Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Varke

Vr, 07 Mei 1999 00:00

Donkie loop vir varkie raak waar hy langs die pad sit en bitterlik huil.
"En wat gaan nou met jou aan?" vra donkie.
"Dis die mensdom. Hulle is baie gemeen!" kom varkie se antwoord.
"Die mensdom? Nou wat het hulle gedoen dat jy so bitterlik sit en tjank?"
wil donkie weet.
"Kyk," sê varkie. "As iemand lelik eet dan sê die mensdom hy eet soos 'n
vark! As iemand se huis vuil is dan sê hulle die plek lyk soos 'n
varkhok. En selfs as iemand sleg bestuur op die paaie, dan sê die mensdom
hy is 'n padvark!!!"
"Sulke blerrie varke!" kom dit van donkie.

Jakes

Humor & grappe | 0 kommentare

Re: Marsmannetjies

Vr, 07 Mei 1999 00:00

lol@that

--
Samuel Murray (if signed by me)
le...@yebo.co.za

Yebonet ISP Helpdesk
in...@yebo.co.za

Jakes wrote in message ...
> Die Marsmannetjies besluit om kontak te maak met die aarde se wesens
> en land een nag laat by 'n verlate vulstasie. Twee klim uit hul GTI
> ruimteskip en loop na een van die petrolpompe.
> (Rofweg vertaal het die gesprek soos volg verloop):
> Mannetjie1: "Vat ons dadelik na julle se leiel!"
> Petrolpomp is doodstil.
> Mannetjie1: "Ek sê - vat ons na jul leiel of het julle nie 'n leiel
> nie?"
> Petrolpomp bly doodstil.
> Mannetjie2: "Laat ek plobeel. Ons is van Mals af en wil julle leiel
> spleek!"
> Petrolpomp sê niks.
> Mannetjie1: "Ek weet! Hulle kan nie hole nie want hulle staan met hulle
> se vole in hulle se ole!"
>
>
> Jakes

Humor & grappe | 0 kommentare

rooikappie en die wolf

Vr, 07 Mei 1999 00:00

Rooikappie huppel deur die bos, op pad na ouma se huisie daar in die middel van
die woud. Net so 'n entjie of wat voor sy daar arriveer, sien sy hier langs
die paadjie sit Wolf. Hy sit so agter 'n bos en net sy kop steek uit.

Rooikappie is natuurlik heel ontsteld, en sê: "Ag asseblief oom wolf, moenie my
ouma eet nie."

Maar Wolf antwoord nie. Hy sit net daar met 'n uitdrukking van intense
konsentrasie op sy gesig.

Rooikappie sê weer: "Oom wolf, ek vra mooi. Moet asseblief nie my ouma eet
nie"

Maar Wolf sê niks. Hy sit net daar en konsentreer so hard dat die are in sy
kop sommer blou uitstaan, en sy neksenings trek sommer styf soos hy
konsentreer.

Arme Rooikappie raak heel huilerig en sê: "Ag oom wolf asseblief. Ek is lief
vir my ouma. Moet haar asseblief nie eet nie."

Wolf kyk na haar, heel nors en sê:

" Fokof Rooikappie, EK KAK !!"
================================================
Die Groot Skippaan eet kaas en kyk na die sterre
================================================

Humor & grappe | 1 kommentaar

Oom Sjert en Ta' Ralie

Vr, 07 Mei 1999 00:00

Oom Sjert en Ta' Ralie het op 'n plaas gewoon waar die oom 'n saaiboer
was. Die oom het nog geglo in die ou maniere van boer en het sy lande
met osse en 'n sleepploeg bewerk.
Eendag was oom Sjert besig om te ploeg en ta' Ralie het brood geknie. Sy
kyk toevallig deur die kombuisvenster toe sy sien dat oom Sjert die
ploeg met geweld eenkant toe gooi en vinnig aangehardlooop kom huistoe.
Hy storm met 'n moeviese spoed die kombuis in en sê:
"Kom gou vrou - dit is styf!"
Haastig was ta' Ralie haar hande en dink dat dit seker die lentelug is
wat so goed op oom Sjert se hormone inwerk. Dit was ook jarre laas dat
die oom 'n styfte gehad het.
Hulle storm die kamer binne maar wat 'n teleurstelling! Wat 'n fiere
soldaat in oom Sjert se broek was, is nou maar net 'n oud stryder wat
lê en slaap op 'n streepsak.
"Jammer ou vrou, dit het so skielik begin en net so skielik opgehou.
Jy moet maar altyd soort van gereed wees" en daarmee is oom Sjert terug
lande toe.
Terwyl ta' Ralie in die huis besig is, hou sy maar gereeld vir die oom
dop waar hy sy lande voorberei vir die saaityd. En sowaar, 'n paar dae
later sien sy oom Sjert smyt weer die ploeg met geweld eenkant toe, gooi
albei arms in die lug en toe kom hy met 'n helse spoed aangehardloop
huistoe.
Ta' Ralie was blitsig haar hande, trek net daar in die kombuis al haar
klere uit en gaan lê sommer op die kombuistafel - REG vir die ding.

Maar oom Sjert bly weg. En hy bly weg.

Net toe sy wou opstaam om te gaan kyk waar die oom bly, kom hy die
kombuis binne gestrompel. Swart van die rook en sy klere vol roet.

"Tipies vroumens!" sê hy uitasem. "Hier lê jy kaalgat op die
kombuistafel
terwyl die donnerse waenhuis besig is om af te brand!"

Jakes

Humor & grappe | 1 kommentaar

Voorbehoeding

Vr, 09 April 1999 00:00

Jakes wrote:

> Twee pas getroude vrouens praat oor voorbehoeding.
>
> "Watter vorm van voorbehoeding gebruik julle?" wou een weet.
> "Die emmer en piering metode" kom die antwoord.
> "Nou wat is dit?"
> "Maklik. Jy sien my man is maar 'n kort kêreltjie. As hy die behoefte
> het dan doen ons dit terwyl hy op 'n emmer staan om mooi by te kom.
> Ek hou hom dan fyn dop en sodra sy oë so groot soos pierings word,
> dan skop ek net die emmer onder hom uit!"

Laat my dink aan die voorbehoed pil vir Katolieke wat deur die pous
goedgekeur word. Dit weeg drie en 'n half ton. Die vrou rol die ding
voor die slaapkamerdeur sodat die man nie kan inkom nie.

Eugene L Griessel

Support the Ban on Dihydrogen Monoxide now!
http://www.cis.udel.edu/~way/DMRD/

It is better to be the object of a noisy demonstration than
a quiet assassination.

Humor & grappe | 1 kommentaar

Mafia

Wo, 31 Maart 1999 00:00

Griessel die een is vir jou:

Mafia

"Jy beter vir jouself ordentlik aantrek, as jy vanaand vir my kom optel"
se die nooientjie vir haar nuwe kêrel, "my pa is in die Mafia"

Toe gaan die jong kêrel en koop vir hom 'n parmantige nuwe aandpak,
Godfather uitgevat. Hy klop aan die deur en die nooientjie maak toe oop; "
Kom binne, dis my pa die, Mnr vir jou" stel sy hom voor aan haar pa.

Pa kyk die jong kêrel op en af, en merk die deftige pak klere; "Mafia?"
"Haai nee oom, ons soen nog maar net"

--
mirojo

Humor & grappe | 0 kommentare

Gammat innie baaiskoup

Do, 18 Februarie 1999 00:00

Gammat is dorp toe om sy laaste twee eende te gaan verkoop. Al wat
hy vir 'n eend wou hê is R10 maar niemand wil koop nie. Laat die
middag kry hy uiteindelik een verkoop vir R8.50
Met die laaste eend onder die arm is hy die kroeg in en koop 'n klein
wyntjie vir R1.50. Nadat hy die gedrink het besluit hy dat 'n goeie
fliek net die ding is om sy swaarmoedigheid te verlig.
By die kaartjiesvenster sê die meisie agter die glas dat hy nie die
fliek mag binnegaan met 'n eend nie. Wat nou?
Soos Gammat maar 'n doring in met 'n plan is maak hy toe een:
Hy druk die eend voor by sy broek in en stap ewe nonchalant die
fliek in en koop sy kaartjie.
Die fliek het begin en hy voel die eend begin benoud raak. Gammat
maak sy broek se ritsluiter oop en trek die eend se kop daardeur
sodat dit kan vars lug kry en ook sommer die fliek kan kyk.

Die meisie langs Gammat stamp aan haar vriend en sê:
"Die donner hier langs my het sy dinges uitgehaal!"
"Moenie worrie nie skat" sê haar vriend. "Ignoreer dit net."
"Ek kan nie!: sê sy. "Die ding is besig om my popcorn op te vreet!"

Jakes

Humor & grappe | 1 kommentaar

Dyslexic Grafiti (Sorry for the spelling)

Do, 15 Oktober 1998 00:00

Afrikaans joke: (Sorry, it doesn't translate into english at all...)

Hoe weet jy 'n bergie is disleksies?

Sy grafiti lees "Jou ma se epos!"

Groete

Elmar
Elmarm@it.sun.ac.za.junk (Remove the .junk)

Humor & grappe | 1 kommentaar

Pas Getroudes

Do, 15 Oktober 1998 00:00

Die ou en sy vrou is pas getroud en dis hulle eertse aand in die hotel na
die troue. Hulle is baie lief ver mekaar, maar een probleem, hulle is baie
skaam ver mekaar. Toe dit aand raak en dit is toe bed tyd, besluit hulle die
volgende: Hy sal in die kamer uit trek, en sy kan in die badkamer uit trek.
Dan sal hulle mekaar in die bed ontmoet. Sy het 'n vreeslike kort en stywe
onderrokkie aan wat sy sukkel om uit te trek. Terwyl sy so sukkel, sê sy,
"Ag tog so kort en so styf", hy skree toe uit die kamer uit, "Nee, man! Ons
het belowe ons sal nie loer nie!"

--
Anton Steyn
The Network Element (PTY) LTD
082 4594 194
Mailto:an...@networkelement.co.za

Humor & grappe | 0 kommentare

wie is die sterkste

Sa, 10 Oktober 1998 00:00

Die juffrou het die kinders in die klas gevra wie is die sterkste persoon in
hulle huis.

Sannie se haar pa is die sterkste, Pietie sy sy broer wat in die Army was is
die sterkste, en so gaan hulle in die ry af tot by Jannie.

Ja Jannie, wie is die sterkste in julle huis.

"My ma juffrou, sy is baie sterk, nou die dag het 'n muis by die kombuisdeur
in-gehardloop en reg teen my ma se been op onder haar rok in juffrou, sy het net
haar bene so oormekaar gevou juffrou, en al wat van die muis oorgebly het was
net so 'n klein plassie water tussen haar voete."

Humor & grappe | 1 kommentaar

Bladsye (1842): [ «    47  48  49  50  51  52  53  54  55  56  57  58  59  60  61  62    »]
Tyd nou: Sa Apr 27 11:53:03 MGT 2024