Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » liefdesappel
liefdesappel [boodskap #153576] Ma., 16 November 2026 06:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27148
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
liefdesappel
Afbreking: lief•des•ap•pel
Samestelling: liefde + appel


Selfstandige naamwoord: liefdesappel
Meervoud: liefdesappels
Verkleinwoord: liefdesappeltjie
Meervoud van verkleining: liefdesappeltjies

Betekenis:
• Die tamatie of 'n tamatie-agtige vrug wat liefde en vrugbaarheid sou bevorder.

Gebruik:
• Die liefdesappels versprei hulle geur; daar is allerlei keurige vrugte by ons deur, vars en oud; ek het hulle vir jou gebêre, man wat ek liefhet. [Hooglied 7:13]

Sinoniem:
• tamatie

Vertaling:
Engels: love apple
Nederlands: liefdesappel

Nota:
• Die presiese plant waarna die Bybelse "liefdesappels" verwys, is nie met sekerheid vasgestel nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tempelprostituut
Volgende onderwerp: vleigras
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Nov. 16 09:15:15 UTC 2026