Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrikaans

So, 24 Februarie 2013 07:25

Waar het die Afrikaans gebly?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Question about Dutch (and Afrikaans) Grammar

Do, 07 Februarie 2013 18:47

Sorry to ask such basic questions, but I would appreciate if you
could possibly tell me how you would translate the following English
sentences into Dutch :

(i) I have to repair my car

(ii) I had to repair my car

(iii) I have had to repair my car

(iv) I had had to repair my car

(v) I will have to repair my car

(vi) I would have to repair my car

(vi) I would have had to repair my car


Similarly, I would like to know how a native speaker would
translate :


(i) I am able to repair my car

(ii) I was able to repair my car

(iii) I have been able to to repair my car

(iv) I had been able to repair my car

(v) I will be able to repair my car

(vi) I would be able to repair my car

(vi) I would have been able to repair my car


Since I am aware that Afrikaans may possibly use different structures
than Dutch for the examples above, I would appreciate if Afrikaans
speakers on the group could also tell me how they would translate the
aforementioned sentences.

Thank you very much !

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 2 kommentare

Reënboog in die skemering

So, 16 Desember 2012 04:46

Reënboog in die skemering: review of book by Elizabeth Vermeulen

http://su.pr/1YgXCT

--
Steve Hayes from Tshwane, South Africa
Blog: http://khanya.wordpress.com
E-mail - see web page, or parse: shayes at dunelm full stop org full stop uk

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Plaasmoordondersoeker geteiken

So, 17 Junie 2012 15:38

Plaasmoordondersoeker geteiken

Posted by Louis Marais ⋅ 7 Maart, 2012⋅ 1 Kommentaar

Filed Under Afrikaanse nuus, Boer, Brits, Dawid Swart, dr Dawid
Swart, hofsaak, Junie 2009, Kleinfontein, Klipkop, Nuus, plaas,
Plaasmoord, teiken, vandaliseer, wraakveldtog


Lesers sal nog die berigte in die media rondom die gebeure in die saak
teen dr Dawid Swart onthou. Die hele wraakveldtog teen hom het in
Junie 2009 begin.

Dr Dawid Swart, destyds ‘n lektor in kriminologie aan die Universiteit
van Pretoria, woon met sy gesin op sy plaas Klipkop in die
Kleinfontein-omgewing, noord van Brits. Dr Swart was toe besig met
navorsing oor plaasmoorde vir ‘n verdere doktorstesis. Hy het tereg
gestaan op aanklagte van poging tot moord nadat vier swartes hom op sy
plaas bly lastig val het. Die hele gebeure was weer ‘n tipiese swart
rassistiese toneel: ‘n Blanke boer word geteiken, geterroriseer en sy
eiendom tot vervelens toe gevandaliseer, maar hy mag homself nie
verdedig nie.

Ek het destyds persoonlike onderhoude met die gesin gevoer en was
verstom om te sien hoe die liberale media elke faset in die hele
treurmare tot leuens verdraai. Dit was ‘n deursigtige en driftige
poging om van ‘n wit boer in die noordweste van Transvaal ‘n
moordenaar en monster te maak met ‘arme swart kindertjies’ as
‘slagoffers.’

Nou, na twee en ‘n half jaar, is die saak uiteindelik afgehandel en is
dr Swart onskuldig bevind want ten spyte van die talle leuens teen hom
kon daar geen bewyse gevind word dat hy skuldig is aan die aantygings
nie. Dit was nogal ‘n swart regter wat hom vrygespreek het met die
uitspraak dat die aanklagte en getuienisse so pateties en inkonsewent
was dat daar geen regtelike aansprake op kan wees nie. Hierdie uitslag
sal sekerlik nie in die liberale media berig word nie – hul
vernedering was te groot.

Maar vir dr Swart en sy gesin oor wie die hofsaak soos ‘n swaard vir
twee en ‘n half jaar gehang het, is daar ook nog die R300 000
regskoste wat hy êrens vandaan moet verhaal.

Doktor Dawid Swart het die Sondagmiddag met sy motorfiets deur die
lemoenboorde op sy plaas gery toe hy ná die hoeveelste waarskuwing met
vorige voorvalle, weer die swartes op sy grond gewaar. Dit, nadat hy
in alle leesbare tale denkbaar, rondom sy grond borde laat plaas het
met kennisgewing dat dit privaat eiendom is en nie betree mag word
nie.

Hy het twee skote met sy haelgeweer in die lug opgeskiet en die vier
swartes het laat spaander, twee skerp na links en die ander twee na
regs, en heeltemal ongedeerd weggehardloop sou enige regdenkende glo
wanneer hael die lug in geskiet word. Dr Swart beweer hy is oortuig hy
het niks ongeoorloof gedoen nie. Die vier swart moeilikheidmakers,
Tebogo Thabane, Thabo Thabane, Leonard Nkadimeng en Nchoco Ntoagae is
glo vir wonde in die Dr George Mukhari Hospitaal in Ga-Rankuwa
behandel maar selfs hierdie truuk het agterna geboemerang.

Dit was nie lank daarna nie toe die spul wat met Cosatu kop in een mus
is, op sy plaas toesak, hom in hegtenis neem, alle wapens onregmatig
konfiskeer, sy vrou binne hul huis rondstamp, hom agter op hul
voertuig gooi waarvan hulle die seil op daardie tydstip toe verwyder
het sodat hy in die yskoue wind geboei lê terwyl hulle teen 140 km per
uur van die plaas na die polisiestasie in die dorp jaag.

Die saak is vooraf so goed beplan en opgeblaas, selfs Noordwes se
premier, Maureen Modiselle, is opdrag gegee om haar skok oor die
‘rassistiese’ voorval in ‘n ellelange mediaverklaring uit te spreek,
natuurlik alles in Engels aangehaal in die plaaslike koerant.

Selfs by die motorversieningshandelaar in die dorp waar mev Swart een
middag ‘n paar dae later haar motor gelaat het vir verstelwerk, het
swartes onmiddellik nadat sy uit die motor geklim het verwys na die
voertuig van “doktor Swart wat die swartes geskiet het”, min wetende
dat sy hul taal magtig is en alles kon verstaan – so wyd is die nuus
klaarblyklik deur die ANC versprei.

Dr Swart is eers dae later op borg van R7 000 uitgelaat.

Waaroor niemand egter ‘n woord gepraat het nie, is die voorafgaande
voorvalle wat reeds so lank as drie jaar op hierdie plaas voortduur,
gevalle van gewapende roof, talle diefstalle in die winkeltjie op die
plaas, huisinbrake, hoenders wat in die hoenderhok vermoor word en net
daar gelaat word as teken van waarskuwing, bokke wat gereeld gesteel
word, aanranding op mev Swart in haar winkeltjie op die plaas, alles
gebeure wat net doodeenvoudig nie deur die polisie ondersoek is na
aanmelding nie maar net geïgnoreer is. Hulle het hulle meestal nie
verwerdig om uit te gaan vir klagteondersoeke nie, en die een maal wat
hulle wel op ‘n klagte van die Swarts gereageer het, het hulle nie
eens die moeite gedoen om vingerafdrukke te neem nie, alhoewel hulle
blitsvinnig op die plaaswinkeltjie toegeslaan het die dag toe ‘n
besope swart vrou gaan kla het dat die kleingeld wat sy gekry het, te
min is. Gelukkig het mev Swart die strokie van die aankope gehou en
moes die dronkie ná wiskundige berekening daarmee onverrigtersake die
perseel verlaat.

Dit is duidelik dat die ANC hierdie hele saak vroegtydig baie
spesifiek teen dr Swart georkestreer het. Die deurlopende
teenwoordigheid van Cosatu tydens hofverskynings was ‘n
deursigtigheid. Daarbenewens wou die blanke boere in die omgewing dr
Swart ondersteun tydens sy hofverskynings deur middel van ‘n optog,
maar hulle is deur die prokureur wat die saak hanteer gewaarsku dat
dit tot ‘n enorme fiasko gaan lei, dit, terwyl Cosatu die stof witwarm
gedans het in die omgewing. Blankes het dus nie dieselfde regte as
swartes nie.

Destyds het die universiteitsowerheid doktor Swart ingeroep met die
waarskuwing indien hy skuldig bevind sou word aan die aanklagtes, hy
sy pos by die universiteit kwyt sal wees en is daar aan hom summier
verlof toegestaan. Watter groter bewys het mens nodig om te weet onder
watter kommunistiese hiel die Universiteit van Pretoria staan, dat ‘n
lektor wat slegs sy eiendom probeer beskerm het, nog voordat daar
uitsluitsel oor sy saak is, reeds gewaarsku word dat hy sy pos kwyt
sal wees. As dit nie vooraf gereël is nie, is daar seker ook geen
misdaad in ons land nie, ons verbeel ons seker maar net.

Intussen is die Swart-gesin onbeskermd gelaat op hul plaas, sonder
wapens, en het hulle gebruik moes maak van ‘n sekuriteitsmaatskappy
wat ‘n wag met ‘n selfoon vir die nag daar kom aflaai, dit teen
R250-00 per nag.

Een nag kon doktor Swart en sy vrou nie slaap nie en het die ligte
heeltyd laat brand. In die vroeë oggendure het hulle besef daar is ‘n
aantal swartes op die werf wat by die stoor bedrywig was. Die swart
sekuriteitswag van Rens Sekuriteitsmaatskappy se enigste verweer op
die vraag waarom hy hulle nie reeds vroeër die nag in kennis gestel
het nie want hulle was dan wakker, was dat sy selfoonbattery pap was.
Dus kon hy ook nie hulp ontbied van sy werkgewers in geval van nood
nie, baie gerieflik.

Sou enige regdenkende hierdie toestand as toevallig beskryf? Daar kan
nie eers geglo word dat dit nalatigheid was nie, Rens Sekuriteit is in
die omgewing bekend vir wakker optrede. Chris van Rensburg, eienaar en
wakker bestuurder van hierdie maatskappy, was vroeër jare een van die
skerpste polisiemanne. Daar kan nie anders as om te redeneer dat
Cosatu totaal uit hul pad gaan met moeite om alle swartes om te koop
of te dreig tot samewerking met hul vernietigingsproses in die
uitwissing van die blanke bevolking in Suid-Afrika nie.

Mens kan met reg bespiegel of Cosatu hierdie vryspraak van dr Swart
gaan ignoreer of gaan die hele terrorisering weer van vooraf begin? ‘n
Kriminoloog wat besig is met ondersoeke na korrupsie in die
polisiemag, plaasmoorde op blanke boere en die uitwissing van ‘n volk,
se lewe is waarskynlik niks werd in die vrot Nuwe Suid-Afrika nie.

Skakel:
http://gelofteland.org/index.php?option=com_content&view =article&id=2407:boer-se-2-waarskuwing-skote-kos-hom-r30 0-000&catid=34:kriewelkop&Itemid=6

Veiligheid & wapens | 0 kommentare

gaan jy oorsee Holland toe?

Ma, 28 Mei 2012 15:34

Ons soek nou 'n persoon wat regelmatig van Suid-Afrika Holland toe
reis en wat liggewig citroen car spare-parts saam bring terug
Johannesburg toe.
U seer gewaardeerd berig wag ek slegs af, baie dankies!
Patrick van Griethuysen - p...@camerama.demon.nl

Emigrasie & buiteland | 1 kommentaar

Glorieryke Nuwe Suid-Afrika: Onskuldige boer word met 'n petrolbom aan die brand gesteek

Do, 12 April 2012 08:15

Aanvallers brand boer
2012-04-12 07:01

Marlene Jordaan

Heilbron Sy sal nooit die gesig vergeet nie toe haar man met net sy
kouse aan, en met erge brandwonde, by die huis ingehardloop het nadat
hy deur plaasaanvallers aan die brand gesteek is.

So vertel Connie Jansen van Rensburg oor die plaasaanval waarin haar
man, Christo (36), Dinsdag omstreeks 22:00 op die plaas Page's Bargain
deur sy oop bakkievenster met 'n petrolbom gegooi is.

Hy is ook met 'n ysterpyp en klip geslaan en byna met 'n mes gesteek
nadat hy weens die vlamme uit die bakkie gespring het.

"Gelukkig was daar goed in sy sak en hy het 'n dik baadjie aangehad.
Die mes het nie deurgegaan nie. Hulle het hom ook probeer terugdruk in
die brandende bakkie," sê mev. Jansen van Rensburg. "Toe gooi hulle
wéér petrol oor hom en steek hom weer aan die brand."

Haar man het in die grond gerol en van al sy klere ontslae geraak. Hy
het daarna sowat 200 m na die plaashuis gehardloop en om hulp geroep.

Jansen van Rensburg, 'n deeltydse boer, het pas van sy werk by Clover
teruggekom en het net op die grondpad na die plaashuis gedraai toe hy
aangeval is.

"My man het verskriklik hard terugbaklei en geskree. Toe ek die ligte
aansit, moes hulle geskrik en die pad gevat het. Een het 'n klapmus
aangehad. My man sê hy sal nooit die ander een se gesig vergeet nie."

Mnr. Jansen van Rensburg is na sy huisdokter op Heilbron geneem wat sy
brandwonde behandel het, waarna hy na die Mediclinic Vereeniging
gebring is.

Selka-Ann Badenhorst, hospitaalwoordvoerder, sê hoewel hy baie pyn
verduur, gaan dit onder omstandighede goed met Jansen van Rensburg.

Hy het tweede- en derdegraadse brandwonde opgedoen.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Aanvallers-bran d-boer-20120412

Nuus | 0 kommentare

Three killed in farm attack

Sa, 07 April 2012 09:34

Griekwastad - 'n Trippelmoord op 'n plaas buite Griekwastad het
sentraal Suid-Afrika gisteraand laat geruk. Volgens die polisie is
Deon Steenkamp, sy vrou Christelle en hul 14-jarige dogter Marthella
in hul plaashuis op Naauwhoek, op die Niekerkshooppad doodgeskiet. Dit
is nie bekend hoeveel skote afgevuur is nie. Hul 16-jarige seun, Don,
was ten tye van die voorval buite op die plaas en het op die liggame
in die huis afgekom. Hy is in die sorg van 'n voog geplaas. Noord-Kaap
polisiewoordvoerder, Blackie Swart sê die ondersoek gaan vandag voort.
Op dié stadium is daar geen soektog na verdagtes nie. Marthella was 'n
leerling aan Oranje Hoër Meisieskool. Don is in Graad 10 aan Grey
Kollege.

https://www.facebook.com/permalink.php?story_fbid=4255611074 70440&id=116298045063416

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Glorious New South Africa - 78 year-old woman tortured with iron and beaten to death

Vr, 24 Februarie 2012 06:54

Just another incident which will probably not be reported in the
liberal English media, nor internationally.

Glorious New South Africa - 78 year-old woman tortured with iron and
beaten to death

Frail and kind elderly woman beaten to death.

Johanna Moore's body was found Thursday 23 February 2012 with severe
burn wounds to her face and on both arms.

It seems her skull was also crushed with the same iron.

The motive for the attack was supposedly theft (!)

===

Bejaarde vrou wreed vermoor
2012-02-24 08:08

Buks Viljoen
Nelspruit – ’n Bejaarde vrou is in die nag met ’n warm strykyster
gemartel voordat sy in die vakansiedorpie Dullstroom doodgeslaan is.

Johanna (Jo) Moore (78) se lyk is Donderdagoggend in haar huis
aangetref met erge brandwonde aan die gesig en albei arms.

Volgens forensiese kenners lyk dit of haar aanvallers haar kop met
dieselfde strykyster vergruis het.

Die motief vir die moord blyk roof te wees aangesien geld blykbaar uit
die huis weg is.

Moore, ’n Suid-Afrikaanse burger van Noorse afkoms, het die afgelope
22 jaar in Dullstroom gewoon en jare lank ’n kwekery in die dorp se
hoofstraat bedryf.

Die laaste paar maande het sy tuis as bloemis gewerk.

Nadat die nuus oor Moore se moord bekend geword het, het talle
inwoners van Dullstroom by haar huisie, Jan van Riebeeckstraat 303,
saamgedrom.

Sy is Woensdagmiddag laas lewend gesien toe André Mlwazu, haar
tuinwerker, daar weg is.

Hy werk al 21 jaar by haar.

Toe hy Donderdagoggend omstreeks 08:00 by die huis aankom, het hy
onraad vermoed omdat die tuinhek oopgestaan het.

Hy het om die huis gestap en gesien ’n deur is ook oop. In die kombuis
het hy bloed op die vloer gesien, asook ’n bos sleutels naby die
spensdeur.

Hy het hulp by ’n buurman, Ockie Burger, gaan soek.

Moore se lyk is in die spens aangetref. Sy het op haar maag in ’n plas
bloed gelê.

Die strykyster waarmee sy gemartel is, is langs haar gekry.

Die hele huis was omgekrap. Haar leë handsak, waarin daar vermoedelik
geld was, is ook gekry.

Haar motor het onaangeraak in die motorhuis gestaan.

Moore se enigste familielede woon in Noorweë en Nederland. Hulle is
Donderdag van die moord verwittig.

Sy het jare lank by ’n prokureursfirma in Dullstroom gewerk voordat sy
die kwekery ná haar aftrede gekoop het.

“Sy was ’n ystervrou – klein, fyn en tenger, maar absoluut with it!”
het Anita Minnaar, ’n vriendin, oor haar gesê.

“Sy was die dierbaarste mens denkbaar en ons het mekaar goed leer ken
omdat sy my onderneming se boekhouding gedoen het.”

Welma Strydom, Moore se boesemvriendin, het gister geskok by die huis
rondgedwaal. Hulle ken mekaar al sedert Moore in Dullstroom aangekom
het, het sy gesê.

Verne Lello, DA-raadslid van die dorp, het gesê die gemeenskap is met
afgryse vervul.

“Sy was weerloos en het geen mens nog ooit skade aangedoen nie.”

Die polisie het mense met inligting oor die moord gevra om sers.
Johannes Maseko by 082 318 9600 of 013 254 0141 of ao. Daniel Nkosi by
082 798 0659 te kontak.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-vrou-w reed-vermoor-20120224

Nuus | 1 kommentaar

Bejaarde paartjie (81 en 75) is vasgebind en beroof

Do, 02 Februarie 2012 11:17

Bejaarde egpaar op plaas in Vredendal aangeval

Deur Nico Strydom op 2 Februarie 2012

ʼn Bejaarde gepaar is vroeg Donderdagoggend op hulle plaas in Vredendal
in die Wes-Kaap deur vier gewapende mans met maskers oorval.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, sê die paartjie,
onderskeidelik 81 en 75 jaar oud, is wakker gemaak deur die vier mans
in hulle slaapkamer. Die mans wat messe gewapen was het glo gebroke
Afrikaans met die egpaar gepraat. Van Wyk sê die rowers het die huis
geplunder en geld geëis van die egpaar. Hy sê die rowers het die
egpaar se hande agter hulle rûe vasgemaak en hulle in die kamer
toegesluit. Van Wyk kon nie in die stadium bevestig of die paartjie
aangerand of beseer is tydens die voorval nie. Die rowers het met geld
en juweliersware op die vlug geslaan. Dit is later vasgestel dat die
rowers deur ʼn agterdeur toegang tot die huis verkry het. Die polisie
ondersoek die saak.

Die polisie vra dat enigiemand met inligting die Vredendal-
polisiestasie kontak by (027) 201 3258 of kapt. Carin Loock by 082 469
3132.

http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/bejaarde-egpaar-op-plaas -in-vredendal-aangeval/

Nuus | 0 kommentare

Ongoing Farm Attacks - Farm Attacks not a priority, 6 farmers killed in Jan. 2012

Wo, 01 Februarie 2012 11:15

Johannesburg – Ses boere is tydens Januarie 2012 in verskillende dele
van die land vermoor, het die landbou-organisasie TLU SA Dinsdag gesê.

“Plaasmoorde in Suid-Afrika lyk of dit besig is om toe te neem hierdie
jaar in vergelyking met verlede jaar, toe slegs een boer tydens
dieselfde tydperk vermoor is,” het die algemene bestuurder, Bennie van
Zyl, in ‘n verklaring gesê.

“Dit is onaanvaarbaar... Ons het die regering jare lank probeer
oortuig om op te tree, maar niks is gedoen nie.”

Die vakbond het die afgelope week ‘n veldtog geloods om die regering
te oortuig om bewustheid oor plaasmoorde in die land te kweek. Van Zyl
het bygevoeg dat die veldtog na Europese lande versprei is.

Hy het die regering daarvan beskuldig dat hy ‘n dowe oor draai op die
vakbond se versoek om plaasmoorde te beveg.

Van Zyl het gesê TLU SA het nie meer enige manier waarop hulle boere
kan beskerm nie. Hy het boere as die land se kosprodusente beskryf.

“Die enigste reaksie wat ons van die regering ontvang het toe ons die
kwessie van plaasmoorde opgebring het, was dat plaasmoorde nie meer ‘n
prioriteit was nie, maar ‘n kommer.

“Daar is slegs 35 000 kommersiële boere oor in hierdie land, maar die
bydraes wat hulle tot die ekonomie maak is geweldig groot.”

Volgens Van Zyl het die vakbond se woordvoerder, Henk van de Graaf,
die afgelope week na ‘n paar Europese lande gevlieg om die volle
omvang van plaasaanvalle aan politieke partye, kulturele organisasies,
regerings en ander voor te lê.

Hy het gesê dat as die Suid-Afrikaanse regering nie reageer op sy
beroep om teen plaasaanvalle op te tree nie, sal die organisasie
Europese regerings oortuig om betrokke te raak.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Plaasmoorde-nie -meer-n-prioriteit-20120131

Nuus | 1 kommentaar

Bladsye (1842): [ «    57  58  59  60  61  62  63  64  65  66  67  68  69  70  71  72    »]
Tyd nou: So Mei 19 19:04:55 MGT 2024