Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Kennisgewings » Soekfunksie (Soek en jy sal vind)
Soekfunksie [boodskap #138265] Do, 21 Oktober 2021 11:20
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Soekenjins soos Google werk taamlik goed, maar weens die grootte van hierdie webwerf, kan hulle onmoontlik nie al die inligting wat ons bied indekseer nie. Vir dié rede het ons moeite gedoen om seker te maak dat die werf se soekfunksie goed werk.

Om vir iets te soek, tik doodgewoon die woord of frase in die relevante veld en druk 'enter' om die resultate te sien. As u te veel resultate kry, beperk die soektog verder. Maak o.a. seker u in die regte forum soek. As 'n mens 'n grappie soek, gaan jy dit byvoorbeeld nie in die woordeboek kry nie.

As daar geen resultate is nie, sal ons die soekfrase se spelling nagaan en voorstelle maak.
As voorbeeld, soek vir iets soos "eetlepel", maar laat een van die e's uit.
Die resultaat is: Bedoel u: eetlepel eetplek...

Vir blokkiesraaisels, gebruik "_" om 'n enkele karakter uit te laat en "%" vir 'n hele greep.
As voorbeeld, watter woord pas "_ar_lo_p"?
Kyk self by http://gesellig.co.za/s/_ar_lo_p
Vorige onderwerp: Argivering van Afrikaanse inligting
Volgende onderwerp: Radio Stasies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:45:30 MGT 2024