Forum: Woordeboek
Onderwerp: topaas
topaas [boodskap #153659 ]
Di., 24 November 2026 09:07
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Topaas
topaas
Afbreking: to•paas
Selfstandige naamwoord: topaas
Meervoud: topase
Betekenis:
• 'n Mineraal en halfedelsteen met formule Al2 SiO4 (OH,F)2 .
Gebruik:
• Suiwer topaas is kleurloos, maar as gevolg van onsuiwerhede kom dit dikwels voor in skakerings van geel, blou of pienk.
Hiponiem:
• rooktopaas
Vertaling:
Engels: topaz
Nederlands: topaas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 24 November 2026 09:07]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: voorhof
voorhof [boodskap #153658 ]
Di., 24 November 2026 08:31
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
voorhof
Afbreking: voor•hof
Samestelling: voor + hof
Selfstandige naamwoord: voorhof
Meervoud: voorhowe
Verkleinwoord: voorhoffie
Meervoud van verkleining: voorhoffies
Betekenis:
• 'n Oop ruimte voor 'n gebou wat omhein of gedeeltelik oordek is.
Gebruik:
• Die besoekers het in die voorhof voor die saal gewag.
Sinoniem:
• binneplaas
• buitehof
• voorplein
Antoniem:
• agterhof
Vertaling:
Engels: forecourt
Nederlands: voorhof, voorplein
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 24 November 2026 08:55]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: bronsvoetstuk
bronsvoetstuk [boodskap #153657 ]
Di., 24 November 2026 08:14
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
bronsvoetstuk
Afbreking: brons•voet•stuk
Samestelling: brons + voetstuk
Selfstandige naamwoord: bronsvoetstuk
Meervoud: bronsvoetstukke
Betekenis:
• 'n Voetstuk wat van brons gegiet is en waarop iets staan.
Gebruik:
• Die standbeeld is in die middel van die plein op 'n bronsvoetstuk opgerig.
Sinoniem:
• bronsbasis
Vertaling:
Engels: bronze pedestal, bronze plinth, bronze base
Nederlands: bronzen voetstuk, bronzen sokkel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: oostekant
oostekant [boodskap #153656 ]
Di., 24 November 2026 08:05
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
oostekant
Afbreking: oos•te•kant
Samestelling: ooste + kant
Selfstandige naamwoord: oostekant
Meervoud: oostekante
Betekenis:
• Die kant wat oos wys; oostelike kant of sy.
Gebruik:
• Die rivier vloei deur die vallei aan die oostekant van die bergreeks.
Antoniem:
• westekant
Verwant:
• noordekant
• suidekant
Vertaling:
Engels: eastern side, east side
Nederlands: oostkant, oostelijke zijde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: westekant
westekant [boodskap #153655 ]
Di., 24 November 2026 07:50
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
westekant
Afbreking: wes•te•kant
Samestelling: weste + kant
Selfstandige naamwoord: westekant
Meervoud: westekante
Betekenis:
• Die kant wat wes wys; westelike kant of sy.
Gebruik:
• Eersterust 'n voorstad van Pretoria aan die westekant van Mamelodi.
Antoniem:
• oostekant
Verwant:
• noordekant
• suidekant
Vertaling:
Engels: western side, west side
Nederlands: westkant, westelijke sijde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 24 November 2026 07:56]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: wolstof
wolstof [boodskap #153654 ]
Di., 24 November 2026 07:29
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
wolstof
Afbreking: wol•stof
Samestelling: wol + stof
Selfstandige naamwoord: wolstof
Meervoud: wolstowwe
Betekenis:
• 'n Tekstiel wat van wolvesels vervaardig is.
Gebruik:
• Die jas is van 'n dik, growwe wolstof gemaak.
Sinoniem:
• wolmateriaal
Hiponiem:
• sywolstof
Vertaling:
Engels: wool fabric, woollen cloth
Nederlands: wollen stof
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: borssak
borssak [boodskap #153653 ]
Di., 24 November 2026 07:13
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
borssak
Afbreking: bors•sak
Samestelling: bors + sak
Selfstandige naamwoord: borssak
Meervoud: borssakke
Verkleinwoord: borssakkie
Meervoud van verkleining: borssakkies
Betekenis:
• 'n Sak aan 'n hemp, jas of ander kledingstuk wat oor die (meestal linker) borskas pas.
Gebruik:
• Hy dra sy bril in sy borssak .
Vertaling:
Engels: breast pocket, chest pocket
Nederlands: borstzak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 24 November 2026 07:13]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: draaghout
draaghout [boodskap #153652 ]
Di., 24 November 2026 07:04
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
draaghout
Afbreking: draag•hout
Samestelling: draag + hout
Selfstandige naamwoord: draaghout
Meervoud: draaghoute
Betekenis:
• 'n Horisontale houtbalk waarop iets rus of waaraan iets gedra word.
Gebruik:
• Dan moet jy die draaghoute deur die ringe aan weerskante van die ark steek om die ark daarmee te dra. [Eksodus 25:14]
Wisselvorm:
• drahout
Sinoniem:
• draagbalk
Vertaling:
Engels: supporting beam, supporting timber; carrying pole
Nederlands: draaghout, draagbalk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: doringhout
doringhout [boodskap #153651 ]
Ma., 23 November 2026 20:08
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
doringhout
Afbreking: do•ring•hout
Samestelling: doring + hout
Selfstandige naamwoord: doringhout
Meervoud: doringhoute
Betekenis:
• Die hout van 'n doringboom.
Gebruik:
• Julle moet 'n ark van doringhout maak: een en 'n kwart meter lank, 'n driekwart meter breed en net so hoog. [Eksodus 25:10]
Hiponiem:
• esdoringhout
• kameeldoringhout
• wegdoringhout
Vertaling:
Engels: thorn wood, thorn-tree wood
Nederlands: doornhout
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: amandelbloeisel
amandelbloeisel [boodskap #153650 ]
Ma., 23 November 2026 20:00
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
amandelbloeisel
Afbreking: a•man•del•bloei•sel
Samestelling: amandel + bloeisel
Selfstandige naamwoord: amandelbloeisel
Meervoud: amandelbloeisels
Betekenis:
• Die pienk of wit blom van 'n amandelboom.
Gebruik:
• In die lente is die amandelbome oortrek met amandelbloeisels .
Vertaling:
Engels: almond blossom
Nederlands: amandelbloesem
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: hoëpriester
hoëpriester [boodskap #153649 ]
Ma., 23 November 2026 19:47
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
hoëpriester
Afbreking: ho•ë•pries•ter
Samestelling: hoë + priester
Selfstandige naamwoord: hoëpriester
Meervoud: hoëpriesters
Betekenis:
• Die leier van die priesters wat tempeldiens verrig.
Gebruik:
• Volgens die Ou Testament was Aäron die eerste hoëpriester van Israel.
Sinoniem:
• opperpriester
Afgelei:
• hoëpriesterlik
• hoëpriesterskap
Vertaling:
Engels: high priest
Nederlands: hogepriester
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma., 23 November 2026 19:49]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: offerdier
offerdier [boodskap #153648 ]
Ma., 23 November 2026 19:34
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
offerdier
Afbreking: of•fer•dier
Samestelling: offer + dier
Selfstandige naamwoord: offerdier
Meervoud: offerdiere
Betekenis:
• 'n Dier wat as offerande aan 'n godheid geoffer word.
Gebruik:
• In die Ou Testament is 'n lam dikwels as offerdier gebruik.
Sinoniem:
• slagoffer
Verwant:
• diereoffer
• offerlam
Vertaling:
Engels: sacrificial animal
Nederlands: offerdier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: omstamp
omstamp [boodskap #153647 ]
Ma., 23 November 2026 19:02
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
omstamp
Afbreking: om•stamp
Samestelling: om + stamp
Werkwoord: stamp om , omstamp
Verlede tyd: het omgestamp
Verlede deelwoord: omgestampte
Betekenis:
• Om iets met 'n stamp of stoot te laat omval.
Gebruik:
• Sy stamp die beker per ongeluk om .
• Hy het sy boetie aspris omgestamp .
Sinoniem:
• omgooi
• omloop
• omstoot
Vertaling:
Engels: to knock over, topple
Nederlands: omstoten, omverwerpen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 24 November 2026 05:50]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: onverdeel
onverdeel [boodskap #153646 ]
Ma., 23 November 2026 18:40
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
onverdeel
Afbreking: on•ver•deel
Samestelling: on- + verdeel
Byvoeglike naamwoord: onverdeel , onverdeeld
Attributief: onverdeelde
Betekenis:
• Wat nie verdeel is of word nie.
Gebruik:
• Gee onverdeeld aandag in die klas.
• Die voorstel het die onverdeelde steun van die lede geniet.
Antoniem:
• verdeel
Afgelei:
• onverdeelbaar
Vertaling:
Engels: undivided
Nederlands: onverdeeld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: sabbatdag
sabbatdag [boodskap #153645 ]
Ma., 23 November 2026 18:24
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
sabbatdag
Afbreking: sab•bat•dag
Samestelling: sabbat + dag
Selfstandige naamwoord: sabbatdag
Meervoud: sabbatdae
Betekenis:
• Die rusdag vir die Jode op 'n Saterdag, of by uitbreiding, die rusdag vir Christene op 'n Sondag.
Gebruik:
• Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. [Eksodus 20:8]
Sinoniem:
• rusdag
Vertaling:
Engels: Sabbath-day
Nederlands: sabbatdag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 24 November 2026 05:49]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: verkul
verkul [boodskap #153642 ]
Ma., 23 November 2026 15:28
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
verkul
Afbreking: ver•kul
Samestelling: ver- + kul
Werkwoord: verkul
Verlede tyd: het verkul
Teenwoordige deelwoord: verkullend , verkullende
Verlede deelwoord: verkulde
Betekenis:
• Om iemand te bedrieg of op oneerlike wyse in te doen.
Gebruik:
• Hy verkul sy vrou met sy sekretaresse.
• Sy het haar sakevennoot met duisende rande verkul .
Sinoniem:
• bedrieg
• flous
• kul
• mislei
• uitoorlê
• verneuk
Afgelei:
• verkuller
Vertaling:
Engels: to cheat, deceive, trick
Nederlands: bedriegen, oplichten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: sirkonia
sirkonia [boodskap #153641 ]
Ma., 23 November 2026 14:50
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
sirkonia
Afbreking: sir•ko•ni•a
Selfstandige naamwoord: sirkonia
Meervoud: sirkonias
Betekenis:
• 'n Oksied van sirkonium (ZrO2 ) met talle gebruike, onder andere as alternatief vir diamant in juweliersware.
Gebruik:
• Die ring is met 'n groot kubiese sirkonia versier.
Sinoniem:
• sirkoniumdioksied
Vertaling:
Engels: zirconia, zirconium oxide
Nederlands: zirkonia, zirkoniumdioxide
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: towerformule
towerformule [boodskap #153640 ]
Ma., 23 November 2026 07:51
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
towerformule
Afbreking: to•wer•for•mu•le
Samestelling: tower + formule
Selfstandige naamwoord: towerformule
Meervoud: towerformules
Betekenis:
• 'n Formule of resep waarmee iets of iemand getoor word.
• (figuurlik ) 'n Eenvoudige oplossing wat wonderbaarlike resultate lewer.
Gebruik:
• Liewe Heksie het haar towerformules vergeet.
• Daar bestaan ongelukkig nie 'n towerformule vir onmiddellike sukses nie.
Sinoniem:
• kitsoplossing
• towerspreuk
• wondermiddel
Vertaling:
Engels: magic formula, miracle formula
Nederlands: toverformule, wonderformule
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: selfoonfoto
selfoonfoto [boodskap #153639 ]
So., 22 November 2026 19:34
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
selfoonfoto
Afbreking: sel•foon•fo•to
Samestelling: selfoon + foto
Selfstandige naamwoord: selfoonfoto
Meervoud: selfoonfoto's
Verkleinwoord: selfoonfoto'tjie
Meervoud van verkleining: selfoonfoto'tjies
Betekenis:
• 'n Foto wat met die kamera van 'n selfoon geneem is.
Gebruik:
• Sy het 'n selfoonfoto op sosiale media gedeel.
Vertaling:
Engels: cellphone photo, mobile phone photograph
Nederlands: smartphonefoto, mobieletelefoonfoto
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: wegsmelt
wegsmelt [boodskap #153638 ]
So., 22 November 2026 19:26
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
wegsmelt
Afbreking: weg•smelt
Samestelling: weg + smelt
Werkwoord: smelt weg , wegsmelt
Verlede tyd: het weggesmelt
Teenwoordige deelwoord: wegsmettend , wegsmettende
Verlede deelwoord: weggesmelte
Betekenis:
• Om deur te smelt geleidelik te verdwyn.
• (figuurlik ) Om geleidelik kleiner of minder te word.
• (figuurlik ) Om iemand diep te ontroer.
Gebruik:
• In die lente smelt die sneeu weg .
• Hy het opgehou bewe en die pyn het van sy gesig weggesmelt .
• Jou hart sal wegsmelt as jy die klein babatjie sien.
Sinoniem:
• uitsmelt
• versmelt
• vervloei
Afgelei:
• wegsmelting
Vertaling:
Engels: to melt away
Nederlands: wegsmelten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma., 23 November 2026 06:46]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: heuningkoek
heuningkoek [boodskap #153637 ]
So., 22 November 2026 18:37
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
heuningkoek
Afbreking: heu•ning•koek
Samestelling: heuning + koek
Selfstandige naamwoord: heuningkoek
Meervoud: heuningkoeke
Verkleinwoord: heuningkoekie
Meervoud van verkleining: heuningkoekies
Betekenis:
• 'n Struktuur van byewas met seskantige selle waarin bye heuning opberg.
Gebruik:
• Die byeboer het 'n vars heuningkoek uit die byekorf gehaal.
Sinoniem:
• byekoek
Afgelei:
• heuningkoekagtig
• heuningkoeksteek
• heuningkoekstruktuur
Vertaling:
Engels: honeycomb
Nederlands: honingraat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: donderwolk
donderwolk [boodskap #153636 ]
So., 22 November 2026 18:16
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
donderwolk
Afbreking: don•der•wolk
Samestelling: donder + wolk
Selfstandige naamwoord: donderwolk
Meervoud: donderwolke
Verkleinwoord: donderwolkie
Meervoud van verkleining: donderwolkies
Betekenis:
• 'n Donker, digte wolk wat donderweer en donderbuie veroorsaak.
Gebruik:
• Teen namiddag het die donderwolke begin saampak.
Sinoniem:
• aambeeldwolk
• cumulonimbuswolk
• onweerswolk
• swareweerwolk
Vertaling:
Engels: thundercloud, cumulonimbus cloud
Nederlands: donderwolk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: profetes
profetes [boodskap #153635 ]
So., 22 November 2026 17:38
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
profetes
Afbreking: pro•fe•tes
Samestelling: profeet + -es
Selfstandige naamwoord: profetes
Meervoud: profetesse
Betekenis:
• 'n Vroulike profeet; vrou wat openbarings ontvang of toekomsgebeure voorspel.
Gebruik:
• Die profetes het die volk teen die gevolge van hulle ongehoorsaamheid gewaarsku.
Sinoniem:
• orakel
• waarsegster
Antoniem:
• profeet (manlik of vroulik )
Vertaling:
Engels: prophetess, sibyl
Nederlands: profetes
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So., 22 November 2026 17:39]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: terugvloei
terugvloei [boodskap #153634 ]
So., 22 November 2026 16:32
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
terugvloei
Afbreking: te•rug•vloei
Samestelling: terug + vloei
Werkwoord: vloei terug , terugvloei
Verlede tyd: het teruggevloei
Teenwoordige deelwoord: terugvloeiend , terugvloeiende
Verlede deelwoord: teruggevloeide
Betekenis:
• Om na die oorsprong terug te vloei.
Gebruik:
• Met hooggety vloei die water in die rivier terug .
• Die hartkleppe verseker dat die bloed slegs in een rigting deur die hart vloei en nie terugvloei nie.
Sinoniem:
• terugloop
• terugstroom
Antoniem:
• uitvloei
Afgelei:
• terugvloeiing
Vertaling:
Engels: to flow back
Nederlands: terugvloeien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: wonderdaad
wonderdaad [boodskap #153633 ]
So., 22 November 2026 08:05
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
wonderdaad
Afbreking: won•der•daad
Samestelling: wonder + daad
Selfstandige naamwoord: wonderdaad
Meervoud: wonderdade
Betekenis:
• 'n Merkwaardige handeling wat nie logies verklaar kan word nie.
Gebruik:
• Ek wil getuig van u magtige dade, sodat die mense oor u wonderdade sal praat. [Psalms 145:5-6]
Sinoniem:
• wonderwerk
Afgelei:
• wonderdadig
Vertaling:
Engels: miraculous deed, wondrous act
Nederlands: wonderdaad
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma., 23 November 2026 06:42]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: bewerker
bewerker [boodskap #153632 ]
So., 22 November 2026 07:55
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
bewerker
Afbreking: be•wer•ker
Samestelling: bewerk + -er
Selfstandige naamwoord: bewerker
Meervoud: bewerkers
Betekenis:
• 'n Persoon of toestel wat iets verander deur daaraan te werk.
Gebruik:
• Hy is 'n bewerker van edelstene.
Hiponiem:
• diamantbewerker
• horingbewerker
• leerbewerker
• metaalbewerker
• vlasbewerker
Afkorting:
• bew.
Vertaling:
Engels: processor, worker, operator, adapter, agent
Nederlands: bewerker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: menselewe
menselewe [boodskap #153631 ]
So., 22 November 2026 07:35
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
menselewe
Afbreking: men•se•le•we
Samestelling: mens + -e- + lewe
Selfstandige naamwoord: menselewe
Meervoud: menselewens
Betekenis:
• Die bestaan van 'n mens; die lewensloop vanaf geboorte tot die dood.
Gebruik:
• Dit is skokkend dat dokters en mediese fondse geld belangriker as 'n menselewe ag.
• Oorloë eis jaarliks talle menselewens .
Vertaling:
Engels: human life
Nederlands: mensenleven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: beraadslaging
beraadslaging [boodskap #153630 ]
So., 22 November 2026 07:25
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
beraadslaging
Afbreking: be•raad•sla•ging
Samestelling: beraadslaag + -ing
Selfstandige naamwoord: beraadslaging
Meervoud: beraadslaginge , beraadslagings
Betekenis:
• Die handeling van beraadslaag; om 'n saak deeglik te bespreek en te oorweeg.
Gebruik:
• Die wetsontwerp is ná deeglike beraadslaging deur die parlement aanvaar.
Sinoniem:
• bespreking
• kajuitraad
• oorlegpleging
• raadpleging
• samespreking
Vertaling:
Engels: deliberation, consultation, counsel
Nederlands: beraadslaging, overleg
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: niefiksie
niefiksie [boodskap #153629 ]
So., 22 November 2026 07:15
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
niefiksie
Afbreking: nie•fik•sie
Samestelling: nie + fiksie
Selfstandige naamwoord: niefiksie
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Werk wat nie fiksie is nie, maar op werklike feite, gebeure of persone berus.
Gebruik:
• Ek verkies om eerder niefiksie as fiksie te lees.
Wisselvorm:
• nie-fiksie (informeel )
Sinoniem:
• feiteliteratuur
Antoniem:
• fiksie
Afgelei:
• niefiksie-afdeling
• niefiksiewerk
• niefiksieskrywer
• niefiksieboek
Vertaling:
Engels: nonfiction, non-fiction
Nederlands: non-fictie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So., 22 November 2026 20:00]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: wegdra
wegdra [boodskap #153628 ]
Sa., 21 November 2026 20:21
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
wegdra
Afbreking: weg•dra
Samestelling: weg + dra
Werkwoord: dra weg , wegdra
Verlede tyd: het weggedra
Betekenis:
• Om iets deur dit te dra van 'n plek af weg te neem.
• (figuurlik ) Om te wen of te verkry.
Gebruik:
• Hy dra 'n sak hout weg .
• Dit het almal se goedkeuring weggedra .
Sinoniem:
• vervoer
• verwyder
• weghaal
• wegneem
• wegvoer
Antoniem:
• aandra
Vertaling:
Engels: to carry away, take away, carry off
Nederlands: wegdragen, meenemen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma., 23 November 2026 06:49]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: sinter
sinter [boodskap #153627 ]
Sa., 21 November 2026 19:49
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
sinter
Afbreking: sin•ter
Werkwoord: sinter
Verlede tyd: het gesinter
Teenwoordige deelwoord: sinterend , sinterende
Verlede deelwoord: gesinterde
Betekenis:
• Om fyn deeltjies deur verhitting te bind sonder dat dit heeltemal smelt.
Gebruik:
• Die pottebakker sinter die erdewerk in 'n spesiale oond.
Afgelei:
• sinterglas
• sintering
• sinteroond
Vertaling:
Engels: to sinter
Nederlands: sinteren
Selfstandige naamwoord: sinter
Meervoud: sinters
Betekenis:
• 'n Poreuse mineraalafsetting wat ontstaan wanneer opgeloste minerale uit water neerslaan.
Gebruik:
• Die sinter het 'n harde kors rondom die warmwaterbron gevorm.
Hiponiem:
• kalksinter
Afgelei:
• sintersteen
Vertaling:
Engels: sinter
Nederlands: sinter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: hiervandaan
hiervandaan [boodskap #153626 ]
Sa., 21 November 2026 19:27
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
hiervandaan
Afbreking: hier•van•daan
Samestelling: hier + vandaan
Bywoord: hiervandaan
Betekenis:
• Van hierdie plek af.
• Van hierdie tyd of stadium af; voortaan.
Gebruik:
• Hiervandaan kan ons die hele vallei sien.
• Hiervandaan sal jy hopelik luister as ek praat!
Antoniem:
• daarvandaan
Vertaling:
Engels: from here; henceforth
Nederlands: hiervandaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: lofrede
lofrede [boodskap #153625 ]
Sa., 21 November 2026 12:24
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
lofrede
Afbreking: lof•re•de
Samestelling: lof + rede
Selfstandige naamwoord: lofrede
Meervoud: lofredes
Betekenis:
• 'n Toespraak waarin iets of iemand geprys of gehuldig word.
Gebruik:
• Die president het 'n roerende lofrede aan die Zoeloekoning gelewer.
Sinoniem:
• eulogie
• huldeblyk
• huldebetoon
• lofprysing
• lofspraak
• prysrede
Antoniem:
• skimprede
• smaadrede
Afgelei:
• lofredenaar
Vertaling:
Engels: eulogy, panegyric, laudatory speech
Nederlands: lofrede, huldebetoon, lofprijzing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: honend
honend [boodskap #153624 ]
Sa., 21 November 2026 11:48
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
honend
Afbreking: ho•nend
Samestelling: hoon + -end
Byvoeglike naamwoord: honend
Vergrotende trap: honender
Oortreffende trap: honendste
Attributief: honende
Partitief: honends
Betekenis:
• Wat iemand met minagting spot of verkleineer.
Gebruik:
• Hulle het hom honend gespot en geslaan.
• Daar is 'n honende grynslag op sy gesig.
Sinoniem:
• beledigend
• eerskennend
• kwetsend
• lasterlik
• minagtend
• sarkasties
• skimpenderwys
• smadelik
• smalend
• spottend
• veragtend
• vernederend
Antoniem:
• bewonderend
• prysend
Vertaling:
Engels: insulting, derisive, mocking, scornful, contemptuous
Nederlands: honend, spottend, smalend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van die werkwoord hoon.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: skimprede
skimprede [boodskap #153623 ]
Sa., 21 November 2026 10:15
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
skimprede
Afbreking: skimp•re•de
Samestelling: skimp + rede
Selfstandige naamwoord: skimprede
Meervoud: skimpredes
Betekenis:
• (verouderd ) 'n Honende toespraak; tirade waarin iemand beledig of sleggesê word.
Gebruik:
• Die vrou het haar teenstanders tydens 'n driftige skimprede aangeval.
Sinoniem:
• tirade
• smaadrede
Antoniem:
• lofrede
• prysrede
Vertaling:
Engels: invective, tirade, diatribe, abusive speech
Nederlands: scheldrede, smaadrede, tirade
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: smaadrede
smaadrede [boodskap #153622 ]
Sa., 21 November 2026 09:40
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
smaadrede
Afbreking: smaad•re•de
Samestelling: smaad + rede
Selfstandige naamwoord: smaadrede
Meervoud: smaadredes
Betekenis:
• 'n Kwetsende toespraak of redevoering waarin iemand sleggesê of bespot word.
Gebruik:
• Die politikus het 'n smaadrede teen sy teenstander gelewer.
Sinoniem:
• skimprede
• tirade
Antoniem:
• lofrede
• prysrede
Vertaling:
Engels: denunciatory speech, vituperation, invective, diatribe
Nederlands: smaadrede, scheldrede
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: jongleur
jongleur [boodskap #153621 ]
Vr., 20 November 2026 14:50
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
jongleur
Afbreking: jong•leur
Samestelling: jongleer + -eur
Selfstandige naamwoord: jongleur
Meervoud: jongleurs
Betekenis:
• (histories ) 'n Middeleeuse rondreisende kunstenaar wat musiek maak, gedigte voordra en goëltoertjies uitvoer.
• Persoon wat voorwerpe behendig in die lug gooi en vang.
Gebruik:
• Die jongleur het die gehoor met sy towerkunsies vermaak.
• Die sirkus se jongleur het tien balle gelyktydig in die lug gehou.
Sinoniem:
• jongleerder
Vertaling:
Engels: jongleur; juggler
Nederlands: jongleur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: goëlaar
goëlaar [boodskap #153620 ]
Vr., 20 November 2026 14:21
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
goëlaar
Afbreking: goë•laar
Samestelling: goël + -aar
Selfstandige naamwoord: goëlaar
Meervoud: goëlaars
Betekenis:
• Iemand wat goël; persoon wat ander met skynbaar onmoontlike toertjies vermaak.
Gebruik:
• Die goëlaar het die gehoor verstom toe hy 'n haas uit 'n leë hoed trek.
Sinoniem:
• illusionis
• kulkunstenaar
• towenaar
Antoniem:
• goëlares (vroulik )
Vertaling:
Engels: magician, conjurer, illusionist
Nederlands: goochelaar, illusionist
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: graanoffer
graanoffer [boodskap #153619 ]
Vr., 20 November 2026 13:57
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
graanoffer
Afbreking: graan•of•fer
Samestelling: graan + offer
Selfstandige naamwoord: graanoffer
Meervoud: graanoffers
Betekenis:
• 'n Offer van graan of meel wat as deel van 'n godsdienstige ritueel aan 'n godheid geoffer word.
Gebruik:
• Wanneer iemand vir die Here 'n graanoffer wil aanbied, kan hy meel aanbied. [Levitikus 2:1]
Sinoniem:
• spysoffer
Vertaling:
Engels: grain offering
Nederlands: graanoffer, spijsoffer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: diereoffer
diereoffer [boodskap #153618 ]
Vr., 20 November 2026 13:53
Leksikograaf
Boodskappe: 27226Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
diereoffer
Afbreking: die•re•of•fer
Samestelling: diere + offer
Selfstandige naamwoord: diereoffer
Meervoud: diereoffers
Betekenis:
• Die handeling om diere as deel van 'n godsdienstige ritueel te offer.
Gebruik:
• Dit is nie diereoffers of graanoffers wat U wil hê nie, nie brandoffers of sondeoffers wat U vra nie; U wil gehoorsaamheid hê. [Psalms 40:7]
Verwant:
• offerdier
Vertaling:
Engels: animal sacrifice
Nederlands: dierenoffer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.