Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nieaansteeklik
nieaansteeklik [boodskap #153611] Vr., 20 November 2026 06:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27190
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
nieaansteeklik
Afbreking: nie•aan•steek•lik
Samestelling: nie + aansteeklik


Byvoeglike naamwoord: nieaansteeklik
Attributief: nieaansteeklike

Betekenis:
• Wat nie aansteeklik is nie; nie deur kontak van een persoon of organisme na 'n ander oorgedra word nie.

Gebruik:
• Die siekte is nieaansteeklik en hou dus geen gevaar vir ander in nie.
• Die persoon se skielike dood is deur 'n nieaansteeklike breinvliesontsteking veroorsaak.

Sinoniem:
• niebesmetlik

Antoniem:
• aansteeklik
• besmetlik

Vertaling:
Engels: non-contagious, non-infectious
Nederlands: niet-besmettelijk, niet-infectieus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nieamptelik
Volgende onderwerp: medeaanspreeklik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Nov. 20 20:19:55 UTC 2026