taalprag
Di, 16 Augustus 2022 16:27
ek gaan kyk want die veiligheidslig brand
who is there and what does he want
ndicela isonka nekofu kuba ndiyabanda
hy is honger en dors en kry baie koud
tell him to move before I set him afloat
ndicela ukutya kuphela andiceli irawuti
waar kom jy vandaan en wat is jou naam
stop chatting for strangers are not allowed on the farm
igama lam lingusipho kuba andiyazi liphi ikhaya lam
ek gee ‘n homp brood en twee appels al wou hy koffie hê
what are you doing is he still there
enkosi kakhulu mnumzana sala kahle
Prosa & poësie |
0 kommentare
as ek maar net kon
Di, 16 Augustus 2022 11:25
as ek kon vlieg
vlieg na die buitenste rand van die uitspansel
verby die plekke waar sterrestelsels in vervloë millennia was
en waar nuwe melkweë besig is om gevorm te word
op pad na die plek waar die ganse Skepping ontstaan het
met jou veilig op my rug toegewikkel
sou ek jou aan die hand kon neem
om saam met my die oorsprong van die liefde te ervaar
maar ek kan nie
as ek kon vlieg
vlieg oor die lengte en breedte van die uitspansel
en by al die melkweë aan kon gaan
om elke sterrestelsel deeglik te bestudeer
op soek na die heel mooiste planeet wat bestaan
met jou veilig op my rug toegewikkel
sou ek jou aan die hand kon neem
om saam met my ‘n nuwe lewe daar te begin
maar ek kan nie
as ek maar net kon
want ek het jou so verskriklik lief
Prosa & poësie |
0 kommentare
winterkou'
Di, 16 Augustus 2022 11:24
ek sit hier voor die komper
om die gedigte in my hart af te laai
sodat hulle op ‘n kompakskyf
en later op papier verewig kan word
buite woed ‘n storm
reuse reëndruppels word met veel groter haelstene afgewissel
en deur ‘n allesdeurdringende wind
teen muur en ruit en dakplaat vasgeplak
die stompe in die kaggel
gloei dieprooi van trots
en die honde kyk wie die naaste
aan die hittekring kan lê
dan dwaal my gedagtes na die bergie en die straatkind
wat iewers daar buite na ‘n droë plekkie soek
om hul kartonmatras en koerantpapierkombers
oop te sprei as teenvoeter vir die winterkou’
Prosa & poësie |
0 kommentare
waarom?
Di, 16 Augustus 2022 11:22
ek vra en vra
maar almal voel ek pla
ek dink en dink
het alle weergawes ingedrink
ek het die Woord gelees
en meer geleer van die vlees en die gees
maar ek kan steeds nie verstaan
waar kom al die misdaad vandaan
Prosa & poësie |
0 kommentare
straatgesin
Di, 16 Augustus 2022 11:21
sag val die reën op die struik
die struik wat as tuiste vir vyf mense dien
‘n ouerpaar en hul drie jong kinders
kinders wat môre uitgerus en vars
die skoolbanke moet trotseer
wind kom van veraf sneeubedekte pieke
die takke van die struik in beweging bring
dieselfde takke wat die mense moet beskerm
terwyl die sagte reën nou in vlae neergiet
en die struik se blare in stortkoppe omvorm
velle stukkende vullissakplastiek
word haastig oor die kinders
soos motgevrete komberse oopgesprei
kinders wat weens die reën
nog niks warms ingeneem het nie
kartonmatrasse word al natter
soos water by die gate in die plastiek inloop
terwyl die kinders probeer slaap
deur die geluid van die storm
met koue- en hongerpyne wat al veller knaag
wat steeds nag is vir baie mense
word opstaantyd vir hierdie gesin
want hulle moet die struik ontruim
voor die spitsverkeer begin
en stap om die kinders betyds by die skool te kry
moeg en vaak en honger en dors
bereik die kinders die skool teen skemerlig
met ‘n reuse glimlag word elke maatjie hartlik gegroet
dan word die kinders gegroet en omhels
deur moeë ouers wat so graag slegs die beste vir hul kinders wou gee
Prosa & poësie |
0 kommentare
kinders
Di, 16 Augustus 2022 11:20
kinders is soos vlinders
besonder kleurvol en vol van lewe
rats en vreesloos beweeg hulle
van een bestemming na ‘n ander
kinders het monde soos die van honde
vreeslik luid en alomteenwoordig
hoor jy baie meer van hulle
as wat jy werklik kan sien
kinders vra die hoekoms om die toekoms
en die nou te kan verstaan
om hulle vir die grootmenslewe
voor te berei
kinders is die aarde se waarde
die leiers, beplanners en beskermers van die môres
sonder hulle
kan daar geen eergisters wees
kinders van vandag vra ontferming van en beskerming
teen die kinders van die gisters
hulle smeek om liefde en respek
in plaas van verkragting en moord
Prosa & poësie |
0 kommentare
die plantjies in my tuin
Di, 16 Augustus 2022 11:18
dis winter
en dis gletserkoud
die grond is deurdrenk
na ‘n week van reën
en mens en dier
voel net pyn in die spier
maar daar word gejubel
en gedans en fees gevier
deur miljoene kindertjies
wat so pas die eerste lewenslig aanskou
te midde van hierdie kou’
met ‘n oorverdowende geraas
word rotsblokke verskuif
en vreemdelinge uit die pad gestoot
deur hierdie groen kindertjies van hout
daar waar hulle mens en dier
se weg versier
Prosa & poësie |
0 kommentare
om te onthou
Ma, 15 Augustus 2022 06:55
om te onthou
is om na die verlede te kyk
en te sien hoe die mooie en die lelike
van daardie tyd lyk
om te vergeet
is ‘n moeilike dog belangrike taak
want dit is wanneer jy
‘n einde aan die lelike maak
om te koester
is ‘n gawe deur God gegee
om die mooie uit die verlede te neem
en die toekoms in te gaan daarmee
Prosa & poësie |
0 kommentare
dankgebed
Ma, 15 Augustus 2022 06:54
baie dankie Liewe Heer
vir die wonderlike
maar onverdiende gawe
om my eeue oue moeder
in haar swakste uur te kon besoek
baie dankie vir die voorreg
om deur haar herken te word
en in gesprek met haar te kon gaan
om haar brose hande in myne te kon neem
terwyl sy ons in gebed aan U opdra
baie dankie dat ek hierdie besoek
in die teenwoordigheid
van my pragtige vrou en dogter kon hê
en weer kon besef hoe gelukkig ek is
hoeveel gawes U daagliks aan my voete lê
ek weet dat ek soms baie vrae vra
en seker ook oor te veel dinge kla
daarom bring ek U hierdie korte dankgebed
want het my moeder my nie gebaar
sou ek hierdie dankiewoorde nooit kon sê
Prosa & poësie |
0 kommentare
die groenkaart van suid-afrika
Ma, 15 Augustus 2022 06:52
om die amerikaanse groenkaart te ontvang
is iets om werklik op trots te wees
want die vereistes daarvoor is uiters hoog
maar die groenkaart van suid-afrika
is iets heeltemal anders
want die enigste vereiste is om ‘n voorheenminderbevoorregte te wees
dit bied aan jou die ongekende status van ‘n koning
wat beteken dat jy vrye toegang het tot
enige ander mens se vaste bates
enige ander mens se liggaam
enige ander mens se lewe
selfs die vaste bates van die staat
selfs die liggaam van die staat
selfs die lewe van die staat
die groenkaart van suid-afrika
is die ondergang van alle lewensvorme
in hierdie voorheen paradys van ‘n land
Prosa & poësie |
0 kommentare