Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Dominee, Ouderling en Diaken.
Dominee, Ouderling en Diaken. [boodskap #120474] Do, 03 September 1998 00:00
opp...  is tans af-lyn  opp...
Boodskappe: 3
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Die Dominee, Ouderling en Diaken reis vanaf Patterson na Pretoria vir 'n
konferensie.

Daar doer in die vallei van verlatenheid kom die brandstof laag waarskuwings lig
op die paneelbord aan. Nou begin hulle uit kyk vir 'n petrol pomp. Die eerste
roete-aanwyser wat hulle verby-ry lees "Fokken 20 km". Die dominee kyk anderpad
en se niks. Na 10 km. se die ouderling, dominee, ons sal maar moet indraai. So
doen hulle toe ook want nie een van die drie weet hoe ver is die volgende pomp
nie. Hulle ry in Fokken se hoofstraat af, verby die eerste gebou waarop groot
geskryf staan "Fokken Radio & T.V." Die tweede een se advertensie bord lees
"Fokken Boutiuqe". So gaan dit aan, Fokken Vis en Skyfies, Fokken Fast Foods,
Fokken PEP Stores, tot by Fokken B.P.Garage. Daar bedien 'n allemintige fluks
joggie hulle, maak die ruite skoon van al die insekte, sien om na die bande se
druk, gaan die water in die enjin na en vra waar die drie op pad heen is. Na 'n
lang gesels is die drie eerlikwaar beïndruk met die jong man. "SE vir my" vra
die Dominee, wat nou nie sy oe" kan af-hou van die pragtige skoon en
vriendelike dorp af nie, "hoekom het die plek so 'n verskriklike onaardse naam."
Nee dominee, jy het die kat aan die stert beet, laat die mannetjie weet. Die
stuk dorre aarde het in 1881 aan 'n Duitser met die naam Abel Fokken behoort en
hy het die plek in 'n paradys verander. Hy het eie-handig hier 'n dorp kom stig
en hy was 'n baie besondere mens. Met sy heengaan het die inwoners besluit om
die plek na hom te vernoem omdat hy so baie vir die medemens gedoen het. En so
het Fokken sy naam gekry.

So stap hulle toe by Fokken Vis & Skyfies in, neem 'n menu en lees dit deur. Dit
lees soos volg, ** Fokken Mix Grill.**
**Fokken Steak en Tjips**
**Fokken Pap en Vleis**
** Fokken Pie & gravay **
**Fokken Koffie**
ens.ens.

Die volgende jaar gaan die selfde dominee en ouderling maar 'n nuwe diaken op
Pretoria toe vir 'n konferensie.

So 25km. voor Fokken vra die dominee aan die ouderling, Broer, gaan ons weer
daar by daai Fokken dorp petrol ingooi. Ja, se die ouderling, dan stop ons
sommer by daai Fokken Vis & Skyfies plek en drink 'n lekker koppie Fokken
koffie.

Die jong diaken kan skaars sy ore glo, en sit net en luister hoe die twee hier
voor hom fokken en fokken.

Fuckit boy's, laat hy waai, as ek geweet het julle is sulke lekke bokke vir
sports het ek vir ons 'n paar meisies ge-organise.
Vorige onderwerp: Aap en Hasie
Volgende onderwerp: Re: vliegtuig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 08:35:27 MGT 2024