Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » repudieer
repudieer [boodskap #153588] Ma., 16 November 2026 19:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27158
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
repudieer
Afbreking: re•pu•di•eer


Werkwoord: repudieer
Verlede tyd: het gerepudieer
Teenwoordige deelwoord: repudiërend, repudiërende
Verlede deelwoord: gerepudieerde

Betekenis:
• Om iets uitdruklik te ontken of te verwerp.
• Om iets van die hand te wys.

Gebruik:
• Die maatskappy het die kontrak gerepudieer en geweier om sy verpligtinge na te kom.
• 'n Erfgenaam kan kies om 'n erflating of bemaking te repudieer.

Sinoniem:
• afwys
• ontken
• verloën
• verwerp

Antoniem:
• aanvaar
• beaam
• erken

Afgelei:
• repudiasie
• repudiëring

Vertaling:
Engels: to repudiate, reject, disown
Nederlands: repudiëren, verwerpen, afwijzen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: jaghond
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Nov. 16 19:18:07 UTC 2026