Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hoe weet jy jy kom van Brakpan af?

Thu, 24 August 2023 09:19

Hier is 'n paar maniere om te weet jy is van Brakpan af:

1. Die Halloween-pampoen op jou stoep het meer tande as jou cherry.

2. Jy laat jou 12 jarige dogter toe om voor haar kinders te rook.

3. Jy is al drie keer getroud, maar jou skoonouers bly dieselfde.

4. Die grootste dorp wat jy al besoek het is Liquour City.

5. Jou bure dink jy is 'n speurder, want die polisie bring jou altyd huis toe.

6. Jou karre word nooit gesteel nie, wat daar is twee karwagte in jou huisgesin.

Humor & grappe | 0 kommentare

Huishulp

Sun, 16 July 2023 07:06

Pa roep die huisgesin nader en kla oor die telefoonrekening.
"Dis nie ek nie" sê hy, "want ek bel van die werk af."
"Dis ook nie ek nie", sê die ma, "want ek bel ook van die werk af."
"Ek weet nie waaroor die bohaai is nie" sê die huishulp, "want ek bel ook van die werk af!"

Humor & grappe | 1 kommentaar

Ou ooms met jong vrouens

Sun, 04 June 2023 20:14

89-jarige man: "Kan jy glo Dok, my 20-jarige vrou is swanger. Ek het dit nog!"

Dokter: "Kom ek vertel jou 'n storie. 'n Jagter loop in die veld en 'n leeu bestorm hom.
  Hy gryp sy sambreel, mik na die leeu, druk die knoppie, die sambreel maak oop
  en die leeu val morsdood neer!
"

89-jarige man: "Onmoontlik, iemand moes die leeu geskiet het!"

Dokter: "Presies!!!"

Humor & grappe | 1 kommentaar

"Soet is die Stryd" deur ID du Plessis

Mon, 20 February 2023 18:48

SOET IS DIE STRYD
I.D. du Plessis

Jy sê die stryd is verlore,
Ons nasie te arm en klein,
Ons taal uit 'n drang gebore
Wat een van die dae verdwyn?
My broer, dit mag heeltemal waar wees.
Wie weet wat die toekoms gaan baar?
Miskien moet ons oormôre klaar wees.
Om weer hierdie droom te laat vaar;
Maar as ons net altyd moet strewe
Na wat tot oorwinning gaan lei,
Wat baat dan die stryd van die lewe
Waarin ons onseker moet bly?
Solank jou bedoelings maar goed is,
Gaan jy jou oor neerlae kwel?
Solank jy volhard en vol moed is -
Dis tog die probeerslag wat tel!
Nee, soet is die stryd vir die stryer,
Al moet hy uiteindelik verloor;
Maar die man wat sy deelname weier,
Is die man wat sy nasie vermoor.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Honde baklei

Ouer hond baklei met nuwe hond; Thu, 09 February 2023 08:23

Ek hoop iemand het vir my raad.
Ons het 'n foxie van so 2jr en het nou 'n Jack Russel gekry,altwee reuntjies en altwee is reggemaak. Oreo (die foxie) is nou seker so 2jaar by ons en Cola (die Jackie) is nou so 6maand by ons. Oreo bly met Cola baklei,dit raak nou so erg dat hy my ook sommer byt as ek hulle uitmekaar haal. Ek is regtig bekommerd en weet nie hoe ek dit kan hanteer nie. Cola begin noual regtig bang raak vir Oreo en trek sommer inmekaar as Oreo net naby kom. Hy is die heeltyd op die uitkyk waar Oreo is.
Enige raad sal wardeer word.

Troeteldiere | 1 kommentaar

Hasie - Al Debbo

Wed, 08 February 2023 06:37



Jou bruinoog nooi, jou donkerkop,
jou pannekoek, jou lolliepop.
Jou toetsie-toet, jou sonnestraal,
vir jou kom ek nog haal.
Jou suikerriet, jou witbeskuit,
jou meebosstroop, jou moskonfyt.
Jou heuningnes, jou vleispastei,
vir jou wil ek nog kry.

REFREIN:
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Wat het van jou stertjie geword?

Jou appeltert, jou mielieblaar,
jou tortelduif, jou koringaar,
Jou sak vol goud, jou diamant,
O, ek is aan die brand.
O, dadelpit, jou suikerbos,
jou soetpatat, jou kerriekos,
Jou lekker ding, jou hartedief,
vir jou is ek so lief.

(REFREIN)

Jou spinnekop, jou akkedis,
jou sprinkaanvoël, jou koue vis,
Jou bitterwyn, jou pruttelaar,
ek slaan jou inmekaar.
Jou pikswart slang, jou suurlemoen,
jou heksekind, jou skerpioen,
Jou krokkedil, jou wilde hen,
jou liefde wil ek wen.

(REFREIN)

Musiek & liriek | 0 kommentare

Sterre vir die donker

OPsoek na hulp ; Tue, 07 February 2023 17:39

Hello
Ek au pair twee Graad 11 dogters en wil hulle graag help met hulle voorgeskrewe Afrikaans eerste aditionele taal boek.
Enige raad of notas sal waardeur word.

Baie dankie!

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Theo Wassenaar - Tweede Sonnet...

Ek soek See Sonnet 2 ( Twee); Mon, 05 December 2022 16:00

Ek soek See Sonnet 2 van Theo Wassenaar. Dit begin met: " Stadig sak 'n glorie volle dag , weg diep in die stille oseaan. Dat die sterre en maan in aanbidding staan ..."

Prosa & poësie | 1 kommentaar

tentoonstel

ten toon stel; Sun, 27 November 2022 18:16

As jy hier uitgekom het is jy uitgevang! Daar is nie 'n woord soos tentoonstel of tentoongestel nie. Die korrekte gebruik is "ten toon stel", en die verlede tyd, "het ten toon gestel".

In hierdie woordgroep is "ten" is 'n voorsetsel ('n ou Nederlandse oorblyfsel), "toon" is 'n selfstandige naamwoord en "stel" is 'n werkwoord.

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Nuwe Afrikaanse liedtjie - Lapper

Nuwe Afrikaanse liedtjie - Lapper; Sat, 05 November 2022 00:31

Hi julle,

Ek wou graag jul opinie hoor - ek het hierdie ding gepen oor 'n jaar terug - en hy het net heeltyd in my laai gelê tot ek vir Magdel ontmoet het. Sy het toe belang gestel om dit te sing - en dit het toe uiteindelik op 'n volwaardige liedtjie uitgedraai.

Opgeneem by Weskus Studio.

Dis nog nie 'n regte musiekvideo nie, ek het net gedink dis effe beter om 'n liriekvideo op te sit as net 'n liedtjie met 'n swart agtergrond.



Musiek & liriek | 2 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1  2  3  4  5  6  7  8  9  10  11  12  13  14  15  16    »]
Tyd nou: Wed Jan 22 10:05:44 UTC 2025