Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n uur in my lewe
'n uur in my lewe [boodskap #140117] So, 28 Augustus 2022 09:05
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek sit hier met potlood in die hand
proberend om ‘n gedig te skryf

buite is die wêreld aan die brand
iewers blêr musiek op ‘n kompakskyf

een vir een ontstaan die woorde op die papier
soos die potlood grasieus deur sy danspassies gaan

op ‘n tuinstoel neem my buurman groot slukke bier
‘n mossiemannetjie drink water onder die kraan

woorde word sinne
wat op hul beurt weer verse word

iemand speel op die klavier hier binne
Nushka, ons worshond, lek die rys uit sy bord

lyn vir lyn word die gedig al hoe langer
terwyl die potlood se punt vinnig verpoeier

op die kompakskyf sing daar ‘n country-sanger
my buurman was glo destyds ‘n vername roeier

dis ‘n gedig oor ‘n uur in my lewe
die potlood is nou heeltemaal klaar

op die wekker is dit reeds kwart oor sewe
ek is vir nog ‘n dag uitgespaar
Vorige onderwerp: die winkelgang
Volgende onderwerp: 'n kindergebedjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:43:31 MGT 2024