Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

2020 - die jaar wat was

Sa, 25 Junie 2022 07:47

die ergste jaar na die 2de wêreldoorlog
die ganse mensdom word deur ‘n virus aangeval
hospitale bars behoorlik uit hul nate uit
lande sluit hul grense
mense word onder huisarres geplaas
besighede word gesluit
miljoene mense verloor hul werk
net soveel besighede verdwyn permanent
niemand mag ongemaskerd beweeg nie
hande moet na elke aanraking ontsmet word
alle menslike kontak is verbode
mense sterf eensaam aan die virus
die aarde kom tot stillstand

met die mens veilig by die huis
kom die natuur in beroering
sneeubedekte bergreekse word sigbaar
velde word deur kleurvolle blomme oortrek
wilde diere stap rustig en speel uitgelate

waar die mens eens op ‘n tyd gewandel het

Prosa & poësie | 0 kommentare

dit reen in die kaap

Wo, 22 Junie 2022 07:47

dit was ‘n doodgewone herfsaand toe ek gaan slaap
maar ‘n baie verkeerde herfsoggend toe ek ontwaak
want my huis was op ‘n ander onbekende planeet
en daardie vreemde stilte sal ek nooit vergeet

bekende klanke van vliegtuie en helikopters in die lug
en fluitende treine op die spoor
het saam met die klank van stadsverkeer gevlug

maar dit reën in die kaap

ek mag nie my erf sonder spesiale dokumente verlaat
gemaskerde mense staan oral in lang rye
bo-op afgemerkte kruise op die vloer
en wag om hul hande by deure te was
voordat hulle mag ingaan en kyk na die rye leë winkels met gesluite deure aan weerskante van die gange

en dit reën in die kaap

mense werk nie meer
want besighede is gesluit
geld is nie meer belangrik
omdat dit nêrens bestee kan word

dit reën steeds in die kaap

is dit die derde wêreldoorlog
die radio praat van duisende mense
wat daagliks oral op hierdie vreemde planeet sterf
en besighede waarvan die deure nooit weer oopgesluit sal word

terwyl dit reën in die kaap

die lug is ‘n silwerskoon koningsblou
en elke oop stukkie grond verdwyn
onder ‘n groen tapyt met die mooiste blomme in elke kleur van die verfpalet

en dit reën in die kaap



wilde diere van alle soorte kom uit hul skuilplekke uit
om by die volgedekte eettafel van die natuur aan te sit
en waarheid aan die Skeppingswonder te gee

omdat dit reën in die kaap

Prosa & poësie | 0 kommentare

afrikaans - huppeltaal

Ma, 20 Junie 2022 13:34

saggies huppel jou klinkers oor die heuwels van my tong
waar hulle soms ondeund en uitspattig baljaar
met die hoop om deur ‘n aantreklike medeklinker raakgesien te word
saam met wie hulle nuwe woorde kan vorm

dit is die heel mooiste klinkers wat ‘n taal kan hê
wat die ore streel wanneer ons jou woorde sê

die verskeidenheid is baie groot
wat wissel van die baie kortes tot die heel langes
party stap alleen saam met ‘n medeklinker
terwyl vele ander verkies om hand aan hand groepies te vorm

daar is ook baie wat verkies om meer as een medeklinker te hê
terwyl ander nuwe klanke voortbring deur groter groepe te vorm
eerder as om op medeklinkers te steun
en dan is daar ‘n groep wat hulleself met tekens verfraai

alhoewel daar baie meer medeklinkers as klinkers is
met interessante vorms en pragtige klanke
is hulle eintlik hulpeloos op hul eie
want sonder klinkers kan hulle nie uiting aan hul mooi klanke gee

hulle harde en sagte klanke gee ritme aan jou woorde
wat saam met die klinkers gemaklik van die tong afrol
en daar is selfs ‘n paar wat soms hul klank verloor
om nog meer ronding aan sekere woorde te gee

afrikaans, jy is my huppeltaal
want met die huppel van jou klanke
sit jy ook die huppel in my voete

Prosa & poësie | 0 kommentare

Telegram

Ma, 14 Maart 2022 18:45

Dit lyk of Telegram besig is om 'n lekker uithangplek vir Afrikaans te word.
Hier is 'n paar groepe om by aan te sluit.
Laat weet gerus as u enige ander goeies ontdek.

Die forum:
https://t.me/supertaal

Afrikaner Geselskamer
https://t.me/AfrikanerKletskamer
Geselskamer vir Afrikaners om te netwerk en politiek te praat.

Afrikaanse Wikipedia
https://t.me/afwiki
Neem deel aan 'n kennisrewolusie van globale proporsie.

Radio Pretoria
https://t.me/pretoriafm
Nuus en inligting oor Pretoria FM

AfriNUUS
https://t.me/afrinuus
Ontvang die jongste brekende nuus op jou slimfoon!

Maroela Media Nuus
https://t.me/maroelamedia_mv

AfriForum Nuus
https://t.me/AfriForumNuus

Landnuus
https://t.me/Landnuus

Find iT Nuus
https://t.me/finditnuus

Afrikaanse Musiek
https://t.me/AfrikaanseMusiek
Die Amptelike @AfrikaanseMusiek kanaal. Iets na almal se smaak.
Musiek is Volksbesit en jy MAG trots wees!


Die Amptelike @AfrikaanseMusiek Argief.
https://t.me/joinchat/UDaZoCekR7vMRPo6

Afrikaanse Flieknet
https://t.me/Afrfleknet

Lag 'n Slag
https://t.me/grappelag

A tot Z Resepteboek
https://t.me/AtotZresepteboek

Boererate en resepte
https://t.me/BoereRateEnResepteTelegram

YserPlig - Spierbou en fiksheid
https://t.me/ysterplig

Gesellig Afrikaans
https://t.me/gesellig

Kennisgewings | 1 kommentaar

Radio Stasies

Skakels werk nie; So, 27 Februarie 2022 13:46

Daar is tans net 2 stasies wat jy na kan luister nml. Bokradio en Radio Rosestad.

Sal dit moontlik wees om die skakels na die res van die stasies te herstel aub.

Groete in Afrikaans.

Hansie

Kennisgewings | 2 kommentare

Behandeling teen Covid-19

Sa, 18 Desember 2021 09:58

Hier is natuurlike produk wat voorkomend of as behandeling teen korona en griep gebruik kan word.
Dit word o.a. as 'n alternatief vir Ivermektien beskryf.

* Hierdie is nie mediese advies nie, doen u eie navorsing en besluit self.

Gesondheid & boereraat | 0 kommentare

Kalender van Geloftefeeste

Beroep op Afrikaners; Do, 21 Oktober 2021 19:04

Kalender van Geloftefeeste: Beroep op Afrikaners

Graag word langs hierdie weg bekendgestel dat DitsemBlits as elektroniese nuusbrief, gebaseer te Orania, elke jaar ‘n Kalender van Geloftefeeste saamstel van waar dit ookal gehou word, selfs in die buiteland. In 2020 is die Kalender vir die 9de agtereenvolgende jaar saamgestel en gepubliseer en is 175 Geloftefeeste en -dienste gelys, met hul basiese besonderhede.

Hiermee die skakel na die 2020 Geloftefeeskalender. Dit is verlede jaar in digitale formaat wyd deur die Internet versprei.

Dit is die ervaring dat die Geloftefeeskalender as enig van sy soort Afrikaners opnuut motiveer om die Gelofte van Bloedrivier na te kom en hulle aan te moedig om 'n Gelofteherdenking by te woon. Dit is veral geldig in die kritieke tye en omstandighede waarin die Afrikaner homself tans bevind.

In die lig hiervan neem ons vrymoedigheid om ook langs hierdie weg ’n beroep te doen op elkeen wat op 16 Desember betrokke is by die herdenking van die Gelofte en wie se fees of diens nie in die 2020 Kalender gelys is nie, om ons te laat weet van jul betrokkenheid en om basiese besonderhede daaromtrent te verstrek.

Alternatiewelik, indien jy net weet van iemand wat moontlik betrokke is by die herdenking van ‘n Geloftefees of –diens, stuur vir ons die naam en kontakbesonderhede van sodanige persoon, asb. Vir die 2021 Geloftekalender sal antwoord nie later nie as 27 Oktober waardeer word.

Ons wil ook onder aandag bring dat ‘n spesiale Facebook Groep geskep is vir die Gelofte van Bloedrivier en dat almal wat met mekaar daaroor wil deel, dit kan doen by hierdie skakel.

Kontakbesonderhede by DitsemBlits:

Micaela Jacobs
gelofte@ditsem.net
WhatsApp 071 558 0855

Kantooradres:
Oranje Eggo S39
Orania

Nuus | 0 kommentare

Soekfunksie

Soek en jy sal vind; Do, 21 Oktober 2021 11:20

Soekenjins soos Google werk taamlik goed, maar weens die grootte van hierdie webwerf, kan hulle onmoontlik nie al die inligting wat ons bied indekseer nie. Vir dié rede het ons moeite gedoen om seker te maak dat die werf se soekfunksie goed werk.

Om vir iets te soek, tik doodgewoon die woord of frase in die relevante veld en druk 'enter' om die resultate te sien. As u te veel resultate kry, beperk die soektog verder. Maak o.a. seker u in die regte forum soek. As 'n mens 'n grappie soek, gaan jy dit byvoorbeeld nie in die woordeboek kry nie.

As daar geen resultate is nie, sal ons die soekfrase se spelling nagaan en voorstelle maak.
As voorbeeld, soek vir iets soos "eetlepel", maar laat een van die e's uit.
Die resultaat is: Bedoel u: eetlepel eetplek...

Vir blokkiesraaisels, gebruik "_" om 'n enkele karakter uit te laat en "%" vir 'n hele greep.
As voorbeeld, watter woord pas "_ar_lo_p"?
Kyk self by http://gesellig.co.za/s/_ar_lo_p

Kennisgewings | 0 kommentare

Lui maar op Belinda

Afrikaanse komedie; So, 08 Augustus 2021 19:57

Wie van julle het al Lui maar op Belinda gekyk. Dit word ook gewys op Showmax en dis skreeu snaaks. Brumilda is Belinda en saam met haar speel Annalise Weiland, Eric Nobbs en nog meer. Elke episode sover is snaaks. Dis lekker ontspanne kyk stof.

TV, flieks & vermaak | 2 kommentare

Afrikaanse Musiek op Youtube

Vr, 09 Julie 2021 17:07

Hier is 'n paar Youtube-liedjies om die naweek op die regte noot af te skop.
Pos gerus julle gunsteling liedjies hier onder.

Die Heuwels Fantasties - Ballade vir 'n Enkeling


Demi Lee Moore - Mis Eet Slaap Herhaal


Joshua na die Reën - Voshaarnooi


Andriëtte - Hoekom Bly Jy Staan / Napoleon (Fleur was De Wet se perd)


Albert de Wet - Wat het gebeur by Aliwal Noord?


HOOFLETTERS - Sorina Flooze


As Jy Nog Twyfel - Burgerd Botha


Anneli van Rooyen - Seënbede


Lance James - Dankie


Liza Bronner - Verlief Op Die Idee Van My


Almero - Vuurvas


Vera-Marie - La Voix


Joe Foster - Pad Na Jou Hart


Juanita du Plessis - Ons Koning Kom


Gé Korsten - Hier is 'n mens


Mwah! - "Sandra Prinsloo" ft. Elvis Se Seun


Izak Davel - Vreesloos


Die Stem - Blouklip


Monique - Sê My Hoe


Spoegwolf - Storm


Karen Wessels - My Land


Die Hemel - Elvis Blue


Virginia Lee - Vaarwel my Lief, Vaarwel


David Fourie - Hou My Vas, Stywer Vas


Monique Steyn - Die Boom


Ekskuus Oom - Pierre Rossouw


Almero - Nul Is Nie Niks Nie (met Bouwer Bosch)


Die Heuwels Fantasties - Beloofde Land


Elandré - Dag & Nag


Al Debbo - Wie is Bang vir Daardie Spook


Brendan Peyper - Jy Laat Dit Maklik Lyk

Musiek & liriek | 3 kommentare

Bladsye (1842): [ «    14  15  16  17  18  19  20  21  22  23  24  25  26  27  28  29    »]
Tyd nou: Sa Apr 27 00:23:30 MGT 2024