Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

om alleen oud te word

Sa, 01 Oktober 2022 10:52

die lewe is uiters broos en kosbaar
maar dit is so vreeslik kort
dat elkeen wens hy word gespaar
om alles te kan doen wat die lewe bied

dis ‘n wonderlike gawe om lank gespaar te word
en boonop goeie gesondheid te geniet

maar hoe voel dit werklik
om alleen oud te word
nie alleen omdat ander te vroeg gesterf het
maar alleen omdat jy so lank gespaar is

alleen sonder familie en kennise
alleen in ‘n wêreld wat jy nie meer ken
alleen tussen miljoene wat jy nie meer verstaan

Prosa & poësie | 0 kommentare

om saam oud te word

Sa, 01 Oktober 2022 07:20

om saam oud te word
is die vrug van jare se foute
waarvan almal nie reggestel kon word nie

Prosa & poësie | 0 kommentare

ode aan 'n jagter

Do, 29 September 2022 15:07

/gwi, !kung, /xam, !xô
kleine mensies van die veld
stadig het julle suidwaarts beweeg
om uiteindelik hierdie suiderland te kom bewoon
in hierdie land van oorvloed
wat vir etlike eeue julle tuiste was
was julle veldmens, woestynmens, vlaktemens en bergmens
en elke voetpaadjie, elke spoor, elke plant en elke krans
het julle geken
julle het die natuur respekteer
want julle was ook liefdesmens, mensmens
daardie liefde straal vandag nog vanaf jul grotwande uit na ons

maar tyd het julle ingehaal
want die swartman het gekom
en julle sy slawe gemaak
waarna die witman kom
en julle stelselmatig begin uitwis

julle land van oorvloed het geen oorvloed meer
en die meeste dier en plant van julle tyd
staan nie meer in die veld
julle voetpaadjies het reeds jare terug verdwyn
en selfs vele van jul grotkunswerke is reeds weg
ja, die pragtige kliek-klak van jul tale het vir ewig stil geword
maar vandag dink ons met deernis terug aan die mensies van heitsi-eibib
as ons ons land se leuse sê: !ke /xarra //ke

Prosa & poësie | 0 kommentare

myner van die duineveld

Wo, 28 September 2022 18:27

wat is werklik die doel van jou bestaan
daar waar jy jou weg in donkerte onder tuine en paaie deur baan
want jou enigste nut wat ek kan sien
is geld wat die koöp in uit slagysters en pille wat hul voorsien

met die miniatuur sandvulkane
maak jy die uitgelegte van ons mooi parke en tuine ongedane
waar vele plante onder sand verdwyn
en net soveel ander weens afgeknaagde wortels in die beddings kwyn

menige dier het reeds ‘n been gebreek
omdat hul in volle vlug per ongeluk ‘n voet in jou gate steek
of struikel oor een van jou vulkane
daar waar hulle daagliks hul weg oor die vulkaanbesaaide veld moet bane

jy sou vir elk van ons ‘n guns doen hier
as jy ook sig kon hê en bogronds kon lewe soos elke ander dier
dan kon jy dit gou-gou na ‘n plant waag
‘n gat langs die stam af grawe en heerlik aan die wortels sit en knaag

Prosa & poësie | 0 kommentare

my tweede kans

Wo, 28 September 2022 18:25

my hele wese wil U loof en prys met sang en dans
uit dankbaarheid vir hierdie tweede kans
so onverdiend van U ontvang
te midde van al die lyding in elke hospitaalgang

mag ek hierdie tweede kans nooit vergeet
maar altyd van u Almag weet
sonder om die kennis daarvan vir myself te hou
deur dit aan die ganse wêreld te laat ontvou

Prosa & poësie | 0 kommentare

my kleine koringaar

Wo, 28 September 2022 07:29

van al die are op die land was jy die mooiste koringaar
daar waar jy groei teen piketberg se hange
met die môreson wat blink weerkaats op jou goudbruin wange
my grootste vrees was dat die boere se stropers by jou
sou wees voordat ek my hande om jou kon vou
want jy was so mooi, ek moes jou lewe spaar

ek het oor heuwels en deur slote na jou toe gehardloop
om jou voor die stropers se lemme af te pluk
en met my saam te neem op soek na ons geluk
in my growwe hande was jy so klein en broos
maar jy was nou myne en dis genoeg troos
terwyl die boere met hul monsters die ander are stroop

jy was my kosbaarste besitting en dus het ek gevrees
dat die lelik van die wêreld jou dalk seer kon maak
en daarom wou ek jou te alle koste teen gevare bewaak
met verloop van tyd het jou korrels begin swel
en sodoende kom daar ander lewens op die spel
want ewe skielik was ons 'n ware gesin gewees

nooit het ek gedroom dat ek jou daardie dag sou kneus
toe ek jou voor die stropers weg moes raap
daardie bloedige somersdag toe al wat kraai was, gaap
ek het nie besef dat ek jou so styf teen my lyf vasdruk
al waaraan ek gedink het, was aan ons geluk
nou kan ek net "jammer" sê met trane langs my neus

hul sê jy mis eers iets wanneer jy dit verloor
en daarom gaan ek nou alles op die spel plaas
om weer daardie pragtige liefdesvuur aan te blaas
sodat jy weer my koringaar van ouds kan wees
en die mense ons geluk op ons gesigte kan lees
hulle moet ons liefdeswoorde reeds van ver af kan hoor

Prosa & poësie | 0 kommentare

die woorde wat ons uiter

Di, 27 September 2022 14:49

sagkens rol hulle tussen ons lippe deur
woorde van liefde
wat die warmte vanuit ons hartkamers
spontaan na buite bring
om ons gevoel teenoor iemand te besing

ferm hop hulle tussen ons lippe deur
woorde van vermaning
wat die ervaring vanuit ons breingange
doelgerig na buite stuur
om te verhoed dat ‘n fout iemand se lewe versuur

huiwerig hink hulle tussen ons lippe deur
woorde van bemoediging
wat die besorgdheid vanuit ons orgaansale
onseker na buite blaas
om iemand in ‘n omgewing van minder seer te plaas

ontploffend skiet hulle tussen ons lippe deur
woorde van haat
wat die oerheid vanuit ons menswees
donderend na buite lanseer
om iemand emosioneel te beseer

Prosa & poësie | 0 kommentare

verkeerdomgedig

Di, 27 September 2022 14:28

dreekrev fo ger
ger fo dreekev
deog si nee eid
gels si redna eid
dreekrev smos ein ger si
ger smos ein dreekrev si

seew nak elluh olg ke
ednayvstraa si elluh tnaw
seew edneirvmeseob smos nak ednayvstraa sfles ne

dreekrev fo ger uon tid si la
kaas ein ym riv tid kaam
êl edroow eid eot tnak rettaw
ês uoj riv ke reennaw
feil eiab eiab uoj teh ke

Prosa & poësie | 1 kommentaar

dis lente

Di, 27 September 2022 07:55

na byna drie weke van onophoudelike reën
met strate, erwe en wonings oorstroom deur water
en ‘n yswind wat deurdring tot op die been
kom die stem oor die radio met voorspellings van
reën, reën, sneeu, koue en reën

maar vandag is die plate water
die enigste teken van al die reën
want die son het deur die wolke gebreek
plante ontvou hul blomme
en voëltjies kwetter weer luidrugtig in die bome
want dis lente

Prosa & poësie | 0 kommentare

ek het nie woorde nie

So, 25 September 2022 09:51

nog nooit in my lewe
het ek so ‘n verskeidenheid emosies ervaar
soos tydens die vorige sewe
nee, ag maande van hierdie jaar

eers was daar die skok soos ‘n hirosjima-ontploffing
gevolg deur uiterste ongeloof soos tydens 9/11
toe kom die miljoene vrae aangerol soos tsunami-golwe
terwyl rou haat wou ontplof soos ‘n palestynse selfmoordbomdraer
later is die skok en ongeloof deur woede vervang soos by ons misdaadslagoffers

ure dae weke maande
was gevul met vrae en woede en haat
en ‘n desperate soeke na sinvolle antwoorde
vir die immergroeiende tsunami van vrae
wat dag en nag steeds heftiger geword het

ek het geglo dat ek deur hierdie storm sou kom
want ek was nog altyd in beheer gewees
en buitendien moes ek vir my gesin sterk staan
sodat hulle steeds met hulle daaglikse lewe voort kon gaan
omdat ek hulle nie deur hierdie storm wou sien gaan nie

maar ek kon nie die verpletterende aanslae van die storm alleen hanteer nie
en het dringend hulp nodig gehad om staande te bly
uiteindelik kon en nie meer staande bly nie en is op my knieë gedwing
‘n tsunami-vloed van gebede is opgestuur
party grammatikaal korrek en ander slegs ‘n warboel woorde

die vrae en woede en haat was steeds daar
maar dit het gevoel asof dit sagter word
en ‘n kalmte het oor my hele wese gekom
dit was die wonderlikste emosie
wat ek in jare ervaar het

ek het besef dat U al die tyd by my was
U het van elke emosie geweet
en na elke gebed geluister
al het ek party gebede hardop gesê en ander gefluister
U het my snoesig toegewikkel in u Beskermende Jas
mag ek hierdie daad nooit vergeet

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    1  2  3  4  5  6  7  8  9  10  11  12  13  14  15  16    »]
Tyd nou: Do Mar 28 18:23:45 MGT 2024