Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Kennisgewings » 'n Blik op die Afrikaanse web (Kyk stip)
icon14.gif  'n Blik op die Afrikaanse web [boodskap #120616] Wo, 13 Junie 2018 06:00 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Vir die wat nog nie van Blik op die interweb gehoor het nie, gaan maak gerus 'n draai by http://blik.co.za/.

Blik poog om die nuutste Afrikaanse inhoud op die web aan besoekers te toon. Hulle maak 'n aktiewe indeks van die Afrikaanse ope web (d.w.s., omtrent alles behalwe Facebook en MySpace). Niemand kan dus raai wat volgende op hulle voorblad gaan verskyn nie en die inhoud is altyd nuut en vars.

"By blik.co.za kan jy nuwe blogs en webbladsye ontdek, en sien hoe die Afrikaanse web gebou word. Hier is tans 5149 blogs en webbladsye gelys, en meer word voortdurend bygevoeg. Ouer bydraes skuif ondertoe en verdwyn redelik gou van die voorblad af."

Terloops, as jy iets hier op die forum pos, sal dit na ongeveer 15 min op Blik verskyn. Hulle lees die forum se RSS-voer periodies en wys enige nuwe poste op hul voorblad.

Wat 'n fantastiese diens aan die Afrikaanse gemeenskap!
Ondersteun hulle en maak seker dat u blogs en webwerwe daar gelys is.
Re: 'n Blik op die Afrikaanse web [boodskap #120708 is 'n antwoord op boodskap #120616] Ma, 06 Augustus 2018 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voortrekker  is tans af-lyn  Voortrekker
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 2018
Ligging: Centurion
Karma: 5
Junior Lid

Dit is te danke aan blik dat ek hier by julle uitgekom het.

Vragie, die "Afrikaans op die Net" (Blik) .gif kortpad wat onder regs geplaas is. Mag ek dit copy en as 'n skakel op kampforum se webwerf plaas sodat ons leser ook toegang tot blik het? Ek weet nou nie aan wie die "prentjie" behoort nie en wil nie iemand ander se kunswerk gebruik sonder goedkeuring nie (-:
Re: 'n Blik op die Afrikaanse web [boodskap #120710 is 'n antwoord op boodskap #120708] Ma, 06 Augustus 2018 16:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Klink vir my ek sal moet bieg...

Die "knoppie" kom oorspronklik van 'n webwerf genaamd "Afrikaans Oppie Net" af. Dit is vroeër op talle werwe gebruik om na hulle tuiste te skakel by http://members.tripod.com/~vds/afroppinet/. Daar gaan egter niks aan nie en ek het die skakel na blik.co.za verander. Jy kan die eienaar probeer kontak (soos ek terloops ook gedoen het), maar ek vermoed dat jy nie antwoord sal kry nie.
Re: 'n Blik op die Afrikaanse web [boodskap #120711 is 'n antwoord op boodskap #120710] Di, 07 Augustus 2018 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voortrekker  is tans af-lyn  Voortrekker
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 2018
Ligging: Centurion
Karma: 5
Junior Lid

Ek het hierdie enetjie gemaak en op ons webwerf geplaas. Julle is welkom om hom ook hier te gebruik.
https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/BLIK.gif
Re: 'n Blik op die Afrikaanse web [boodskap #120712 is 'n antwoord op boodskap #120711] Di, 07 Augustus 2018 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Baie dankie! Dit lyk aansienlik beter as die een wat ek aanmekaar geflans het.

/fa/26/0/
  • Aanhangsel: blik.jpg
    (Grootte: 5.37KB, 688 kere afgelaai)
Re: 'n Blik op die Afrikaanse web [boodskap #120713 is 'n antwoord op boodskap #120712] Di, 07 Augustus 2018 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voortrekker  is tans af-lyn  Voortrekker
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 2018
Ligging: Centurion
Karma: 5
Junior Lid

Ek het nogal gewonder waar die julle s'n vandaan gekom het (-:

Blik is baie oulik. Aan wie behoort dit? ek kan nie die "about" bladsy kry nie?
Re: 'n Blik op die Afrikaanse web [boodskap #120714 is 'n antwoord op boodskap #120713] Di, 07 Augustus 2018 14:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ek wil nie die inligting hier pos nie (tenminste nie sonder toestemming nie), maar sal dit vir jou per privaat boodskap stuur.
Re: 'n Blik op die Afrikaanse web [boodskap #120715 is 'n antwoord op boodskap #120714] Di, 07 Augustus 2018 17:11 Na vorige boodskap
Voortrekker  is tans af-lyn  Voortrekker
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 2018
Ligging: Centurion
Karma: 5
Junior Lid

Dankie vir jou boodskap.
Vorige onderwerp: Twitter
Volgende onderwerp: Formatering van teks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 06:21:34 MGT 2024