Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Re: I always wanted to be a priest
Re: I always wanted to be a priest [boodskap #120479] Vr, 09 Oktober 1998 00:00
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Dawid van der Merwe wrote:
>
> Jakes wrote:
>>
>> Gerry de Vries wrote:
>>>
>>> I am filtering out this mirojo character!
>>>
>>> GdV
>> Good riddance! Now see Dawid van der Walt's
>> posting and go back to Italy.
>
> dis van der Merwe, jy weet soos in die grappies.
>
> Anyway Johan, ek vergewe jou.
>
> obJoke:
>
> "I doubt, therefore I might be."
>

Sorry ou Van, dat ek jou met 'n van der Walt
(my vrou se nooiensvan) verwar het. Daar
is in elk geval geen grappe oor hulle nie.

Ou Van vat sy 97 varke slagpale toe, maar
teen die steil afdraande gee die trok se
remme in. Met een moerofa spoed maak hy ook
net-net die draai onder. Hy draai toe net daar
om en gaan terug plaastoe.
Daar aangekom wil sy vrou weet vir wat bring
hy dan die varke terug.
"Hierdie varke kan nie geslag word nie" sê hy.
"Nou vir wat nie?" wil sy vrou weet.
"Hulle kan praat!" sê Van.
"Praat?"
"Ja, praat soos in praat. Toe ek teen 160km
per uur die afdraande afjaag en woes spook
om die trok sonder remme nie om te donner nie,
skree die varke soos uit een geelgat: BRIEK,
BRIEK, BRIEK!!"

Jakes is die naam - aangenaam.
Vorige onderwerp: Olifante vergeet nooit nie
Volgende onderwerp: wie is die sterkste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:43:40 MGT 2024