Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: noordewind
noordewind [boodskap #153582] Ma., 16 November 2026 13:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27274
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
noordewind
Afbreking: noor•de•wind
Samestelling: noorde + wind


Selfstandige naamwoord: noordewind
Meervoud: noordewinde
Verkleinwoord: noordewindjie
Meervoud van verkleining: noordewindjies

Betekenis:
• Wind wat uit die noorde waai.

Gebruik:
• Die noordewind het warm lug oor die binneland ingewaai.

Antoniem:
• suidewind

Verwant:
• oostewind
• westewind

Vertaling:
Engels: north wind, northerly wind
Nederlands: noordenwind

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: suidewind
suidewind [boodskap #153581] Ma., 16 November 2026 13:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27274
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
suidewind
Afbreking: sui•de•wind
Samestelling: suide + wind


Selfstandige naamwoord: suidewind
Meervoud: suidewinde
Verkleinwoord: suidewindjie
Meervoud van verkleining: suidewindjies

Betekenis:
• Wind wat uit die suide waai.

Gebruik:
• Die suidewind het koel lug vanaf die Suid-Atlantiese Oseaan oor die Wes-Kaap ingewaai.

Antoniem:
• noordewind

Verwant:
• oostewind
• westewind

Vertaling:
Engels: south wind, southerly wind
Nederlands: zuidenwind

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: westewind
westewind [boodskap #153580] Ma., 16 November 2026 13:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27274
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
westewind
Afbreking: wes•te•wind
Samestelling: weste + wind


Selfstandige naamwoord: westewind
Meervoud: westewinde
Verkleinwoord: westewindjie
Meervoud van verkleining: westewindjies

Betekenis:
• Wind wat uit die weste waai.

Gebruik:
• Die westewind het droë lug oor die binneland ingewaai.

Antoniem:
• oostewind

Hiponiem:
• noordwestewind
• suidwestewind

Vertaling:
Engels: west wind, westerly wind
Nederlands: westenwind

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oostewind
oostewind [boodskap #153579] Ma., 16 November 2026 13:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27274
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
oostewind
Afbreking: oos•te•wind
Samestelling: ooste + wind


Selfstandige naamwoord: oostewind
Meervoud: oostewinde
Verkleinwoord: oostewindjie
Meervoud van verkleining: oostewindjies

Betekenis:
• Wind wat uit die ooste waai.

Gebruik:
• Die oostewind het vogtige lug oor die binneland ingewaai.

Antoniem:
• westewind

Hiponiem:
• noordoostewind
• suidoostewind

Vertaling:
Engels: east wind, easterly wind
Nederlands: oostenwind

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rivierwal
rivierwal [boodskap #153578] Ma., 16 November 2026 07:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27274
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
rivierwal
Afbreking: ri•vier•wal
Samestelling: rivier + wal


Selfstandige naamwoord: rivierwal
Meervoud: rivierwalle
Verkleinwoord: rivierwalletjie
Meervoud van verkleining: rivierwalletjies

Betekenis:
• Die verhewe strook grond langs 'n rivier.

Gebruik:
• Die rivierwal het weens erosie begin wegkalwe.

Verwant:
• rivierbank
• rivieroewer

Vertaling:
Engels: riverbank, river embankment
Nederlands: rivieroever, rivierdijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vleigras
vleigras [boodskap #153577] Ma., 16 November 2026 07:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27274
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
vleigras
Afbreking: vlei•gras
Samestelling: vlei + gras


Selfstandige naamwoord: vleigras
Meervoud: vleigrasse
Verkleinwoord: vleigrassie
Meervoud van verkleining: vleigrassies

Betekenis:
• Gras wat in vleie en nat, moerasagtige gebiede groei.

Gebruik:
• Die seekoeie wei in die vleigras.

Sinoniem:
• moerasgras

Vertaling:
Engels: marsh grass, wetland grass
Nederlands: moerasgras, vlei­gras

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: liefdesappel
liefdesappel [boodskap #153576] Ma., 16 November 2026 06:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27274
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
liefdesappel
Afbreking: lief•des•ap•pel
Samestelling: liefde + appel


Selfstandige naamwoord: liefdesappel
Meervoud: liefdesappels
Verkleinwoord: liefdesappeltjie
Meervoud van verkleining: liefdesappeltjies

Betekenis:
• Die tamatie of 'n tamatieagtige vrug wat liefde en vrugbaarheid sou bevorder.

Gebruik:
• Die liefdesappels versprei hulle geur; daar is allerlei keurige vrugte by ons deur, vars en oud; ek het hulle vir jou gebêre, man wat ek liefhet. [Hooglied 7:13]

Sinoniem:
• tamatie

Vertaling:
Engels: love apple
Nederlands: liefdesappel

Nota:
• Die presiese plant waarna die Bybelse "liefdesappels" verwys, is nie met sekerheid vasgestel nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Forum: Prosa & poësie
 Onderwerp: "Swanger Vrou" deur Ingrid Jonker
"Swanger Vrou" deur Ingrid Jonker [boodskap #153644] Ma., 23 November 2026 17:08
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 560
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 23
Senior Lid
Swanger Vrou - Ingrid Jonker

Ek lê onder die kors van die nag singend,
opgekrul in die riool, singend,
en my nageslag lê in die water.

Ek speel ek is kind:
appelliefies, appelliefies en heide,
koekmakrankas, anys,
en die paddavis gly
in die slym in die stroom,
in my liggaam
my skuimwit gestalte;
maar riool o riool,
my nageslag lê in die water.

Nòg singend vliesrooi ons bloedlied,
ek en my gister,
my gister hang onder my hart,
my kalkoentjie, my wiegende wêreld,
en my hart wat sing soos ‘n besie,
my besie-hart sing soos ‘n besie;
maar riool o riool,
my nageslag lê in die water.

Ek speel ek is bly:
kyk wáár spat die vuurvlieg!
die maanskyf, ‘n nat snoet wat beef –
maar met die môre, die hinkende vroedvrou
koulik en grys op die skuiwende heuwels,
stoot ek jou uit deur die kors in die daglig,
o treurende uil, groot uil van die daglig,
los van my skoot maar besmeer
met my trane besmeer
en besmet met verdriet.

Riool o riool,
ek lê bewend singend,
hoe anders as bewend
met my nageslag onder jou water … ?
 Onderwerp: "Puberteit" deur Ingrid Jonker
"Puberteit" deur Ingrid Jonker [boodskap #153643] Ma., 23 November 2026 17:04
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 560
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 23
Senior Lid
Puberteit - Ingrid Jonker

Die kind in my het stil gesterf
verwaarloos, blind en onbederf

in 'n klein poel stadig weggesink
en iewers in die duisternis verdrink

toe jy onwetend soos 'n dier
nog laggend jou fiesta vier.

Jy het nie met die ru gebaar
die dood voorspel of die gevaar

maar in my slaap sien ek klein hande
en snags die wit vuur van jou tande:

Wonder ek sidderend oor en oor
Het jy die kind in my vermoor…?

[Bygewerk op: Ma., 23 November 2026 17:08]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Bladsye (4): [ «  ‹  1  2  3  4]


Tyd nou: So. Nov. 29 18:15:07 UTC 2026