Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Grapie

Do, 19 Augustus 2004 09:06

'n Oom stop langs 'n dogtertjie wat terugstap huistoe na skool.
"As jy inklim sal ek jou 'n suigstokkie gee."
Die dogtertjie hou net aan loop.
Die oom ry stadig agter haar aan.
Weer sê die oom "As jy inklim dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies!"
Die dogtertjie draai om en sê: "Pa, ek het al hoeveel keer vir jou
gesê, ek ry nie in die flippen Ford nie!!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Jannie en sy maatjie

Do, 29 Julie 2004 10:01

Jannie en sy maatjie, Bienkie, (albei 6 jaar oud) speel op die plaas in

die Kalahari. Toe hulle naby die grensdraad kom, sien hulle 'n groot Merc

stop 'n ent weg aan die ander kant van die grensdraad onder 'n groot boom.

Jannie en Bienkie hou die Merc dop, maar niemand klim uit nie. Na tien

minute se Jannie vir Bienkie: "Ek het nog nooit 'n Merc gesien nie. "Kom

ons sluip nader en gaan kyk hoe dit lyk." Versigtig klim hulle deur die

grensdraad en sluip nader. Toe hulle naby kom, sien hulle dat hulle albei

te klein is om by die venster in te loer. Jannie se vir Bienkie: "Buk af

dan staan ek op jou rug, dan sal ek mooi kan sien wat binne aangaan."

Bienkie stem in, buk af en Jannie klim op haar rug. Toe hy binne-in kyk,

rek sy oe groot en hy spring af. Bienkie vra hom: "Wat is dit nou ?"

Jannie se vir haar:

"Ja wragtag, dis NES my pa gesê het.

Hulle is kaalgat, maar 'n Merc moet hulle ry !!!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Die Engelsman wat nie Afrikaans verstaan nie.....

Wo, 28 Julie 2004 09:29

Die Engelsman wat nie Afrikaans verstaan nie, gaan koop 'n perd by 'n boer

wat nie juis Engels kan praat nie.

"I want a good-looking horse" se die Engelsman terwyl hulle na die

perdestalle stap.

Die boer wys na die eerste een: "This one looks good".

"No. that one over there looks much better to me," se die Engelsman.

Die boer se: "That one does not look so good. This one looks better."

"No, that one looks better", hou die Engelsman vol.

Hy koop die een waarvan hy hou. Twee dae later is hy woedend terug.

"The horse you sold me is blind."

En die boer antwoord selfversekerd: "But I told you that one does not look

so good."

Humor & grappe | 0 kommentare

Honeymoon Bride

Di, 27 Julie 2004 06:49

Gatiep, Frankie en Mugammat verskyn in die hof, op verskillende aanklagte:

Judge: Frankie, hoekom het jy die brood gesteel?
Frankie: Want ek was honger djou honour.
Judge: En hoe voel jy daaroor?
Frankie: Nei, kwaai djou honour!
Judge: Ek gee vir jou 5 jaar tronkstraf.

Judge: Mugammat, hoekom het jy die fiets gesteel?
Mugammat: Want ek was moeg geloop djou honour.
Judge: En hoe voel jy daaroor?
Mugammat: F*kken proud djou honour!
Judge: Ek gee vir jou 10 jaar tronkstraf.

Judge: Gatiep, hoekom het jy die R1000.00 gesteel.
Gatiep: Sommer djou honour.
Judge: En hoe voel jy daaroor?
Gatiep: Soos 'n honeymoon bride djou honour.
Judge: Soos 'n honeymoon bride?
Gatiep: Dja djou honour, ek wiet djy gaan my naai,
maar ek wietie hoe hard nie!

Humor & grappe | 0 kommentare

Gatieppie alweer

Vr, 23 Julie 2004 12:28

Gatiep se vrou vang hom met 'n cherie, gooi hom van die vierde verdieping af
en skreeu: "Jou fokken insek, as jy kan steek, kan jy vlieg ook!"

Humor & grappe | 0 kommentare

'Fancy dress' partyjie

Vr, 04 Junie 2004 20:02

'n Man met 'n houtbeen en 'n bles kry 'n uitnodiging na 'n "fancy
dress" partytjie.
Hy het egter nog nooit met so iets te doen gehad nie en skryf toe 'n
brief aan 'n maatskappy wat hulleself uitleen om jou te help met sulke
tipe probleme.

Hy verduidelik mooi wat sy voorkoms en gebreke is. 'n Week of wat
later kry hy 'n pakkie van die maatskappy af. In die pakkie is 'n sakdoek,
seerowerpak en 'n nota. Die nota lees as volg: "Neem die sakdoek, bind dit
om
jou kop en trek die seerowerpak aan.
Die drag en houtbeen sal jou mooi laat inpas by 'n seerower-tema."

Hoogs ontsteld en uiters gebelgd stuur die man vir die maatskappy 'n
brief en vertel hulle in baie ferm taal hoe beledig hy voel oor die
voorstel. Hy is dan nou juis so sensitief oor sy gebrek van die houtbeen.

Nog 'n week later daag daar weer 'n pakkie op met 'n monnikspak en
nota. Die nota lees: "Trek die monnikspak aan wat u houtbeen dan mooi sal
verdoesel.
Die monnikshoed en gewaad sal dan mooi saam met u bles inpas by 'n
kloostertema."

Nou is die man eers kwaad. Weer skryf hy vir hulle en stel dit baie
duidelik dat sy bles nie iets is om mee te spot nie.

Die volgende week kry hy weereens 'n pakkie van die maatskappy af
met 'n nota en 'n blik karamelstroop daarby. Die nota lees:
"Neem die blik karamelstroop en keer die volle inhoud daarvan oor u
bles uit. Neem dan u houtbeen, druk hom in jou gat op en gaan na die
geleentheid as 'n toffie-appel!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Rooms katolieke kerk

Wo, 02 Junie 2004 20:41

'n Man man kom by die Vader van die Rooms katolieke kerk: "Meneer jy het jou
hemp verkeerd om aan!" tune hy die Vader: "Ek weet meneer, maar ek is 'n
vader, daarom dra ek dit so." Man: "Maar ek is ook 'n vader en ek dra dan my
hemp reg om." Vader: "Ja, maar ek is 'n vader van duisende." Man: "Wel, dan
moet jy liewers jou broek verkeerd om dra!!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Fw: Koning Leeu

Ma, 13 Oktober 2003 17:20

'n Ongelooflike depressie oorval koning leeu. Hy glo naderhand dat sy
onderdane hom nie meer as koning ag nie. Met die ingedagte stap hy na
die naaste PEP stores en koop vir hom 'n Nike keps, 'n kam en 'n RayBan
bril.

Swaarmoedig stap hy in die veldpaadjie en sien Zebra eenkant staan en
wei. Met 'n moedelose stem vra hy vir Zebra:"Ou Strepe, ou Strepe ek se,
wie is die coolste ou hier in die jungle?" Zebra kan sien hier is
moeilikheid en antwoord baie vinnig: "Natuurlik is dit jy koning Leeu".
Koning Leeu voel effe beter, vat die kam en kam sy maanhaar dat dit mooi
regop staan en stap verder.
Volgende sien hy Kameelperd waar hy aan 'n doringboom staan en kou.
Koning Leeu sluipstap tot naby Kameelperd en vra met effense
selfvertroue:"ou Kolle,ou Kolle ek se, wie is die coolste ou hier in die
jungle?" Kameelperd hik soos hy skrik en se: "Maar natuurlik is dit jy
koning Leeu."

Koning Leeu begin nou erg goed te voel, sit die Nike keps agterstevoor
op sy kop en stap verder. Hier kort by die paadjie kry koning Leeu vir
Ystervark snuffel langs die pad. Koning Leeu skud sy lyf en vra met
selfvertroue vir Ystervark:"Ou Penne, ou Penne ek se, wie is die coolste
ou hier in die jungle?" Ystervark sien hy is nie regtig in 'n posisie om
met koning Leeu te onderhandel nie en antwoord:"Dit is ongetwyfeld jy
koning Leeu."
Koning Leeu voel nou so goed dat hy die RayBan bril oor sy oe laat sak
en met groot gebaar agter sy ore haak. Hy stap so een en 'n halwe voet bo
die grond - so goed voel hy. So 'n ent van die watergat sien hy hoe
Olifant staan en water drink en bad. Met baie selfvertroue en 'n groot
stem vra koning Leeu van ver af:"Ou Dikkes, ou Dikkes ek se, wie is die
coolste ou hier in die jungle?" Geen reaksie van die olifant nie.

Koning Leeu stap nader, stamp Olifant met sy boude teen Olifant se
voorbeen en brul:"Ou Dikkes, ou Dikkes net ingeval jy nie gehoor het
nie, wie is die coolste ou hier in die jungle?" Die volgende oomblik
klap Olifant vir Leeu met sy slurp dat jy net sien Leeu, bril, kam en
Nike keps trek. Toe Koning Leeu uiteindelik tot stilstand kom skud hy
die stof af en se:"As jy nie die antwoord ken nie hoef jy nie agressief
te raak nie!"

--

QUIPd 1.02: (214 of 660)
-> " Why do they say 'till death do you part' Why not something
-> simple and faster like murder"
##2245 #'Mandrake Linux.'

Humor & grappe | 0 kommentare

Taxi to V Town

Wo, 21 Augustus 2002 08:26

Taxi to V-Town -
hoe om jouself totally op te fok met 'n bike en leef om te vertel

Raait maatjies, maak vas julle seatbealts en sit die helmets op. Hier kom
iets wat onmoontlik klink, maar grifF het dit so paar jaar terug oorleef en
vertel vandag die storie. Skuif nader aan die heater, haal die Black Label
uit en skop daai bike se stand terug. Ware lewe, waarlik zef. Dis storietyd.

Wat jy gaan nodig hê:

'n 250cc Yamaha TW (die een met die electric start en die dik tekkie agter)
Houtkopweg in V-Town met heavy padwerke en fokol straatligte
'n Rooi taxi teen 140 km/h
'n Dronk poes in 'n wit Alfa
'n Helmet wat verkieslik op jou kop kan bly na die eerste crash
'n Redelike vinnige ambulans
'n Corupt traffice met lang vingers
'n Mediese fonds wat skrik vir fokol
'n Ortopediese chirurg wat uitmaak bene aanmekaar sit soos wat Bertie van
Egoli uitmaak van puzzles bou
Baie morphine, naald, garings, kateters, titanium penne, een van daai
hartmasjiene wat piep-piep maak en 'n rolstoel wat kan wheelie
Ons vat hom sommer van die tweede robot af, want toe was my spoed op so 100
k's 'n uur gewees. Ek het die bike net oorgesit 5de gear toe, toe die dronk
kont in die Alfa die stopstraat skip. Daar was omtrent twee sekondes voor
impact en dis wanneer jou pupille groot genoeg raak dat jy omtrent alles
agter jou kop ook kan sien. Ek kyk links en sien ek gaan myself om 'n
lamppaal vou; ek kyk regs en sien lekker slote en dromme van padwerke. Dan
onthou ek: "Jirre jou dom poes, die heavy gevaar is reg voor jou - die
fokken dronk ou in die kar."

Dis wat jy alles dink in twee sekondes. Wetenskaplikes en ander mense wat
daarvan hou om kak te praat sê mos mans dink heeltyd aan seks, so dit is
moontlik dat ek dit iewers in daai twee sekondes kon indruk.

Dan besluit grifF: "Ek gly nie 'n fok onder daai zef wiele in nie, maar ek
wil ook nie lyk soos iets uit World War II in daardie slote nie." Helaas
maar besluit om die krane groter oop te draai en die kar maar te stormloop.
Ten minste kan ek in die kant vasfok en bo-oor die fokken ding vlieg. Maybe
sal iets van die bike deur die deur steek en die onverantwoordelike poesneus
se tril afsny.

En jirre ek het veeeeer gevlieg.

Dan het ek nog twee sekondes om te check of ek my huis uit die lug uit kan
sien. Ek kon nie - daar was te veel fokken bome wat die nice view versper
het. Kont dan maar hard neer op die teer en weet nie hoeveel van wat jy
gebreek het nie. Shatterproof liniaal se ma se e-pos.

Die dronk doos klim uit sy Alfa uit en tune: "Oh fuck! Fuck! Fuck! Are you
OK!??" Ek lê half missionary oor die middel van die witlyn en druk myself
met my gebreekte arm lat ek darem op my rug lê en kan asem kry en skiem: "As
soon as I can move this arm, I'm gonna slap this bitch!" Dan kom jy ook nog
agter jy nuwe hemp en broek is ook in hulle se I love yous in. For vark
steaks!

Toe ek weer sien pull die cops in. Ek sweer voor God die koeltekont se
eerste vraag is: "Meneer, het jy 'n lisensie vir hierdie fiets?" en hy begin
'n kaartjie uiskryf vir R250. Dit was 'n ene sersant Wesley. Ek begin toe op
die poes skree dat die fokken karre my gaan trap, want daar is fokkol ligte
en die traffic is besig om op my blaasspiere te werk. Mens noem dit in elk
geval 'n bike en nie 'n fokken fiets nie. Ek dink nie hy het geluister nie,
want hy was besig om 'n fokken duur horlosie wat ek vir Krismis gekry het
van my gesonde arm af te steel. Die aasvoëls in die towtruck het gesorg vir
die bike se battery (al wat oor was, behalwe vir die seat) en my skoene en
die helmet wat so 100 meter verder gelê het.

Toe is dit wêna u taxi driver se beurt. Die traffice met die lang vingers
duik uit die pad en skree: "Lê plat!". Ek is natuurlik nuuskierig en sit
regop want ek het mos nou ekstra adrenalien om te waste. Bad mistake. Ek kon
toe al die fokken nommerplaat lees.

Taxi's het mos hierdie gewoonte om fokkol headlights te hê en minder brieke
as rolstoele, so ek kan verstaan dat die ou my nie kon sien nie. Ek dink net
dit was bietjie melodramaties van die ou om teen fokken 140km/h Good Year
oor my lyf te skryf en sy taxi so tagtig keer te rol en uit te bliksem en
niks oor te kom nie. Fokken skobo!

Mens sou dink dat ek op hierdie stadium al uitgepass sou wees. Noddefok
china. Die ambulans outjies kom aan met masjiene en draagbare en God weet
wat alles. Daai fokken sakkies met vloeistowwe en so aan. Ek is toe nog by
my positiewe en sê vir die ou dat hy nie hoef te worry nie. My rug is nog
fine en ek is nie verlam nie, want ek kan my tone nog sien wikkel want my
regtervoet lê langs my gesig. Ek sou sê dit was 'n skoon breek, want daar
het net skoon wit bene orals uitgesteek.

Imagine: Om deur 'n rooi taxi fucked gery te word en dan in een met rooi
ligte gelaai te word vir die roadtrip to salvation. Can you feel it brother!
10 minute later jaag hulle my by ICU in. Toe is dit fokken X-rays hier en
daar en orals deur mense met lood oorpakke.

Nog steeds pass ek nie uit nie. Ek lyk soos 'n Angola guerillasoldaat wat 'n
landmyn getrap het, maar nie eers dit is genoeg om my te laat beswyk nie. Ek
vloek almal fucked-up want hulle hou aan om anesthetics by my are in te
jaag. Daai tipe wat jou knock na so vyf sekondes. Vyftien minute later
luister hulle eventually na my en sit die gasmasker op. Ek trip my poes af
en pass uit. Twee dae later word ek wakker in 'n ambulans oppad na 'n ander
hospital toe. Toyota sou geld verloor het met hulle Hi-Ace adds.

My grocery lys het as volg gelyk aan die regterkant:

Enkel gebreek op drie plekke
Tibia en fibula gebreek (die onderbeen-onderdele)
Knieg in sy poes in.
Femur kan net sowel gebruik word drums mee te speel, want nou het ek twee in
plaas van een. Die vet wat aan die kant uitsteek kan gebruik word vir rugby
braais of ander Naked Chef tricks in die kombuis..
Regterheup poeskas toe
Pelvis oopgekraak soos 'n oyster. Dis oraait, ons gebruik net vier penne en
crosslinks (Hoffman apparaat) om daai outjie uit te sort. Dra hom vir twee
maande - baie handy om jou skinkbord op te rus as jy hospitaalkos tand.
Ribbes gekraak (ek kon ook nie hierdie een vertaan nie - kon die goed nie
maar net afbreek en klaarkry en deur my rug steek nie?)
Drie mediese terme vir drie vingers wat gebreek het. Kon darem 'n stukkie
van die headlights terugkry uit een vinger so maand later - heel per
ongeluk.
Radius en ulna in hulle se moer in (dis nou die gewrig en polsgoete)
Geen meer skouer aan die wiel sit vir my nie.
Kop hard genoeg teen die teer gekont die eerste keer dat ek vir ses maande
TV in stereo kan kyk. (oogspiere of iets wat geskeur het)
En aan die linkerkant

'n Volstruis eier (thanks ouens)
'n Hart wat gaan staan het (o nee wag, dit was daai keer met daai warm chick
toe sy haar klere uitgetrek het en. nevermind)
Om 'n al reeds lang storie kort te maak: Ek het geleer om 'n rolstoel soos
'n pro te ry. Ek het ook geleer dat dit fokken stupid is om tennis te speel
in 'n rolstoel terwyl alles in gibs is en jy dieslfde arm drie keer breek
voor die ses weke grasietydperk oor is. Ook geleer dis moeilik om kar te
bestuur as jy agt karre weerskante van jou sien terwyl daar eintlik net een
reg voor jou is.

Life's a bitch and then you recover in eight months. Ek wou 'n poes wees en
sê dat ek vandag vinniger as 'n parapleeg kan rolstoel ry, maar ook vinniger
as een kan loop en dat dit lekker is om fokkol te makeer - maar ek gaan nie.
Daar is nie tonnels met wit ligte en stemme wat jou roep nie: dis net voor
jy in ICU wakker word van jou laaste 30 minute vakansie op morphine, so maak
of elke dag jou laaste is.

Onthou om agter julle ore te was en al julle groente op te eet voor die
taxi's julle kom haal.

Lekker slapies.

Humor & grappe | 0 kommentare

Liewe heksie

Do, 18 Julie 2002 06:07

Gehoor van Liewe Heksie se ongeluk?
Haar besem het uitgebrand.
Sy staan nou bekend as aspoestertjie.

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    40  41  42  43  44  45  46  47  48  49  50  51  52  53  54  55    »]
Tyd nou: Vr Mar 29 13:58:11 MGT 2024