Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Dra 'n hoed in Afrika.

So, 11 Januarie 1998 00:00

"Hey, hoekom dra jy altyd 'n hoed of die son skyn of nie."
"Ek sien jy verstaan nie die ding van die hoed nie, die hoed is nie vir
die son nie, dit is dat die birds nie op my lippe skeit nie."

Humor & grappe | 0 kommentare

afrikaans humour please!

Di, 06 Januarie 1998 00:00

Sorry to descriminate, but if any of you have any afrikaans jokes, please
post them.

Asseblief tog, ek smeek julle!

T

Humor & grappe | 1 kommentaar

Mike & Van

Do, 11 Desember 1997 00:00

Mike en Van kom stormdronk uit die kroeg geslinger en sing "My Sarie
Marais" dat dit weergalm. Skielik steek Mike vas en wys na 'n klein
hopie op die sypaadjie: "Dit lyk soos hondestront", sê hy.
Van bekyk die storie van nader en beaam dat dit beslis soos hondestront lyk.
Mike sukkel af tot op sy knieë en ruik daaraan: "Dit ruik beslis soos hondestront", sê hy.
Van sukkel ook af grond toe om te ruik en beaam dan dat dit beslis soos hondestront ruik.
Mike vat toe so 'n monstertjie om te proe: "Ja - nee", sê hy, "dit proe beslis soos hondestront.
Van vat toe ook so 'n monstertjie om te proe en beaam dat dit beslis soos hondestront smaak.
Sê Mike: "Jy weet, ons kan bly wees ons het nie daarin getrap nie........"

Humor & grappe | 0 kommentare

WAAROM HET 'N BRANDWEERWA 'N ROOI LEER?

Ma, 08 Desember 1997 00:00

Waarom het 'n Brandweerwa 'n Rooi Leer?

'n Brandweerwa het 6 wiele en 6 bemanningslede
6 + 6 = 12
Daar is 12 duim in 'n liniaal
Die engelse woord vir liniaal is "ruler"
Die "ruler" van Engeland is Queen Elizabeth
Daar is 'n skip met die naam "Queen Elizabeth"
Die "Queen Elizabeth" vaar op die see
In die see is daar visse
Visse het vinne
Die Finne het egter teen die Russe baklei
Die Russiese leer staan bekend as die Rooi Leer
Daarom het 'n brandweerwa 'n rooi leer

Humor & grappe | 0 kommentare

Nog Afrikaanse grapies

Vr, 05 Desember 1997 00:00

Gammat en Meraai stap daar in die Oos Kaap tussen twee klein dorpies. Dit is
verskriklik warm. Kort-kort kla Meraai oor die hitte, en dan sê Gammat vir
haar om haar pantie uit te trek want dan sal sy nie so warm kry nie. Meraai
wil egter niks daarvan weet nie. Sy sê sy weet wat Gammat wil doen. So 'n
ent verder stap hulle in 'n dorpie in en Meraai kla weer oor die hitte.
Gammat sê toe weer vir haar om haar pantie uit te trek. Toe sy weer nie wil
nie wys hy vir haar 'n ou aia wat op die trappie van 'n winkel sit. Hy wys
haar dat die ou aia nie 'n pantie aan het nie en hy sê vir haar dat dit is
omdat die aia warm kry. Meraai wil weer nie aan die storie byt nie en sy
stap toe nader aan die ou aia wat besig is om 'n lekker stuk vleis te eet.
Meraai sê toe vir haar dat sy sien sy dra nie 'n pantie nie en vra of dit is
omdat sy warm kry. Nee, sê die aia vir Meraai, dit is om die vlieë van my
vleis af te hou.

Gammat en Meraai stap ook daar iewers in die Kaap tussen twee dorpies en
Meraai ontwikkel 'n groot nood. Sy sê toe vir Gammat sy wil gou gaan pee.
Gammat wat sy kans sien vra toe vir haar of hy maar aan die agterkant van
die bossie kan gaan sit en terwyl sy besig is maar net kan voel. Na baie
redekawel en beloftes van Gammat om hom te gedra stem Meraai toe in. Gammat
is toe ook nie links nie en druk sy hand tussen die bossies deur en voel. Hy
voel toe dat iets nie reg is nie en vra toe vir Meraai Haai Meraai, het jy
'n sexchange gehad. Nee antwoord Meraai, ek het my mind ge change.

Humor & grappe | 0 kommentare

Afrikaanse grappies (lank)

Vr, 05 Desember 1997 00:00

Ek voel soos 'n soet jong plaasmeisie wat in die donker by 'n stadskerel sit
en vry. Ek sal ook sê "Dit is my eerste keer"

Hier is 'n paar wat ek so deur die tyd bymekaar gemaak het. Ek weet nie wie
die oorspronklike eienaar was nie maar ek het hulle geniet en deel hulle
graag met julle.

Van kom in die hof. Hy is gevang waar hy besig was om seks te hê met 'n
donkie. Soos dit maar in die hof gaan, vra die landros of daar enige
bewysstukke is. Van sê toe ja en trek sy gulp oop. Hy haal die meneer uit en
gooi hom op die tafel voor hom. Die landros raak toe skielik grys asof hy
geskrik het en sê vir Van. "Van as ek jou ooit by 'n klein donkie vang sluit
ek jou toe en gooi die sleutel weg.

Die ou oom en tannie sit op die stoep van hulle plaashuis. Na die hele dag
se sit sê die tannie laat die middag vir die oom. "Ou man, ek sit nou al so
lank, ek dink my boude slaap." "Ja" sê die oom toe. "Ek weet, ek het hulle
al 'n paar keer hoor snork"

Die ou bul en die jong bul staan teen 'n randjie op die plaas en kyk af in
die vallei waar die koeie wei. Die jong bul sê vir die ou bul "Kom ons
hardloop af en dek elkeen 'n koei." Die ou bul antwoord toe "Nee, kom ons
stap af en dek elkeen 'n paar koeie."

So van bulle gepraat. Op die beesplaas was daar drie bulle. Die ou bul het
400 koeie gehad wat in sy harem was. Die jonger bul het 50 koeie gehad in sy
harem en die jong bul het net 5 koeie in sy harem gehad. Hierdie bulle het
mekaar goed geken en het nie met mekaar se koeie ingemeng nie. Daar word toe
'n gerug versprei dat die boer 'n nuwe bul gekoop het en dat die bul een
aandafgelewer sou word. Elke bul het toe maar so by homself geloop en brom
dat geen ander bul een van sy koeie gaan vat nie. Een aand, dit was al sterk
skemer hoor die drie bulle 'n groot lawaai en ja wrintie 'n groot vragmotor
trek in die kamp in. Die vloerplanke van die bak kreun en kraak en die bulle
kom agter dat daar 'n groot vrag op die vragmotor vervoer word. Toe die
vragmotor eindelik tot stilstand kom, klim die nuwe bul uit. Die ou bul sê
toe vir homself dat 400 koeie miskien teveel vir hom is en dat hy miskien
200 koeie sal kan afstaan. Die jonger bul dink toe by homself dat sy 50
koeie miskien teveel is en dat hy miskien 25 koeie sal afstaan. Die jongste
bul dink toe by homself terwyl hy die angssweet van sy voorkop afvee, die
nuwe bul kan maar al my koeie kry solank hy net nie dink ek is ook 'n koei
nie.

Humor & grappe | 1 kommentaar

Afrikaans translations of some popular band/singer names

Vr, 07 November 1997 00:00

I don't speak Afrikaans that well, but this made me smile.
Enjoy

Dire Straits - In die kak!
Bananarama - Piesangmargerien
Joan Armatrading - Johanna Wapenhandelaar
Johnny Rotten and the Sex Pistols - Jannie Vrot en die Pomprewolwers
Iron Maiden - Yster sussie
Ladysmith Black Mombasa - Mevrou Smit se Swart Mambas
Four Jacks and a Jill - Vier Latte en 'n Platte
Queen - Moffie
Welcome to the Pleasuredome : Frankie Goes to Hollywood -
Welkom by Aventura : Frikkie Gaan Fliek toe
Twisted Sister - Koeksuster
Ace of Base - Baas se As
Meatloaf - Vleisrol
Spice Girls - Kerriekoekies
Simple Minds - Dofkoppe
Bruce Hornsby and the Range - Barend Horing en die hele Reeks
Joe Cocker - ...dja, djoune ook!
Whigfield - Pruikveld
Hootie and the Blowfish - Tietie en die Blaasoppies
Heughie Lewis and the News - Louis Luyt in die Nuus
Maria Carey - Meraai se Kerrie
Smashing Pumpkins - Platgemoerde Pampoene

Humor & grappe | 0 kommentare

Nog 'n blond een

Sa, 01 November 1997 00:00

'n Blond word gevra om 'n sin te maak met die uitdrukking: '...bo my vuurmaak
plek.' Natuurlik is sy nie links nie en brand los met: 'My rok is so kort dit
sit bo my vuurmaakplek."

Humor & grappe | 0 kommentare

NIE 'n GRAPPIE NIE!!!!!!!!!!!! HA!!!!!!!!!!!!

Do, 23 Oktober 1997 00:00

Hou jy van Afrikaanse musiek? Al gehoor van Neeltjie Kleynveld se debut CD
- Die Lewe is My Lied. As jy in een van die CD's belang stel email my by
hend...@lantic.co.za
Dan kan ek jou van 'n kontak nommer voorsien, aangesien die CD nie vrylik
beskikbaar is nie.

GRAPPIE (Net vir die wis en onwis)
Hoekom staan die blondine doodstil voor die stoof?
Die resep sê moenie roer nie!

Humor & grappe | 0 kommentare

Mike & Kallie

Wo, 22 Oktober 1997 00:00

Kallie aan Mike voor boksgeveg: Wat doen jy na die fight?

Mike: Ek bloei

-----

Kallie to Mike before the boxing match: What are you doing after the fight?

Mike: I'm going to bleed
[Wie het nog Mike en Kallie jokes?]

------------------------------------------------------------ -
Jasper Schellingerhout
jasper_spa...@starjump.com

Starjump for:
- Turnkey solutions.
- Expert advice and system level solutions
for software development firms
- Web design
- Shareware distribution

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    50  51  52  53  54  55  56  57  58  59  60  61  62  63  64  65    »]
Tyd nou: Wo Mei 08 06:05:09 MGT 2024