Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Kalender van Geloftefeeste (Beroep op Afrikaners)
Kalender van Geloftefeeste [boodskap #138269] Do, 21 Oktober 2021 19:04
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Kalender van Geloftefeeste: Beroep op Afrikaners

Graag word langs hierdie weg bekendgestel dat DitsemBlits as elektroniese nuusbrief, gebaseer te Orania, elke jaar ‘n Kalender van Geloftefeeste saamstel van waar dit ookal gehou word, selfs in die buiteland. In 2020 is die Kalender vir die 9de agtereenvolgende jaar saamgestel en gepubliseer en is 175 Geloftefeeste en -dienste gelys, met hul basiese besonderhede.

Hiermee die skakel na die 2020 Geloftefeeskalender. Dit is verlede jaar in digitale formaat wyd deur die Internet versprei.

Dit is die ervaring dat die Geloftefeeskalender as enig van sy soort Afrikaners opnuut motiveer om die Gelofte van Bloedrivier na te kom en hulle aan te moedig om 'n Gelofteherdenking by te woon. Dit is veral geldig in die kritieke tye en omstandighede waarin die Afrikaner homself tans bevind.

In die lig hiervan neem ons vrymoedigheid om ook langs hierdie weg ’n beroep te doen op elkeen wat op 16 Desember betrokke is by die herdenking van die Gelofte en wie se fees of diens nie in die 2020 Kalender gelys is nie, om ons te laat weet van jul betrokkenheid en om basiese besonderhede daaromtrent te verstrek.

Alternatiewelik, indien jy net weet van iemand wat moontlik betrokke is by die herdenking van ‘n Geloftefees of –diens, stuur vir ons die naam en kontakbesonderhede van sodanige persoon, asb. Vir die 2021 Geloftekalender sal antwoord nie later nie as 27 Oktober waardeer word.

Ons wil ook onder aandag bring dat ‘n spesiale Facebook Groep geskep is vir die Gelofte van Bloedrivier en dat almal wat met mekaar daaroor wil deel, dit kan doen by hierdie skakel.

Kontakbesonderhede by DitsemBlits:

Micaela Jacobs
gelofte@ditsem.net
WhatsApp 071 558 0855

Kantooradres:
Oranje Eggo S39
Orania
Vorige onderwerp: Jonk, Wit, En Onwelkom in Suid-Afrika
Volgende onderwerp: Nasionale Staat van Inperking
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 17:08:40 MGT 2024