Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Afrikaanse Wikipedia - 20 jaar later

Sa, 16 Januarie 2021 18:55

Wikipedia word vanjaar 20 jaar oud. Die aanlynensiklopedie is in 2001 begin, maar daardie jaar het slegs 'n enkele gebruiker 'n handvol Afrikaanse artikels geskep. Dié baanbreker was Michel Clasquin van Unisa se Departement Godsdienswetenskap (gebruiker Clasqm) wat op 16 November 2001 artikels soos "Wikipedia:Hoe om ’n nuwe bladsy te skep", "Hindoeïsme" en "Godsdiens" opgelaai het.

Op sy gebruikersblad spog hy: "Nou ja, as 'n mens dan so 'n klein bietjie jou eie beuel kan blaas, dan kan ek seker maar sê dat ek die eerste ou was om hier bydraes te begin maak! Ja, die blerrie kaaskop was toe almal voor!" Hier is 'n lys van sy eerste bydraes:

BLADSY                        GEBRUIKER DATUM
Ego                           Clasqm    2001-11-20 19:30:08
Super-Ego                     Clasqm    2001-11-20 19:29:49
Id                            Clasqm    2001-11-20 19:28:54
Sigmund_Freud                 Clasqm    2001-11-20 19:26:27
Psigiatrie                    Clasqm    2001-11-20 19:17:47
Sielkunde                     Clasqm    2001-11-20 19:11:14
Opera                         Clasqm    2001-11-19 18:07:05
Uitvoerende_kunste            Clasqm    2001-11-16 23:05:14
Beeldende_kunste              Clasqm    2001-11-16 23:00:54
Biologie                      Clasqm    2001-11-16 22:57:18
Clasqm                        Clasqm    2001-11-16 22:50:40
Recentchanges                 Clasqm    2001-11-16 22:48:32
Godsdiens                     Clasqm    2001-11-16 22:31:40
Hindoeïsme                    Clasqm    2001-11-16 22:30:18
Redigeringsinstruksies        Clasqm    2001-11-16 21:01:29
Hoe_om_’n_nuwe_bladsy_te_skep Clasqm    2001-11-16 20:56:30

Die daaropvolgende jaar, in 2002, is ± 82 Afrikaanse artikels bygevoeg. Die aktiefste gebruiker was Jak wat ongeveer 40 artikels geskep het. Die res van die artikels is deur anonieme gebruikers opgelaai.

In 2003 het die Afrikaanse Wikipedia begin vlamvat en is daar meer as 700 ekstra artikels geskep. Die sterre van die jaar was gebruikers Rob Hooft, Brion VIBBER en Andre Engels. Dit is ook die jaar wat gebruikers Jcwf en Greenman aangesluit het, wat later legendes in eie reg sou word.

In 2004 word die 1000-kerf verbygesteek. Gebruiker Alias skep 453 artikels, Faresh 201, Dewet 178, Renier Maritz 103, en die lys gaan so aan.

In 2005 sien ons die eerste wysiging van gebruiker Voyageur en in 2006 word die 5000ste artikel geskep. Die res is redelik goed gedokumenteer.

Vandag beskik die Afrikaanse Wikipedia oor meer as 95 000 artikels en is dit die 71ste grootste Wikipedia volgens die getal artikels. Daar word tans hard gewerk om die 100 000ste artikel voor 15 November, die wiki se 20ste verjaarsdag, te bereik.

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Argivering van Afrikaanse inligting

Ma, 14 Desember 2020 12:14

Indien u oor Afrikaanse inligting beskik wat geargiveer moet word, laat ons asseblief weet. Of dit nou 'n ou boek, artikels of besprekings is, ons sal graag wil help om dit op die Internet te bewaar. Dit geld veral vir inligting wat nog nie op die Internet beskikbaar is nie, asook inligting op bestaande webtuistes wat die eienaar nie meer kan of wil onderhou nie.

Groete.
Administrasie

Kennisgewings | 0 kommentare

E-boeke

Aflaai van e-boeke; Do, 10 Desember 2020 16:30

Hoe gaan ek te werk as ek e-boeke wil aflaai?

Boeke, tydskrifte & koerante | 1 kommentaar

Afrikaanse vertaling vir "mileage"

. . . Sien onderwerp; Do, 10 Desember 2020 14:35

Goeiedag

Ek is natuurlik opsoek na die Afrikaanse vertaling vir die Engelse woord "mileage". Die "mileage" waarna ek verwys is 'n voertuig se hoeveelheid kilometers afgelê. Google translate sê dit is eenvoudig "kilometers" en Pharos se tweetalige woordeboek sê dit is "afstand" of "mylgeld", maar sekerlik is nie een van hierdie vertalings reg nie.

By voorbaat dank.
Tipe_Roelf

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

Nuwe gratis e-boeke

Om boeke in te stuur vir plasing by gratis boeke; Di, 08 Desember 2020 10:55

Ek het 'n paar boeke geskryf. Ek wil verneem of ek van hulle (3) kan instuur om by die gratis boeke ingesluit kan word. Indien wel, sal ek wil weet hoe om te werk te gaan en wat die adres sal wees.

Boeke, tydskrifte & koerante | 2 kommentare

Ken Jy Die Land

Di, 01 Desember 2020 11:54

Ken Jy Die Land (Kennst du das Land)
Musiek: Friedrich Heinrich Himmel
Oorspronklike lerieke: Johann Wolfgang von Goethe
Woorde: C.F. Visser (J.B. Wessels)
Samestelling: Ivan Rebroff

Ken jy die land waar die Boerevolk woon
land met sy berge, terrasse gekroon;
land met sy ruimtes so wyd en so vry?
Aai-hai, dis die land, dis die wêreld vir my!

Refrein:
Ken jy die land?
Ken jy die land?
Ken jy die land waar die Boerevolk woon?
Ken jy die land waar die Boerevolk woon?
Aai-hai, dis my land dis my Suid-Afrika!

Ken jy die land waar die Springbokke bly:
land met sy troppe, sy kuddes aan wei,
land met sy gasvrye wonings daarby?
Aai-hai, dis die land, dis die wêreld vir my!

Refrein:
Ken jy die land?
Ken jy die land?
Ken jy die land waar die Boerevolk woon?
Ken jy die land waar die Boerevolk woon?
Aai-hai, dis my land dis my Suid-Afrika!

Ken jy die land met sy sonlig, sy veld;
land met sy spore van Voortrekker held,
land met sy stemme, diep stemme wat vra?
Aai-hai, dis die land, dis my Suid-Afrika!

Refrein:
Ken jy die land?
Ken jy die land?
Ken jy die land waar die Boerevolk woon?
Ken jy die land waar die Boerevolk woon?
Aai-hai, dis die land dis my Suid-Afrika!

Musiek & liriek | 0 kommentare

Gatte van Vergelyking

Sa, 07 November 2020 09:10

My oupa is 'n kromgat.
My ouma is 'n bromgat.
My mamma is 'n klagat.
My papa is 'n luigat.
My boetie is 'n wintgat.
My sussie is 'n wipgat.
Die baba is 'n stinkgat.
Maar jy, my maatjie, is bakgat!

Humor & grappe | 0 kommentare

omverskoning

om verskoning; Do, 29 Oktober 2020 11:11

As jy hier uitgekom het, is jy uitgevang!

Daar is nie 'n woord soos "omverskoning", of nog erger "onverskoning", nie.

'n Mens kan in Afrikaans verskoning vra of om verskoning (twee woorde) vra vir iets.

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Karmenaaitjie, karbonaaitjie, karnaaitjie

So, 04 Oktober 2020 07:06

Kan iemand help om die verskille in bg. woorde uit te lig. Of is hulle eintlik dieselfde ding?

Hier is 'n groot gestryery aan die gang Very Happy Kan iemand help om die verskille uit te lig asb.

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

Hulp met ontleding van gedig:Liefdeswoord deur Antjie Krog

Wo, 30 September 2020 06:40

Enige hulp asb. Moet 'n student help ontleed.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    16  17  18  19  20  21  22  23  24  25  26  27  28  29  30  31    »]
Tyd nou: Wo Apr 24 23:00:47 MGT 2024