| lier [boodskap #153557] |
Sa., 14 November 2026 12:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27130 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
lier
Afbreking: lier
Selfstandige naamwoord: lier
Meervoud: liere
Verkleinwoord: liertjie
Meervoud van verkleining: liertjies
Betekenis:
• 'n U-vormige musiekinstrument van Griekeland wat getokkel word, veral vir begeleiding van sang of voordrag van poësie.
• 'n Horisontale wenas waarmee voorwerpe met behulp van 'n kabel gehys of laat sak word.
Gebruik:
• Sing, en slaan die tamboeryn, laat hoor die lieflike klanke van die lier en die harp. [Psalms 81:3]
• Die werkers het 'n lier gebruik om die swaar masjien op die vragmotor te lig.
Spreekwoord:
• Hy hang die lier aan die wilger. [Nie meer dig nie.]
Hiperoniem:
• snaarinstrument
Afgelei:
• lierbegeleiding
• lierdigter
• liersang
• lierspeler
• liertrommel
• liervoël
• liervormig
Vertaling:
Engels: lyre; winch
Nederlands: lier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa., 14 November 2026 12:11] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|