Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kinderjare

'n Gedig oor kinderjare in die moderne wêreld.; So., 29 Desember 2024 16:22

Kinderjare

Kinders hoort in die veldt
Waar hul speel met klippies
en klein steentjies vir geld.
Waar hul baljaar langs die strome
In die skadu's van bome
Met kleilat en water
En lighartige skater.

Kinders hoort in die tuin
In die grond met hande
so vuil en bruin.
Waar hul paadjies en dorpies
Met die pootjies van hondjies
Deur die grond van die bedding
Maak met ou-boet se ledding.

Kinders hoort op die plaas
Waar hul help met die werk
wat nog wag vir ou Klaas.
Waar die skape en koeie
En daaglikse moeite
Hul leer om te luister
En saggies te fluister.

Kinders hoort op die speelgrond
Waar hul vriende kan maak
en saam hul voete seer word.
Waar die gedagtes vry vloei
En elmboë en knieë bloei
Maar die monde oop lag
En is die stemme nie sag.

Hoe kan ons verwag
Dat kinders die wêreld moet lief
As hul elke lang dag
Alleen in hul kamers moet stief?
En hul enigste vriende net in ene en nulle
Op koue skerms verskyn vir hulle?

Nog is ouers verbaas
As hul kinders nie haas
Om na buite te gaan
En te speel in die laan,
Waar karre in spoed ry
En die hitte lank bly,
Waar net konkreit en teer
Al wee voete beseer

Nog is ouers ontsteld
As kinders eerder as boeklees
Alleen in hul kamers wil wees
En harde werk en geld
Nie waardeer word.

En nog soek ouers verskonings
Met speelgoed in wonings
Waar geen tyd en liefdes
Aan klein kind se dieptes
Spandeer word.

En so sal die dag kom
Wanneer kreukels en sproete
En ou hande se groete
En groen are
en silwer hare
wat val soos herfsblare
Voor 'n venster sit
En wag.

Vir neuse en ore
En blinkende oë
En stralende stemme
in net-te-klein hemde,
Vir voete wat nooit weer
Na die voordeur
Sal stap.

---

Ek het die gedig verlede week geskryf na afloop van ’n aanlyn gesprek oor hoe die moderne wêreld, en veral die aanlyn sosialemedia-wêreld, die lewens en ontwikkeling van kinders beïnvloed.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

www.afrikaans.us

Open resource to learn Afrikaans; So., 15 Desember 2024 08:05

Sou jou vriende Afrikaans wil leer, stuur hulle na www.afrikaans.us

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 1 kommentaar

"ek sal sterf en na my vader gaan" deur Breyten Breytenbach

So., 24 November 2024 20:21

ek sal sterf en na my vader gaan
Wellington toe met lang bene
blink in die lig
waar die kamers swaar en donker is
waar sterre soos seemeeue sit op die nok
en engele vir wurms spit in die tuin,
ek sal sterf en met min bagasie
in die pad val
die Wellingtonse berge oor
tussen die bome en die skemer deur
en na my vader gaan:

die son sal in die aarde klop
die wind se branders laat die voeë kraak
ons hoor die huurders
skuurloop bo ons kop
ons sal dambord speel op die agterstoep
– ouvader kul –
en oor die radio luister na die nag se nuus

vriende, medesterwendes,
moenie huiwer nie; nou hang die lewe
nog soos vlees om ons lywe
maar die dood beskaam nie;
ons kom en ons gaan
is soos water uit die kraan so

soos klanke uit die mond
soos ons kom en ons gaan:
ons béne sal die vryheid kén
kom saam
in my sterf in in my na my vader gaan
Wellington toe waar die engele
met wurms vet sterre uit die hemel hengel;
laat ons sterf en vergaan en vrolik wees:
my vader het ’n groot bôrdienghuis

– Breyten Breytenbach

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Uber in Afrikaans

Wo., 13 November 2024 06:44

Die lyk nogal interessant:

Wanatu: Die eerste Afrikaanse e-Vervoerdiens
Huis Skool Werk Winkel Partytjie Kerk Tu.
Ons vat jou Danatu!
https://wanatu.co.za/

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Hola

Hola; Vr., 08 November 2024 22:01

hallo almal
Ek voel so gelukkig vandag. Ek probeer al sedert verlede jaar 'n lening kry en hulle vra almal vooraf fooie elke keer as ek hulle betaal, vra hulle vir 'n ander een. Dit is hoe ek aanhou om verskillende maatskappye te betaal. Twee dae gelede het 'n vriend vir my gesê om 'n private lener genaamte probeer, en ek het dit gisteroggend probeer. Ek het 'n persoonlike leningsbedrag van R 80,000.00 verskaf met 'n rentekoers van 2% . Ek word vanoggend wakker en word op my foon gewaarsku dat die R 80,000.00 gedeponeer is en ek pas teruggekeer het van die bank, my geld is daar.
Ek is so gelukkig. Asseblief, as iemand finansiële hulp nodig het, kontak J&E op sy WhatsApp. +27782265352



Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Trekliedjie

F.A.K.-Volksangbundel; Di., 15 Oktober 2024 19:04

Die sweep het geklap en die wawiele draai
agter die rooispan aan.
Ons hart is swaar; die skeiding is daar
van die plaas waar ons tuiste staan.
Trek oor die vlakte en trek oor die rand.
Stadig nou! Briek aandraai!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa!
Geluk lê net om die draai!

Uitspan vanaand, uitspan vanaand,
uitspan op Mooifontein!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa!
Geluk lê net om die draai!

Met jou aan my sy, o liefste van my,
dan vrees ek geen gevaar.
Die wildernis in om die vryheid te win;
daar word ons drome waar.
Trek oor die vlakte en trek oor die rand.
Stadig nou! Briek aandraai!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa!
Geluk lê net om die draai!

Uitspan vanaand, uitspan vanaand,
uitspan op Mooifontein!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa!
Geluk lê net om die draai!

Musiek & liriek | 0 kommentare

Teenoorgesteldes

Dominerend; Do., 10 Oktober 2024 17:32

Wat is die moontlike teenoorgesteldes van "dominerend"?

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

Hasie Grapies

Do., 05 September 2024 19:25

Toe ek op skool was het almal hasiegrappies vertel. Hier is so 'n paar ter herinnering aan die goeie ou dae:

Wat noem mens 'n hasie in 'n pyp? 'n Blokhasie.
Wat noem mens 'n hasie in die tuimeldroër? 'n Spinhasie.
Wat noem mens 'n hasie in die hospitaal? 'n Operhasie.
Wat noem mens 'n hasie in die Spur? 'n Inspirhasie.
Wat noem mens 'n hasies wat paar? 'n Vibrhasie.
Wat noem mens 'n deurskynende hasie? 'n Sp-hasie.
Wat noem mens 'n hasie met GPS? 'n Navighasie.
Wat noem mens 'n rugby hasie? 'n Paashasie.
Wat noem mens 'n hasie wat in die tuin werk? 'n Planthasie.
Wat noem mens 'n halwe hasie? 'n Sie.
Wat noem mens 'n hasie wat mond-tot-mond asemhaling toepas? 'n Oksidhasie.
Wat noem mens 'n Walt Disney Hasie? 'n Animhasie.
Wat noem mens 'n Vuvuzela Hasie? 'n Gerhasie.
Wat noem mens 'n hasie op 'n telefoon? 'n Kommunikhasie.
Wat noem mens 'n hasie by 'n geleentheid? 'n Okhasie.
Wat noem mens 'n losbandige hasie? 'n Flirthasie.
Wat noem mens 'n hasie wat preek? 'n Kanselhasie.
Wat noem mens 'n ryk hasie? 'n Inflhasie.
Wat noem mens 'n hasie wat opereer? 'n Operhasie.
Wat noem mens 'n hasie wat verpleeg? 'n Medikhasie.
Wat noem mens 'n hasie wat boer? 'n Plhasie.
Wat noem mens 'n prokureur hasie ? 'n Litighasie.
Wat noem mens 'n siek hasie? 'n Inflamhasie.
Wat noem mens 'n hasie wat oorsee gaan? 'n Immigrhasie.
Wat noem mens 'n hasie met spuitpoep? 'n Purghasie.
Wat noem mens iemand wat heeltyd hasie grappies vertel? 'n Irrithasie.

Humor & grappe | 0 kommentare

"Vliegie" deur C. Louis Leipoldt

Vr., 02 Augustus 2024 10:04

Vliegie, vliegie, fluister
As jy vlieg vir my;
Waar was jy eergister
Waarvandaan kom jy?
Boetie sê jy lewe
Net maar vir 'n dag
Vliegie, vliegie, fluister  -
Waar was jy vannag?

Slaap jy, vliegie?  Droom jy,
As jy sedig staan?
Vliegie, kom vertel my,
Eér jou dag vergaan.

Prosa & poësie | 0 kommentare

"As die lemoenbome bot" deur C. Louis Leipoldt

Vr., 02 Augustus 2024 10:00

Sysie, wat sing in die suurlemoenbome,
Sing nog 'n versie vir my!
Versies van liedjies wat lag as die lente,
Ressies van deuntjies geleen sonder rente,
Wysies herinner uit lang-dooie drome;
Sysie, kom sing dit vir my!

Kriekie, wat kriek in die kafhok se gerwe,
Kriek nog 'n keertjie vir my!
Jy, wat gaan dans met kabouters met kroontjies,
Wees my Galuppi, tok-tok met jou toontjies
Fluit die koraal, wat jy oor het geërwe
Kriekie, kom kriek dit vir my!

Padda, wat onder die paddastel bas sing
Blaas jou basuin nog vir my!
Blaas al jou ouderwetse refreine,
Wat ek kan opvang en vashou as myne,
Elkeen iets nuuts, elkeen 'n verrassing;
Padda, basuin weer vir my!

Borrelvink, borrel, dit is mos jou broeityd,
Sing vir jou maat en vir my!
Kwetter van vreugde, uit liefde kom borrel,
Hef aan 'n danklied vir elke graankorrel –
Graan is so volop, want nou is dit snoeityd;
Borrelvink, sing weer vir my!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1837): [ «    1  2  3  4  5  6  7  8  9  10  11  12  13  14  15  16    »]
Tyd nou: Vr. Jul. 18 07:07:19 UTC 2025