Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: steekvlieg
steekvlieg [boodskap #153617] Vr., 20 November 2026 13:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
steekvlieg
Afbreking: steek•vlieg
Samestelling: steek + vlieg


Selfstandige naamwoord: steekvlieg
Meervoud: steekvlieë
Verkleinwoord: steekvliegie
Meervoud van verkleining: steekvliegies

Betekenis:
• 'n Vlieg met 'n suigsnoet waarmee dit onder andere bloed suig.

Gebruik:
• Die tsetsevlieg is 'n groot, bytende steekvlieg wat siektes versprei.
• Die vierde plaag wat Egipte getref het, was steekvlieë.

Verwant:
• steekmuggie

Vertaling:
Engels: biting fly, bloodsucking fly, gadfly
Nederlands: steekvlieg, bijtende vlieg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: geslagsregister
geslagsregister [boodskap #153616] Vr., 20 November 2026 13:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
geslagsregister
Afbreking: ge•slag•re•gis•ter
Samestelling: geslag + -s- + register


Selfstandige naamwoord: geslagsregister
Meervoud: geslagsregisters
Verkleinwoord: geslagsregistertjie
Meervoud van verkleining: geslagsregistertjies

Betekenis:
• 'n Dokument waarin 'n persoon, familie of dier se afstamming en voorgeslagte aangeteken is.

Gebruik:
• Sy het haar familie se geslagsregister nagevors om meer oor haar voorouers te wete te kom.
• Die stoetboer hou geslagsregisters vir elkeen van sy teeldiere by.

Sinoniem:
• genealogie
• geslagsboom
• geslagslys
• stamboom

Vertaling:
Engels: genealogy, family tree, pedigree
Nederlands: geslachtsregister, stamboom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: familiehoof
familiehoof [boodskap #153615] Vr., 20 November 2026 12:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
familiehoof
Afbreking: fa•mi•lie•hoof
Samestelling: familie + hoof


Selfstandige naamwoord: familiehoof
Meervoud: familiehoofde

Betekenis:
• Die hoof of leier van 'n familie.

Gebruik:
• Ná sy pa se dood het hy as familiehoof opgetree.

Sinoniem:
• gesinshoof
• familiepatriarg (manlik)
• familiematriarg (vroulik)

Vertaling:
Engels: head of the family, family head
Nederlands: familiehoofd, gezinshoofd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: buiteaanleg
buiteaanleg [boodskap #153614] Vr., 20 November 2026 07:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
buiteaanleg
Afbreking: bui•te•aan•leg
Samestelling: buite + aanleg


Selfstandige naamwoord: buiteaanleg
Meervoud: buiteaanlegte

Betekenis:
• 'n Aanleg wat buite 'n hoofaanleg geleë is; buitedeurse fasiliteit.

Gebruik:
• Die buiteaanleg se beheerstelsel het 'n onderbreking in kragtoevoer ervaar.

Vertaling:
Engels: outdoor installation, external plant
Nederlands: buiteninstallatie, buiteninstallatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: nie-Amerikaans
nie-Amerikaans [boodskap #153613] Vr., 20 November 2026 07:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
nie-Amerikaans
Afbreking: nie-A•me•ri•kaans
Samestelling: nie- + Amerikaans


Byvoeglike naamwoord: nie-Amerikaans
Attributief: nie-Amerikaanse

Betekenis:
• Wat nie Amerikaans is nie.

Gebruik:
• Volgens die Monroe-doktrine word geen nie-Amerikaanse inmenging op die Amerikaanse vasteland geduld nie.

Antoniem:
• Amerikaans

Vertaling:
Engels: non-American, un-American
Nederlands: niet-Amerikaans

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: medeaanspreeklik
medeaanspreeklik [boodskap #153612] Vr., 20 November 2026 06:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
medeaanspreeklik
Afbreking: mede•aan•spreek•lik
Samestelling: mede- + aanspreeklik


Byvoeglike naamwoord: medeaanspreeklik
Attributief: medeaanspreeklike

Betekenis:
• Wat saam met ander aanspreeklik is en dus ook verantwoordelik gehou kan word vir 'n handeling of die versuim van 'n plig.

Gebruik:
• Die direkteure is medeaanspreeklik vir die maatskappy se finansiële verliese.

Sinoniem:
• medeverantwoordelik

Afgelei:
• medeaanspreeklikheid

Vertaling:
Engels: jointly liable, co-liable, co‐responsible
Nederlands: medeaansprakelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: nieaansteeklik
nieaansteeklik [boodskap #153611] Vr., 20 November 2026 06:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
nieaansteeklik
Afbreking: nie•aan•steek•lik
Samestelling: nie + aansteeklik


Byvoeglike naamwoord: nieaansteeklik
Attributief: nieaansteeklike

Betekenis:
• Wat nie aansteeklik is nie; nie deur kontak oorgedra word nie.

Gebruik:
• Die siekte is nieaansteeklik en hou dus geen gevaar vir ander in nie.
• Die persoon se skielike dood is deur 'n nieaansteeklike breinvliesontsteking veroorsaak.

Sinoniem:
• niebesmetlik

Antoniem:
• aansteeklik
• besmetlik

Vertaling:
Engels: non-contagious, non-infectious
Nederlands: niet-besmettelijk, niet-infectieus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: nieamptelik
nieamptelik [boodskap #153610] Vr., 20 November 2026 06:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
nieamptelik
Afbreking: nie•am•pte•lik
Samestelling: nie + amptelik


Byvoeglike naamwoord: nieamptelik
Attributief: nieamptelike

Betekenis:
• Wat nie amptelik is nie; sonder formele erkenning of goedkeuring.

Gebruik:
• Die verslag is nieamptelik aan die media gelek.
• Suid-Afrika het twaalf amptelike sowel as talle nieamptelike tale.

Sinoniem:
• informeel
• onoffisieel

Antoniem:
• amptelik

Afgelei:
• nieamptelikheid

Vertaling:
Engels: unofficially, unofficial
Nederlands: niet-officieel, informeel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verknegting
verknegting [boodskap #153609] Do., 19 November 2026 19:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
verknegting
Afbreking: ver•kneg•ting
Samestelling: verkneg + -ing


Selfstandige naamwoord: verknegting
Meervoud: verknegtinge, verknegtings

Betekenis:
• Die handeling om tot slaaf of kneg te maak; die ontneming van iemand se vryheid.

Gebruik:
• Ek sal julle van die verknegting verlos. [Eksodus 6:5]

Sinoniem:
• onderwerping
• slawerny
• verslawing

Antoniem:
• bevryding
• vrymaking

Vertaling:
Engels: enslavement, subjugation
Nederlands: knechting, slavernij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: môreaand
môreaand [boodskap #153608] Do., 19 November 2026 19:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
môreaand
Afbreking: mô•re•aand
Samestelling: môre + aand


Bywoord: môreaand

Betekenis:
• In die aand van die volgende dag.

Gebruik:
• Ons gaan môreaand braai.

Antoniem:
• môreoggend

Vertaling:
Engels: tomorrow evening
Nederlands: morgenavond

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: môreoggend
môreoggend [boodskap #153607] Do., 19 November 2026 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
môreoggend
Afbreking: mô•re•og•gend
Samestelling: môre + oggend


Bywoord: môreoggend

Betekenis:
• In die oggend van die volgende dag.

Gebruik:
• Ons vertrek môreoggend vroeg Kaapstad toe.

Antoniem:
• môreaand

Vertaling:
Engels: tomorrow morning
Nederlands: morgenochtend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: garsoes
garsoes [boodskap #153606] Do., 19 November 2026 18:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
garsoes
Afbreking: gars•oes
Samestelling: gars + oes


Selfstandige naamwoord: garsoes
Meervoud: garsoeste

Betekenis:
• Die gars wat van die lande afgehaal word.

Gebruik:
• Die boere verwag 'n goeie garsoes vanjaar.

Sinoniem:
• garsopbrengs

Vertaling:
Engels: barley harvest, barley crop
Nederlands: gerstoogst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: stortbui
stortbui [boodskap #153605] Do., 19 November 2026 18:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
stortbui
Afbreking: stort•bui
Samestelling: stort + bui


Selfstandige naamwoord: stortbui
Meervoud: stortbuie

Betekenis:
• 'n Skielike, intense, maar kortstondige reënbui.

Gebruik:
• Ná die hewige stortbui het die dorp se strate soos riviere gelyk.

Sinoniem:
• reënvlaag
• stortreën
• wolkbreuk

Vertaling:
Engels: downpour, rain shower
Nederlands: stortbui, plensbui

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: opskep
opskep [boodskap #153604] Do., 19 November 2026 18:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
opskep
Afbreking: op•skep
Samestelling: op + skep


Werkwoord: skep op, opskep
Verlede tyd: het opgeskep
Teenwoordige deelwoord: opskeppend, opskeppende
Verlede deelwoord: opgeskepte

Betekenis:
• Om iets met 'n lepel of 'n ander skepding op of uit te lig.
• (ongewoon) Om groot te praat; spog of oordryf.

Gebruik:
• Ma skep die kos op.
• Die werker het die grond met 'n graaf opgeskep.

Sinoniem:
• bedien
• inskep
• opdis
• voorsit

Afgelei:
• opskeploer
• opskepper
• opskeppery
• opskeplepel
• opskepskottel
• opskeptroffel

Vertaling:
Engels: to dish up, scoop up, serve up; to brag
Nederlands: opscheppen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: paddaplaag
paddaplaag [boodskap #153603] Do., 19 November 2026 18:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
paddaplaag
Afbreking: pad•da•plaag
Samestelling: padda + plaag


Selfstandige naamwoord: paddaplaag
Meervoud: paddaplae

Betekenis:
• 'n Buitengewoon groot aantal paddas wat 'n gebied binnedring en 'n oorlas veroorsaak.

Gebruik:
• Ná die swaar reën het 'n groot paddaplaag die dorp getref.

Vertaling:
Engels: frog infestation, plague of frogs
Nederlands: kikkerplaag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sprinkaanplaag
sprinkaanplaag [boodskap #153602] Do., 19 November 2026 18:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
sprinkaanplaag
Afbreking: sprin•kaan•plaag
Samestelling: sprinkaan + plaag


Selfstandige naamwoord: sprinkaanplaag
Meervoud: sprinkaanplae

Betekenis:
• 'n Groot swerm treksprinkane wat die plantegroei en gewasse vernietig soos hulle oor 'n gebied beweeg.

Gebruik:
• Die sprinkaanplaag van 1746 was so groot dat alle groenigheid in die Boland opgevreet is.

Hiperoniem:
• insekplaag

Vertaling:
Engels: locust plague, locust infestation
Nederlands: sprinkhanenplaag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: neergooi
neergooi [boodskap #153601] Do., 19 November 2026 17:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
neergooi
Afbreking: neer•gooi
Samestelling: neer + gooi


Werkwoord: gooi neer, neergooi
Verlede tyd: het neergegooi
Verlede deelwoord: neergegooide

Betekenis:
• Om iets na onder (dikwels tot op die grond) te gooi.

Gebruik:
• Hy gooi sy skooltas op die grond neer.
• Sy het haar sleutels op die spieëlkas neergegooi.

Sinoniem:
• afgooi
• neersmyt
• neerwerp

Vertaling:
Engels: to throw down, cast down, floor
Nederlands: neergooien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: wonderteken
wonderteken [boodskap #153600] Do., 19 November 2026 17:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
wonderteken
Afbreking: won•der•te•ken
Samestelling: wonder + teken


Selfstandige naamwoord: wonderteken
Meervoud: wondertekens

Betekenis:
• 'n Blyk van 'n bonatuurlike gebeurtenis of goddelike ingryping.

Gebruik:
• Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom 'n wonderteken uit die hemel hê. [Markus 8:11-13]

Sinoniem:
• wonderwerk

Vertaling:
Engels: miraculous sign
Nederlands: wonderteken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: molêr
molêr [boodskap #153599] Do., 19 November 2026 14:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
molêr
Afbreking: mo•lêr
Samestelling: mol + -êr


Byvoeglike naamwoord: molêr
Attributief: molêre

Betekenis:
• Wat betrekking het op die mol as eenheid van hoeveelheid stof in die chemie.

Gebruik:
• Die molêre massa van water is ongeveer 18 g/mol.

Afgelei:
• molariteit

Vertaling:
Engels: molar
Nederlands: molair

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ekwimolêr
ekwimolêr [boodskap #153598] Do., 19 November 2026 13:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
ekwimolêr
Afbreking: e•kwi•mo•lêr
Samestelling: ekwi- + molêr


Byvoeglike naamwoord: ekwimolêr
Attributief: ekwimolêre

Betekenis:
• Wat dieselfde aantal molle van 'n stof bevat.

Gebruik:
• Die chemiese reaksie is met ekwimolêre hoeveelhede van die reagense uitgevoer.

Afgelei:
• ekwimolariteit

Vertaling:
Engels: equimolar
Nederlands: equimolair

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: slawedrywer
slawedrywer [boodskap #153597] Wo., 18 November 2026 14:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
slawedrywer
Afbreking: sla•we•dry•wer
Samestelling: slawe + drywer


Selfstandige naamwoord: slawedrywer
Meervoud: slawedrywers

Betekenis:
• Iemand wat oor slawe toesig hou en hulle tot arbeid dwing.
• (figuurlik) 'n Werkgewer wat sy werkers buitensporig hard laat werk.

Gebruik:
• Moses moes vlug nadat hy 'n Egiptiese slawedrywer doodgeslaan het.
• My baas is 'n regte slawedrywer!

Sinoniem:
• slawebaas
• slawebewaker
• slaweopsigter

Vertaling:
Engels: slave driver
Nederlands: slavendrijver

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kniehoog
kniehoog [boodskap #153596] Wo., 18 November 2026 14:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kniehoog
Afbreking: knie•hoog
Samestelling: knie + hoog


Byvoeglike naamwoord: kniehoog
Attributief: kniehoë

Betekenis:
• Wat so hoog soos 'n gemiddelde persoon se knieë is.

Gebruik:
• Die gras staan kniehoog.

Antoniem:
• kniediep

Afgelei:
• kniehoogte

Vertaling:
Engels: knee-high
Nederlands: kniehoog

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kniehoogte
kniehoogte [boodskap #153595] Wo., 18 November 2026 14:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kniehoogte
Afbreking: knie•hoog•te
Samestelling: kniehoog + -te


Selfstandige naamwoord: kniehoogte
Meervoud: kniehoogtes

Betekenis:
• Die gemiddelde hoogte van 'n persoon se knie.

Gebruik:
• Die krummelgras groei tot op kniehoogte.

Antoniem:
• kniediepte

Vertaling:
Engels: knee height
Nederlands: kniehoogte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: krummelgras
krummelgras [boodskap #153594] Wo., 18 November 2026 14:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Krummelgras
Krummelgras
krummelgras
Afbreking: krum•mel•gras
Samestelling: krummel + gras


Selfstandige naamwoord: krummelgras
Meervoud: –

Betekenis:
• 'n Meerjarige grassoort, inheems aan Suider-Afrika, Eragrostis echinochloidea.

Gebruik:
• Krummelgras groei regop tot op kniehoogte en vorm digte polle met stewige blare en pluime met dig opeengepakte blommetjies.

Sinoniem:
• bosluisgras

Vertaling:
Engels: African lovegrass, tick grass
Nederlands: Eragrostis echinochloidea

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: netbalspeler
netbalspeler [boodskap #153592] Wo., 18 November 2026 07:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
netbalspeler
Afbreking: net•bal•spe•ler
Samestelling: netbal + speler


Selfstandige naamwoord: netbalspeler
Meervoud: netbalspelers
Verkleinwoord: netbalspelertjie
Meervoud van verkleining: netbalspelertjies

Betekenis:
• Iemand wat netbal speel; een van die sewe spelers in 'n netbalspan.

Gebruik:
• Vanes-Mari du Toit is 'n professionele netbalspeler wat al in talle wedstryde vir die Proteas uitgedraf het.

Sinoniem:
• netbalspeelster (vroulik)

Vertaling:
Engels: netball player
Nederlands: netbalspeler

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: saalsak
saalsak [boodskap #153591] Di., 17 November 2026 19:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
saalsak
Afbreking: saal•sak
Samestelling: saal + sak


Selfstandige naamwoord: saalsak
Meervoud: saalsakke
Verkleinwoord: saalsakkie
Meervoud van verkleining: saalsakkies

Betekenis:
• 'n Sak, tradisioneel van leer, wat aan 'n perd of fiets se saal vasgegespe word.

Gebruik:
• Die ruiter pak proviand en drinkwater in sy saalsakke.
• Die fietsryer het 'n saalsakkie waarin hy sy gereedskap bêre.

Vertaling:
Engels: saddlebag
Nederlands: zadeltas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: stormwater
stormwater [boodskap #153590] Di., 17 November 2026 19:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
stormwater
Afbreking: storm•wa•ter
Samestelling: storm + water


Selfstandige naamwoord: stormwater
Meervoud: stormwaters

Betekenis:
• Reënwater wat nie in die grond insypel nie en oor die grondoppervlak wegvloei.

Gebruik:
• Ná die hewige reënbui het die stormwater in die strate afgestroom.

Sinoniem:
• afloopwater

Afgelei:
• stormwaterafvoer
• stormwaterdrein
• stormwaterkanaal
• stormwaterpyp
• stormwatersloot
• stormwaterstelsel
• stormwatervoor

Vertaling:
Engels: stormwater, surface runoff
Nederlands: regenwater, hemelwater

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bevelhebber
bevelhebber [boodskap #153589] Di., 17 November 2026 19:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
bevelhebber
Afbreking: be•vel•heb•ber


Selfstandige naamwoord: bevelhebber
Meervoud: bevelhebbers

Betekenis:
• Iemand wat bevel oor ander voer; die persoon wat in beheer is en bevele uitreik.

Gebruik:
• Pompeius is in 69 v.C. as bevelhebber aangestel om die seerowers van die Middellandse See uit te roei.

Sinoniem:
• aanvoerder
• beveldraer
• bevelvoerder

Antoniem:
• ondergeskikte

Hiponiem:
• krygsbevelhebber
• onderbevelhebber
• opperbevelhebber
• vleuelbevelhebber

Afgelei:
• bevelhebberskap

Vertaling:
Engels: commander, commanding officer
Nederlands: bevelhebber, commandant

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: repudieer
repudieer [boodskap #153588] Ma., 16 November 2026 19:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
repudieer
Afbreking: re•pu•di•eer


Werkwoord: repudieer
Verlede tyd: het gerepudieer
Teenwoordige deelwoord: repudiërend, repudiërende
Verlede deelwoord: gerepudieerde

Betekenis:
• Om iets uitdruklik te ontken of te verwerp.
• Om iets van die hand te wys.

Gebruik:
• Die maatskappy het die kontrak gerepudieer en geweier om sy verpligtinge na te kom.
• 'n Erfgenaam kan kies om 'n erflating of bemaking te repudieer.

Sinoniem:
• afwys
• ontken
• verloën
• verwerp

Antoniem:
• aanvaar
• beaam
• erken

Afgelei:
• repudiasie
• repudiëring

Vertaling:
Engels: to repudiate, reject, disown
Nederlands: repudiëren, verwerpen, afwijzen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: jaghond
jaghond [boodskap #153587] Ma., 16 November 2026 18:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
jaghond
Afbreking: jag•hond
Samestelling: jag + hond


Selfstandige naamwoord: jaghond
Meervoud: jaghonde
Verkleinwoord: jaghondjie
Meervoud van verkleining: jaghondjies

Betekenis:
• 'n Hond wat spesiaal geteel of opgelei is om 'n jagter tydens 'n jagtog by te staan.

Gebruik:
• Die jaghond het die gekweste bok se spoor deur die bos gevolg.
• Die bloedhonde en windhonde is voorbeelde van jaghonde.

Vertaling:
Engels: hunting dog, hound
Nederlands: jachthond

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: swemklere
swemklere [boodskap #153586] Ma., 16 November 2026 17:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
swemklere
Afbreking: swem•kle•re
Samestelling: swem + klere


Selfstandige naamwoord: –
Meervoud: swemklere

Betekenis:
• Spesiale klere wat 'n mens dra wanneer jy gaan swem.

Gebruik:
• Daar is 'n swembad; bring jou swemklere saam.

Sinoniem:
• swemdrag

Hiponiem:
• baaibroek
• baaikostuum
• bikini
• swembroek
• swempak

Vertaling:
Engels: swimwear, swimming costume, bathing costume
Nederlands: zwemkleding, badkleding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verskroei
verskroei [boodskap #153585] Ma., 16 November 2026 14:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
verskroei
Afbreking: ver•skroei
Samestelling: ver- + skroei


Werkwoord: verskroei
Verlede tyd: het verskroei
Teenwoordige deelwoord: verskroeiend, verskroeiende
Verlede deelwoord: verskroeide

Betekenis:
• Om die oppervlakte deur hitte te beskadig (sonder om heeltemal te verbrand).

Gebruik:
• Die bloedige somerson het die plante in die tuin verskroei.

Sinoniem:
• verseng

Afgelei:
• verskroeiing

Vertaling:
Engels: to scorch, parch, singe
Nederlands: verschroeien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitwaai
uitwaai [boodskap #153584] Ma., 16 November 2026 13:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
uitwaai
Afbreking: uit•waai
Samestelling: uit + waai


Werkwoord: waai uit, uitwaai
Verlede tyd: het uitgewaai
Teenwoordige deelwoord: uitwaaiend, uitwaaiende
Verlede deelwoord: uitgewaaide

Betekenis:
• Om weg of na die buitekant te waai.
• Om dood te waai.

Gebruik:
• Die rook waai by die oop venster uit.
• Die sterk wind het die kers uitgewaai.

Sinoniem:
• uitblaas
• wegwaai

Antoniem:
• inwaai

Vertaling:
Engels: to blow out
Nederlands: uitwaaien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: inwaai
inwaai [boodskap #153583] Ma., 16 November 2026 13:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
inwaai
Afbreking: in•waai
Samestelling: in + waai


Werkwoord: waai in, inwaai
Verlede tyd: het ingewaai
Teenwoordige deelwoord: inwaaiend, inwaaiende
Verlede deelwoord: ingewaaide

Betekenis:
• Om na die binnekant te waai.

Gebruik:
• Die wind waai by die oop venster in.
• Die seilbootjie het al hoe verder in die see ingewaai.

Sinoniem:
• binnewaai
• instruif

Antoniem:
• uitwaai

Vertaling:
Engels: to blow in
Nederlands: binnenwaaien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: noordewind
noordewind [boodskap #153582] Ma., 16 November 2026 13:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
noordewind
Afbreking: noor•de•wind
Samestelling: noorde + wind


Selfstandige naamwoord: noordewind
Meervoud: noordewinde
Verkleinwoord: noordewindjie
Meervoud van verkleining: noordewindjies

Betekenis:
• Wind wat uit die noorde waai.

Gebruik:
• Die noordewind het warm lug oor die binneland ingewaai.

Antoniem:
• suidewind

Verwant:
• oostewind
• westewind

Vertaling:
Engels: north wind, northerly wind
Nederlands: noordenwind

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: suidewind
suidewind [boodskap #153581] Ma., 16 November 2026 13:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
suidewind
Afbreking: sui•de•wind
Samestelling: suide + wind


Selfstandige naamwoord: suidewind
Meervoud: suidewinde
Verkleinwoord: suidewindjie
Meervoud van verkleining: suidewindjies

Betekenis:
• Wind wat uit die suide waai.

Gebruik:
• Die suidewind het koel lug vanaf die Suid-Atlantiese Oseaan oor die Wes-Kaap ingewaai.

Antoniem:
• noordewind

Verwant:
• oostewind
• westewind

Vertaling:
Engels: south wind, southerly wind
Nederlands: zuidenwind

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: westewind
westewind [boodskap #153580] Ma., 16 November 2026 13:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
westewind
Afbreking: wes•te•wind
Samestelling: weste + wind


Selfstandige naamwoord: westewind
Meervoud: westewinde
Verkleinwoord: westewindjie
Meervoud van verkleining: westewindjies

Betekenis:
• Wind wat uit die weste waai.

Gebruik:
• Die westewind het droë lug oor die binneland ingewaai.

Antoniem:
• oostewind

Hiponiem:
• noordwestewind
• suidwestewind

Vertaling:
Engels: west wind, westerly wind
Nederlands: westenwind

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oostewind
oostewind [boodskap #153579] Ma., 16 November 2026 13:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
oostewind
Afbreking: oos•te•wind
Samestelling: ooste + wind


Selfstandige naamwoord: oostewind
Meervoud: oostewinde
Verkleinwoord: oostewindjie
Meervoud van verkleining: oostewindjies

Betekenis:
• Wind wat uit die ooste waai.

Gebruik:
• Die oostewind het vogtige lug oor die binneland ingewaai.

Antoniem:
• westewind

Hiponiem:
• noordoostewind
• suidoostewind

Vertaling:
Engels: east wind, easterly wind
Nederlands: oostenwind

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rivierwal
rivierwal [boodskap #153578] Ma., 16 November 2026 07:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
rivierwal
Afbreking: ri•vier•wal
Samestelling: rivier + wal


Selfstandige naamwoord: rivierwal
Meervoud: rivierwalle
Verkleinwoord: rivierwalletjie
Meervoud van verkleining: rivierwalletjies

Betekenis:
• Die verhewe strook grond langs 'n rivier.

Gebruik:
• Die rivierwal het weens erosie begin wegkalwe.

Verwant:
• rivierbank
• rivieroewer

Vertaling:
Engels: riverbank, river embankment
Nederlands: rivieroever, rivierdijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vleigras
vleigras [boodskap #153577] Ma., 16 November 2026 07:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27226
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
vleigras
Afbreking: vlei•gras
Samestelling: vlei + gras


Selfstandige naamwoord: vleigras
Meervoud: vleigrasse
Verkleinwoord: vleigrassie
Meervoud van verkleining: vleigrassies

Betekenis:
• Gras wat in vleie en nat, moerasagtige gebiede groei.

Gebruik:
• Die seekoeie wei in die vleigras.

Sinoniem:
• moerasgras

Vertaling:
Engels: marsh grass, wetland grass
Nederlands: moerasgras, vlei­gras

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (4): [ «  ‹  1  2  3  4  ›  »]


Tyd nou: Di. Nov. 24 10:05:32 UTC 2026