| regverdige [boodskap #153540] |
Do., 12 November 2026 16:00 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27113 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
regverdige
Afbreking: reg•ver•di•ge
Samestelling: regverdig + -e
Selfstandige naamwoord: regverdige
Meervoud: regverdiges
Betekenis:
• 'n Persoon wat regverdig en billik optree.
Gebruik:
• Die regverdige kan sewe keer val, en hy sal weer opstaan. [Spreuke 24:16]
• Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon. [Psalms 37:29]
Sinoniem:
• opregte
• regskapene
Antoniem:
• onregverdige
Vertaling:
Engels: righteous person, just person
Nederlands: rechtvaardige
Byvoeglike naamwoord: regverdig
Attributief: regverdige
Betekenis:
• Attributiewe vorm van regverdig.
Gebruik:
• Noag was 'n regverdige man.
Vertaling:
Engels: fair, just, righteous
Nederlands: rechtvaardige
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|