Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vuurwapen eienaars voor ultimatum

Laat aansoekers moet hul wapens inhandig; Sa, 09 Junie 2018 08:49

Die Vryburger:

Meer as 400 000 vuurwapen eienaars wat nie betyds aansoek gedoen het vir die hernuwing van hul vuurwapen lisensies nie, is nou onwettige vuurwapen eienaars en sal hul wapens by die polisie moet gaan inhandig."
- http://www.dievryburger.co.za/2018/06/vuurwapen-eienaars-voo r-ultimatum/
Dit is nogal taamlik ernstig - handig jou wapen in of geniet 15 jaar se gratis verblyf in 'n tronksel. Geen prosedure is bekendgemaak en niemand weet werklik wat om wanneer te doen nie.

Gelukkig vat hulle nog nie jou kar as jy per ongeluk vergeet om motorlisensie betyds te hernu nie.

Veiligheid & wapens | 6 kommentare

Netiket

Ettiket vir elektroniese kommunikasie; Vr, 08 Junie 2018 18:46

Dit is nie altyd so maklik om duidelik en sonder misverstande op die Internet te kommunikeer nie. Gesprekke geskiet hoofsaaklik sonder gesigsuitdrukking en liggaamstaal. Die ontvanger het ook geen begrip van jou omstandighede en gemoedstoestand nie. Hier volg 'n paar riglyne om hierdie tekortkominge aan te spreek:

Wees duidelik:
Pos in die regte forum en maak seker dat die onderwerpreël (of titel) van jou posstuk die inhoud weerspieël.

Gebruik toepaslike taal:
As jy wonder of jy te emosioneel in 'n boodskap voorkom, moenie dadelik die boodskap stuur nie. Stoor dit eers en besluit later daaroor. Onthou: niemand kan jou bui raai of jou gesigsuitdrukking sien nie. Al waarop hulle jou boodskap beoordeel is die woorde wat jy gebruik en woorde kan die teenoorgestelde uitdruk van dit wat jy werklik voel.

Moenie heeltyd hoofletters gebruik nie:
Hoofletters beteken dat jy skree of gil! Gebruik bo- en onderkas en behoorlike leestekens, soos wat mens sou doen as jy 'n brief sou skryf en pos.

Wees kort en kragtig:
In vandag se gejaagde lewe het baie mense nie tyd om deur langdradige boodskappe te worstel nie. As jou boodskap kort en tot die punt is, sal meer mense dit wil lees.

Maak 'n goeie indruk:
Jou woorde en inhoud verteenwoordig jou. Proeflees en redigeer jou woorde en beelde voordat jy dit stuur.

Wees selektief ten opsigte van die inligting wat jy pos:
Inligting wat op die Internet verskyn is baie openbaar en kan deur enige persoon in die wêreld gesien word, ingeslote misdadigers, voornemende werkgewers en regerings.

Moenie varkpos stuur nie:
Varkpos ("spam") is die pos van ongevraagde boodskappe, dikwels advertensies, na 'n wye gehoor - 'n mens kan dit ook as elektroniese gemorspos ("junkmail") beskou. Vermy dit ten alle koste.

Moenie vlampos stuur of daarop reageer nie:
Moet nooit driftige boodskappe (mens noem dit vlampos of "flaming") stuur nie, selfs al word jy uitgelok. Onthou, dit is ook nie wys om op vlampos te reageer nie. Rapporteer eerder sulke boodskappe aan 'n moderator sodat die probleem aangespreek kan word.

Gehoorsaam wette en kopiereg:
Moenie ander se beelde, inhoud, ens. sonder toestemming reproduseer nie. Billike gebruik (kort aanhalings, asook werk wat ouer as 50 jaar is) is meestal wel toelaatbaar, maar gee erkenning indien jy 'n ander se werk by jou boodskap insluit.

Kennisgewings | 0 kommentare

Bikini's

Wo, 04 September 1996 00:00

Die ou wat die bikini uitgevind het was glo 'n Italianer met die naam
Kannettie die Poessiennie. Sy broer Willie die Poessiennie het blykbaar
weer die eenstuk in die mode gebring.
--
Jonnie

Humor & grappe | 0 kommentare

Uit Elsiesrivier - Die Auntie

Wo, 30 November 2005 13:28

Haai julle,
dit is mos za.humor, daarom waag ek dit om iets in Afrikaans
(een van die helse klomp amptelike tale) te pos.

Die Auntie

'n Goeie advokaat moet nooit 'n getuie 'n vraag vra as hy nie voorbereid
is vir die antwoord nie, veral nie as hy in Elsies Rivier praktiseer
nie!!!!

Tydens 'n hofsaak in die Elsies Rivier Magistraatshof roep die aanklaer
sy eerste getuie na die getuiebank - 'n bejaarde ou dame. Hy nader haar
en vra: " Mevr. Jantjies, ken jy my?"

Sy antwoord: "Ja, of course ken ek jou Mister Williams. Djy't dan voor
my groot geword - maar was jy nie 'n disappointment nie! Djy lieg en
bedrieg, hoer agter jou vrou se rug en skinner van ander mense. Djy dink
djy's a big shot, maar het nie die brains om te wiet dat djy maar net 'n
ordinary office clerk gaan bly nie. Ja-nee, ek ken vir jou!!!"

Die arme aanklaer was geskok. Hy weet nie mooi wat om te se nie en wys
in die rigting van die advokaat vir die verdediging, en vra: "Mevr.
Jantjies, ken jy die advokaat vir die verdediging?"

Sy antwoord weer: "Ja, of course, vir hom ken ek ook vandat hy 'n
laaitie is - hy's lui, drink 'n bietjie te veel en sy law practice is
van die worst innie land. Hy't ook al drie keer op sy vrou ge-cheat.
Ja, ek ken hom."

Die advokaat vir die verdediging val amper van sy stoel af van skok.

Net toe roep die Magistraat die hof tot orde en vra die advokate 'to
approach the bench', en se toe in 'n sagte, dog ernstige stem vir hulle:

"As enige een van julle twee donners vir daai antie vra of sy vir my
ken, dan moer ek julle altwee in die tronk!!!!
------------------
Jakes (still ticking)

Humor & grappe | 0 kommentare

Soeke

Vr, 03 Junie 2005 18:55

Twee ouens in Woolworths stamp mekaar se winkeltrollies. Die een sê:
"Hel, ek's jammer, man, maar ek soek my vrou."
"Dis toevallig. Ek soek myne ook."
"Miskien kan ons mekaar help. Hoe lyk jou vrou?"
"Sy's lank. Sy't lang, donker hare, lang bene met mooi kuite, groterige,
ferm tiete en 'n oulike, stywe gat. Hoe lyk joune?"
"Fok dit. Kom ons soek joune."

Humor & grappe | 0 kommentare

poustoasties

So, 10 April 2005 17:59

Het julle gehoor die pous gaan veras word?
Ons noem hom nou 'n poustoastie
-
_________________________________________
Usenet Zone Free Binaries Usenet Server
More than 120,000 groups
Unlimited download
http://www.usenetzone.com to open account

Humor & grappe | 0 kommentare

Hoes

Ma, 23 Augustus 2004 13:43

Op 'n plattelandse dorp waar die inwoners hoofsaaklik Afrikaans
magtig is en gedurende 'n wintermaand toe verkoue erg in die omloop
was, was die predikant baie omgekrap dat sy aandag gedurende
eredienste onderbreek word deur gemeentelede se hoesbuie.
Hy bespreek toe die probleem om 'n oplossing te vind met sy koster
wat Engelssprekend is. Die koster gaan koop toe 'n groot bottel
hoesstroop by die apteek.
Die volgende Sondag as iemand hoes, staan die koster op en gaan gee
vir die persoon 'n lepel hoesstroop in en sê vir hom iets in sy oor
waarna die persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk is
later byna leeg.
Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense
gesê het dat hy later vir 'n byna leë kerk moes preek.
Die koster sê hy het net vir hulle gesê, "For cough".

Humor & grappe | 0 kommentare

Gatiep en Maraai

Ma, 23 Augustus 2004 13:42

Meraai loop in die straat met 'n baie stywe jean.
Gatiep: "Meraai, is djy nie bang vi Fauna & Flora nie?"
Meraai: "Never! Hoekom?"
Gatiep: "Omdat djy daai arme parratjie so wurg!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Meel

Ma, 23 Augustus 2004 13:41

Wat is manlik en vroulik van meel?
Mieliemeel en koekmeel.

Wat gebeur as hulle viagra inkry?
Dan word hulle stuifmeel en bruismeel.

Humor & grappe | 0 kommentare

Goed, erg, erger

Sa, 21 Augustus 2004 13:46

Goed: Jou vrou praat nie.
Erg: Sy wil skei.
Erger: Sy's 'n prokureur.

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    39  40  41  42  43  44  45  46  47  48  49  50  51  52  53  54    »]
Tyd nou: Vr Mar 29 12:03:18 MGT 2024