Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

die groenkaart van suid-afrika

Ma, 15 Augustus 2022 06:52

om die amerikaanse groenkaart te ontvang
is iets om werklik op trots te wees
want die vereistes daarvoor is uiters hoog

maar die groenkaart van suid-afrika
is iets heeltemal anders
want die enigste vereiste is om ‘n voorheenminderbevoorregte te wees

dit bied aan jou die ongekende status van ‘n koning
wat beteken dat jy vrye toegang het tot
enige ander mens se vaste bates
enige ander mens se liggaam
enige ander mens se lewe
selfs die vaste bates van die staat
selfs die liggaam van die staat
selfs die lewe van die staat

die groenkaart van suid-afrika
is die ondergang van alle lewensvorme
in hierdie voorheen paradys van ‘n land

Prosa & poësie | 0 kommentare

'n ontdekkingsreis

Sa, 13 Augustus 2022 14:22

moeisaam stap ek op die amper 70 kilomer-lange dig toegegroeide voetpad van my lewe
tot by die hoë hoop gevaarlik opgestapelde klippe
en rotse
wat as die trappe na my hart se voordeur dien

voetjie vir voetjie klim ek met die trappe op
sodat ek nie die los klippe versteur en val nie
tot bo voor die rooi voordeur van my hart

versigtig stoot ek die reuse deur oop en tree na binne
waar ek myself in ‘n kamer gevul met reuse ballonne bevind
terwyl ek sukkel om die skouspel voor my in te neem

op elke ballon is daar ‘n inskripsie wat sê
waarmee dit gevul is
en ek gebruik my tyd om elke inskripsie te
lees
liefde, geduld, passie, respek, dankbaarheid
en vele meer

ure later staan ek voor ‘n veel kleiner deur en
trek dit baie versigtig oop
die kamer is kleiner en donkerder en met
kleiner ballonne gevul
haat, rusie, jaloesie, misdaad, korrupsie en
ander

wanneer ‘n ballon bars, vloei die inhoud
daarvan deur die oë na buite
waar dit deur ander lewens om ons se oë
opgeneem word om ’n nuwe ballon met dieselfde inhoud te vorm

ek stap deur ‘n lang rooi tonnel tot voor ‘n
groter liggrys deur
die deur swaai vanself oop en ek staan voor
‘n lang gang
waaruit ‘n menigte ander gange ontspring

aan weerskante van die gange is daar patryspoorte in die gangwande
waardeur ek na verskillende tydperke van my lewe kyk
hierdie tydperke strek van ure tot selfs jare
bang vir dit wat ek daar sal sien
beweeg ek van poort na poort
waar elke tydperk soos ‘n rolprent voor my
ontvou

daar was kleurvolle tydperke van ontdek en
leer en geluk
terwyl die na-oorlogse wêreld weer herbou moes word
en mense daagliks skouer aan skouer
daaraan kon werk

dan was daar ook poorte met donker
tydperke
wat trane oor my wange laat rol het
as gevolg van die seer wat ek veroorsaak het

tydperke waar my woorde baie diep gesny
het
en my dade tydrowende konflikte veroorsaak
het
wat die wêreld om my gevaarlik weggekalwer het

ek is baie jammer dat ek hierdie reis nie jare
gelede reeds onderneem het nie
want die ontdekking wat ek op hierdie reis gemaak
het
het my lewe onherroeplik verander

Prosa & poësie | 0 kommentare

u was altyd daar

Wo, 10 Augustus 2022 21:17

toe ek as pasgebore baba my oë oopmaak
was u daar
om my in u arms toe te vou en te koester
en my daaglks deur my babajare te help

toe ek as handvol kleuter begin om dinge te ontdek
was u daar
om my aan die hand te neem
en my van ‘reg’ en ‘verkeerd’ te leer

toe ek as nuuskierige knaap sonder einde vrae vra
was u daar
om my vrae te luister
en my elkeen met baie geduld te antwoord en verduidelik

toe ek as trotse skoolseun die leerwêreld betree
was u daar
om my daagliks te ondersteun
en my te help om my kennis te verbreed

toe ek as jong seun stout dinge aanvang
was u daar
om my storie te luister
en my die verdiende straf te gee

toe ek as onseker troepie op die trein klim
was u daar
om my styf vas te hou
en my sterkte en liefde toe te wens

toe ek as jong man begin te werk
was u daar
om my gereeld te ondersteun
en my u kennis te deel

toe ek as volwasse mens my eie pad inslaan
was u daar
om my te sê dat u verstaan
en my teen moontlike gevare te waarsku

nou dat ek as ou man voor u staan
is u daar
om my en my gesin se gelukwensing te ontvang
met u 100ste verjaardag

Prosa & poësie | 0 kommentare

vryheid

Wo, 10 Augustus 2022 21:16

vryheid
dit is die wens van elke mens op hierdie planeet
om vry te wees van die hoë eise wat ander van ons vra
die vriendekring, die skool, die ouerhuis, die regering
want om aan elkeen se eise te voldoen
gaan daar net nie genoeg tyd oor wees
om werklik jouself te wees nie

terwyl ons onbewustelik ook ons eie eise aan ander stel

om werklik vry te wees
is ‘n gawe
wat benut moet word
deur ander te dien
sonder om jouself prys te gee

om werklik vry te wees
is geen reg
geen sleutel wat die deur na misdaad oopsluit
om ander te besteel, te verkrag, te vermoor
sonder om daarvoor te boet nie

vryheid
‘n eenvoudige woord
wat op sy tyd oor elke mens se lippe kom
en diep in die hart gesmag na word

vryheid
‘n baie moeilike woord om te verstaan
weens die betekenisse
wat mense daaraan heg

Prosa & poësie | 0 kommentare

die liefde 2

Wo, 10 Augustus 2022 21:14

ek lees in Die Bybel dat selfs wanneer alles vergaan
die liefde vir ewig sal bly bestaan

ek lees verder dat alles wat sonder liefde gedoen word
sal faal en oor die afgrond sal stort

ek lees ook dat ons mekaar elke dag lief moet hê
omdat ons nie weet wanneer ons in die graf sal lê

dan vra ek myself die mees gevraagde vraag
wat is hierdie liefde waaroor almal waag
om te dig en te skryf en te sing
hierdie iets wat ewe veel lag as trane bring

is dit die iets waarmee die mier sy eier na ‘n nuwe nes toe dra
en die leeu storm wanneer iemand haar welpies pla
die hond stertswaaiend sy huismense groet
en die arend na kilometers se vlieg haar kuiken voed

as die liefde dan daardie iets is waarmee al hierdie dinge gebeur
waarom laat dit dan die lewe van soveel mense uitmekaar uit skeur

Prosa & poësie | 0 kommentare

die watergraf

Di, 09 Augustus 2022 16:55

angstig staan die gemeenskap aan die kus
en kyk met soekende oë na die mis

vannag sal nie een van hulle rus
want hulle wonder waar hulle geliefdes is

sover is hulle van slegs een boot bewus
wat nog nie opgedaag het met die vis

maar hulle sal eers môre hoor van die kabellus
wat om ‘n ander boot se skroef verstrengel is

twee bote se bemanning het in ‘n watergraf gaan rus
twee bote se geliefdes wat nie meer deel van die gemeenskap is

Prosa & poësie | 0 kommentare

afrikaans - taal van my hart

Di, 09 Augustus 2022 13:39

afrikaans, taal van my hart
deur jou kan ek lag
en uiting aan al die mooi dinge van die lewe gee
wanneer ek daagliks in die natuur beweeg
en sien hoe die plante en diere en goggas
elkeen op sy unieke manier
in harmonie met mekaar die sonskyn geniet

afrikaans, harttaal van my
deur jou kan ek ook huil
wanneer ek myself teen die wreedhede van die lewe wil uitdruk
as ek deur die koerante blaai
en deel in die pyn en lyding van onskuldige mense en diere
wat op die wreedste denkbare manier
van hulle plekkie in die son beroof word

Prosa & poësie | 0 kommentare

die aarde versus die mens

Ma, 08 Augustus 2022 19:30

die aarde is die mens se enigste tuiste in die ganse heelal
en die uitleg van die land en die see maak dit ‘n baie mooi planeet

maar elke keer wanneer ek na die landkaart kyk
besef ek opnuut hoe onsettend min leefruimte
daar vir die meeste van ons landbewoners is

want haal ek die onbegaanbare bergreekse
die sand- en yswoestyne
die riviere en damme en mere
uit die landmassas uit

sien ek ‘n vreeslike klein stukkie grond
waarop stede teen ‘n verstommende snelheid groei

in die proses word medelandgenote uitgeroei
terwyl kosbare landbougrond onder kilometer op kilometer
teer en beton en plaveisel begrawe word

op watter stadium sal die mens wakker skrik en besef
dat hy besig is om sy enigste tuiste in die ganse heelal
totaal te vernietig deur sy dade van tereur
waarteen hy gewaarsku word maar waaraan hy hom glad nie steur

Prosa & poësie | 0 kommentare

vlugtog

Ma, 08 Augustus 2022 16:50

is daar oorlog in die lug
maak mense gereed om te vlug
na ‘n land waar hulle kan woon
sonder die daaglikse vrees vir ‘n rewolwerpatroon

oorloë is veronderstel om ook reëls te hê
selfs wanneer soldate in modderdeurdrenkte loopgrawe lê
want daar is ‘n baie fyn lyn ingeweef
tussen dood en leef

hier aan lande is daar tans ‘n oorlog wat woed
en dit word daagliks deur die regering gevoed
maar dit is ‘n oorlog sonder soldate en reëls
want op hierdie koeverte plak slegs die swartes die seëls

hulle rand aan en verkrag en steel en moor
asof hulle die finale sê het daaroor
terwyl die res van ons weekliks in vrees moet lewe
vanaf dag nommer een tot dag nommer sewe

waarheen kan ons wittes en bruines dan vlug
met die nuus van buurlandoorloë in die lug
want oorsee kan ons nooit nie gaan
waar kom die geld daarvoor dan tog vandaan

iemand moet opstaan en sê: genoeg is genoeg
ons het oor baie jare hard saam geswoeg
om van hierdie suiderland ‘n tuiste te maak
‘n land waar ons soggens in veiligheid kon ontwaak

Prosa & poësie | 0 kommentare

o groot karoo

Ma, 08 Augustus 2022 09:37

o, groot karoo
land van my jeug
ek mis jou so
as ek dink aan al die vreug’
wat ek as kind van jou kon ontvang

ja, groot karoo
so ver van hier
ek verlang na jou velde
jou plant en jou dier
wat ek as kind met jou kon deel

nee, groot karoo
ek sal nooit vergeet
die lewenslesse van my jeug
en baie ander dinge wat ek weet
wat ek as kind by jou kon leer

ai, groot karoo
uitgestrekte land
daar is aanslae van buite
op die wonderlike band
wat ek as kind aan jou kon heg

o, groot karoo
ek wil jou vra
om ook aan al die ander wat jou veld bewandel
al daardie mooi dinge oor te dra
wat ek as kind van jou kon ontvang

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    7  8  9  10  11  12  13  14  15  16  17  18  19  20  21  22    »]
Tyd nou: So Okt 27 11:00:15 MGT 2024