Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Verkeerde geskenk ( 'n Groot bôggerop)  () 1 stem
Verkeerde geskenk [boodskap #120656] Vr, 06 Julie 2018 06:38
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Jongman wat graag 'n verjaardagpresent vir sy nooi wou koop neem sy suster saam om hom te help om die regte geskenk te koop. Sy kies toe 'n paar handskoene wat hy vir sy meisie koop. Die suster koop toe vir haarself 'n paar broekies. Die meisie in die winkel maak toe 'n foutjie. Sy ruil die twee pakkies per abuis om. Die suster kry toe die handskoene en die arme ou kry die broekies, wat hy toe pos met 'n briefie wat as volg lees:

Liefste Gertruitjie,

Ek stuur vir jou die brief en die presentjie om jou te wys dat ek nie jou verjaarsdag vergeet het nie. Ek het gedink jy sal daarvan hou, want ek het gesien jy trek nooit sulke goed aan as ons uitgaan nie, en dit is nou koud in die aande. Ek het die dame in die winkel dit laat aanpas, en sy lyk baie mooi daarmee.

Sy het my 'n paar gewys wat sy al twee jaar dra, en dit makeer nog steeds niks. Ek wou eers die langes koop, maar my suster sê die kortes is beter, want dit is makliker om jou vingers in te kry. Ek wens ek kon dit die eerste keer vir jou aantrek.

Truitjie, die meisie in die winkel sê as jy dit uittrek, moet jy altyd bietjie daarin blaas, want dit sal 'n bietjie klam wees van die sweet, en dit mag later onaangenaam ruik. Sy sê sy gooi altyd bietjie lyfpoeier in hare wanneer sy dit uittrek. Ek hoop jy sal daarvan hou.

Met liefde.
Fanie

Vorige onderwerp: Darem nie 'n plaasaanval nie
Volgende onderwerp: Oom Sarel se windpomp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 02:06:02 MGT 2024