Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Noem en verdoem

Name and shame; Do, 30 Augustus 2018 15:06

Nou net op RSG gehoor: "noem en verdoem" is die vertaling van die Engelse "name and shame".

Die oudste vermelding hiervan is waarskynlik 'n brief in Die Burger wat 'n ene Bacchus in 2011 geskryf het: "Ek oorweeg dit ernstig om hierdie wynprodusente...voortaan op Planeet Wyn te noem en verdoem...". Talle ander het blykbaar onafhanklik van mekaar by dieselfde vertaling uitgekom.

As ek 'n definisie kan waag:

Noem en (ver)doem:
Iemand wat 'n fout of oortreding begaan se naam bekendmaak, om hom/haar sodoende (as 'n vorm van sensuur) uit te sonder en jou afkeur uit te spreek.

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Skoolgrap

Di, 28 Augustus 2018 19:07

Sannie kom by die huis na haar eerste skooldag.
Ma: "Middag Sannie, het jy baie geleer vandag?"
Sannie: "Nie te veel nie, Ma. Ek moet môre weer teruggaan."

Humor & grappe | 26 kommentare

Goeie kommunikasie is belangrik

Ma, 27 Augustus 2018 05:55

Mike en sy vrou besef hulle moet bykom in die nuwe Suid-Afrika en besluit om 'n swart babatjie aan te neem. Nie lank nie, toe laat weet die sosiale werkster dat daar 'n pasgebore babatjie beskikbaar is, en hulle hom maar kan kom haal. Hulle maak so, en op pad huis toe hou hulle met baba en al by die tegniese kollege stil, en skryf vir 'n Zoeloekursus in. "Want," sê Mike, "dis net 'n jaar dan begin die mannetjie te praat..."

Humor & grappe | 0 kommentare

Sluipmoordenaar gesoek

Sa, 25 Augustus 2018 07:00

Die Nasionale Intelligensiediens besluit om 'n sluipmoordenaar aan te stel. Ná 'n lang administratiewe proses word drie kandidate gekies. Koos, Kallie en Mike dui aan dat hulle belangstel, en op 'n dag moet al drie by hoofkantoor aanmeld. "Daar is een laaste toets," verduidelik die direkteur.

Koos is eerste aan die beurt. "Koos, jou vrou is in hierdie kamertjie opgesluit. Hier is 'n pistool, jy moet ingaan en haar doodskiet." Onmiddellik bars Koos in trane uit. "Ek sou dit nooit kon doen nie," grens hy. "Ek is gans te lief vir my vrou."

"Dan is jy nie die geskikte kandidaat vir die werk nie," besluit die direkteur, en stuur Koos weg.

Kallie is volgende. "Kallie, hier is die pistool. Jou vrou is in die tweede kamertjie opgesluit. Jy weet wat jy moet doen." Kallie verdwyn in die kamertjie, maar na 'n minuut kom hy weer uit. "Ek kon dit nie doen nie," erken hy.

"Dan is jy ook nie die geskikte kandidaat vir die werk nie," antwoord die direkteur, en stuur Kallie weg. Net Mike bly oor.

"Goed dan Mike, jy is ons laaste kandidaat. Jou vrou is in die derde kamertjie hier toegesluit. Vat hierdie pistool en skiet haar."

Mike verdwyn in die kamertjie, 'n skoot klap, en dan bars 'n afskuwelike lawaai los. Twee minute later kom Mike weer te voorskyn, sy klere is geskeur en bloed stroom uit 'n sny in sy voorkop.

"Mike, wat het gebeur?" wil die direkteur weet.

"Nee hel," kla Mike. "Hierdie bleddie pistool van jou is met blanks gelaai. Ek moes die ouvrou met 'n stoel doodslaan!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Treurgrond

Beste buitelandse taalfilm; So, 19 Augustus 2018 07:23

Treurgrond is 'n Afrikaanse rolprent wat in 2015 vrygestel is met Steve Hofmeyr in die hoofrol en Darrell Roodt as regisseur. Die film het R749 286 in sy openingsnaweek by die loket verdien. Daar is ook pas aangekondig dat die prent as die beste buitelandse taalfilm by die 2018-filmfees in Amsterdam aangewys is. Dit het ook die toekenning vir beste kinematografie ingepalm.

Treurgrond vertel die storie van Lukas van Staden (gespeel deur Hofmeyr) wat sy bes doen om sy familie, vriende en plaas te beskerm. Dit wys hoe ineengevleg almal se lewens in die boeregemeenskap is. Sonder die boere en die gemeenskap, sal daar geen kos geproduseer word nie en sal die land nie kan eet nie. Dit vertel verder hoe die boere voortgaan met hul boerdery, ten spyte van die plaasaanvalle en ongenaakbare grondeise wat hulle moet trotseer. Elke moord laat 'n klomp mense sonder heenkome en 'n inkomste.

Intussen het Hofmeyr getweet dat daar 5 plaasaanvalle in die 48 uur ná Treurgrond se nominasie plaasgevind het.

Nuus | 2 kommentare

Spoonerisme

Sa, 18 Augustus 2018 07:43

'n Karikatuur van William Archibald Spooner.
'n Karikatuur van William Archibald Spooner.
Nederlandse wiki:
'n Spoonerisme is 'n verspreking waar letters of lettergrepe in 'n woord of sinsnede verwissel word, sodat amusante, ironiese of versteekte effekte ontstaan. Hierdie versprekings word ook dikwels met opset gemaak, waardeur 'n stylfiguur wat dié naam dra ontstaan.
Die verskynsel is na die Engelse dominee en wetenskaplike William Archibald Spooner (1844-1930) vernoem (en is dus 'n eponiem). Ds. Spooner was bekend vir sy liederlike versprekings, soos "The Lord is a shoving leopard" in plaas van "The Lord is a loving shepherd".

Hier is 'n Paar Afrikaanse spooners:

Pry ek 'n krys as rek eg is? (Kry ek 'n prys as ek reg is?)

Die mense sit en doen vet mooi nokkol (Die mense sit en doen net mooi v#kkol)

Meneer voordames, age meneer daamsitters en heervore. Die bouland en die teeveelt, age die veeland en die toubeelt, die sê ek is die bedding van 'n roer. Waarom dan word die arme las altyd beboer; ek meen waarom word die arme bas altyd beloer? - Langenhoven.

Laat weet asb. as jy ander teëkom.

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Die Stem van Suid-Afrika

Sa, 18 Augustus 2018 07:18

Op 31 Mei 1918 het C.J. Langenhoven te Arbeidsgenot 'n gedig geskryf wat later as Die Stem van Suid-Afrika bekend sou word. In 1931 het die FAK 'n kompetisie geloods om 'n geskikte volkslied vir Suid-Afrika te vind. "Die Stem" is eenparig gekies. M.L. de Villiers is later versoek om die gedig te toonset. Die Stem is op 2 Mei 1957 tot enigste amptelike volkslied verklaar tot dit in 1994 vervang is. Desnieteenstaande is dit vandag steeds 'n belangrike volkslied en kultuurlied van die Afrikaner.

Hier is die woorde:

Eerste vers

Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.
Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa --
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.

Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe ons vir jou, Suid-Afrika.

Tweede vers

In die murg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede, in ons hoop op wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf --
Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.

Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners kinders van Suid-Afrika.

Derde vers

In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
By die klink van huweliksklokkies, by die kluitklap op die kis --
Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.

Op jou roep sê ons nooit nee nie, sê ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe ja, ons kom Suid-Afrika.

Vierde vers

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou --
Dat die erwe van ons vad're vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer --
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

Musiek & liriek | 0 kommentare

Koos help die dokter

Ma, 13 Augustus 2018 06:30

Koos werk by 'n dokter as skoonmaker. Die dr. sou die dag uitstedig wees en vra vir Koos om 'n ogie oor die pasiënte te hou. Die volgende dag kom hy terug en vra vir Koos hoe dit gegaan het. Koos sê daar was drie pasiënte wat hy gehelp het:

"Die eerste pasiënt het ingekom met 'n lelike hoes en toe gee ek vir hom Benelyn."

"Die tweede pasiënt het ingekom met 'n vreeslike allergie en toe gee ek vir hom Allergex."

Die dokter was baie beïndruk en vra oor die derde een:
"Nee, sê Koos daar het 'n dame ingekom, haar kaal uitgetrek en op die ondersoektafel gaan lê en gesê: 'Ek het vier jaar laas 'n man gesien,'"
"O Hel," sê die dr. "en wat doen jy toe?"
"Nee," sê Koos, "toe gooi ek vir haar EyeGene in haar oë!"

Humor & grappe | 1 kommentaar

Grondonteiening: al weer, nog steeds, of dié keer vir seker?

So, 12 Augustus 2018 10:59

Die swaard van grondonteiening wat oor mense se koppe hang is niks nuuts in Suid-Afrika nie. In 2003 ('n jaar voor die 2004-verkiesing) is daar byvoorbeeld op dié forum geskryf:

Aanhaling:

Dis nou 'n wet wat ingestel wil word deur die minister, waar grond onteien kan word op die gesag van die minister, sonder dat daar 'n gewillige verkoper en koper kan wees, en sonder dat die staat gedagvaar kan word. Sy verklaar dat dit "net" 'n maatreël is wat ingestel word, maar dat die oorspronklike optrede nog steeds toegepas sal word. Wat eienaardig is, is dat sy hierdie wet suutjies en baie haastig deur die wetgewer wil stoot sonder bespreking in die parlement.

In 2008 (soos klokslag 'n jaar voor die volgende verkiesing) is die volgende geplaas:

Aanhaling:
Indien die regering deurdruk met die wetsontwerp op grondonteiening wat in sy huidige vorm "so blatant ongrondwetlik is", sal die DA dit tot in die konstitusionele hof beveg.

Nou is dit 2018, weereens 'n jaar voor die volgende algemene verkiesing en ons sit met presies dieselfde probleem! Die stryd vir en teen grondonteiening is besig om by die dag feller te raak en dreig nou om hand uit te ruk.

Vanoggend is daar 'n lys van plase bekendgemaak wat vir onteiening sonder vergoeding geoormerk is. Die stemvee is ook duidelik moeg vir die leë beloftes waarvan daar telkens niks kom nie. Dit laat die ANC voor 'n gevaarlike keuse, doen niks en verloor (moontlik) die verkiesing, of druk deur en ruïneer so die land se ekonomie.

Soos dit vir my lyk is dit 'n verloor-verloor situasie en iemand gaan die keer in die slag bly. Is daar enige uitkomkans? Enige manier om ons hierteen te skans of die situasie te beredder? Wat is die beste strategie vorentoe?

Nuus | 2 kommentare

Ek dink hulle is dood! Almal van hulle.

So, 12 Augustus 2018 05:22

Ek blaai vanoggend so 'n bietjie deur hierdie platform se meer as 4000 lede. Ok, ek het nie fisies deur elkeen geblaai nie LOL, dit sou my 40 dae en 40 nagte neem om dit te doen.

Al wat ek kan se is ONGELOOFLIK! Ek bedoel dit op 'n goeie en slegte manier. Soos ek deurblaai sien ek spoke van honderde en duisende gesprekke en onderwerpe wat opgejaag word! Ongelooflik hoe baie inhoud hier is en ook hoeveel dinge al bespreek is. Nog meer ongelooflik is die feit dat die eerste gesprekke al so ver teruggaan as 1997! 21 jaar!

Nou waar is al hierdie lede? Dalk is hulle almal dood? Confused

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1842): [ «    32  33  34  35  36  37  38  39  40  41  42  43  44  45  46  47    »]
Tyd nou: Do Apr 25 15:52:56 MGT 2024