Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Die Teken" deur WEG Louw

Sa., 12 September 2026 20:16

Die Teken - W.E.G. Louw

Langs die stofpad in die witte somerson
het ek 'n vreemdeling gekry;
sy gang was van die wye westewind,
sy bruine oë blink en bly.

In puin van angs en twyfel aan myself,
soos een van god en mens verlaat,
en willoos, deur die oue, bitter drang gedryf,
het ek hom in my hart gehaat.

Droewig was sy verre oë soos die dou
toe hy sy hand verhef in sterk
en vrome stil gebaar, dat ek kon sien
die rooi vlam van die spykermerk.

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Ek sal opstaan en na my Vader gaan" deur WEG Louw

Vr., 11 September 2026 18:12

Ek sal opstaan - W.E.G. Louw

Ek sal opstaan en na my vader gaan;
opstaan uit my vodde en my vuil;
opstaan en onder die volle maan
wat geel streep oor die vleiland, gaan en huil
aan sy breë skouer, en hóm saggies vra
om alles te vergeet, en te vergewe
die jongkrag van my hoon wat hy moes dra;
dat ek weer soos 'n kindjie klein die lewe
vol sonskyn voel, die vreugde van my werk
in die wingerd waar pers die swaar korrels hang;
dat ek weer voel my hand jonk en sterk,
die voorjaarskoelte saggies teen my wang -
Voorwaar onmiddellik na my vader sal
en moet ek gaan, en aan sy voete val.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Waar is die Afrikaner-Boer?

Gedig; Ma., 03 Augustus 2026 22:45

Waar is die Afrikaner-Boer?
Ds. Sloet
 

Wie is dit wat hier voor my staan,
Wat is die skepsel tog?
So lyk vandag se Afrikaan,
Geen diepte, ‘n gedrog.
 
Hoe kan ek hom herken, hom ag,
As hy dan self nie weet,
Vanwaar hy kom, sy voorgeslag,
Hul leed, hul sweet, hul kreet?
 
Die moedertaal, hy praat, verstaan,
Hy lyk dan net soos ek,
In die land vind hy sy bestaan,
Tog is sy oë bedek.
 
Hy noem hom Afrikaner-Boer,
Hy sing vir de-la-Rey,
Tog skroom hy weg van oorlogs-roer,
En sou nie saam hom stry.
 
Hy sê hy sou die rooinek veg,
Sy oupa was rebel,
Maar in gemak in reënboog-land,
Wil hy sy geld net tel.
 
Sy bakkie is sy trotse skou,
Bely ons God as Heer,
Steeds is sy dominee ‘n vrou,
Sy vriende moffies weer.
 
En jy die leser, vra jouself,
Is jy ‘n troue Boer?
Of is jy ook ‘n hensopper,
Wat saam met Kakies loer?
 
Sal jou voorouers jou herken,
Ken jy Luther, Kalvyn?
Of sal hul uit die graf misken,
En sê: Geen kind van myn?
 
Sou jy saam opstaan teen die kroon,
Teen Ingelsman baklei?
Sou jy onder sy juk wou woon,
Of koning trou bely?
 
Sou Jy wegtrek saam Piet Retief,
‘n Boer in murg en been?
Of het jy maar die Kaap te lief,
En suig jy aan haar speen?
 
Sou jy met Jopie rebeleer,
Vir Beyers sê, “hier’s ek”?
En sou jy Maritz salueer,
Al sê almal jy’s gek?
 
Jy praat die taal, jou baard dalk grys,
Skiet bok of leeu vir pret,
Maar glo jy my, dis geen bewys,
Dat jy ‘n leeuhart het.
 
Vra jouself is jy die naam werd,
Van Afrikaner-Boer?
Of is jy maar ‘n nikswerd snert,
Wat voetjie nie wil roer,
 
Dink jy na oor jou nageslag,
Of soek jy ook geen land?
Gaan jy maar net hier sit en wag,
En soek jy geen weerstand?
 
Hoe sou jy teen die Britte staan?
Hoe sou jy rebeleer?
Terwyl jy so gemaklik is,
As swartes jou regeer?

Prosa & poësie | 0 kommentare

Afrikaanse vertaling – ons hoor graag jou terugvoer

Help ons om die forum se Afrikaans te verfyn; Sa., 25 Julie 2026 08:40

Baie dankie aan Lynette LG wat goedgunstiglik aangebied het om die forum se hulp in Afrikaans te vertaal. Sy is 'n ervare vertaler wat al 15 jaar lank vertaling vir verskeie organisasies doen.

Lees asseblief deur die hulp en laat weet ons indien enigiets onduidelik is of verdere toeligting benodig (die Engelse teks is nie altyd so wonderlik nie).

Kyk ook asseblief na die taalgebruik op die res van die forum. Daar is nog 'n paar haakplekke waaraan ons werk, maar as jy iets sien wat ons kan verbeter, laat ons gerus weet.

Groete,
Administrasie

Kennisgewings | 0 kommentare

Goeie Môre

Inleiding; Vr., 22 Mei 2026 09:01

Goeie Môre Almal,

Dis lekker om 'n Afrikaanse gesels plek op die Internet tee te kom.

Hoop om vriende te maak.

Ek is 48, manlik van die Oos-Kaap. Algoabaai.


Groetnis
Japtrap

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

"Die Begrafnis" deur Eitemal

Vr., 01 Mei 2026 11:27

Die Begrafnis
EITEMAL (Willem Jacob du P. ERLANK)  

"Is iemand dood? En wie was sy?" 
'n Vreemd’ling vra en stap verby.

Die bure sug: "So 'n goeie vrou!
Haar skoonfamilie gaan ook rou."

Die dokter frons: "Dit was nogal
'n Allermoeilikste geval."

Die predikant, manel en das,
Gebaar: "Ja, alle vlees is gras."

Twee kleintjies, met dik snye brood,
Roep: "Omie, onse ma is dood."

'n Man staar eenkant op die grond
Met twee diep lyne om sy mond.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die Papier

Nuwe Afrikaanse koerant; Di., 03 Maart 2026 19:52

Die Papier is ’n weeklikse Afrikaanse koerant wat op die voorpunt van die week se nuus en die naweek se gebeure staan. Die publikasie neem oud en jonk op ’n opwindende reis wat vermaak, leefstyl, sport, skolenuus, gehalte-inligting en sakenuus insluit.

Die Papier bevorder diskoers oor uiteenlopende standpunte en dra by tot ’n ingeligte leserskap. Die koerant glo sterk in ’n vrye media binne ’n regverdige samelewing en fokus op lesers se frustrasies én aspirasies.

Die sluiting van streeks- en nasionale gedrukte koerante het ’n onmisbare leemte in Afrikaanssprekende huise, klaskamers en openbare ruimtes gelaat. Die Papier vul hierdie leemte opnuut.

Die Papier word in gedrukte formaat uitgegee en is ook as ’n e-koerant beskikbaar. Die e-koerant kan gelees word by diepapier.co.za.

Nuus | 0 kommentare

Lettergrepe

Hulp met die woord akwarium; Ma., 02 Maart 2026 17:55

Wat is die korrekte lettergrepe vir die woord akwarium?
A-kwa-ri-um of ak-wa-ri-um?

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

Vrolike nagmaal

Di., 17 Februarie 2026 20:26

Die jong dominee is bietjie senuweeagtig voor sy eerste nagmaal preek, en hy besluit toe om 'n bietjie in die nagmaalwyn in te klim vir moed en wysheid.

Die gemeente hang aan sy lippe. Niemand slaap die keer in die kerk nie!

Na die tyd vra hy die ou dominee hoe hy gevaar het.
Die ou dominee vryf sy ken nadenkend voordat hy antwoord ...

'Wel, jy het definitief potensiaal. Jou preek het die gemeente baie aangegryp.'

Dankie dominee, sê die jong dominee met 'n glimlag.

Jy het egter 'n paar foute gemaak, sê die ou dominee.

'1. Dit was die ark, nie die Titanic nie!'

'2. Abraham het 'n bok gaargemaak. Hulle sê niks van 'n "party" met 'n spitbraai nie!'

'3. Esau het vir sy pa wildsvleis sop gegee en hom geflous met 'n bokvel oor die arm. Daar staan niks van camo-baadjie , guns en 4x4 bakkies in die Bybel nie!'

'4. Kain het vir Abel doodgeslaan! Hy het hom nie half moertoe geskop en met 'n karate kap sy nek gebreek nie!'

'En laastens.....

As jy jou nagmaalwyn klaar gedrink het, kap jy nie weer die glasie 3 keer op die tafel nie.'

Humor & grappe | 0 kommentare

Jesus se gebore

Wo., 24 Desember 2025 06:28

Juffrou: waar is Jesus gebore?
Johnny: in Bloemfontein!
Juffrou: nee Jonny, in Bethlehem.
Johnny: ek het geweet dit was iewers in die Vrystaat..

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1834): [1  2  3  4  5  6  7  8  9  10  11  12  13  14  15    »]
Tyd nou: Sa. Sep. 19 06:14:51 UTC 2026