Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

In die Kerk

Do, 11 November 1999 00:00

In die Kerk.

O, gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

Eers word ek warm, en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
Dominee, Dominee praat tog klaar
My rug trek krom die gort is gaar

Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe los ek 'n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi.

Die dominee bly stil sy oë omgedop
Die vrou agter my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hakke van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank

Party begin te hoes, en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oë traan, my kop die sak
Toe kom die vrees dat ek in my broek sal kak

Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis 'n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis 'n ander lawaai

Geskok na die gerommel soos 'n donderstorm
Kom ek agter die poep het 'n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
'n ouderling begin woedend sy weg na my baan

Ek spring met mening op om weg te hol
Maar word teruggetrek deur 'n tienpond drol
Die ouderling kom nader sy arms bak
Ek skrik so groot dat ek 'n groter bol kak

My broek is nat en die pype staan wyd
so het ek my laas as kind beskyt
Die ouderling gryp my, ek kan nie beweeg
Toe maak ek vir "spite" die res op hom leeg

Nou is hy woedend en soos 'n bees so sterk
Hy "free-wheel" my kop tussen my bene uit die kerk
My sinne word dof van die walglike reuk
Die "cheek" om my kop tussen my bene te steek

My maag is so seer, my bene die knak
Al wat ek voel is die groot bol kak
Die ouderling steun en druk aan die bol
En druk die ding amper terug in my hol

Buite los hy my en storm na binne
Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
Die ding wat my sedertdien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

Een ding het ek van kerkgang geleer -
As jou maag wil werk, sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom.

Humor & grappe | 0 kommentare

'n Paar Afrikaanses

Do, 28 Oktober 1999 00:00

Wat noem jy 'n ginekoloog met 'n nat neus?...........Bysiende

Wat is erger as 'n houtbeen?..........'n Kartondoos

Hoekom hardloop Koos met die jumper kabels in die pad af? ........Hy het
gehoor hulle stoot sy vrou onder in die pad.

Wat is die definisie van liefde?...........'n Sweer wat in die hart begin en
onder oopgesteek word.

Humor & grappe | 0 kommentare

Nkosi Sikelele AMABOKKA GO BOKKE!!!!

Wo, 27 Oktober 1999 00:00

BE PROUD TO BE IN THE NEW SOUTH AFRICA!!!!!

* Nkosi Sikelele AMABOKKA GO BOKKE!!!!
(2'nd verse included!!!)
Nkosi Sikelele i'Bokka
Skora Honibali strafskopa
Ollie muti plenti driedrukka
Doooooeeeelskop deuripala
Doooooeeeelskop deuripala

Nkosi Sikelele i'Bokka
Tekkel engelsmani insymoera
Makki Wallabies 'ie gras vreeta
Allblacks skopa gatta
Allblacks skopa gatta

2nd verse
Uit die blou van onse hemel
sal ons die Ingelse laat prewel
uit die diepte van onse sege
sal ons hulle se smiles afvege
oor hul erg gebreekte neuse
sal onse skree onse leuse
"Ewige gebrektes
Julle is gevrektes"

Nkosi Sikelele iAfrica ...
We la ka pe la ... Zuma is jou MA!


--
mirojo

This one is no longer one
Go figure

Humor & grappe | 0 kommentare

Party mense het maar net nie 'n idee wat moeilikheid is nie

Di, 21 September 1999 00:00

Hiermee 'n insiggewende ware "reaksie" op 'n aanmaningskrywe
van Trust Bank:

Mnr P Koekemoer
Vlaktedrift
WELKOM

25 Mei 1970

Die Bestuurder
Trust Bank
WELKOM

Waarde Heer

U brief met 'n 2c seel het vandag hier aangekom. Ek en my seun het groot
plesier daaruit geput, behalwe dat die brief alles wat voorafgegaan het se
gedagtes teruggebring het.

Ten eerste in 1945 het ek 'n saagmeule op skuld gekoop. Ten tweede in 1955
het ek 'n span perde, 2 ponies, 'n ossewa, 'n 2-loop haelgeweer en twee
maer varke gekoop, alles op skuld. In 1956 het die verdomde meule op die
grond afgebrand.

Een van die ponies het gevrek en die ander een het ek aan 'n onnosele
wetter geleen wat hom laat vrek het van die honger. Toe sluit ek by
die kerk aan. In 1957 is my Pa dood en my broer opgehang omdat hy 'n
pensioenaris verkrag het. 'n Boemelaar het my dogter op die paal
gesit en ek moes die bliksem 'n Rand betaal om nie 'n familielid te word nie.

In 1958 het my een seun pampoentjies gekry wat toe afgesak het na sy knaters
en hy moes kapater word om sy lewe te red. Later het ons gaan visvang toe die
bleddie boot omdonner en my twee seuns met die heel balasse verdrink.

In 1959 loop my vrou weg met 'n skaapskeerder wat my 'n tweeling as
aandenking laat. Ek huur toe 'n huishoudster en trou haar later om geld te spaar.

Ek het nou 'n helse job om haar op die paal te kry. My dokter se toe vir my om haar
skrik te maak op die fyn draai. Daardie aand vat ek my geweer saam bed
toe. Toe ek dink die tyd is nou reg, leun ek by die bed uit en trek 'n
skoot deur die venster af. Die gevolg is my vrou het in die bed gekak en
ek het 'n breuk opgedoen. My beste koei wat buite gestaan het, is in haar moer.

In 1960 het 'n vuilgat my stoet bul se eiers uitgesny en toe was ek so
die donder in dat ek begin drink het. Hiermee het ek aangehou tot ek net 'n
armhorlosie en 'n swak blaas oorgehou het. Om die horlosie op te wen en te
pis het my 'n tydjie gehou. 'n Paar jaar later het ek moed geskep om 'n
misstrooier, 'n baalmasjien en 'n koei gekoop - alles op skuld.

Toe kom 'n vloed en spoel die fokken spul weg en ek was nie verseker nie
en was alweer in my donner. My vrou kry toe vuilsiekte van 'n verkoopsman
en 'n ander seun van my (nie die een sonder ballas nie) vee sy gat af met
'n giftige haasvel en vrek toe van ontsteking van sy hol.

Jy kan dus my verbasing voorstel toe ek lees dat julle vir my moeilikheid
gaan maak as ek nie binne 7 dae my rekening op datum bring nie.

Humor & grappe | 0 kommentare

Afrikaanse boeke

Do, 16 September 1999 00:00

Weet enigiemand dalk of daar 'n webwerf in Suid-Afrika bestaan
soortgelyk aan dié van THE ON-LINE BOOKS PAGE waar kopieë van boeke wat
uit druk is gehuisves word vir "downloading". Ek soek na ou Afrikaanse
publikasies.

Kan iemand dalk help?

Boeke, tydskrifte & koerante | 2 kommentare

Die nagevolge van drankmisbruik

Wo, 15 September 1999 00:00

Word Slim
Word Aantreklik
Word Sterk
Word Gebliksem

NVS

Humor & grappe | 0 kommentare

Neem aan

Di, 14 September 1999 00:00

Juffrou sê vir haar Gr.1 klas:

"Gaan vanmiddag huistoe en dink aan 'n sin
wat julle kan maak met die woorde 'neem aan'."

Die volgende dag vra sy vir Susan om haar sin
vir die klas voor te sê.

"My Ma maak die ketel vol en sit hom aan en ek
neem aan sy gaan tee maak."

"Pragtig Susan. Ja Jannie, sê maar jou sinnetjie."

"My Pa neem die kar se sleutels en loop by die
deur uit en en neem aan hy gaan ry."

"Pragtig Jannie."

Klein Maria Mathebula sit heel voor in die klas
en probeer om haarself so klein as moontlik te
hou met die hoop dat juffrou haar nie sien nie.

"Kom nou Maria, dis nie so moeilik nie. Jy het
mos gehoor hoe klink Jannie en Sannie se sinne."

Maria staan op en sê: "My Ma sit die koerant onder
haar arm en stap bosse toe en ek neem aan sy
gaan kak, want sy kan nie lees nie."

NVS

Humor & grappe | 0 kommentare

'n Dag in die Kruger Wildtuin

Ma, 16 Augustus 1999 00:00

'n Haas spring deur die bosveld op 'n heerlikke dag in die morê.
"Ek's 'n varkie, ek's 'n varkie" tjoep, tjoep, tjoep, sing hy.
Die rooibok (impala vir die Engelses) sien vir hom en hy sê, "Jy's nie 'n varkie nie. Jy's 'n hasie"
Maar die hasie hy sing net, "Ek's 'n varkie, ek's 'n varkie" tjoep, tjoep, tjoep en weg is hy.
Die hasie hy kom by 'n kameelperd (jiraaf vir die engelses van julle).
"Ek's 'n varkie, ek's 'n varkie" tjoep, tjoep, tjoep
"Jy's nie 'n varkie. Jy's mos 'n hasie" sê die kameelperd.
Maar die hasie hy sing net, "Ek's 'n varkie, ek's 'n varkie" tjoep, tjoep, tjoep en weg is hy.
Daar hoor hom die leeu, ("the lion king" vir julle van Engeland af)
"Jy's nie 'n vokken varkie. Jy's 'n blerrie hasie, jou dom ding" sê die koning van die Wildtuin.
Maar die hasie hy sing net, "Ek's 'n varkie, ek's 'n varkie" tjoep, tjoep, tjoep en weg is hy.
By en by kom die hasie by die park ranger se huis.
Die ranger se mooi vrou werk in die tuin, sy's besig om kruide uit te trek.
Die hasie lig haar rokkie op en raps haar vinnig van agter af.
Mevrou ranger kyk agtertoe en sy sê, "Jou vaaark"

Castro

Humor & grappe | 1 kommentaar

Koos se kombuis storie

Sa, 14 Augustus 1999 00:00

Koos se kombuis storie

Koos Kombuis skryf oor n toer na Bloemfontein met Wittas Jones Kikkie
Pietie Stoof Lockie Panther en die oop mond soen!!

As 'n mens uitpass, verloor jy jou hooffunksies in 'n sekere volgorde.
Eerstens verloor jy mechanical movement. Jy kan nie beweeg nie. Die
volgende een om te gaan is jou visuals - jy maak jou oe toe. Die laaste
ding om te gaan is audio. As jy nie meer kan hoor wat om jou aangaan nie,
is jy gone. As jy dan weer bykom, gebeur alles in die teenoorgestelde
volgorde.
Toe ek die oggend my audio terugkry en besef dat ek actually wakker is,
het ek geweet wat om te doen - niks vir ten minste vyf minute nie.
Enige iemand wat al met 'n heavy hangover opgestaan het weet hoe om die
hele opstaanproses te benader - baie versigtig en baie stadig. Sit alles in
low
gear. Ek besef ek sal nie net kan terugglip in rustelose slaap en later met
die probleem deal nie. Die tweeman tent voel soos 'n sauna en ek het nog
al my klere aan. Ek kan voel hoe die alkohol uit my sweetgate ooze. Dit
voel of daar 'n klip in my skedel is. Ek besef dat die klip gaan explode
as ek die geringste beweging maak. Verder is ek dors. Fokken dors. Ek was
lanklaas so dors. Ek probeer sluk, maar my tong is aan my verhemelte
vasgeplak met die laaste bietjie spoeg. Ek maak my oe op skrefies oop.
Visuals. Ja, nes ek gevrees het. Dit is selfs seer net om my oe oop te
maak. Wat praat ek; dis pynvol net om my oogballe te beweeg. Die
alles-behalwe-oranje gefilterde lig in die tent laat alles nog warmer lyk.
Voor ek my oe weer versigtig toemaak, sien ek dat ek alleen in die tent is.
Waar Anna is is egter op die oomblik nie een van my top ten worries nie.
Ondervinding het my geleer dat, as jy met 'n heavy hoofpyn moet beweeg,
doen dit stadig en beweeg jou kop so min as moontlik. Hulle se mos jou brein
swel en die hoofpyn is as gevolg van jou brein wat teen jou skedel druk.
Of so iets. Ek het nie Biologie op skool gehad nie. Probably 'n ouvrou storie.
Maar opstaan moet ek, want my brein, wat al 'n hele paar minute aan die
probleem werk, het sopas onthou van 'n sixpack Cokes in die kar se boot.
Ek rol stadig tot op my regtersy. Ek lig my bolyf stadig met my linkerarm -
net genoeg sodat ek myself kan stut op my regterelmboog. Dit was erg, maar
soos hulle se: "Cowboys don't cry". My regterarm voel nat. Deur skrefiesoe
sien ek dat my hele mou nat en vol modder is. Ek file dit in my brein saam
met Anna se verdwyning as puzzles vir later. Na 'n minuut of wat lig ek
myself tot in 'n sittende posisie. So far so good. Ek vee my gekoekte
hare uit my gesig met my een hand. Ek voel klein klam stukkies goed wat
vassit in my hare, maar ek is nou op 'n wetties mission en ek kan nie
ge-bother wees om te try uitfigure wat dit is nie. My kop voel soos daai
suurlemoen in die Med Lemon advertensie. Woeeem. Woeeem.
Ek kruip hande viervoet tot by die tent se uitgang. Ek maak my oe toe. Ek
maak die tentflap oop. LIG!! Sonstrale tref my teen 300000 meter per
sekonde. Fokken sonnige Suid Afrika. Waar's my fokken sonbrille? Ek staan
stadig op. My maag gee 'n draai. Ek belowe myself weereens dat ek nooit
gaan drink nie. Ek sit my hand oor my oe en met oe wat omtrent twee
millimeter oop is loer ek deur my vingers. Dis nie so goed soos sonbrille
nie, maar dis beter as die full
force van die Afrika son. My eerste huiwerige tree eindig op die vurk wat
opdouble as tentpen. Dis toe dat ek besef dat ek (of iemand) my boots
uitgetrek het. Al wat tussen my tender voet en die tande van die vurk is
my deurgedrade Pep Stores sokkie. Fok! Die vinnige klein sidestep is
genoeg om die klip in my kop te laat explode en my hand vir 'n paar
kritiese oomblikke voor my oe te laat wegneem. Triplefok.
Mank-vloekend-mank loop ek die laaste paar tree tot by die kar. Die eerste
mystery word hier opgelos, want deur die agterruit sien ek vir Anna. Sy le
op die platgeslaande seat en slaap. Al die vensters is oop en die windjie
speel met haar hare. Sy lek haar lippe af in haar slaap en vir 'n paar
stupid oomblikke oorweeg ek dit om haar wakker te maak en die Coke met
haar te deel en net met haar te rap en... - en dan besef ek:
Hey! Dis reality, nie Beverly Hills 90210 nie. Sy gaan nie met 'n smile
wakker word, my twee Disprins gee en vir twee uur sit en gesels nie. Sy
sal waarskynlik vloek en skree, die Coke by die venster uitgooi en se ek moet
fokof. Ek haat Brenda. Ek maak die boot saggies oop. Daar le hulle. Rooi
goud. Nog drie oor. Ek vat een en los die boot oop uit vrees om vir Anna
wakker te maak. Met 'n laaste kyk en flou smile vir Anna begin ek weer
my stadige, pynlike tog terug na die tent. Ek sien dat daar nog vier tente
gedurende die nag bygekom het en dat daar nou ag tente en God weet hoeveel
mense op die twee persoon kampplek is. Ah well; the more the merrier.
Die kampplek sou waarskynlik in die meeste Eerste wereld lande as 'n
rampgebied verklaar word. Blikke, bottels, bekers, klere, komberse, plastic en
papiere le orals. Die dooie vuur lyk sad en alleen. Ek klim versigtig terug
in
die tent met my waardevolle fonds, die warm Coke, in my linkerhand. Ek los
die tentflappe oop. Ek trek my sweater met die nat mou en my sokkies uit.
Much better. Versigtig gaan le ek. Ek vind een van Anna se jerseys, rol
dit in 'n stywe worsie en sit dit onder my nek, net op daai plek waar dit
die hoofpyn verlig. Ek voel rond en vind iets (voel soos 'n sokkie) en sit
dit oor my oe. Dis just about die comfortableste wat ek op die oomblik kan
wees. Meer 'n kwessie van damage control as comfort.
Ek het nog steeds die Coke in my hand. Ek druk my vinger onder die ring
en trek. Kgggg. Wat 'n befokte klank. Trots op myself laat ek myself 'n
hint van 'n smile toe. Dis moeilik om iets te drink as jy op die naat van jou
rug le, maar deur die jare het ek die tegniek vervolmaak.
Ek laat die swart bubble-nektar in my mond inloop. Ek sit die Coke langs
my neer en speel met die vloeistof in my mond rond. Savouring the moment
en so aan. Alles begin 'n bietjie beter lyk. Ek sluk. Onmiddellik trek my
hele ingewande in 'n knop en ek moet duik vir die ingang sodat ek nie in
die tent kots nie. Skielik is my hoofpyn 'n secondary problem. Ek kots
deur my mond en deur my neus reg voor die tent se ingang.
Deur my tranerige oe sien ek dat die kots en die stukkies foreign matter
wat ek in my hare en baard gekry het se tekstuur en vorm identies is. Die
feit dat dit een van die puzzles van die oggend oplos laat my somehow nie
beter voel nie. My kop wil bars, ek is moeg, pap, siek. Dit voel of iemand
swawelsuur in my keel en neus afgegooi het. Ek spoeg 'n paar keer om van
die kak in my mond ontslae te raak. Ek burp 'n nat burp. Ek voel-voel met
my een hand vir iets om my gesig mee af te vee. Al wat ek kan vind is die
nat sweater. Nou is dit vol modder, kots en snot. My keel en neus is aan
die brand. Ek loer oor my skouer en sien dat die meeste van die Coke nie
meer in die omgevalde blik is nie, maar besig is om deur my slaapsak
geabsorbeer te word. - Fok, FOk, FOK!
My eerste verstaanbare woorde van die dag. Ek kruip terug in die tent om
die blik Coke te kry. Ek besluit om 'n klein slukkie te waag, net om die
suur smaak uit my mond te kry en om my keel 'n bietjie verligting te gee -
ek het after all klaar gekots. BIG mistake. Ek vind myself met my kop
weer by die uitgang uit, vyf sentimeter bo die grond. Hierdie keer is dit
net vloeistof. Ek kots blanks. My oe traan. PYN.
Ek val terug op my rug met my arms uitgestrek na die kante. Ek is beat.
Game over. Ek kan nie roer nie. Ek gee oor. Help. Ek voel hoe die Coke van
die nat slaapsak nog 'n keer geabsorbeer word - hierdie keer deur my
T-shirt. Ek roer nie...
'n Geritsel by die tentflap.
* Hey, is jy O.K.? Hanno se stem. Ek wil se: "Bring vir my pynpille,
Cal-c-vita, fok, sommer 'n dokter, 'n masseur, skoon klere, 'n shower, 'n
kakhuis". Ek kreun. Skynbaar gerusgestel verdwyn hy weer. 'n Geritsel.
* Wil jy 'n Coke he? Weer Hanno. Ek probeer 'n besliste negatiewe kreun kreun.
Hy's O.K. Hy't net 'n hangover, hoor ek Hanno die res van die kamp
gerusstel. Net 'n hangover. Ek hoop hy het in die kots voor die ingang
getrap. Ek het geen recollection van wat die vorige aand gebeur het nie.
Total amnesia. Bits en pieces van die middag maar fokol van die res. Ek
hoor die kamp in beweging kom. Na 'n lang geredekawel oor wie watter
kampduties gedoen het die afgelope paar dae, word daar besluit dat dit
Karel se beurt om te gaan hout steel by die donkie onder in die kampterrein.
Joints word gerol. Iemand stem 'n
ghitaar. Seker Cath. Ek besef my toestand gaan nie verbeter as ek net daar
le nie. In fact, dis besig om te vererger. Die tent is 'n fokken sauna. Ek
moet
gaan kak en stort en pynpille en vitamines en glukose kry. Ja, you only live
twice. Nancy Reagan said: "Just do it". Die ghitaar is gestem en Cath begin 'n
Carol King song sing. Ek byt op my tande en kom stadig orent ten spyte
van hoe kak ek voel. Dit kan net beter word. Soos ek confidently my kaal
voet by die tent uitsit en dit in die kots neersit sing Cath :"...wake up
every morning with a smile on your face and show the world all the love in
your heart".

Groetnis
Stoof

Humor & grappe | 0 kommentare

'n Afrikaanse een

Wo, 04 Augustus 1999 00:00

Wat kry jy as jy 'n kat en 'n hond kruis ?
'n Kont.
hoe maak hy ?
muff, muff

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    45  46  47  48  49  50  51  52  53  54  55  56  57  58  59  60    »]
Tyd nou: Sa Apr 27 12:49:05 MGT 2024