Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Glorious New South Africa - 78 year-old woman tortured with iron and beaten to death
Glorious New South Africa - 78 year-old woman tortured with iron and beaten to death [boodskap #120091] Vr, 24 Februarie 2012 06:54 na volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Just another incident which will probably not be reported in the
liberal English media, nor internationally.

Glorious New South Africa - 78 year-old woman tortured with iron and
beaten to death

Frail and kind elderly woman beaten to death.

Johanna Moore's body was found Thursday 23 February 2012 with severe
burn wounds to her face and on both arms.

It seems her skull was also crushed with the same iron.

The motive for the attack was supposedly theft (!)

===

Bejaarde vrou wreed vermoor
2012-02-24 08:08

Buks Viljoen
Nelspruit – ’n Bejaarde vrou is in die nag met ’n warm strykyster
gemartel voordat sy in die vakansiedorpie Dullstroom doodgeslaan is.

Johanna (Jo) Moore (78) se lyk is Donderdagoggend in haar huis
aangetref met erge brandwonde aan die gesig en albei arms.

Volgens forensiese kenners lyk dit of haar aanvallers haar kop met
dieselfde strykyster vergruis het.

Die motief vir die moord blyk roof te wees aangesien geld blykbaar uit
die huis weg is.

Moore, ’n Suid-Afrikaanse burger van Noorse afkoms, het die afgelope
22 jaar in Dullstroom gewoon en jare lank ’n kwekery in die dorp se
hoofstraat bedryf.

Die laaste paar maande het sy tuis as bloemis gewerk.

Nadat die nuus oor Moore se moord bekend geword het, het talle
inwoners van Dullstroom by haar huisie, Jan van Riebeeckstraat 303,
saamgedrom.

Sy is Woensdagmiddag laas lewend gesien toe André Mlwazu, haar
tuinwerker, daar weg is.

Hy werk al 21 jaar by haar.

Toe hy Donderdagoggend omstreeks 08:00 by die huis aankom, het hy
onraad vermoed omdat die tuinhek oopgestaan het.

Hy het om die huis gestap en gesien ’n deur is ook oop. In die kombuis
het hy bloed op die vloer gesien, asook ’n bos sleutels naby die
spensdeur.

Hy het hulp by ’n buurman, Ockie Burger, gaan soek.

Moore se lyk is in die spens aangetref. Sy het op haar maag in ’n plas
bloed gelê.

Die strykyster waarmee sy gemartel is, is langs haar gekry.

Die hele huis was omgekrap. Haar leë handsak, waarin daar vermoedelik
geld was, is ook gekry.

Haar motor het onaangeraak in die motorhuis gestaan.

Moore se enigste familielede woon in Noorweë en Nederland. Hulle is
Donderdag van die moord verwittig.

Sy het jare lank by ’n prokureursfirma in Dullstroom gewerk voordat sy
die kwekery ná haar aftrede gekoop het.

“Sy was ’n ystervrou – klein, fyn en tenger, maar absoluut with it!”
het Anita Minnaar, ’n vriendin, oor haar gesê.

“Sy was die dierbaarste mens denkbaar en ons het mekaar goed leer ken
omdat sy my onderneming se boekhouding gedoen het.”

Welma Strydom, Moore se boesemvriendin, het gister geskok by die huis
rondgedwaal. Hulle ken mekaar al sedert Moore in Dullstroom aangekom
het, het sy gesê.

Verne Lello, DA-raadslid van die dorp, het gesê die gemeenskap is met
afgryse vervul.

“Sy was weerloos en het geen mens nog ooit skade aangedoen nie.”

Die polisie het mense met inligting oor die moord gevra om sers.
Johannes Maseko by 082 318 9600 of 013 254 0141 of ao. Daniel Nkosi by
082 798 0659 te kontak.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-vrou-w reed-vermoor-20120224
Re: Glorious New South Africa - 78 year-old woman tortured with iron and beaten to death [boodskap #120092 is 'n antwoord op boodskap #120091] Di, 28 Februarie 2012 09:47 Na vorige boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Buks Viljoen
Belfast. Die twee vermeende moordenaars van me. Johanna (Jo) Moore
(78) het gister onder die dreunsang van 'n klein groepie betogende
vroue in die landdroshof verskyn.

Mnre. Vusi Letsoalo (34) en Raymond Mahlangu (33) het net vlugtig
verskyn.

Moore is verlede week in haar huis op Dullstroom vermoor.

Sy is oorval en met 'n warm strykyster gemartel, waarna sy blykbaar
met die yster doodgeslaan is.

Sy het erge brandwonde aan haar arms en gesig gehad.

Haar lyk is in 'n plas bloed in die spens gekry.

Die strykyster het langs haar lyk gelê.

Die aanvallers het ook nagenoeg R14 000 van Moore geroof.

Flink speurwerk deur die polisie het daartoe gelei dat Letsoalo en
Mahlangu skaars 24 uur ná die moord aangekeer is.

Letsoalo is in 'n kroeg in die dorp in hegtenis geneem waar hy drank
vir van die gaste gekoop het.

Die polisie het R6 000 by hom gekry.

Hulle het Mahlangu 'n uur later by sy huis in Sakhelwe aangekeer.

By hom het hulle R6 000, asook Moore se digitale kamera gekry.

Die hofverrigtinge is tot Vrydag uitgestel sodat die twee
regsverteenwoordiging kan bekom.

Hulle sal na verwagting Vrydag om borgtog aansoek doen.

Mnr. Raymond Mahlangu (33) gister by die hof in Belfast waar hy
verskyn het in verband met die moord van die Dulstroomse bejaarde,
mev. Johanna Moore (78).

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Strykyster-dood-2-in-h of-20120228
Vorige onderwerp: Bejaarde paartjie (81 en 75) is vasgebind en beroof
Volgende onderwerp: Glorieryke Nuwe Suid-Afrika: Onskuldige boer word met 'n petrolbom aan die brand gesteek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:25:45 MGT 2024