| terugdruk [boodskap #153538] |
Do., 12 November 2026 11:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27108 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
terugdruk
Afbreking: te•rug•druk
Samestelling: terug + druk
Werkwoord: druk terug, terugdruk
Verlede tyd: het teruggedruk
Betekenis:
• Om iets deur druk na sy oorspronklike plek of posisie te skuif.
• (figuurlik) Om weerstand te bied.
Gebruik:
• As die lewe jou druk, dan druk jy terug!
• As die tandepasta uit die buisie is, kan hy dit nie weer terugdruk nie.
• Die soldate het die aanval afgeweer en die vyand teruggedruk.
Sinoniem:
• terugdryf
• terugplaas
• terugskuif
• terugstamp
• terugstoot
Afgelei:
• terugdrukking
Vertaling:
Engels: to push back, force back, repel
Nederlands: terugduwen, terugdringen, afweren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 12 November 2026 11:37] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|