Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die liefde 2
die liefde 2 [boodskap #139924] Wo, 10 Augustus 2022 21:14
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek lees in Die Bybel dat selfs wanneer alles vergaan
die liefde vir ewig sal bly bestaan

ek lees verder dat alles wat sonder liefde gedoen word
sal faal en oor die afgrond sal stort

ek lees ook dat ons mekaar elke dag lief moet hê
omdat ons nie weet wanneer ons in die graf sal lê

dan vra ek myself die mees gevraagde vraag
wat is hierdie liefde waaroor almal waag
om te dig en te skryf en te sing
hierdie iets wat ewe veel lag as trane bring

is dit die iets waarmee die mier sy eier na ‘n nuwe nes toe dra
en die leeu storm wanneer iemand haar welpies pla
die hond stertswaaiend sy huismense groet
en die arend na kilometers se vlieg haar kuiken voed

as die liefde dan daardie iets is waarmee al hierdie dinge gebeur
waarom laat dit dan die lewe van soveel mense uitmekaar uit skeur
Vorige onderwerp: die watergraf
Volgende onderwerp: vryheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 16:11:03 MGT 2024