Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Gatiep-hulle

Ma, 28 Julie 1997 00:00

Aangesien daar die afgelope week Gatiep-tipe grappe deurgekom het, voel ek
vrymoedig genoeg dat ek nie voor die waarheid en versoenings kommissie
gedaag sal word nie :)

Gatiep bly in 'n HOË woonstelblok innie bo-kaap. Een aand kom hy by die
huis en betrap Gammat waar hy "besig" is met sy geliefde Meraai. Hy
stormloop Gammat en wil hom net by die venster uitgooi. Gammat pleit:"
Mercy! Gatjiepie"

Gatiep vra hom toe:"Mercy, sê djy? Djou insek! As djy kan steek soos 'n
insek kan djy sieker vlieg soos een ok!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Re: SA English vs US English/Afrikaans

Do, 15 Mei 1997 00:00

Englisg vs Afrikaans :
What is an "imported tubeless tyre" in afrikaans?

Buitelandse binnebandeloose buiteband

Norm

Humor & grappe | 0 kommentare

Vat die hond vir 'n stappie

Wo, 14 Mei 1997 00:00

Hi all,

This joke's punchline only works in Afrikaans. That said here goes...

Jannie kom by sy ma en vra "Ma kan ek met Fiefie om die blok gaan stap?"
"Nee," sê Ma, "Fiefie is op hitte en moet binne bly."
"Maar ma, wat is op hitte?" vra Jannie. Ma bloos bloedrooi en sê vir Jannie
hy moet loop speel.
Jannie kom by pa en vra weer "Pa kan ek met Fiefie om die blok gaan stap?",
maar Pa weier ook. Jannie wat nog steeds nie weet wat "op hitte" is nie
besluit om vir Oupa te gaan vra.
"Oupa, Ma en Pa sê ek kannie met Fiefie om die blok gaan stap nie want sy's
op hitte. Wat is op hitte Oupa?"
Oupa antwoord dat Jannie te jonk is om te weet wat "op hitte" is, maar dat
hy 'n plan het. Hy verseker vir Jannie dat Fiefie niks sal oorkom as hy
petrol aan haar stert smeer nie. Dit sal dan veilig wees om met haar om die
blok te loop. So gesê so gemaak en daar gaan Jannie.

So 'n halfuur later is Oupa in die garage besig toe hy vir Jannie by die
tuinhekkie sien inkom. Jannie is sonder Fiefie en Oupa storm uit. "Jannie,
waars Fiefie?" vra hy dadelik.
Jannie antwoord kalm "Sy's oraait oupa, haar petrol het halfpad op geraak
maar 'n groot Doberman stoot haar huistoe."

Humor & grappe | 0 kommentare

Take the dog out

Vr, 02 Mei 1997 00:00

Hoe sou a Japenese moeder vir sy dogter se, "vat die hond uit die huis".
How will a Japanese mother tell her daughter,"take the dog out the house"
Moeder/Mother: "Suzuki"
Dogter/Daughter:" Ya-ma-ha"
Moeder/Mother:" Kawa-saki Hond-a"
------------------------------------------------------------ -----------------
Peace
Khwezi
web site: http://www.leland.stanford.edu/~dagga/
"EveryBody wants to go to heaven, but None a dem wants to die"
Peter Tosh
------------------------------------------------------------ -----------------

Humor & grappe | 0 kommentare

Kabouters

Vr, 18 April 1997 00:00

Jannie stap deur die woud. Hoppitiedoppetie. loop hy en sing. Hy dog hy
hoor iets en stap agter die geluid aan. Jou werklikwaar. Kabouters. En
hulle hou 'n vet paartie. Almal lag en sing en dans. " Ons het
towerkrag, ons het towerkrag. Jippitiedippitie, ons het towerkrag"
Jannie stap verder. By die spruitjie sit 'n kaboutertjie heeltemal op
sy eie. Hy huil snot en trane. Die ou liggaampie ruk soos hy huil. Rou
snikke skeur vanuit sy binneste los. In kort: hy is ooglopend ongelukkig.
Jannie vra hom wat is fout. " Nee, snik snik sommer niks"
Nee kom, se my wat is fout. "Hu-uh, snik, willie daaroor praat nie,
GROOT SNIK"
Nou kom, se dan vir my wat is jou naampie.
"My naam is To, snik"
--

Humor & grappe | 0 kommentare

Demokrasie vs Kommunisme

Vr, 04 April 1997 00:00

Tant Bettie hoor oor die draadloos van die PAC en wil
by die oom weet wat is kommunisme. Hy weet toe ook nie
en met die volgende keer wat hy dorp toe gaan, vra hy
die winkelier wat kommunisme is. Die winkelier neem
die oom toe uit op die straat en se:
"Sien oom al hierdie baie motors. Was ons 'n
kommunistiese staat het al hierdie motors aan
die staat behoort. Maar ons woon in 'n demokratiese
land - nou het elke man sy eie motor."
Die oom het mooi verstaan en terug op die plaas
roep hy vir tant Bettie. Hy kyk rond vir 'n
voorbeeld waar daar baie van is soos die baie
motors in die dorp en net toe kom daar 'n swerm
vinke verby. Ideaal.
"Sien jy daai klomp vinke vrou - was ons 'n kommunistiese
staat het al daai vinke aan die staat behoort.
Maar ons woon in 'n demokratiese land - nou
het elke man sy eie vool.

Jakes

Humor & grappe | 0 kommentare

Little Red Riding Hood

Wo, 19 Maart 1997 00:00

Actually, the original joke is in Afrikaans and is as follws:

Rooikappie stap deaur die woud een dag, en sy loop Mnr Wolf raak.

Sy sê aan Mnr Wolf "Meneer wolf, hoekem is jou oë so groot?"

En hy sê:"Los my uit, ek kak".

Humor & grappe | 0 kommentare

Engels

Vr, 07 Maart 1997 00:00

Krisjan hou by 'n vulstasie stil met sy rammelkas-bakkie, sy veldskoene,
vlenterhoed en baard. Hy gee sy sleutel met die Vierkleursleutelhouer aan
die pompjoggie en sê: "Goeie middag. Maak vol asseblief."

Die pompjoggie beloer hom deur sy donkerbril : "How much ?"

"Vol asseblief."

"Sorry, I only speak English."

Vir 'n oomblik is Krisjan uit die veld geslaan, maar dan glimlag hy breed.
"English ! No problem! Good day to you, Sir. I am presently experiencing a
profound desire to replenish the propellant of my chariot. Therefore, I
cordially request you to transfer from your subterranean reservoir a
sufficient supply of combustible liquid of the highest octane to fill the
appropriate container to the said means of perambulation to the brim."

"HAU ?"

"Do you have a problem, Sir ? I though you said you spoke English ?"

"English ? That is not English !"

"Dear Sir ! Are you veritable attempting to allude that you do not even
recognize the language you allege to be your singular means of
communication ?"

"What ?"

"Let me try to elucidate it in the most elementary terms : Your paltry
grasp of English vernacular is frittering away the limited time at my
disposal. Or as we would have phrased it in a civilized and Intelligible
language : Dit is so duidelik soos daglig dat jy FOKKOL van Ingels af weet
en jy mors my tyd. Verstaan jy nou beter ?"

"Ja-a-a, ek dink ok Afrikaans is maar beter."

Humor & grappe | 1 kommentaar

Re: Blondes

Di, 08 Oktober 1996 00:00

Karen Pretorius:

Hoe steriliseer 'n blond haar yskas??
Sy haal die eiers uit!!

Karen.

Humor & grappe | 1 kommentaar

Nakkie die Nar se Uitnodiging

Di, 01 Oktober 1996 00:00

Haai,

In hierdie mooi land van ons het lag en glimlag deesdae 'n skaars ding
geword. Omdat narre veronderstel is om mense te laat lag, het ons 'n
tuisblad saamgestel om juis dit te doen.

Ons wil jou uitnooi om 'n draai te gaan maak by:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

en ons waarborg jou daardie glimlag. Jy kan selfs 'n geldprys wen.

Sien jou daar,
groete,

Nakkie die Nar

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    52  53  54  55  56  57  58  59  60  61  62  63  64  65  66  67    »]
Tyd nou: Wo Mei 08 18:07:26 MGT 2024