Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bedenklik
bedenklik [boodskap #144688] Do, 22 Februarie 2024 18:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19348
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bedenklik
Afbreking: be•denk•lik


Byvoeglike naamwoord: bedenklik
Vergrotende trap: bedenkliker
Oortreffende trap: bedenklikste
Attributief: bedenklike
Partitief: bedenkliks

Betekenis:
• Waaraan 'n mens twyfel.
• Wat in 'n baie slegte toestand is.

Gebruik:
• Die koerant se verslaggewing is ook maar bedenklik.
• Die man is in 'n bedenklike toestand nadat hy met 'n mes gesteek is.

Sinoniem:
• bedrieglik
• onseker
• twyfelagtig
• ellendig
• ernstig
• gevaarlik
• haglik
• krities
• onrusbarend
• prekêr

Afgelei:
• bedenklikheid

Vertaling:
Engels: critical, serious; suspicious, questionable
Nederlands: kritisch; verdacht, twijfelachtig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beroepskeuse
Volgende onderwerp: inmaak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 19 01:22:18 MGT 2024