Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrika Digkuns

Ma, 05 Julie 2021 12:59

Afrika Digkuns
(outeur onbekend)

Dit was 'n diep stil donker nag.
Ver poep 'n Boesman sag.
Met dowwe geplof,
val 'n drol in die stof.
Maar o wee,
hoor ek 'n geskree.
Die Boesman het sy hol...
met 'n kaktus afgevee!

Prosa & poësie | 0 kommentare

28 gebruike vir die Afrikaans woord "moer"

Do, 17 Junie 2021 12:32

Hier is 28 gebruike vir die Afrikaans woord "moer" (soos op Twitter gedeel):

1. Verbasing: Wat die moer?
2. Opgee: De moer hiermee.
3. Moeilikheid: O Moer!
4. Sukkel: Hoe de moer moet ek dit verstaan!
5. Verwarring: Wat de moer!
6. Verdwaal: Waar die moer is ons?
7. Aggressie: Ek moer jou!
8. Belofte: Jy gaan gemoer word.
9. Ongeloof: Nie 'n moer nie!
10. Waarskuwing: Pasop, sy's die moer in.
11. Pyn: Eina Moer!
12. Onsimpatiek: Ek gee nie 'n moer om nie!
13. Ontkenning: Not de moer!
14. Aanwysing: Vlieg in jou moer!
15. Suspisie: Wie de moer is jy!?
16. Admirasie: Dis nou moer mooi!
17. Afguns: Ag, sy moer!
18. Misnoeë: Sies moer!
19. Twyfel: Ek weet nie wat de moer om te doen nie.
20. Tydsberekening: Moer lank.
21. Afstandsmeting: Moer ver.
22. Hoogtebepaling: Moer hoog.
23. Dieptebepaling: Moer diep.
24. Paniek: Ek's moer laat!
25. Vreugde wense: 'n Moerse lekker naweek vir jou!
26. Roep: Kom hier jou moer !
27. Stukkend: In sy moer in!
28. Eskom: Moer toe.

Enige wat hulle gemis het?

Humor & grappe | 0 kommentare

Ou groen Afrikaanse Kinderensiklopedie van die sestigerjare

'n Gedeelte van die boek bevat volksverhale en sprokies van reg oor die wêreld ; Sa, 12 Junie 2021 11:08

'n Gedeelte van die 1 boek bevat volksverhale en sprokies van reg oor die wêreld. Ek sal dit graag weer wil lees. Kan iemand my asseblief help?

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Oom Hans

Inligting oor oom Hans; Ma, 07 Junie 2021 09:16

Kan iemand asseblief vir my sê of oom Hans (laaste pos in 2000) nog leef? Hy het destyds op Koeitjies en kalfies die kostelike storie van Dopsteekhoogte en die Robbertses van Outjo geskryf. Ek sal baie graag met hom (of dalk van sy kinders of familie) wil kontak maak - ek wil toestemming vra om bogenoemde storie in my volgende boek in te voeg.

Abel

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tiener seun boeke

Afrikaanse aksie of suspensie; Sa, 15 Mei 2021 07:47

Goeie more ek is opsoek na tiener seun boeke.

Boeke, tydskrifte & koerante | 2 kommentare

Gratis EBoek

Kwelvra; Di, 16 Februarie 2021 09:32

Ek gee gratis eboek weg met alledaagse kwelvrae:

Almal worstel met alledaagse kwelvrae bv:

Hoekom verhoor God nie my gebede nie?

Kan ek gelukkig wees hier op aarde?

Waar was God toe dit sleg met my gegaan het?

En vele meer .....

Whatsapp my by 0810951009 om U kopie te verkry

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

"Brick Wall" met voorouers

Hoe om my voorvaders te vind wat weg kruip?; Di, 09 Februarie 2021 14:58

Goeie dag almal

Ek sit al vir 'n geruime tyd met voorouers wat se inligting of ouers ek glad nie kan opspoor nie. Dit is ongelooflik frustrerend om al die oop spasies op my "ancestor chart" te sien.

Ek sukkel vir al met my Louwrens, Nel/Nell, de Klerk, Lubbe, Opperman, Brits, Heymans en Strydom voorouers.

Enige raad of hulp sal waardeer word.

Dankie byvoorbaat
Netta

Genealogie & famieliesake | 0 kommentare

huistoe

huis toe; Wo, 27 Januarie 2021 16:40

As jy hier uitgekom het, is jy uitgevang!

Daar is nie 'n woord soos "huistoe" nie, "huis toe" word as twee woorde geskryf.

Die reël is dat "toe" met 'n selfstandige naamwoord los geskryf word. Voorbeelde hiervan is: dam toe, dorp toe, fliek toe, huis toe, Kaap toe, strand toe, ens.

Die verwarring ontstaan omdat "toe" saam met 'n bywoord vas geskryf word, soos agtertoe, binnetoe, boontoe, buitetoe, ondertoe, soontoe en vorentoe.

Onthou: toe + s.nw. = los, maar toe + bw. = vas!

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Afrikaanse vertaling vir "I'll drink to that"

Ma, 25 Januarie 2021 19:02

Ek het gedink aan iets soos: " 'n Glasie op dit klink.", maar dalk is daar 'n beter Afrikaanse term.

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

Politiek

Vr, 22 Januarie 2021 08:26

'n Blinde haas loop 'n blinde slang tee.
Hulle groet beleef en die slang vra: "Kan ek maar voel wat jy is?"
Hasie: "Ja!"
Slang: "Jy is sag, wollerige stert en lang ore. Jy is 'n hasie!"
Hasie knik en sê, "laat ek voel".
Hasie: "Jy is koud, glibberig en het geen voet om op te staan nie. Jy is 'n politikus!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    15  16  17  18  19  20  21  22  23  24  25  26  27  28  29  30    »]
Tyd nou: Wo Apr 24 16:36:08 MGT 2024