Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die winkelgang
die winkelgang [boodskap #140116] So, 28 Augustus 2022 09:03
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek sit nie so lank gelede in ‘n gang
wat hom deur ‘n winkelsentrum slang
om ‘n bietjie te rus
terwyl my vrou die tjekboek sus

dis ‘n besige dag
mense wat koop en mense wat wag
trollies wat bots
en babas wat kots
ma’s wat roep
en ou ooms wat poep
ligte wat flikker
soos advertensies jou probeer opkikker
mense wat kom en gaan
stamp mekaar soms uit hul baan

maar eintlik is dit ‘n triestige dag
want mense weet skynbaar nie meer hoe om te lag
nêrens is daar ‘n glimlag op ‘n gesig
eerder ‘n blik van las en gewig
Vorige onderwerp: om werklik te luister
Volgende onderwerp: 'n uur in my lewe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 14:04:21 MGT 2024