederlands: steenhoop, stapel stenen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kameelsaal
kameelsaal [boodskap #153559] Sa., 14 November 2026 12:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kameelsaal
Afbreking: ka•meel•saal
Samestelling: kameel + saal


Selfstandige naamwoord: kameelsaal
Meervoud: kameelsale

Betekenis:
• 'n Saal wat op die rug van 'n kameel geplaas word sodat 'n persoon daarop kan sit en ry.

Gebruik:
• Die handelaar het sy kameelsaal op die kameel se rug vasgemaak en sy reis deur die woestyn voortgesit.

Vertaling:
Engels: camel saddle
Nederlands: kamelenzadel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: fynkam
fynkam [boodskap #153558] Sa., 14 November 2026 12:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
fynkam
Afbreking: fyn•kam
Samestelling: fyn + kam


Werkwoord: fynkam
Verlede tyd: het fyngekam
Teenwoordige deelwoord: fynkammend, fynkammende
Verlede deelwoord: fyngekamde

Betekenis:
• Om hare bietjie vir bietjie te kam om luise en nete te verwyder.
• (figuurlik) Om noukeurig en sistematies te deursoek of te ondersoek.

Gebruik:
• Die bobbejaan fynkam sy makker se pels.
• Die polisie het die hele gebied fyngekam op soek na leidrade.

Sinoniem:
• deurkam
• deursoek

Vertaling:
Engels: to comb through; to search thoroughly
Nederlands: uitkammen; grondig doorzoeken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: lier
lier [boodskap #153557] Sa., 14 November 2026 12:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
lier
Afbreking: lier


Selfstandige naamwoord: lier
Meervoud: liere
Verkleinwoord: liertjie
Meervoud van verkleining: liertjies

Betekenis:
• 'n U-vormige musiekinstrument van antieke Griekeland wat getokkel word, veral vir begeleiding van sang of voordrag van poësie.
• 'n Horisontale wenas waarmee voorwerpe met behulp van 'n kabel gehys of laat sak word.

Gebruik:
• Sing, en slaan die tamboeryn, laat hoor die lieflike klanke van die lier en die harp. [Psalms 81:3]
• Die werkers het 'n lier gebruik om die swaar masjien op die vragmotor te lig.

Spreekwoord:
• Hy hang die lier aan die wilger. [Nie meer dig nie.]

Hiperoniem:
• snaarinstrument

Afgelei:
• lierbegeleiding
• lierdigter
• liersang
• lierspeler
• liertrommel
• liervoël
• liervormig

Vertaling:
Engels: lyre; winch
Nederlands: lier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vaderhuis
vaderhuis [boodskap #153556] Sa., 14 November 2026 11:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
vaderhuis
Afbreking: va•der•huis
Samestelling: vader + huis


Selfstandige naamwoord: vaderhuis
Meervoud: vaderhuise

Betekenis:
• Die huis waarin iemand se vader woon of gewoon het; ouerhuis.
• (figuurlik) Die hemel; woonplek van God.

Gebruik:
• Ná jare in die buiteland het hy na sy vaderhuis teruggekeer.
• Christus berei vir ons 'n plek in die Vaderhuis.

Sinoniem:
• ouerhuis
• ouerwoning
• hemel
• hiernamaals

Vertaling:
Engels: father's house; heaven
Nederlands: vaderhuis

Nota:
• Vaderhuis in die figuurlike betekenis word met 'n hoofletter geskryf.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: klippilaar
klippilaar [boodskap #153555] Sa., 14 November 2026 11:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
klippilaar
Afbreking: klip•pi•laar
Samestelling: klip + pilaar


Selfstandige naamwoord: klippilaar
Meervoud: klippilare
Verkleinwoord: klippilaartjie
Meervoud van verkleining: klippilaartjies

Betekenis:
• 'n Pilaar wat van klip gebou of gekap is.

Gebruik:
• Die ingang van die landgoed word deur twee groot klippilare afgebaken.

Sinoniem:
• steenpilaar

Vertaling:
Engels: stone pillar, stone column
Nederlands: stenen pilaar, stenen zuil

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rondsoek
rondsoek [boodskap #153554] Sa., 14 November 2026 10:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
rondsoek
Afbreking: rond•soek
Samestelling: rond + soek


Werkwoord: rondsoek, soek rond
Verlede tyd: het rondgesoek
Teenwoordige deelwoord: rondsoekend, rondsoekende
Verlede deelwoord: rondgesoekte

Betekenis:
• Om oral oor te soek; iets op verskillende plekke en in verskillende rigtings probeer vind.

Gebruik:
• Sy soek die hele huis rond vir haar sleutels.
• Die polisie het rondgesoek vir bewysstukke, maar daar was niks nie.

Sinoniem:
• deursoek
• fynkam
• rondsnuffel

Afgelei:
• rondsoeker

Vertaling:
Engels: to search around, look around
Nederlands: rondzoeken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: broeiplek
broeiplek [boodskap #153553] Vr., 13 November 2026 11:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
broeiplek
Afbreking: broei•plek
Samestelling: broei + plek


Selfstandige naamwoord: broeiplek
Meervoud: broeiplekke
Verkleinwoord: broeiplekkie
Meervoud van verkleining: broeiplekkies

Betekenis:
• 'n Plek waar voëls of reptiele hulle eiers lê.

Gebruik:
• Die vlei is die broeiplek van verskeie watervoëls.

Sinoniem:
• broeigebied

Vertaling:
Engels: breeding site, nesting site
Nederlands: broedplaats, nestplaats

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: asdrom
asdrom [boodskap #153552] Vr., 13 November 2026 11:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
asdrom
Afbreking: as•drom
Samestelling: as + drom


Selfstandige naamwoord: asdrom
Meervoud: asdromme
Verkleinwoord: asdrommetjie
Meervoud van verkleining: asdrommetjies

Betekenis:
• 'n Groot houer waarin huishoudelike afval en rommel gegooi word.

Gebruik:
• Die munisipaliteit maak ons asdromme elke Dinsdag leeg.

Sinoniem:
• asblik
• vullisdrom
• vullishouer

Vertaling:
Engels: dustbin, rubbish bin, garbage bin
Nederlands: vuilnisbak, afvalcontainer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: taalwenk
taalwenk [boodskap #153551] Vr., 13 November 2026 10:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
taalwenk
Afbreking: taal•wenk
Samestelling: taal + wenk


Selfstandige naamwoord: taalwenk
Meervoud: taalwenke

Betekenis:
• 'n Kort stukkie raad of inligting oor die korrekte gebruik, spelling, uitspraak of grammatika van 'n taal.

Gebruik:
• Die taalwenk verduidelik wanneer om 'n komma in 'n sin te gebruik.

Vertaling:
Engels: language tip
Nederlands: taaltip

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: trefwoord
trefwoord [boodskap #153550] Vr., 13 November 2026 10:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
trefwoord
Afbreking: tref•woord
Samestelling: tref + woord


Selfstandige naamwoord: trefwoord
Meervoud: trefwoorde
Verkleinwoord: trefwoordjie
Meervoud van verkleining: trefwoordjies

Betekenis:
• 'n Woord wat die onderwerp van 'n inskrywing aandui en gebruik word om inligting in 'n soektog te vind.

Gebruik:
• Die woordeboek bevat sowat 27 000 Afrikaanse trefwoorde met verklarings, voorbeeldsinne en vertalings.

Sinoniem:
• lemma
• sleutelwoord

Vertaling:
Engels: headword, keyword
Nederlands: trefwoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: skoolwoordeboek
skoolwoordeboek [boodskap #153549] Vr., 13 November 2026 10:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
skoolwoordeboek
Afbreking: skool•woor•de•boek
Samestelling: skool + woordeboek


Selfstandige naamwoord: skoolwoordeboek
Meervoud: skoolwoordeboeke
Verkleinwoord: skoolwoordeboekie
Meervoud van verkleining: skoolwoordeboekies

Betekenis:
• 'n Woordeboek wat spesiaal vir skoolleerders saamgestel is.

Gebruik:
• Elke leerder behoort 'n skoolwoordeboek te hê sodat hy of sy die korrekte betekenis en spelling van woorde kan naslaan.

Vertaling:
Engels: school dictionary
Nederlands: schoolwoordenboek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: millenniër
millenniër [boodskap #153548] Vr., 13 November 2026 10:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
millenniër
Afbreking: mil•len•ni•ër
Samestelling: millennium + -ër


Selfstandige naamwoord: millenniër
Meervoud: millenniërs
Verkleinwoord: millenniërtjie
Meervoud van verkleining: millenniërtjies

Betekenis:
• 'n Persoon wat tussen 1981 en 1996 gebore is en tot die demografiese groep bekend as Generasie Y behoort.

Gebruik:
• Die millenniërs het te midde van die opkoms van die internet en digitale tegnologie grootgeword.

Afgelei:
• millenniërroman
• millenniërstyl

Vertaling:
Engels: millennial
Nederlands: millennial

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: toegooi
toegooi [boodskap #153547] Vr., 13 November 2026 07:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
toegooi
Afbreking: toe•gooi
Samestelling: toe + gooi


Werkwoord: gooi toe, toegooi
Verlede tyd: het toegegooi
Verlede deelwoord: toegegooide

Betekenis:
• Om iets oor iets anders te gooi om dit te bedek.
• Om iets binne-in te gooi om op te vul.

Gebruik:
• Sy gooi die babatjie met 'n kombers toe.
• Die werkers het die sloot toegegooi.

Sinoniem:
• bedek
• opvul
• toemaak
• volgooi

Antoniem:
• oopgooi
• oopmaak

Afgelei:
• toegooiing

Vertaling:
Engels: to throw over; to fill in
Nederlands: toegooien; dichtgooien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: toegrawe
toegrawe [boodskap #153546] Vr., 13 November 2026 07:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
toegrawe
Afbreking: toe•gra•we
Samestelling: toe + grawe


Werkwoord: grawe toe, toegrawe
Verlede tyd: het toegegrawe

Betekenis:
• Om iets te bedek deur grond of 'n ander materiaal daaroor te gooi.

Gebruik:
• Die werkers grawe die pyp toe.
• Hulle het die graf toegegrawe en 'n grafsteen daaroor geplaas.

Sinoniem:
• bedek
• toemaak

Antoniem:
• oopgrawe

Afgelei:
• toegrawing

Vertaling:
Engels: to bury, fill in, cover up
Nederlands: dichtgooien, begraven, toedekken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oopgrawe
oopgrawe [boodskap #153545] Vr., 13 November 2026 07:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
oopgrawe
Afbreking: oop•gra•we
Samestelling: oop + grawe


Werkwoord: grawe oop, oopgrawe
Verlede tyd: het oopgegrawe
Verlede deelwoord: oopgegraafde

Betekenis:
• Om iets deur te grawe oop te maak of bloot te lê.

Gebruik:
• Die argeoloë grawe die ou ruïnes oop.
• Die werkers het die verstopte pyp oopgegrawe om die lekkasie te herstel.

Sinoniem:
• blootlê
• uitgrawe

Antoniem:
• toegrawe

Afgelei:
• oopgrawing

Vertaling:
Engels: to excavate, dig open
Nederlands: opgraven, blootleggen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: honderdvoudig
honderdvoudig [boodskap #153544] Vr., 13 November 2026 07:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
honderdvoudig
Afbreking: hon•derd•vou•dig
Samestelling: honderdvoud + -ig


Byvoeglike naamwoord: honderdvoudig
Attributief: honderdvoudige

Betekenis:
• Wat 'n honderd keer meer of groter is.

Gebruik:
• Die belegging het honderdvoudig in waarde toegeneem.
• Daar was ook 'n deel wat in goeie grond geval het, en dit het opgekom en 'n honderdvoudige oes gelewer. [Lukas 8:8]

Sinoniem:
• honderdmaal

Afgelei:
• verhonderdvoudig

Vertaling:
Engels: hundredfold, a hundred times.
Nederlands: honderdvoudig, honderdmaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: velsak
velsak [boodskap #153543] Do., 12 November 2026 18:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
velsak
Afbreking: vel•sak
Samestelling: vel + sak


Selfstandige naamwoord: velsak
Meervoud: velsakke
Verkleinwoord: velsakkie
Meervoud van verkleining: velsakkies

Betekenis:
• 'n Sak wat van vel gemaak is.

Gebruik:
• In die Bybelse tye is water en wyn dikwels in velsakke gebêre.

Sinoniem:
• leersak

Vertaling:
Engels: skin pouch, skin bag, leather bag
Nederlands: leren zak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: waterput
waterput [boodskap #153542] Do., 12 November 2026 17:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
waterput
Afbreking: wa•ter•put
Samestelling: water + put


Selfstandige naamwoord: waterput
Meervoud: waterputte
Verkleinwoord: waterputjie
Meervoud van verkleining: waterputjies

Betekenis:
• 'n Diep, nou gat in die grond waaruit water gehaal word.

Gebruik:
• Die vroue skep water by die waterput.

Hiperoniem:
• waterbron

Verwant:
• putwater

Vertaling:
Engels: water well, well
Nederlands: waterput, waterwinput

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: doringbos
doringbos [boodskap #153541] Do., 12 November 2026 16:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
doringbos
Afbreking: do•ring•bos
Samestelling: doring + bos


Selfstandige naamwoord: doringbos
Meervoud: doringbosse
Verkleinwoord: doringbossie
Meervoud van verkleining: doringbossies

Betekenis:
• 'n Struik of bos met dorings aan sy takke.

Gebruik:
• God het in die vorm van 'n brandende doringbos aan Moses verskyn.
• Die boer het al die doringbosse op sy plaas uitgekap.

Sinoniem:
• doringstruik
• doringgewas

Hiponiem:
• katdoringbos

Vertaling:
Engels: thorn bush, thornbush, thorn‐shrub
Nederlands: doornbos, doornstruik

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: regverdige
regverdige [boodskap #153540] Do., 12 November 2026 16:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
regverdige
Afbreking: reg•ver•di•ge
Samestelling: regverdig + -e


Selfstandige naamwoord: regverdige
Meervoud: regverdiges

Betekenis:
• 'n Persoon wat regverdig en billik optree.

Gebruik:
• Die regverdige kan sewe keer val, en hy sal weer opstaan. [Spreuke 24:16]
• Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon. [Psalms 37:29]

Sinoniem:
• opregte
• regskapene

Antoniem:
• onregverdige

Vertaling:
Engels: righteous person, just person
Nederlands: rechtvaardige


Byvoeglike naamwoord: regverdig
Attributief: regverdige

Betekenis:
• Attributiewe vorm van regverdig.

Gebruik:
• Noag was 'n regverdige man.

Vertaling:
Engels: fair, just, righteous
Nederlands: rechtvaardige

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verbondsteken
verbondsteken [boodskap #153539] Do., 12 November 2026 14:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
verbondsteken
Afbreking: ver•bonds•te•ken
Samestelling: verbond + -s- + teken


Selfstandige naamwoord: verbondsteken
Meervoud: verbondstekens

Betekenis:
• 'n Sigbare teken of simbool ter herinnering aan en bevestiging van 'n belofte wat gemaak is.

Gebruik:
• Die reënboog is die verbondsteken van God aan Noag dat Hy nooit weer die aarde deur 'n vloed sal verwoes nie.

Sinoniem:
• verbondsimbool
• verbondsmerk

Vertaling:
Engels: covenant sign, sign of the covenant
Nederlands: verbondsteken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: terugdruk
terugdruk [boodskap #153538] Do., 12 November 2026 11:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
terugdruk
Afbreking: te•rug•druk
Samestelling: terug + druk


Werkwoord: druk terug, terugdruk
Verlede tyd: het teruggedruk

Betekenis:
• Om iets met druk na sy oorspronklike plek of posisie te skuif.
• (figuurlik) Om weerstand te bied.

Gebruik:
• As die lewe jou druk, dan druk jy terug!
• As die tandepasta uit die buisie is, kan hy dit nie weer terugdruk nie.
• Die soldate het die aanval afgeweer en die vyand teruggedruk.

Sinoniem:
• terugdryf
• terugplaas
• terugskuif
• terugstamp
• terugstoot

Afgelei:
• terugdrukking

Vertaling:
Engels: to push back, force back, repel
Nederlands: terugduwen, terugdringen, afweren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: soutpilaar
soutpilaar [boodskap #153537] Do., 12 November 2026 10:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
soutpilaar
Afbreking: sout•pi•laar
Samestelling: sout + pilaar


Selfstandige naamwoord: soutpilaar
Meervoud: soutpilare

Betekenis:
• 'n Pilaarvormige struktuur van sout.

Gebruik:
• Lot se vrou het omgekyk en sy het in 'n soutpilaar verander. [Genesis 19:26]

Spreekwoord:
• Hy staan daar soos 'n soutpilaar. [Stilstaan sonder om te roer of 'n woord te sê.]

Verwant:
• soutformasie

Vertaling:
Engels: pillar of salt
Nederlands: zoutpilaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (4): [ «  ‹  1  2  3  4  ›  »]


Tyd nou: Di. Nov. 24 10:05:38 UTC 2026