Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

hartkamergeskrifte

Di, 04 Oktober 2022 15:03

ek wens ek was ‘n gog gewees
om die geskrifte in jou hartkamers te kon lees

‘n genie van ‘n gog wat spontaan
die metafoor van elke geskrif kon verstaan

Prosa & poësie | 0 kommentare

gebed van 'n jong resiesperd

Di, 04 Oktober 2022 15:01

skenk my die deursettingsvermoë om elke dag te oefen
sodat ek die fiksste perd op die baan mag wees
skenk my die krag om elke resies te wen
sodat ek die kampioenperd op die baan mag wees
skenk my ‘n lang lewe op die baan
sodat ek my eienaars en wedders ten volle mag vergoed
skenk my genade aan die einde van my resieslewe
sodat ek steeds van nut mag wees en ‘n goeie ouperdlewe mag hê
amen

Prosa & poësie | 0 kommentare

misdaadontkenning

Di, 04 Oktober 2022 12:26

ek probeer so hard om te verstaan
wat tans besig is om in ons land te gebeur
waar kom al hierdie misdadigers vandaan
en wie gee hulle die reg om ons land so uit mekaar uit te skeur

die antwoorde op die meeste van my vrae ken ek baie goed
maar die ding wat dwars in my krop steek
is waarom het niemand in die regering die moed
om daadwerklik die ganse misdaadnes oop te breek

en elke misdadiger wat hulle daarbinne vind
onmiddellik uit hierdie lewe uit te blaas
voordat hulle hul hande kan lê op nog ‘n man of vrou of kind
of nog ‘n voertuig kan kaap en otm kan opblaas

hierdie totale ontkenning van die midaadprobleem wys vir my
dat die regering en polisie doelbewus anderpad kyk
omdat hulle bang is vir die vriende en familielede wat hulle daar mag kry
dit is waarom hulle so ferm enige vrae oor misdaad ontwyk

Prosa & poësie | 0 kommentare

hoe lank nog

Di, 04 Oktober 2022 12:24

ek wag en wag en wag
wag nie ‘n uur nie maar dag na dag na dag
dag om die waarheid te mag hoor
hoor hoe die leuens van gister hulle krag verloor
verloor sodat geregtigheid mag wen
wen omdat almal die ware feite ken
ken die mense wat my nie wil red
red van die leuens wat my naam besmet

maar my hoop is gevestig op my Hemelse Vader
Vader wat wink en sê: ”Kom nader”
“Kom nader en kom wag hier by My
By My word jou naam van sy klad bevry”

Prosa & poësie | 0 kommentare

my smeekgebed

Ma, 03 Oktober 2022 11:33

in die grootste sonde, Heer
kom kniel ek voor U neer
want U het tog self gesê
om die teenoorgestelde van liefde te hê
is selfsug

en elkeen van ons weet
dat U ons aan ons liefde meet
spontane onvoorwaardelike liefde
nie aan ons alleen
maar aan elke ander wese om ons heen

daarom kom smeek ek nou voor U
om my te help met ‘n paar treë tru
sodat ek uit die val van selfsug kan tree
en so U liefde in my aan ander te gee

want dit skeur my hart
as ek kyk na die smart
wat my selfsug bring
terwyl die voëltjies rondom my sing

Prosa & poësie | 0 kommentare

my karooland

Ma, 03 Oktober 2022 11:31

land van niks … land van oorvloed …
land van min … land van vele …
land van ys … land van hitte …
land van koue … land van warmte …
land van dood … land van lewe …
land van Satan … land van God …

dit is wat my groot karooland vir my is

Prosa & poësie | 0 kommentare

die waarheid

Ma, 03 Oktober 2022 11:26

hello pa
vir vier-en-sestig jaar het ek gewonder
gewonder wat die waarheid was
gewonder watter soort mens jy was
gewonder of jy my lief gehad het
gewonder hoekom jy weg moes gaan
gewonder hoekom jy my net so gelos het
ek was nog so bitterlik klein gewees
maar net een jaar en elf maande oud
jyself was ook nog baie jonk gewees
maar slegs twee-en-veertig jaar oud

ek was vir jou baie kwaad

so kwaad dat dit vyftig jaar sou duur
voordat ek met jou kon praat

nou het ek die waarheid gehoor
en dit maak baie seer
maar ten minste verstaan ek
verstaan ek presies wat gebeur het
verstaan ek jou geweldige pyn
verstaan ek jou skuldgevoel

maar iets wat ek glad nie kan verstaan
is jou hantering van daardie gevoel
want dit het jou van my af weggeneem
en daarvoor is ek kwaad

ek mis jou vreeslik baie
omdat ek jou werklik nodig het
ek sou so graag in die veld wou stap
en met jou gesels en leer ken
sodat jy jou kennis met my kon deel

Prosa & poësie | 0 kommentare

orde in die natuur

Sa, 01 Oktober 2022 12:38

ek staan op die agterstoep
en kyk na die voëlbad in die tuin

soos vliegtuie op ‘n internasionale lughawe
kom voëls van oral af om daarop te land
vir ‘n vinnige drankie of twee
of dalk vir ‘n verfrissende bad
terwyl ander dit net as ‘n rusplek gebruik
om ‘n bietjie stoom op af te blaas
op die lang vlug na ‘n onbekende bestemming

maar wat my dadelik opval
is die wedersydse respek en orde
wat hierdie voëls openbaar

Prosa & poësie | 0 kommentare

moeder

Sa, 01 Oktober 2022 12:04

ek weet nie juis waar om te begin
want oor die jare heen het u die rol van so baie mense in my lewe gevul
die rol van moeder en van vader
van onderwyseres en van vriendin
ook van dominee en van geneesheer
en nog baie baie meer

maar nooit het ek u hoor kla
oor al die eise wat hierdie rolle van u vra of die min ure in die dag
selfs nie oor die rebel wat ek was
en daarvoor wil ek graag sê baie, baie dankie, ma
vir die kinderlewe wat ek kon deel
met ‘n moeder soos u, so spontaan, so veel

daar is egter ook ‘n ander kant
van u wat gehelp het om my die mens te maak wat ek is
en dit is die spontane rol as mens
bakmens, tuinmens, kunsmens en mensmens want
dit het in my die basis gelê
van iets spesiaals wat elke kind behoort te hê

ek weet dit was ‘n baie moeilike tyd
toe u die lewe van boervrou vaarwel moes roep in ruil vir die dorp
maar ten spyte van dae en nagte vol vrae
en die kloppende rou van die wrede afskeid
was u steeds vir ons kinders altyd daar
en dit sal ek vir ewig in my hartkamers bewaar

wat meer is daar dan om te sê
as dat dit werklik net ‘n geskenk van God kan wees
om vir brose mensekinders die voorreg te gee
om ‘n moeder soos u te mag hê
ek weet nie werklik hoe om u te bedank
maar wat ek geleer het sal my bybly lewenslank

Prosa & poësie | 0 kommentare

om 100 te word

Sa, 01 Oktober 2022 12:02

om 100 jaar oud te word is genade

maar om op 100 nog die voëltjies te hoor sing
die koerant te lees
en ‘n paar gedigte spontaan voor te dra
na ‘n vroegoggend se stap langs die see

is meer as genade
dit is ‘n geskenk vanuit die Hemel

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    1  2  3  4  5  6  7  8  9  10  11  12  13  14  15  16    »]
Tyd nou: Do Apr 18 03:10:23 MGT 2024