Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

die aarde versus die mens

Ma, 08 Augustus 2022 19:30

die aarde is die mens se enigste tuiste in die ganse heelal
en die uitleg van die land en die see maak dit ‘n baie mooi planeet

maar elke keer wanneer ek na die landkaart kyk
besef ek opnuut hoe onsettend min leefruimte
daar vir die meeste van ons landbewoners is

want haal ek die onbegaanbare bergreekse
die sand- en yswoestyne
die riviere en damme en mere
uit die landmassas uit

sien ek ‘n vreeslike klein stukkie grond
waarop stede teen ‘n verstommende snelheid groei

in die proses word medelandgenote uitgeroei
terwyl kosbare landbougrond onder kilometer op kilometer
teer en beton en plaveisel begrawe word

op watter stadium sal die mens wakker skrik en besef
dat hy besig is om sy enigste tuiste in die ganse heelal
totaal te vernietig deur sy dade van tereur
waarteen hy gewaarsku word maar waaraan hy hom glad nie steur

Prosa & poësie | 0 kommentare

vlugtog

Ma, 08 Augustus 2022 16:50

is daar oorlog in die lug
maak mense gereed om te vlug
na ‘n land waar hulle kan woon
sonder die daaglikse vrees vir ‘n rewolwerpatroon

oorloë is veronderstel om ook reëls te hê
selfs wanneer soldate in modderdeurdrenkte loopgrawe lê
want daar is ‘n baie fyn lyn ingeweef
tussen dood en leef

hier aan lande is daar tans ‘n oorlog wat woed
en dit word daagliks deur die regering gevoed
maar dit is ‘n oorlog sonder soldate en reëls
want op hierdie koeverte plak slegs die swartes die seëls

hulle rand aan en verkrag en steel en moor
asof hulle die finale sê het daaroor
terwyl die res van ons weekliks in vrees moet lewe
vanaf dag nommer een tot dag nommer sewe

waarheen kan ons wittes en bruines dan vlug
met die nuus van buurlandoorloë in die lug
want oorsee kan ons nooit nie gaan
waar kom die geld daarvoor dan tog vandaan

iemand moet opstaan en sê: genoeg is genoeg
ons het oor baie jare hard saam geswoeg
om van hierdie suiderland ‘n tuiste te maak
‘n land waar ons soggens in veiligheid kon ontwaak

Prosa & poësie | 0 kommentare

o groot karoo

Ma, 08 Augustus 2022 09:37

o, groot karoo
land van my jeug
ek mis jou so
as ek dink aan al die vreug’
wat ek as kind van jou kon ontvang

ja, groot karoo
so ver van hier
ek verlang na jou velde
jou plant en jou dier
wat ek as kind met jou kon deel

nee, groot karoo
ek sal nooit vergeet
die lewenslesse van my jeug
en baie ander dinge wat ek weet
wat ek as kind by jou kon leer

ai, groot karoo
uitgestrekte land
daar is aanslae van buite
op die wonderlike band
wat ek as kind aan jou kon heg

o, groot karoo
ek wil jou vra
om ook aan al die ander wat jou veld bewandel
al daardie mooi dinge oor te dra
wat ek as kind van jou kon ontvang

Prosa & poësie | 0 kommentare

wonderkaap

Ma, 08 Augustus 2022 09:36

wonderkaap, windkaap, pragkaap, stormkaap, hoopkaap, lieflingkaap
is slegs ‘n paar van jou vele benamings
maar op landkaarte verskyn jy slegs as
kaap van storms of kaap van goeie hoop
want dis hoe jy jouself aan die wêreld verkoop

vir die portugese seevaarders van ouds
was jy die kaap van goeie hoop
vir diaz en andere
was jy die kaap van storms
vir van riebeeck en die hugenote
was jy die kaap van goeie hoop
vir die mense van distrik ses
was jy die kaap van storms
vir die mense van robbeneiland
was jy die kaap van goeie hoop

vir die mense van die vlakte
is jy die kaap van storms
vir die onwettige immigrant uit afrika
is jy die kaap van goeie hoop
vir die buitelandse toeris
is jy die kaap van storms

maar vir my
sal jy immer die wonderkaap bly
die kaap waar die ysterwiele van kapkar en poskoets
diep spore in jou klippaaie sny

Prosa & poësie | 0 kommentare

die vloek van die menseras

So, 07 Augustus 2022 19:25

sy lê daar in haar wiegie aan haar fopspeen en suig
met haar sesmaande oue ogies vol vonkel vir die lewe
drink sy elke beweging, elke item rondom haar in
terwyl sy nog dom met haar handjies alles rondom haar aanraak
om so haar kennis van hierdie wonderlike wêreld te verbreed

maar dan word sy hardhandig uit haar wonderwêreld geruk
deur ‘n vreemdeling of familielid, wat maak dit tog saak
haar brose lyfie word deur geëelte hande gekneus
terwyl hy en sy makkers hulleself in haar in forseer
om daarna soos ‘n vuil lap weggegooi te word

ons kan onsself nie werklik in haar posisie plaas
die skok, die pyn - dit moet onbeskryflik wees
want selfs volwasse vroue kan dit nie hanteer

ons moet ‘n einde maak aan hierdie terreur
om ons jong meisietjies uit mekaar uit te laat skeur
deur hierdie monsters mag nooit weer gebeur

Prosa & poësie | 0 kommentare

om mamma en pappa te mag sê

Sa, 06 Augustus 2022 19:33

huiwerig word die klanke deur jong lippies gevorm
as eerste tree op die wonderlike pad van spraak
m-a-m-m-a
p-a-p-p-a
ogies glinster trots 'n blik van afwagting
en 'n speelse laggie verskyn om die mondhoekies
want
om mamma en pappa te kan sê
is 'n ware prestasie

uitasem word die woorde uitgespoeg
trots om die goeie nuus bekend te maak
m-a-m-m-a
p-a-p-p-a
al hygende begin die verhaal ontvou
terwyl 'n trotse lag begin vorm aanneem
want
om mamma en pappa te mag sê
is iets om op trots te wees

vreesbevange word die woorde gefluister
terwyl hande na fisiese kontak soek
m-a-m-m-a
p-a-p-p-a
betraande oë soek na vergifnis of simpatie
en bewende lippe verduidelik waarom
want
om mamma en pappa te mag sê
is 'n grote gerusstelling

heel spontaan word die woorde gevorm
met 'n tevrede uitdrukking op die gesig
m-a-m-m-a
p-a-p-p-a
'n paar interessante feite word uitgeruil
en selfs 'n grappie word gedeel
want
om mamma en pappa te mag sê
is 'n absolute voorreg

wie gee ons die reg om die oorsaak te wees
dat iemand hierdie pragtige woorde
m-a-m-m-a
p-a-p-p-a
nie mag uiter deur spraak of skrif
mag so iemand nooit ongestraf bly leef nie
want
om mamma en pappa te mag sê
is elke mens se reg

Prosa & poësie | 0 kommentare

skrikkeldag

Sa, 06 Augustus 2022 06:59

terwyl ek so deur my dagboek blaai
kom ek uit by hierdie bygevoegde dag
die nege-en-twintigste februarie
skielik besef ek dat ek vier lange jare vir die volgende een moet wag

dit maak van hierdie dag ‘n besondere een
want daar is nie so ‘n dag in volgende jaar
en ook nie in die twee wat daarop volg
ek hoop ek word nog so lank gespaar

sodat ek met die volgende een
‘n terugblik oor my lewe kan kry
om te sien in watter opsig dit verander het
en waar het dit dieselfde gebly

elke dag is so ‘n dolle gejaag
daar is net nie genoeg tyd om rustig te beplan
en daarom wil ek hierdie dag benut
as die begin van my volgende vierjaarplan

Prosa & poësie | 0 kommentare

tweegesprek

Sa, 06 Augustus 2022 06:57

wat is jou naam
my naam is vlieg
sies, jy behoort jou te skaam
om so openlik te lieg

is dit
ja, want jou naam is sit
al wat jy goed kan doen, is juis dit

Prosa & poësie | 0 kommentare

vlieg

Sa, 06 Augustus 2022 06:56

van al die vlieënde wesens
is jy vernoem na die manier hoe jy beweeg

wat sou die rede wees vir so ‘n naam
die feit dat jy van almal op die mees grasieuse wyse vlieg
of dalk omdat elke mens wat jou sien, uitroep
vlieg! vlieg! vlieg!
omdat jy altyd op die verkeerde plek sit

Prosa & poësie | 0 kommentare

ou wagter

Sa, 06 Augustus 2022 06:54

elke keer as ek oor die onderdeur loer
lê jy maar daar op die stoep
skynbaar vas aan die slaap
en onbewus van die wêreld rondom jou
maar immer gereed vir enige gebeurlikheid
in jou rol as sekuriteitswag van my plekkie in die son

elke keer as ek werskaf in die tuin
stap jy maar agter my aan
sonder enige teken van belangstelling
of respek vir dit wat ek probeer vermag
maar altyd bereid om te luister
in jou rol as plantkundige raadgewer van my tuin

elke keer as terugkom by die huis
wag jy my in asof jy my jare laas gesien het
met ‘n stert wat swaai asof jy iets wil slaan
en ‘n bek wat blaf in elke toonhoogte van hondetaal
sonder enige verwysing na die vorige pak slae
in jou rol as boesemvriend en lewensmaat van ‘n mal man

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    7  8  9  10  11  12  13  14  15  16  17  18  19  20  21  22    »]
Tyd nou: Vr Mar 29 12:49:09 MGT 2024