Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: I always wanted to be a priest

Vr, 09 Oktober 1998 00:00

Dawid van der Merwe wrote:
>
> Jakes wrote:
>>
>> Gerry de Vries wrote:
>>>
>>> I am filtering out this mirojo character!
>>>
>>> GdV
>> Good riddance! Now see Dawid van der Walt's
>> posting and go back to Italy.
>
> dis van der Merwe, jy weet soos in die grappies.
>
> Anyway Johan, ek vergewe jou.
>
> obJoke:
>
> "I doubt, therefore I might be."
>

Sorry ou Van, dat ek jou met 'n van der Walt
(my vrou se nooiensvan) verwar het. Daar
is in elk geval geen grappe oor hulle nie.

Ou Van vat sy 97 varke slagpale toe, maar
teen die steil afdraande gee die trok se
remme in. Met een moerofa spoed maak hy ook
net-net die draai onder. Hy draai toe net daar
om en gaan terug plaastoe.
Daar aangekom wil sy vrou weet vir wat bring
hy dan die varke terug.
"Hierdie varke kan nie geslag word nie" sê hy.
"Nou vir wat nie?" wil sy vrou weet.
"Hulle kan praat!" sê Van.
"Praat?"
"Ja, praat soos in praat. Toe ek teen 160km
per uur die afdraande afjaag en woes spook
om die trok sonder remme nie om te donner nie,
skree die varke soos uit een geelgat: BRIEK,
BRIEK, BRIEK!!"

Jakes is die naam - aangenaam.

Humor & grappe | 0 kommentare

Olifante vergeet nooit nie

Vr, 18 September 1998 00:00

Piet en sy vriend Jan het Piet se nuwe fo-baai-fo gaan
toetsbestuur in die bosse toe hulle op 'n diep gat
afkom. Binne in die gat merk hulle 'n klein olifantjie
op wat ingeval het en sukkel om uit te kom.
Piet laat sak toe vir Jan in die gat af met die kabelhyser
wat voor op die fo-baai-fo gemonteer is. Die kabel maak
Jan toe om die olifantjie se bors vas en tjop-tjop kry
hulle die outjie uit die gat.
Hulle sê mos dat olifante nooit vergeet nie.
Tien jaar later is die sirkus op die dorp. Piet en Jan gaan

toe sommer die heel eerste middag die vertoning bywoon
en gaan sit heel voor langs die ring.
Die eerste vertoning is toe olifante wat toertjies uithaal.
Maar, een van die olifante hou die hele tyd vir Piet en
Jan dop. Teen die einde van die vertoning loop hy
reguit op Piet en Jan af. Die olifant gryp eers vir Piet
en gooi hom dat hy daar trek en toe kry hy vir Jan
om die nek beet en smyt hom tussen die mense in.
Dit was toe al die tyd nie dieselfde olifant wat hulle
uit die gat uitgehaal het nie.

Jakes

Humor & grappe | 0 kommentare

Blindes!

Do, 17 September 1998 00:00

Why don't blind people sky-dive?

It scares the shit out of their dogs.

-

What are the little bumps on a nipple for?

It is brail for "Suck here"

-

Die 2 dowe ouens sie mekaar weer die eerste keer in 20 jaar.

"haai hoe gaan dit" , beduie die een
"ag nee, stil man" , wys die ander

"nou praat jy!"

-----
ALV,B

Humor & grappe | 0 kommentare

Re: vliegtuig

Wo, 09 September 1998 00:00

Gehoor van die kaptein van sie vliegtuig wat nadat hy 'n aankondiging gemaak het vergeet het om die mikrofoon af te skakel. Hy strek so lekker agteroor en sê vir sy medevlieënier "Ek gaan nou 'n sigaret rook en dan gaan ek daardie nuwe lugwaardin vasdruk". Die nuwe lugwaardin hoor die afkondiging en hardloop in die gang af om vir die kaptein te gaan sê dat die mikrofoon nog aan is. Sy struikel oor 'n ou oom se kierie wat in die paadjie staan. Die ou omie sê "Stadig my kind, die kaptein het gesê hy gaan eers 'n sigaret rook"

Humor & grappe | 0 kommentare

Dominee, Ouderling en Diaken.

Do, 03 September 1998 00:00

Die Dominee, Ouderling en Diaken reis vanaf Patterson na Pretoria vir 'n
konferensie.

Daar doer in die vallei van verlatenheid kom die brandstof laag waarskuwings lig
op die paneelbord aan. Nou begin hulle uit kyk vir 'n petrol pomp. Die eerste
roete-aanwyser wat hulle verby-ry lees "Fokken 20 km". Die dominee kyk anderpad
en se niks. Na 10 km. se die ouderling, dominee, ons sal maar moet indraai. So
doen hulle toe ook want nie een van die drie weet hoe ver is die volgende pomp
nie. Hulle ry in Fokken se hoofstraat af, verby die eerste gebou waarop groot
geskryf staan "Fokken Radio & T.V." Die tweede een se advertensie bord lees
"Fokken Boutiuqe". So gaan dit aan, Fokken Vis en Skyfies, Fokken Fast Foods,
Fokken PEP Stores, tot by Fokken B.P.Garage. Daar bedien 'n allemintige fluks
joggie hulle, maak die ruite skoon van al die insekte, sien om na die bande se
druk, gaan die water in die enjin na en vra waar die drie op pad heen is. Na 'n
lang gesels is die drie eerlikwaar beïndruk met die jong man. "SE vir my" vra
die Dominee, wat nou nie sy oe" kan af-hou van die pragtige skoon en
vriendelike dorp af nie, "hoekom het die plek so 'n verskriklike onaardse naam."
Nee dominee, jy het die kat aan die stert beet, laat die mannetjie weet. Die
stuk dorre aarde het in 1881 aan 'n Duitser met die naam Abel Fokken behoort en
hy het die plek in 'n paradys verander. Hy het eie-handig hier 'n dorp kom stig
en hy was 'n baie besondere mens. Met sy heengaan het die inwoners besluit om
die plek na hom te vernoem omdat hy so baie vir die medemens gedoen het. En so
het Fokken sy naam gekry.

So stap hulle toe by Fokken Vis & Skyfies in, neem 'n menu en lees dit deur. Dit
lees soos volg, ** Fokken Mix Grill.**
**Fokken Steak en Tjips**
**Fokken Pap en Vleis**
** Fokken Pie & gravay **
**Fokken Koffie**
ens.ens.

Die volgende jaar gaan die selfde dominee en ouderling maar 'n nuwe diaken op
Pretoria toe vir 'n konferensie.

So 25km. voor Fokken vra die dominee aan die ouderling, Broer, gaan ons weer
daar by daai Fokken dorp petrol ingooi. Ja, se die ouderling, dan stop ons
sommer by daai Fokken Vis & Skyfies plek en drink 'n lekker koppie Fokken
koffie.

Die jong diaken kan skaars sy ore glo, en sit net en luister hoe die twee hier
voor hom fokken en fokken.

Fuckit boy's, laat hy waai, as ek geweet het julle is sulke lekke bokke vir
sports het ek vir ons 'n paar meisies ge-organise.

Humor & grappe | 0 kommentare

Ouderdom

Do, 23 Julie 1998 00:00

Dis my verjaarsdag vandag, en ek kan nie besluit of ek ongelukkig of
dankbaar moet wees nie.

Besef julle die enigste tyd in ons lewens wanneer jy wil ouer wees is wanneer ons kinders is?
Jonger as tien, is jy so flippen opgewonde oor ouer word jy dink sommer in desimale.
"Hoe oud is jy?" "Ek's vier en 'n half"
Jy's nooit 36 en 'n half nie, jy's vier en 'n half, amper vyf.
Dis die geheim.
Nou's jy 'n tiener, niemand kan jou keer nie, jy spring sommer na die volgende syfer toe.
"Hoe oud is jy?" "Ek gaan 16 wees"
Jy kan nou 12 wees, maar uiteindelik gaan jy 16 wees.
Dan kom die groot dag, jy word 21.
Selfs die woord klink soos 'n seremonie.
Ja...... jy WORD 21 !!!
Dan raak jy 30. Wat's besig om te gebeur?
Hel, jy klink soos suur melk.
Jy't geRAAK, wat het verander ?
Jy WORD 21, jy RAAK 30.
Dan NADER jy 40.....nee, bly daar!
En jy BEREIK 50.
Jy WORD 21, jy RAAK 30, jy NADER 40,
Jy BEREIK 50, en dan MAAK jy dit tot by 60.
"Bliksem, Ek't nie gedink ek gaan dit maak nie"
Jy WORD 21, jy RAAK 30, jy NADER 40,
Jy BEREIK 50, en dan MAAK jy dit tot by 60.
Teen daai tyd het jy al so baie momentum opgebou, jy TREF 70.
Daarna is dit 'n dag tot dag ding.
Jy TREF Woensdag.....
In jou 80's, jy TREF middagete, jy TREF slaaptyd.
Jy's nie seker of jy gaan wakker word nie.
Jy koop nie meer beleggings nie.
Hel, jy koop nie eers groen piesangs nie.
Dis nog nie die einde nie.
In jou 90's gaan jy weer agteruit."Ek was NOU NET 92"
As jy 100 sien gebeur daar 'n vreemde ding.
Jy raak weer soos 'n kind
"Ek's 100 en 'n half"

Louis  lo...@icon.co.za

Humor & grappe | 1 kommentaar

Re: Grapjes?

Do, 11 Junie 1998 00:00

DG het geskryf:
> Kan iemand mij veel Afrikaanse grapjes bezorgen, ik vlieg vanavond vanuit

Ek sal nie veel vir jou kan doen oor jou aanvraag vir grappe op sulke kort
kennis, maar sal wel vir jou se dat die Vlaamse humorsin is baie dieselfde as
die in S.A. Jy sal nie ver verkeerd kan gaan met die ou bekendes soos die
Vlaamse en Holandse grenswagters.

> België naar Zuid-Afrika. Dan heb ik iets leuks te lezen.

Geniet die kuier hier in ons land. Een ding wat my altyd by geval het, en
wat vir my as 'n "Ingelsman" altyd heel prettig was, was die verskil in
betekenis tussen Vlaams en Afrikaans.

Hier is twee wat ek vinnig kan aan dink -

In S.A. praat ons van 'n "toebroodjie" in Vlaams is dit 'n "botter-ham"
In S.A. dra mens 'n "vest" onder jou hemp maar die Vlaaminke dra dit bo die
hemp.

Miskien sal hierdie 'n nuwe "thread" oop maak. ;-)

Humor & grappe | 0 kommentare

Totsiens

Do, 11 Junie 1998 00:00

Goeie nuus! Ek het my bakkery teen 'n moewiese wins
verkoop - perseel, vragmotors, rekenaar, modem, die lot.
Al die ouens wat my so lekker geflame het kan nou maar
iemand anders kies. Julle is uiteindelik van my onslae.
Ek moet egter erken ek het dit met tong in die kies nogal
geniet!

Obj om af te sluit:
Esme nooi haar vriend David uit om saam met haar na haar
Pa se plaas te gaan vir die na-week. David is so opgewonde
om die ouers te ontmoet dat hy sommer die AWB se klerewinkel
besoek en R2000 se kakieklere vir die geleentheid koop.
Die na-week breek aan en hulle kom eers laat die aand op die plaas
aan. Baie moeg gaan slaap hulle om vars en fris die volgende oggend
te wees.
Vroeg die volgende oggend maak oom Jakes hulle wakker en sê
vir David: "Kom jong, daar was alweer 'n leeu onder die beeste. Hier
is vir jou 'n Martini Henry voorlaaier. Ons gaan daardie leeu vandag vrek
skiet!"
David het nog nooit 'n skoot afgetrek nie - wat staan nog en praat van
'n leeu skiet! Hy hom hom egter baie braaf en sê: "Dis reg Oom - vandag
is die dag!"
Hulle is toe die bosse in en kort voor lank toe kry hulle vir ta. Oom Jakes
haal sy geweer oor en sê vir David: "Toe jong! Blaas hom met die
voorlaaier!"
David mik in die rigting van die leeu en met 'n moerse knal gaan die geweer
af.
Hy trek egter daar en toe hy tot verhaal kom is die leeu feitlik op hom. En

daar maak hy gatskoon vir die vale - 100m in 5 sekondes flat. So in die
hardloop
sien hy 'n dooie boom wat omgeval het en kry koers soontoe met die leeu op
sy hakke. Die boom het so 'n mik en hy spring daardeur maar die leeu is te
groot en hy breek sy rug met die deurspring. David hardloop nog so 'n draai
en kom ewe galant terug. Oom Jakes kom toe ook net daaraan en gee die
leeu die doodskoot.
Maar die oom snuif-snuif die lug so en vra: "David, nou wat ruik vir my so
snaaks?" terwyl hy hom so ondersoekend aankyk.
"Agge nee wat, Oom Jakes. Ek ruik maar so as ek kwaad kwaad kwaad is!"

groetnisse
Jakes

Humor & grappe | 1 kommentaar

Terloops gehoor

Do, 04 Junie 1998 00:00

"Wanneer ek begin grappe vertel," spog die komediant, "kan jy die mense
oorkant die straat hoor lag."

"O, ja? En wie vertel oorkant die straat grappe?"
------------------------------

Humor & grappe | 1 kommentaar

Aap en Hasie

Wo, 03 Junie 1998 00:00

Apie kom by hasie en slaat hom oor die kop
"Hoekom dra jy nie 'n hoed nie? Hoekom dra jy nie 'n hoed nie?"

Leeu sien die storie en stap maar verby...

Later sien leeu vir apie en sê:
"Jy kan nie net vir hasie slaan omdat hy nie 'n hoed dra nie, jy moet 'n
rede hê. Volgende keer vra jy hom vir 'n sigaret, as hy jou filter gee slaan
hom en sê jy het camel gesoek, en as hy camel gee slaan hom en sê jy soek
filter"

Apie kry later die dag weer vir hasie
"Het jy 'n sigaret vir my?"

"Sure, Camel of Filter"



"Hoekom dra jy nie 'n hoed nie? Hoekom dra jy nie 'n hoed nie?"

--
GF&KE
"Filling this NG with the crap of the universe. But it's the better kind of
crap"

Humor & grappe | 2 kommentare

Bladsye (1842): [ «    48  49  50  51  52  53  54  55  56  57  58  59  60  61  62  63    »]
Tyd nou: Do Mei 09 00:59:15 MGT 2024