Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Varkleerbaadjie en klinknaelbroek" deur Boerneef

Wo., 04 Junie 2025 15:40

Varkleerbaadjie en klinknaelbroek deur Boerneef (IW van der Merwe)

Varkleerbaadjie en klinknaelbroek
ek is Baaiplek se skorriekoning
styfspanblous en nog stywerspanbroek
sys my morrie my morriedoring
dis sy en ek en ek en sy
wat die mouterbaik so heluitry
ons is een van Baaiplek se baie pare
raasbekskorrieenmorriesnare
maar ek is ammal se skorriekoning
en sys my lekkerdingmorriedoring
blits in die fles en blits innie lyf
wisenwragtag dan neuk dit styf
gee pad daar voor hier kom die koning
styf handommielyf sit my lekkerdingdoring

Prosa & poësie | 0 kommentare

Pinkster koortjies woorde en kitaar drukke

Di., 06 Mei 2025 03:15

Ek wil hoor of daar miskien iemand op hierdie forum is wat my kan help met kitaardrukke en lirieke vir die Pinkster koortjies. 

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe woord

Ek het 'n nuwe woord geskep vir my vrou se huiswerk; Wo., 30 April 2025 03:38

My vrou maak verskillende ditjies en datjies by die huis en van die produkte wat sy maak vir kliënte is 'cake toppers' daar is nie 'n mooi Afrikaanse term daarvoor en ek stel toe voor dat sy dit koekpredikante noem. Die rede hiervoor is dat ons die inligtingborde langs die pad ook straatpredikante noem omdat dit inligting oordra. So hoekom dan nie die' cake toppers' koekpredikante noem nie? Wat dink julle hiervan? 

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Manuskripte vir uitgewers

Hoe skrywers `n manuskrip voorberei vir die uitgewer met die oog op publikasie; Do., 17 April 2025 11:15

Goeie dag aan elkeen wat hier lees.

Ek wil die gesprek/ke begin deur te vra of hier iemand tussen ons is, wat al ooit oorweeg het om poësie werke voor te berei met die oog op uitgee/vrystel van hulle werke. 

Die rede vir die vraag is dat ekself nou aan `n bundel werk met die oog op moontlike publikasie (my heel eerste bundel).  En sal graag idees, gedagtes en ervarings deel met ander

Theuns (Voges)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Wanneer jou medies 'n grap is

'n Kies in die tong grap oor mediese fondse.; Do., 10 April 2025 07:36



So, jy het gedink jou mediese fonds het jou gedek? Dink weer! Kyk hoe 'n ongelukkige pasiënt die duur les van "out-of-pocket uitgawes" leer. Van die aanvanklike skok tot die onwillige betaling, hierdie snaakse dog aangrypende video omvat die frustrerende realiteit van die navigasie van uitsluitings in mediese versekering.

Maak gereed om (ongemaklik) te lag vir die situasie waarmee baie kan identifiseer.

Humor & grappe | 0 kommentare

Die Wonderbaarlike Molekule

Die chemie en die fisika van die molekule; Di., 11 Maart 2025 17:20

Ek is op soek na die boek: Die Wonderbaarlike Molekule wat uitgegee was deur Human & Rousseau. 
Het iemand die boek vir my?
Stuur my `n brief na stephanoberholzer9@gmail.com as u die boek het.

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Rym-homofoon soeklys

Is daar woordeboeke/lyste vir rymwoorde of homofone; Sa., 18 Januarie 2025 09:00

Bestaan daar enige woordeboeke of lyste op die web waar woorde wat rym of homofone gesoek kan word? Ek soek na woorde wat rym met Malmesbury. Laughing

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

Verskreeude Aarde

Do., 16 Januarie 2025 08:46

Kom my kind
kry jou klere
dis koud buite;
vandag help die Here.

Die mielies staan mooi
en die beeste is vet-
vandag is dit nikswerd
volgens Britse wet.

"Who's in charge
if I may ask-
not that it matters
as this farm won't last!"


Sy hoedpunt glinster,
sy bootse blink,
sy stem is hard
waar teen kraalmuur weerklink.

"Gather the cattle
burn and plunder,
but hurry lads
in the distance thunder!"


Die grasdak knars,
beespoot dreun,
Tommie dra nader
vandag gaan die osse steun...

"Excuse me sir;
ja jy jou fokken rooinek!
Wat maak jy?
Vandag is jy vrek!"


Uit een mond bevestig
vuur veertig Mausers tegelyk,
twintig Tommies tuimel
terwyl offisier agter wa induik.

"Hensop jou bliksem!"
Vandag is jou beurt
kyk wat het jul gedoen,
maar dis mos nie verkeerd.

"What's wrong now,
is it a bit warm?
If you're lucky
the flames will die from the storm."


Laat jy vrek jou Khaki
deur jou eie vuur begint,
daar in my knetterende huis
waar jy jou nou bevind...

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Heksenag

Do., 16 Januarie 2025 08:23

'n Monster in die nag
my eie gedagtes
besig met 'n heksejag.

Moet ek wegvlug?
My rug draai
op die weerwolwe
wat in my nek kug?

Met hande wat vasgryp
klere verskeur-
dan vaspen teen 'n paal
en my siel met 'n fakkel steur.

Bly net 'n hopie as
as teken van geboorte;
'n teken dat ek ooit was.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Oujaarsgebed

Di., 31 Desember 2024 16:01

Oujaarsgebed
/fa/111/0/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1838): [1  2  3  4  5  6  7  8  9  10  11  12  13  14  15    »]
Tyd nou: So. Jul. 13 10:53:59 UTC 2025