Forum: Woordeboek
Onderwerp: vleierig
vleierig [boodskap #145068 ]
Do, 18 April 2024 11:02
Leksikograaf
Boodskappe: 18812Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vleierig
Afbreking: vlei•e•rig
Samestelling: vlei + -erig
Byvoeglike naamwoord: vleierig
Attributief: vleierige
Betekenis:
• Wat graag vlei (al te vriendelik en onderdanig).
• Soos 'n moeras of vleiland.
Gebruik:
• As sy so vleierig is, moet jy weet sy soek iets by jou.
• Die gebied is nat en vleierig .
Sinoniem:
• flikflooierig
• kruiperig
• stroperig
• vleiend
• moerasagtig
• natterig
• vleiagtig
Vertaling:
Engels: flattering, coaxing, sugary; swampy, marshy
Nederlands: vleierig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: deïnstalleer
deïnstalleer [boodskap #145069 ]
Do, 18 April 2024 12:12
Leksikograaf
Boodskappe: 18812Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deïnstalleer
Afbreking: de•ïn•stal•leer
Samestelling: de- + installeer
Werkwoord: deïnstalleer
Verlede tyd: het gedeïnstalleer
Betekenis:
• Om iets wat geïnstalleer is te verwyder.
Gebruik:
• As jy nie 'n lisensie het nie moet jy die program deïnstalleer .
Afgelei:
• deïnstallasie
• deïnstallering
• deïnstalleerder
Vertaling:
Engels: to uninstall
Nederlands: de-installeren, verwijderen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: omseil
omseil [boodskap #145070 ]
Do, 18 April 2024 12:27
Leksikograaf
Boodskappe: 18812Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omseil
Afbreking: om•seil
Samestelling: om + seil
Werkwoord: omseil
Verlede tyd: het omseil
Betekenis:
• (figuurlik ) Om 'n probleem te ontwyk.
• Om langs 'n omweg te seil.
Gebruik:
• Hy het my vraag omseil .
• Die skip het die Kaap omseil .
Sinoniem:
• ontduik
• ontwyk
• vermy
• vryspring
• omvaar
Afgelei:
• omseiling
Vertaling:
Engels: to bypass, get around; to sail around
Nederlands: omzeilen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: konsulêr
konsulêr [boodskap #145071 ]
Do, 18 April 2024 12:47
Leksikograaf
Boodskappe: 18812Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
konsulêr
Afbreking: kon•sul•êr
Samestelling: konsul + -êr
Byvoeglike naamwoord: konsulêr
Attributief: konsulêre
Betekenis:
• Betreffende 'n konsul of konsulaat.
Gebruik:
• Iran het Israel met hommeltuie en missiele aangeval in reaksie op Israel se aanval op 'n Iranse konsulêre gebou in Sirië waarin twee Iranse generaals dood is.
Vertaling:
Engels: consular
Nederlands: consulair
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: firma
firma [boodskap #145072 ]
Do, 18 April 2024 13:07
Leksikograaf
Boodskappe: 18812Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
firma
Afbreking: fir•ma
Selfstandige naamwoord: firma
Meervoud: firmas
Verkleinwoord: firmatjie
Meervoud van verkleining: firmatjies
Betekenis:
• 'n Besigheid of sake-onderneming waarby finansies ter sake is.
Gebruik:
• Die myn lewer die grootste deel van die firma se produksie.
Sinoniem:
• bedryf
• besigheid
• handelsonderneming
• handelsorganisasie
• handelsaak
• maatskappy
• onderneming
• organisasie
• saak
• sakeonderneming
• vennootskap
Hiponiem:
• argiteksfirma
• groothandelsfirma
• handelsfirma
• ingenieursfirma
• juweliersfirma
• masjienboufirma
• prokureursfirma
• regsfirma
• sekuriteitsfirma
• swendelfirma
• swendelmakelaarsfirma
• uitgewersfirma
Afgelei:
• firmablad
• firmanaam
• firmapapier
• firmaplaat
Vertaling:
Engels: firm, company
Nederlands: firma
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: baiekeer
baiekeer [boodskap #145073 ]
Do, 18 April 2024 17:38
Leksikograaf
Boodskappe: 18812Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
baiekeer
Afbreking: bai•e•keer
Samestelling: baie + keer
Bywoord: baiekeer
Betekenis:
• Verskeie kere; keer op keer; oor en oor.
Gebruik:
• Ouderdom is baiekeer in die kop, nie die lyf nie.
Sinoniem:
• baiemaal
• dikwels
• herhaaldelik
• meermale
• menigmaal
• telkens
• veelmaals
Vertaling:
Engels: frequently, often
Nederlands: vaak
Nota:
• Kan ook los geskryf word: "baie keer".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kasset
kasset [boodskap #145074 ]
Do, 18 April 2024 18:03
Leksikograaf
Boodskappe: 18812Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Oudiokasset.
kasset
Afbreking: kas•set
Selfstandige naamwoord: kasset
Meervoud: kassette
Verkleinwoord: kassetjie
Meervoud van verkleining: kassetjies
Betekenis:
• 'n Boksie/ kassie met 'n magnetiese band waarop klank en video opgeneem en herspeel word. Dit is later ook gebruik om digitale data te stoor.
Gebruik:
• In die ou dae is musiek op plate en kassette opgeneem en verkoop.
Hiponiem:
• oudiokasset
• videokasset
Afgelei:
• kassetbandmasjien
• kassetspeler
• radiokassetspeler
Vertaling:
Engels: cassette
Nederlands: cassette
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: reinheid
reinheid [boodskap #145075 ]
Do, 18 April 2024 18:54
Leksikograaf
Boodskappe: 18812Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
reinheid
Afbreking: rein•heid
Samestelling: rein + -heid
Selfstandige naamwoord: reinheid
Meervoud: reinhede
Betekenis:
• Die toestand van rein wees; skoon en netjies, of sedelik suiwer.
Gebruik:
• Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges 'n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid . [1 Timoteus 4:12]
Sinoniem:
• higiëne
• netheid
• sindelikheid
• skoonheid
• kuisheid
• onskuld
• suiwerheid
• smetteloosheid
Antoniem:
• reinheidswet
Afgelei:
• geslagsreinheid
• reinheidswet
Vertaling:
Engels: cleanness, purity, chastity, virtue
Nederlands: reinheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: teenspoedig
teenspoedig [boodskap #145076 ]
Do, 18 April 2024 19:57
Leksikograaf
Boodskappe: 18812Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
teenspoedig
Afbreking: teen•spoe•dig
Samestelling: teenspoed + -ig
Byvoeglike naamwoord: teenspoedig
Vergrotende trap: teenspoediger
Oortreffende trap: teenspoedigste
Attributief: teenspoedige
Betekenis:
• Wat met mislukking gepaard gaan.
Gebruik:
• Die eerste helfte van die wedstryd was teenspoedig .
• Die wrak van die teenspoedige vliegtuig is nooit gevind nie.
Wisselvorm:
• teëspoedig
Sinoniem:
• noodlottig
• ongelukkig
• ongunstig
• onvoorspoedig
• rampspoedig
Antoniem:
• voorspoedig
Vertaling:
Engels: ill-fated, unfortunate, unprosperous, unlucky
Nederlands: ongunstig, noodlottig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: opsweep
opsweep [boodskap #145077 ]
Do, 18 April 2024 20:22
Leksikograaf
Boodskappe: 18812Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opsweep
Afbreking: op•sweep
Samestelling: op + sweep
Werkwoord: sweep op , opsweep
Verlede tyd: het opgesweep
Betekenis:
• Om mense emosioneel aan te moedig (tot aksie of verset).
Gebruik:
• Die politikus het die skare tot massa-aksie opgesweep .
Sinoniem:
• aanblaas
• aanhits
• aanspoor
• aanvuur
• ophits
• oprui
• opsteek
• opstook
Antoniem:
• kalmeer
Afgelei:
• opswepery
• opsweping
Vertaling:
Engels: to whip up, incite
Nederlands: opzwepen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.