Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Humor in Afrikaans

So, 07 Mei 2000 00:00

Humor in Afrikaans asseblief

Leo

Humor & grappe | 8 kommentare

>>>>SA Krieket Alliansie<<<<

So, 16 April 2000 00:00

SA KRIEKET ALLIANSIE

Hansie Slim
Geld te min
in die wedderswêreld in
Kolf en hoed
Gepos & beboet
Hy is nie meer goed

Maar die volk se hart is seer
Hans wil in die land nie meer
Hoor nou net
Moerse sug !!!
Draai die tapes weer terug...

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Re: ..... (grooh)

Vr, 14 April 2000 00:00

Gru skryf in boodskap news:38c1ff31.0@news1.mweb.co.za...
>
> Samuel Murray skryf in boodskap news:38BFDCCA.6A6FAEC3@yebo.co.za...
>> ...
>
> Samuelkie, was jy nounet sprakeloos of was jy weer besig om in #afrikaans te
> saaiber toe jy die ding gepost het?
>
> Gru
> 16uur skof agter die rug en half aan die slaap

Gru ek het nie die kat se kloe waarvan jy hier praat nie.

Op die afferkaanse poslys (nie die irc ene nie) kom hierdie joke op:

Twee neerlanders en 'n sumartiaan sit en visvang.
Die een neerlander seg "hoe koud is die water?"
Die ander neerlander laat sak toe sy penis in die water en seg na 'n rukkie
"20 grade". Hy vra toe vir die sumatriaan wat dink hy. Die sumatriaan
steek toe sy penis in die water en woel so 'n bietjie rond daarso, en
seg toe "ek weet nie wat die temperatuur is nie, maar ek weet die water
is 1,2 meter diep."

Humor & grappe | 0 kommentare

roos

Vr, 07 April 2000 00:00

Volgende Valentynsdag stuur 'n Jakob-Regop i.p.v. 'n roos, dit werk beter as 'n roos.

Humor & grappe | 0 kommentare

Nog 'n blond grap :-(

Vr, 07 April 2000 00:00

Die blonde verpleegster, kwas in een hand en skeermes in die ander; "Ek het gekom om jou gereed te
kry vir jou besnydenis"

Pasient: "Verpleegster, jy maak seker 'n fout. Ek is hier vir 'n oog operasie"

Verpleegster: "O nee, hier staan baie duidelik geskryf op jou kaart: Verwydering van die
horingvlies"

Humor & grappe | 0 kommentare

Neem aan

Wo, 01 Maart 2000 00:00

Juffrou se vir haar Gr.1 klas: "Gaan vanmiddag huistoe en dink aan 'n sin
wat julle kan maak met die woorde 'neem aan'.

"Die volgende dag vra sy vir Susan om haar sin vir die klas voor te se.
"My Ma maak die ketel Vol en sit hom aan en ek neem aan sy gaan tee maak."
"Pragtig Susan.

Ja Jannie, se maar jou sinnetjie."
"My Pa neem die kar se sleutels en loop by die deur uit en ek neem aan hy
gaan ry."
"Pragtig Jannie."

Klein Maria Mathebula sit heel voor in die klas en probeer om haarself so
klein as moontlik te hou met die hoop dat juffrou haar nie sien nie.
"Kom nou Maria, dis nie so moeilik nie. Jy het mos gehoor hoe klink Jannie
en Sannie se sinne." Maria staan op en se:
"My Ma sit die koerant onder haar arm en stap bosse toe en ek neem aan sy
gaan kak, want sy kan nie lees nie."

Humor & grappe | 0 kommentare

Die baas

Wo, 01 Maart 2000 00:00

Philemon kom by sy eienaar op die plaas aan een oggend en klop aan die
agterdeur. Sy baas maak die deur oop en kyk hom geskok aan. "Goeie
Bliksem Philemon" skree hy, "Wat de hel het jou oorgekom....!" vra hy
verbaas toe hy na Phillemon se stukkende klere en persoon kyk.
"Die baas het my gaslaan" se Phillemon.
"Wie was dit..!?" skreeu vra die boer.
"Was dit baas Piet ?".
"Nee" se Phillemon.
"Was dit baas Koos?" vra die boer.
"Nee" se Phillemon "dit was die PUTCO baas".

Humor & grappe | 0 kommentare

blond...

Wo, 16 Februarie 2000 00:00

Wat het die blond gesê toe sy op die veld wakker word en in die koei se uier
vaskyk?
Goeie môre menere...

Humor & grappe | 0 kommentare

Kerk Bulliltin Blapse

Ma, 15 November 1999 00:00

Aangesien dit paassondag is, sal Mev. Pienaar vra om 'n eier voor die kansel te kom lê.

Irving Benson en Jennie Carter is op 24 Oktober in die kerk getroud. So het 'n vriendskap wat sedert skooldae strek, tot 'n einde gekom.

Vandag sal daar twee byeenkomste wees - aan die bopunt en aan die onderpunt van die kerk. Kinders sal aan weerskante gedoop word.

Vir diegene wat kinders het wat nie daarvan weet nie, is daar 'n kleuterkerk in 'n ander lokaal.

Daar sal Donderdagmiddag on 5nm 'n vergadering van die Jong Mammas-klub wees. Almal wat graag 'n jong mammas wil word, moet asb eers die predikant in sy studeerkamer ontmoet.

Gedurende die afwesigheid van ons pastoor, het ons die besondere voorreg gesmaak om weer 'n goeie preek te hoor toe Ds. A.F. Goosen ons besoek het.

Volgende Sondag sal mev. Venter solis wees tydens die oggenddiens. Die predikant sal dan preek oor "Wat 'n aaklige belewenis".

Humor & grappe | 0 kommentare

Die Krokodil

Do, 11 November 1999 00:00

Die krokodil is spesiaal so laag gebou want hoe platter hoe swemmer.
Voor aan die krokodil sit die kop. Die kop bestaan byna net uit tande.
Agteraan die krokodil groei die stert. Tussen die kop en die stert sit die
krokodil.
'n Krokodil sonder 'n stert noem ons 'n rotweiler. 'n Krokodil se lyf is
oortrek met handsakmateriaal. Hy kan sy stert afgooi as hy skrik, maar
dit gebeur nie sommer nie want 'n krokodil skrik vir niks. 'n Krokodil bly
onder die water want as jy so lelik was, sou jy ook onder die water gebly
het.

Dit is goed dat 'n krokodil in die water bly want 'n mens skrik so
groot as 'n krokodil jou vang dat hy jou eers moet afspoel voordat hy jou
kan eet.

'n Krokodil is glad nie so gevaarlik soos mense sê nie, behalwe
as hy jou bykom. Hoe langer hy jou byt, hoe seerder word dit. Baie ou
krokodille suig hulle prooi dood. As jy hom eet, is hy 'n krokosatie.
'n Krokodil het nie geleer om met sy arms te swem nie nou gebruik hy sy
stert.

Die kleinboetie van die krokodil is die likkewaan. Die stadige sussie van
die krokodil is die trapsuutjies. Die mooi broer van die krokodil is die
daffodil. En dan het die krokodil nog 'n dooie boetie wat mens kan eet -
die frikkidil.

Humor & grappe | 2 kommentare

Bladsye (1842): [ «    44  45  46  47  48  49  50  51  52  53  54  55  56  57  58  59    »]
Tyd nou: Sa Apr 27 12:00:39 MGT 2024