Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die watergraf
die watergraf [boodskap #139910] Di, 09 Augustus 2022 16:55
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
angstig staan die gemeenskap aan die kus
en kyk met soekende oë na die mis

vannag sal nie een van hulle rus
want hulle wonder waar hulle geliefdes is

sover is hulle van slegs een boot bewus
wat nog nie opgedaag het met die vis

maar hulle sal eers môre hoor van die kabellus
wat om ‘n ander boot se skroef verstrengel is

twee bote se bemanning het in ‘n watergraf gaan rus
twee bote se geliefdes wat nie meer deel van die gemeenskap is
Vorige onderwerp: afrikaans - taal van my hart
Volgende onderwerp: die liefde 2
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:01:48 MGT 2024