Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Pinkster koortjies woorde en kitaar drukke

Di., 06 Mei 2025 03:15

Ek wil hoor of daar miskien iemand op hierdie forum is wat my kan help met kitaardrukke en lirieke vir die Pinkster koortjies. 

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe woord

Ek het 'n nuwe woord geskep vir my vrou se huiswerk; Wo., 30 April 2025 03:38

My vrou maak verskillende ditjies en datjies by die huis en van die produkte wat sy maak vir kliënte is 'cake toppers' daar is nie 'n mooi Afrikaanse term daarvoor en ek stel toe voor dat sy dit koekpredikante noem. Die rede hiervoor is dat ons die inligtingborde langs die pad ook straatpredikante noem omdat dit inligting oordra. So hoekom dan nie die' cake toppers' koekpredikante noem nie? Wat dink julle hiervan? 

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Manuskripte vir uitgewers

Hoe skrywers `n manuskrip voorberei vir die uitgewer met die oog op publikasie; Do., 17 April 2025 11:15

Goeie dag aan elkeen wat hier lees.

Ek wil die gesprek/ke begin deur te vra of hier iemand tussen ons is, wat al ooit oorweeg het om poësie werke voor te berei met die oog op uitgee/vrystel van hulle werke. 

Die rede vir die vraag is dat ekself nou aan `n bundel werk met die oog op moontlike publikasie (my heel eerste bundel).  En sal graag idees, gedagtes en ervarings deel met ander

Theuns (Voges)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Wanneer jou medies 'n grap is

'n Kies in die tong grap oor mediese fondse.; Do., 10 April 2025 07:36



So, jy het gedink jou mediese fonds het jou gedek? Dink weer! Kyk hoe 'n ongelukkige pasiënt die duur les van "out-of-pocket uitgawes" leer. Van die aanvanklike skok tot die onwillige betaling, hierdie snaakse dog aangrypende video omvat die frustrerende realiteit van die navigasie van uitsluitings in mediese versekering.

Maak gereed om (ongemaklik) te lag vir die situasie waarmee baie kan identifiseer.

Humor & grappe | 0 kommentare

Die Wonderbaarlike Molekule

Die chemie en die fisika van die molekule; Di., 11 Maart 2025 17:20

Ek is op soek na die boek: Die Wonderbaarlike Molekule wat uitgegee was deur Human & Rousseau. 
Het iemand die boek vir my?
Stuur my `n brief na stephanoberholzer9@gmail.com as u die boek het.

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Rym-homofoon soeklys

Is daar woordeboeke/lyste vir rymwoorde of homofone; Sa., 18 Januarie 2025 09:00

Bestaan daar enige woordeboeke of lyste op die web waar woorde wat rym of homofone gesoek kan word? Ek soek na woorde wat rym met Malmesbury. Laughing

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

Verskreeude Aarde

Do., 16 Januarie 2025 08:46

Kom my kind
kry jou klere
dis koud buite;
vandag help die Here.

Die mielies staan mooi
en die beeste is vet-
vandag is dit nikswerd
volgens Britse wet.

"Who's in charge
if I may ask-
not that it matters
as this farm won't last!"


Sy hoedpunt glinster,
sy bootse blink,
sy stem is hard
waar teen kraalmuur weerklink.

"Gather the cattle
burn and plunder,
but hurry lads
in the distance thunder!"


Die grasdak knars,
beespoot dreun,
Tommie dra nader
vandag gaan die osse steun...

"Excuse me sir;
ja jy jou fokken rooinek!
Wat maak jy?
Vandag is jy vrek!"


Uit een mond bevestig
vuur veertig Mausers tegelyk,
twintig Tommies tuimel
terwyl offisier agter wa induik.

"Hensop jou bliksem!"
Vandag is jou beurt
kyk wat het jul gedoen,
maar dis mos nie verkeerd.

"What's wrong now,
is it a bit warm?
If you're lucky
the flames will die from the storm."


Laat jy vrek jou Khaki
deur jou eie vuur begint,
daar in my knetterende huis
waar jy jou nou bevind...

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Heksenag

Do., 16 Januarie 2025 08:23

'n Monster in die nag
my eie gedagtes
besig met 'n heksejag.

Moet ek wegvlug?
My rug draai
op die weerwolwe
wat in my nek kug?

Met hande wat vasgryp
klere verskeur-
dan vaspen teen 'n paal
en my siel met 'n fakkel steur.

Bly net 'n hopie as
as teken van geboorte;
'n teken dat ek ooit was.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Oujaarsgebed

Di., 31 Desember 2024 16:01

Oujaarsgebed
/fa/111/0/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kinderjare

'n Gedig oor kinderjare in die moderne wêreld.; So., 29 Desember 2024 16:22

Kinderjare

Kinders hoort in die veldt
Waar hul speel met klippies
en klein steentjies vir geld.
Waar hul baljaar langs die strome
In die skadu's van bome
Met kleilat en water
En lighartige skater.

Kinders hoort in die tuin
In die grond met hande
so vuil en bruin.
Waar hul paadjies en dorpies
Met die pootjies van hondjies
Deur die grond van die bedding
Maak met ou-boet se ledding.

Kinders hoort op die plaas
Waar hul help met die werk
wat nog wag vir ou Klaas.
Waar die skape en koeie
En daaglikse moeite
Hul leer om te luister
En saggies te fluister.

Kinders hoort op die speelgrond
Waar hul vriende kan maak
en saam hul voete seer word.
Waar die gedagtes vry vloei
En elmboë en knieë bloei
Maar die monde oop lag
En is die stemme nie sag.

Hoe kan ons verwag
Dat kinders die wêreld moet lief
As hul elke lang dag
Alleen in hul kamers moet stief?
En hul enigste vriende net in ene en nulle
Op koue skerms verskyn vir hulle?

Nog is ouers verbaas
As hul kinders nie haas
Om na buite te gaan
En te speel in die laan,
Waar karre in spoed ry
En die hitte lank bly,
Waar net konkreit en teer
Al wee voete beseer

Nog is ouers ontsteld
As kinders eerder as boeklees
Alleen in hul kamers wil wees
En harde werk en geld
Nie waardeer word.

En nog soek ouers verskonings
Met speelgoed in wonings
Waar geen tyd en liefdes
Aan klein kind se dieptes
Spandeer word.

En so sal die dag kom
Wanneer kreukels en sproete
En ou hande se groete
En groen are
en silwer hare
wat val soos herfsblare
Voor 'n venster sit
En wag.

Vir neuse en ore
En blinkende oë
En stralende stemme
in net-te-klein hemde,
Vir voete wat nooit weer
Na die voordeur
Sal stap.

---

Ek het die gedig verlede week geskryf na afloop van ’n aanlyn gesprek oor hoe die moderne wêreld, en veral die aanlyn sosialemedia-wêreld, die lewens en ontwikkeling van kinders beïnvloed.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Bladsye (1838): [1  2  3  4  5  6  7  8  9  10  11  12  13  14  15    »]
Tyd nou: Do. Mei 15 23:07:57 UTC 2025