Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Plaasmoordondersoeker geteiken
Plaasmoordondersoeker geteiken [boodskap #120120] So, 17 Junie 2012 15:38
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Plaasmoordondersoeker geteiken

Posted by Louis Marais ⋅ 7 Maart, 2012⋅ 1 Kommentaar

Filed Under Afrikaanse nuus, Boer, Brits, Dawid Swart, dr Dawid
Swart, hofsaak, Junie 2009, Kleinfontein, Klipkop, Nuus, plaas,
Plaasmoord, teiken, vandaliseer, wraakveldtog


Lesers sal nog die berigte in die media rondom die gebeure in die saak
teen dr Dawid Swart onthou. Die hele wraakveldtog teen hom het in
Junie 2009 begin.

Dr Dawid Swart, destyds ‘n lektor in kriminologie aan die Universiteit
van Pretoria, woon met sy gesin op sy plaas Klipkop in die
Kleinfontein-omgewing, noord van Brits. Dr Swart was toe besig met
navorsing oor plaasmoorde vir ‘n verdere doktorstesis. Hy het tereg
gestaan op aanklagte van poging tot moord nadat vier swartes hom op sy
plaas bly lastig val het. Die hele gebeure was weer ‘n tipiese swart
rassistiese toneel: ‘n Blanke boer word geteiken, geterroriseer en sy
eiendom tot vervelens toe gevandaliseer, maar hy mag homself nie
verdedig nie.

Ek het destyds persoonlike onderhoude met die gesin gevoer en was
verstom om te sien hoe die liberale media elke faset in die hele
treurmare tot leuens verdraai. Dit was ‘n deursigtige en driftige
poging om van ‘n wit boer in die noordweste van Transvaal ‘n
moordenaar en monster te maak met ‘arme swart kindertjies’ as
‘slagoffers.’

Nou, na twee en ‘n half jaar, is die saak uiteindelik afgehandel en is
dr Swart onskuldig bevind want ten spyte van die talle leuens teen hom
kon daar geen bewyse gevind word dat hy skuldig is aan die aantygings
nie. Dit was nogal ‘n swart regter wat hom vrygespreek het met die
uitspraak dat die aanklagte en getuienisse so pateties en inkonsewent
was dat daar geen regtelike aansprake op kan wees nie. Hierdie uitslag
sal sekerlik nie in die liberale media berig word nie – hul
vernedering was te groot.

Maar vir dr Swart en sy gesin oor wie die hofsaak soos ‘n swaard vir
twee en ‘n half jaar gehang het, is daar ook nog die R300 000
regskoste wat hy êrens vandaan moet verhaal.

Doktor Dawid Swart het die Sondagmiddag met sy motorfiets deur die
lemoenboorde op sy plaas gery toe hy ná die hoeveelste waarskuwing met
vorige voorvalle, weer die swartes op sy grond gewaar. Dit, nadat hy
in alle leesbare tale denkbaar, rondom sy grond borde laat plaas het
met kennisgewing dat dit privaat eiendom is en nie betree mag word
nie.

Hy het twee skote met sy haelgeweer in die lug opgeskiet en die vier
swartes het laat spaander, twee skerp na links en die ander twee na
regs, en heeltemal ongedeerd weggehardloop sou enige regdenkende glo
wanneer hael die lug in geskiet word. Dr Swart beweer hy is oortuig hy
het niks ongeoorloof gedoen nie. Die vier swart moeilikheidmakers,
Tebogo Thabane, Thabo Thabane, Leonard Nkadimeng en Nchoco Ntoagae is
glo vir wonde in die Dr George Mukhari Hospitaal in Ga-Rankuwa
behandel maar selfs hierdie truuk het agterna geboemerang.

Dit was nie lank daarna nie toe die spul wat met Cosatu kop in een mus
is, op sy plaas toesak, hom in hegtenis neem, alle wapens onregmatig
konfiskeer, sy vrou binne hul huis rondstamp, hom agter op hul
voertuig gooi waarvan hulle die seil op daardie tydstip toe verwyder
het sodat hy in die yskoue wind geboei lê terwyl hulle teen 140 km per
uur van die plaas na die polisiestasie in die dorp jaag.

Die saak is vooraf so goed beplan en opgeblaas, selfs Noordwes se
premier, Maureen Modiselle, is opdrag gegee om haar skok oor die
‘rassistiese’ voorval in ‘n ellelange mediaverklaring uit te spreek,
natuurlik alles in Engels aangehaal in die plaaslike koerant.

Selfs by die motorversieningshandelaar in die dorp waar mev Swart een
middag ‘n paar dae later haar motor gelaat het vir verstelwerk, het
swartes onmiddellik nadat sy uit die motor geklim het verwys na die
voertuig van “doktor Swart wat die swartes geskiet het”, min wetende
dat sy hul taal magtig is en alles kon verstaan – so wyd is die nuus
klaarblyklik deur die ANC versprei.

Dr Swart is eers dae later op borg van R7 000 uitgelaat.

Waaroor niemand egter ‘n woord gepraat het nie, is die voorafgaande
voorvalle wat reeds so lank as drie jaar op hierdie plaas voortduur,
gevalle van gewapende roof, talle diefstalle in die winkeltjie op die
plaas, huisinbrake, hoenders wat in die hoenderhok vermoor word en net
daar gelaat word as teken van waarskuwing, bokke wat gereeld gesteel
word, aanranding op mev Swart in haar winkeltjie op die plaas, alles
gebeure wat net doodeenvoudig nie deur die polisie ondersoek is na
aanmelding nie maar net geïgnoreer is. Hulle het hulle meestal nie
verwerdig om uit te gaan vir klagteondersoeke nie, en die een maal wat
hulle wel op ‘n klagte van die Swarts gereageer het, het hulle nie
eens die moeite gedoen om vingerafdrukke te neem nie, alhoewel hulle
blitsvinnig op die plaaswinkeltjie toegeslaan het die dag toe ‘n
besope swart vrou gaan kla het dat die kleingeld wat sy gekry het, te
min is. Gelukkig het mev Swart die strokie van die aankope gehou en
moes die dronkie ná wiskundige berekening daarmee onverrigtersake die
perseel verlaat.

Dit is duidelik dat die ANC hierdie hele saak vroegtydig baie
spesifiek teen dr Swart georkestreer het. Die deurlopende
teenwoordigheid van Cosatu tydens hofverskynings was ‘n
deursigtigheid. Daarbenewens wou die blanke boere in die omgewing dr
Swart ondersteun tydens sy hofverskynings deur middel van ‘n optog,
maar hulle is deur die prokureur wat die saak hanteer gewaarsku dat
dit tot ‘n enorme fiasko gaan lei, dit, terwyl Cosatu die stof witwarm
gedans het in die omgewing. Blankes het dus nie dieselfde regte as
swartes nie.

Destyds het die universiteitsowerheid doktor Swart ingeroep met die
waarskuwing indien hy skuldig bevind sou word aan die aanklagtes, hy
sy pos by die universiteit kwyt sal wees en is daar aan hom summier
verlof toegestaan. Watter groter bewys het mens nodig om te weet onder
watter kommunistiese hiel die Universiteit van Pretoria staan, dat ‘n
lektor wat slegs sy eiendom probeer beskerm het, nog voordat daar
uitsluitsel oor sy saak is, reeds gewaarsku word dat hy sy pos kwyt
sal wees. As dit nie vooraf gereël is nie, is daar seker ook geen
misdaad in ons land nie, ons verbeel ons seker maar net.

Intussen is die Swart-gesin onbeskermd gelaat op hul plaas, sonder
wapens, en het hulle gebruik moes maak van ‘n sekuriteitsmaatskappy
wat ‘n wag met ‘n selfoon vir die nag daar kom aflaai, dit teen
R250-00 per nag.

Een nag kon doktor Swart en sy vrou nie slaap nie en het die ligte
heeltyd laat brand. In die vroeë oggendure het hulle besef daar is ‘n
aantal swartes op die werf wat by die stoor bedrywig was. Die swart
sekuriteitswag van Rens Sekuriteitsmaatskappy se enigste verweer op
die vraag waarom hy hulle nie reeds vroeër die nag in kennis gestel
het nie want hulle was dan wakker, was dat sy selfoonbattery pap was.
Dus kon hy ook nie hulp ontbied van sy werkgewers in geval van nood
nie, baie gerieflik.

Sou enige regdenkende hierdie toestand as toevallig beskryf? Daar kan
nie eers geglo word dat dit nalatigheid was nie, Rens Sekuriteit is in
die omgewing bekend vir wakker optrede. Chris van Rensburg, eienaar en
wakker bestuurder van hierdie maatskappy, was vroeër jare een van die
skerpste polisiemanne. Daar kan nie anders as om te redeneer dat
Cosatu totaal uit hul pad gaan met moeite om alle swartes om te koop
of te dreig tot samewerking met hul vernietigingsproses in die
uitwissing van die blanke bevolking in Suid-Afrika nie.

Mens kan met reg bespiegel of Cosatu hierdie vryspraak van dr Swart
gaan ignoreer of gaan die hele terrorisering weer van vooraf begin? ‘n
Kriminoloog wat besig is met ondersoeke na korrupsie in die
polisiemag, plaasmoorde op blanke boere en die uitwissing van ‘n volk,
se lewe is waarskynlik niks werd in die vrot Nuwe Suid-Afrika nie.

Skakel:
http://gelofteland.org/index.php?option=com_content&view =article&id=2407:boer-se-2-waarskuwing-skote-kos-hom-r30 0-000&catid=34:kriewelkop&Itemid=6
Vorige onderwerp: Amok in Vereeniging?
Volgende onderwerp: Vuurwapen eienaars voor ultimatum
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:30:49 MGT 2024