Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die kortkom van ons versigtigheid

deur C.J. Langenhoven; Ma, 18 Junie 2018 05:48

DIE KORTKOM VAN ONS VERSIGTIGHEID

Die mooi weer sal jou nie beskadig omdat jy jou jas en sambreel verniet saamgeneem het nie.

Daar is mense wat so uiters versigtig is dat hulle nie hulle versigtigheid verniet wil vermors nie. As die weer bewolk is wanneer hulle van die huis af gaan dan doen hulle meer moeite om op te kyk hemel-toe en die opinie van die bure te verneem en die almanak te raadpleeg omtrent die toestand van die maansveranderinge, as wat dit hulle sou gekos het om maar die klein jong die sambreel op die kar te laat sit. Ek het nie diewe in my huis nie. Ek hoef eintlik maar net my brandkas - pure papiere leser: moenie jou strooi-skuldenaar stuur om 'n ander krediteur in jou plek te kry nie - ek sê ek hoef maar net my safe toe te sluit as ek weggaan van die huis af. Maar nou sluit ek hom al dae. Dis min moeite; die sleutel raak nie opsy nie; en daar is nie gevaar dat ek juis by die nodige geleentheid die toesluit sal vergeet nie.

Ons neem almal maatreëls vir ons gesondheid as ons eers die knak weg het. Dan loop ons met pluisies in die ore rond en rooi flennel onderbroeke: maar die sinkings en reumatiek kom van die jeugdige bloeidae toe ons met die nooi op die nat kweek gesit het. Ons eet nou pappies en ons drink soppies: maar die swak maag kom van die oordaad van ons gesonde lentetyd. Só sukkel ons ons ou lewe deur; ons vergeet dat gehoorsaamheid beter is as offerande; ons oortrek ons rekening op die liberale en weelderig-weldadige bank van die Natuur; en wanneer die onvermydelike bankrotskap volg, loop ons met 'n nukkerig-donkere bakkies rond om die Voorsienigheid te beskuldig van onregverdigheid.

Soos ons met ons liggaam maak, netso ook maak ons met ons siel. In ons onskuldige Paradys-dae wanneer ons karakter nog nie besmet is omdat hy nog nie met die ghries-teer in aanraking gekom het nie, voel ons so sterk en self-vertrouend dat die versoeking geen skrik vir ons het nie omdat ons voel dat hy ons wil nie kan baasraak nie. Die een klein stappie kan ons maar neem want ons weet ons kan weer omdraai. En dan naderhand moet die halfverdronke karakter sukkel om te swem omdat die frisse gesonde in die water in geloop het uit brawado. En wanneer ons tot onsselwe kom, moet ons verbroke liggaam en riempies-gelaste siel met verwyt wat bitterder is as die gal van die hel, terugsien op die grote kanse wat hy vermors het en die kleine wat nog oorbly deeskant die graf.

-- C.J. Langenhoven

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Die onsinnigheid van ons bluf

deur C.J. Langenhoven; So, 17 Junie 2018 10:11

DIE ONSINNIGHEID VAN ONS BLUF

Daar is honde wat maar net hoef te knor. Dit is dié wat reeds tevore gewys het dat hulle kan byt.

Vir die honde wat blaf hoef jy net te koets en na die grond te gryp al lê daar ook nie 'n klip rond so groot as 'n korreltjie sand nie: hulle vlie om, stert tussen die bene. Hulle wou jou met 'n ledige dreigement verskrik, en hulle word self bang vir jou dreigement wat nog lediger is. Shakespear sê jy moet oppas vir twis, maar as jy daarin is moet jy jou so gedra dat jou teëparty in die toekoms vir jou sal oppas; en die een woord van hom beteken meer as my hele bladsy. Jy moet nooit jammer wees vir die man wat jy mee baklei nie: as jy so goedhartig is gee dan liewer in aan sy onreg, en staan stil dat hy takel as jou mooipraat nie wil help nie: maar solank as jy terug-slaan, slaan seer. Bakleiery is van self so 'n slegte ding dat jy dit nie boonop nog sleg moet doen ook nie. Daar is 'n tyd om skiklik en redelik te wees: maar dit is vóór die geveg; en daar is 'n tyd om grootmoedig of vergéwensgesind te wees (na gelang van die uitslag) maar die tyd is ná die geveg. Daar is nie 'n ding in die wêreld wat dit meer die moeite werd is om goed te doen nie as baklei. Verloor só dat jy jou nie hoef te skaam nie, of win só dat jy nie more weer dieselfde moeite het nie. Die man wat die bekwaamste spook het die minste nodig om sy bekwaamheid aan die dag te lê.

Daar is 'n vorm van dobbelary met kaarte (ek weet nie hoe die speletjie gedryf word nie en selfs nie die naam nie. Ek dobbel nie, en ek gun my die roem om daaroor te spog omdat daar voldoende ander swart merke op my rekening is) - maar daar is 'n vorm van kaartspel waarby die kuns bestaan in wedersydse "bluf." Die soort "bluf" het ek ook opgemerk by die skikking van waterprosesse, en by die bie op grond-vendusies. Maar dit lyk altyd vir my 'n onnosele soort taktiek wat ewe goed op jou kan terugslaan as op jou vyand. Maak jou gereed om jou ultimatum op te volg en stuur hom dan. Anders moet jy straks mooipraat om jou handskoen weer terug te kry, en by 'n volgende geleentheid sal selfs jou mindere nie van hom notisie neem nie.

Daar is ouers wat hulle kinders heeldag waarsku en nooit straf nie. Hulle sou beter handel om die kinders liewer uitdrukkelik permissie te gee om kwaad te doen. Dan sou hulle ook maar die kwaad doen wat die ledige verbod hulle nou nie keer om te doen nie, maar hulle sou nie hulle respek verloor vir die ouers en vir die heiligheid van 'n gegewe woord nie.

-- C.J. Langenhoven

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Formatering van teks

Spesiale effekte met BBkode; Sa, 16 Junie 2018 08:24

Die meeste forums op die Internet gebruik BBkode (BBcode in Engels) om teks te formatteer. BBkode is spesiale instruksies wat in blokhakies in teks aangebring word om teks in vetdruk, skuinsdruk, ensovoorts aan te dui. BBkode is maklik om te gebruik en is ook veiliger as HTML-kode. Om teks byvoorbeeld in vetdruk (bold) aan te dui, sal mens die [b]-etiket gebruik, wat dan met 'n [/b]-etiket afgesluit word. Die teks tussen die twee etikette sal dan vet gedruk word.

Om die forum effektief te kan gebruik, is dit nodig om so 'n paar van die basiese etikette te bemeester.
Hier volg 'n paar maklike bbkode-etikette om u op dreef te kry:

Vetdruk
Tik: [b]vet teks[/b]
Vertoon: vet teks

Skuinsdruk
Tik: [i]kursiewe teks[/i]
Vertoon as: kursiewe teks

Onderstreep
Tik: [u]onderstreepte teks[/u]
Vertoon as: onderstreepte teks

Onderskrif
Tik: [sub]onderskrif[/sub]
Vertoon as: onderskrif

Boskrif
Tik: [sup]boskrif[/sup]
Vertoon as: boskrif

Gekleurde teks
Tik: [color=green]groen teks[/color]
Vertoon as: groen teks

Groter en kleiner teks
Tik: [size=4]groot teks[/size]
Vertoon as: groot teks

Etikette kan ook saam gebruik word.

Saamgestelde gebruik
Tik: [b][u][i][color=red][size=4][font=courier]Geformateerde teks[/font][/size][/color][/i][/u][/b]
Vertoon as: Geformateerde teks

Ons sal die pos met tyd uitbrei om meer BBkode-etikette te lys.

Kennisgewings | 3 kommentare

2018 FIFA Sokker-Wêreldbekerbeker

Vr, 15 Junie 2018 06:24

Die 21ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi het gister (14 Junie 2018) in Moskou afgeskop. President Vladimir Putin het die toernooi geopen waarna die openingswedstryd plaasgevind het.

Tydens hierdie wedstryd het Rusland vir Saoedi-Arabië met 5 doele teenoor 0 in die grond in gespeel. Die punte is aangeteken deur Yuri Gazinsky, Denis Cheryshev (x2), Artem Dzyuba en Aleksandr Golovin. Rusland se volgende wedstryd sal op 19 Junie teen Egipte in St Petersburg plaasvind.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan kon ongelukkig nie vir die toernooi kwalifiseer nie en neem gevolglik nie deel nie.

Die VSA, Kanada en Meksiko is die dag tevore gesamentlik as die gashere van die 2026-Wêreldbekertoernooi aangewys.

Zazdarovje!

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Ashwin Willemse storm uit SuperSport-ateljee

Do, 14 Junie 2018 05:27

Ashwin Willemse het op 19 Mei 2018 tydens ʼn DStv-uitsending 'n ordentlike vloermoer gegooi en uit die ateljee gestorm. Shocked

Sy woorde was:

"Jy weet wat, ek speel al lank hierdie sportsoort, nes almal van ons hier. Ek, as speler, is vir 'n lang tydperk as kwotaspeler bestempel. Ek het hard gewerk om my eie respek in dié spel te verdien, ek gaan nie verkleineer word deur twee enkelinge wat in apartheid, ʼn gesegregeerde era, gespeel het en my wil kom ondermyn nie. Ek dink ek het nou genoeg gehad, ek kan nie met mense werk wat ander ondermyn nie. Julle kan maar daar sit en lag."

Nick Mallett het geantwoord: "Ek lag nie daaroor nie".

Hy sê toe verder: "Julle weet presies wat gebeur het, dis reg so, ek gee nie om om verspot te wees nie. Ek is bly dit gebeur op televisie sodat mense kan sien, julle twee sit hier - nee dis reg".

Sy toesprakie is duidelik nie daar en dan opgemaak nie, en moes al 'n geruime tyd in hom geborrel het. Blykbaar was 'n tegniese fout en 'n oënskynlik onskuldige opmerking van Naas Botha net die laaste strooi. Almal wag nou in spanning vir SuperSport se verslag, maar hulle het reeds aangedui dit nie rassisties was nie (ons glo hulle natuurlik). Die feit dat Ashwin so effens onvoorbereid voorgekom het, help ook nie eintlik sy saak nie.

Was die ras-kaart die maklike uitweg, of is daar dinge agter die skerms gesê wat eerder kon gebly het?
Sal DStv die probleem op sy naam kan noem, of is dit in hul belang om dit as 'n geleentheid vir "versoening" te verdoesel?
Kyk gerus en besluit self:


Sport & ontspanning | 2 kommentare

'n Blik op die Afrikaanse web

Kyk stip; Wo, 13 Junie 2018 06:00

Vir die wat nog nie van Blik op die interweb gehoor het nie, gaan maak gerus 'n draai by http://blik.co.za/.

Blik poog om die nuutste Afrikaanse inhoud op die web aan besoekers te toon. Hulle maak 'n aktiewe indeks van die Afrikaanse ope web (d.w.s., omtrent alles behalwe Facebook en MySpace). Niemand kan dus raai wat volgende op hulle voorblad gaan verskyn nie en die inhoud is altyd nuut en vars.

"By blik.co.za kan jy nuwe blogs en webbladsye ontdek, en sien hoe die Afrikaanse web gebou word. Hier is tans 5149 blogs en webbladsye gelys, en meer word voortdurend bygevoeg. Ouer bydraes skuif ondertoe en verdwyn redelik gou van die voorblad af."

Terloops, as jy iets hier op die forum pos, sal dit na ongeveer 15 min op Blik verskyn. Hulle lees die forum se RSS-voer periodies en wys enige nuwe poste op hul voorblad.

Wat 'n fantastiese diens aan die Afrikaanse gemeenskap!
Ondersteun hulle en maak seker dat u blogs en webwerwe daar gelys is.

Kennisgewings | 7 kommentare

Senior oomblikkie

Di, 12 Junie 2018 06:24

'n Vrou (kom ons los maar die naam) vertel van 'n senior-moment:

'n Paar dae gelede het ek na afloop van 'n vergadering in 'n hotel desperaat na my kar se sleutels gesoek. Hulle was nie in my handsak nie. 'n Vinnige soektog in die lokaal het ook niks opgelewer nie. Skielik het ek besef dat ek hulle in die kar gelos het. My man was al by tye baie kwaad omdat ek die sleutels in die aansitter los. My teorie is die beste plek om sleutels nie te verloor nie, is om hulle in die aansitter te los. My man se teorie is dat die kar gesteel kan word. Waansinnig het ek na die parkeerplek gestorm. Toe ek deur die deur van die parkeergarage bars, ek het tot 'n skrikwekkende gevolgtrekking gekom. Sy teorie reg was. Die parkeerplek was leeg!

Ek het dadelik die polisie gebel. Ek het hulle van my ramp vertel en bely dat ek die sleutels in die kar gelos het, en dat dit gesteel is. Toe het ek die moeilikste oproep van almal gemaak, "My liefie," het ek stamel, ek noem hom altyd "my liefie" in tye soos hierdie. "Ek het my sleutels in die kar gelos en dit is gesteel."

Daar was 'n paar oomblikke van stilte. Ek het gedink ek het die oproep verloor, maar toe hoor ek sy stem.
"Maak jy dalk 'n grap?", blaf hy, "ek het jou afgelaai!

Nou was dit my beurt om stil te bly. Na 'n rukkie sê ek skaam, "Wel, jy kan my nou maar kom haal."
Hy antwoord, "Ek sal, sodra ek hierdie polisieman kan oortuig dat ek nie jou kar gesteel het nie!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Almero - Monochromie

Ma, 11 Junie 2018 06:43

Almero het 'n musiekvideo vir sy liedjie Monochromie bekendgestel:

"Monochromie se musiekvideo is 'n elegante uitbeelding van wat in my gedagtes gebeur het tydens die skryf van die liedjie, saam met Ruan Graaff en Nico Welgemoed. Die intrige of storie agter die video is iets wat my baie na aan die hart lê: 'n soektog na iemand. Die kamera vertolk die rol van die persoon wat soek, en die danseres is die persoon waarna gesoek word. Hierdie storie oor 'n soektog is ook die ruggraat van die lied"

Musiek & liriek | 0 kommentare

Antie hoefie te worry nie

Sa, 09 Junie 2018 15:33

Die ou verkoop stofsuiers, maar sy besigheid maak nie baie geld nie en hy
besluit hy moet kyk of hy dit op 'n ander plek ook kan verkoop kry.

Hy pak toe sy Cressida-stasiewa vol stofsuiers en sê vir een van sy agente
hy moet kyk of hy dit op die platteland verkoop kan kry.

Die ou is toe daar weg en die eerste dorpie wat hy kry is toe Pofadder.
Hy klop aan die eerste deur en 'n ou tannie maak die deur oop. Die agent se:
"Tannie ek wil jou graag iets wys." Die Tannie nooi hom toe in en sê:
"Kom in en sit maar hier in die sitkamer terwyl ek vir ons gaan koffie
maak
" en sy stap kombuis toe.

Die agent is toe daar in die sitkamer in met die boks waar die stofsuier
in is en begin om die stofsuier uit te pak en aanmekaar te sit toe daar
ewe skielik 'n klein hondjie in gehardloop kom en op die sitkamer mat
skeit.

Die ou kry so smile op sy gesig en dink by homself vandag verkoop ek die
een definitief. Toe die tannie met die koffie kom se die agent:
"Tannie, kyk wat het daai hondjie gedoen" en hy wys na die plek toe en se
verder: Tannie maar moet jy nie worry nie, as die stofsuier dit nie
heeltemal skoon maak nie eet ek dit persoonlik".

Die Tannie sit die skinkbord met die koffie neer en vat een lepeltjie
suiker en strooi dit oor die hopie wat die hondjie gelos het.

Die agent kyk haar so verbaas aan en vra "Tannie nou hoekom gooi jy
suiker op die stront
".

Die Tannie sê "Boetman dit behoort nou 'n bietjie beter te smaak, jy kan
maar begin eet, ons het nie elektrisiteit op Pofadder nie
".

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    38  39  40  41  42  43  44  45  46  47  48  49  50  51  52  53    »]
Tyd nou: Sa Apr 27 02:18:10 MGT 2024