Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Biltong

Sa, 19 September 2020 07:52

Afrikaanse meisies is soos 'n goeie stuk biltong...
... die lekkeres het altyd so 'n titseltjie vet aan.

Humor & grappe | 1 kommentaar

Rook

Vr, 18 September 2020 21:44

'n Vriend van my was 'n kettingroker.

Na baie moeite het hy gelukkig opgehou - hy rook deesdae eerder sigarette.

Humor & grappe | 0 kommentare

Argaïse woorde

Ma, 31 Augustus 2020 11:39

Argaïse woorde

aanbel
aanbelang
aandien
aangeklam
aankomde (volgende, eerskomende)
aapskeloeder
AB-jab
absent
adret
afgedankste
aftob
Algemeenbeskaaf(d) (deesdae standaardtaal)
almiskie
alteveel
altoos
amegtig
ampsbekleder / ampsbekleër
antimakassar
arbeider (werker)
armmansbaadjie
arriewarrie (tot weersiens; vervorming van au revoir (F))
asiel (as ’n inrigting vir kranksinniges)
Avondmaal / Awendmaal
Awend
babbel
badplaas (strandplek)
badskamer
baker
beatnik
bedil
bedilal
bedillerig
bedolwe
bedsermoen
beeldradio
beeldsend
beeltenis
befloers
behoef
bekreun
berokken
beskimmeld
beslote “dit is dan so beslote”
besonke
bestolene
besuide
betoorgrootmoeder
betoorgrootvader
beurtbly
beween
bil
bloubottel
boekanier
boerematriek
bog (vir draai, buiging, kromming)
bombarie
boomgaard
borrie (’n draagbaar om hooi, vrugte ens. te dra)
bors(t)rok
boskasie
braaf (in die Nederlandse sin van goed, deugsaam – ’n Brawe Hendrikkie)
breekwater (dwangarbeid as vonnis)
broekskeur
busseltjie
Chaldeër (in die sin van ’n sterrewiggelaar, of waarsêer)
daag (dag word)
daagliks/daeliks
dag (Ek dag jy weet dit)
dag “voor dag en dou”
dagorde (Neerlandisme vir agenda)
damesgek
dandy
dartel
dato
denk (as ’n werkwoord op sy eie)
derf/derwe
des (van die)
desennium
deser
desnieteenstaande
deurheen
deursig
dia
diapositief
dien (met dien verstande)
dienaar (beampte)
donkiebrekfis
doopgetuie
draadloos (vir radio)
dragonder
drempel (vir ‘n drumpel)
drenk (laat drink)
dubbeljoe
dubbeltjie
duim (lengtemaat)
duit (geldeenheid)
dukaat
durabel
dyn (joune)
eksempel
elkaar
elkers
elpebeen
enerlei
enigerlei
enquête
erd
es (vuurmaakplek)
estimasie
estimeer
faveur
fidusie
fiedel
fiemies
flerrie
foeter
fonograaf
fonogram
fonologie (afdeling in die taalkunde wat handel oor klankveranderinge)
fornuis
fors
fraiing
frank (frank en vry)
friemel
frivoliteit
frivool
frommel
frummels
gaarde
gading
gansegaar
garde (krygsmanne)
gasie
gebelgd
gebroeders
gedoriewaar
geheimskrywer (ou benaming vir sekretaris)
gekog
gekrook
gekurkte (sigaret)
gelaars(d)
gelag (is sy letterlike betekenis van gesamentlike koste van ’n geselskap by ’n kroeg of kafee)
gemak (toilet)
gemakshuisie
gemelik
gener (te ~ tyd)
generale (~ sinode/vergadering)
generlei
genote (~ rus, spyse)
geslaene
gesonge
gestig (inrigting)
gestreng
geswind
gevogelte
gewend
gewrog
ghienie
gimnasium (benaming van enkele skole aan Suid-Afrika)
ginds
ginnegaap
glaas-
goedertieren
goedlags
gomlastiek
gonsel
gopse
gorletbeker, gorletkan
gorletkom
grammofoon
gramradio
groos (trots)
groothertog
haard
haarlaat
haarlemensis, haarlemmerolie
had
hak (kap)
halfkap
halftentwa
halsknopie
halsreg
haperig (twyfelend)
hardepad (vir straf)
hardvogtig
harlaboerla
harmonika
harpenaar
hawer “van hawer tot gort”
hebbe
heel (hy “heel” met ’n sindikaat)
heer (menigte of leër)
heerskaar
heester
hefskroefvliegtuig (helikopter)
heidin
heler (iemand wat “heel”)
hendikep
her (gelede; ook “hierheen”/”herwaarts”)
herbergier
herneutermes
heug
heup “heup en skenkel slaan”
hink-stap-sprong (vir driesprong)
historie
hoepelrok
hoera
hof (vir tuin)
Hooghollands (Nederlands, soos in Suid-Afrika vroeër geskryf en geleer is)
hostel (koshuis)
houthakker
houtjie (tolletjie)
huik
huisvrou (as eggenote)
hygend hert
hyserbediener
ieder
iedereen
imperiaal (papierformaat)
ingesonke
innaai (boekbindery, naaldwerk)
insien (nagaan, deurlees)
introduksie
intyds (betyds)
Jan Sparriewarrie
Jannie se baadjie aanhê
japon
jentelman/jintelman
jingo
jongedame
jongedogter
jongejuffrou
jongeling
jongenskool (seunskool)
jongere
jongetjie
jongslede
juts
kabaal (verbond, samespanning)
kabriolet
kafdoppies
kalamiteit
kaper (seerower)
kapittelstokkie
kaplaars
kardoes “’n bende van Kardoes”
karga
karkis
karnallie
karos
karosserie
karpet
kasarm
kasjet (stempel)
Kaspaas
katderm (vioolsnaar)
katjang ~boontjie, ~ghorrie (grondboontjie)
katlagter (kanon)
katsels
kavalier
kaveer
keldertjie (kissie met likeurflesse)
kemel
kenning
keper
kerkdorp
kerkhuis
kerkvers
keurslyf
kin (vir “ken”)
kindeke
kindere (Die kindere Israels)
kindertuin
kinds (kens)
klapbroek
kleedtafel
kleinhuisie
klereklopper
klipkuil
kloek (dapper)
kloekheid
kloekmoedig
klong
kloot (koeël)
kloset (toilet)
knaap (lessenaar)
knaks
kneding
knee
knikkebol
knoet (Russiese gesel)
knoopstewel
knuis
koen (dapper)
Koerland “van Koerland se vleis eet” (lui wees)
koewertuur
koffiehuis (nie-alkoholiese eet-en-drinkplek in die openbaar)
Kokanje “land van Kokanje” (luilekkerland)
Kolonialer (vir inwoners in Kaapprovinsie tydens Tweede Vryheidsoorlog)
komaf (afkoms)
kommosie
kompanjie (deesdae word slegs Kie. gebruik)
kompanjon
kompleksie
komplimenteus
kondee
konfiture
konfoor
konsensie
konsent
konserf
konserveer
konterfeit (skilder, afbeeld)
konterfeitsel (portret)
kontramine
kontrarie
kooi
koorssiekte (Malaria)
kop of munt (eerder kruis of munt)
kopek
koringharp
korselet
kraam (kraambed)
kras
krawat (ou benaming vir das)
krokodiltrane
kryg (oorlog/stryd)
kryger
kurang
kwerulant
kwispedoor (spoegbakkie)
laaimeester (vragkontroleur)
laars
laken (wolstof)
lakense
land “Die land aan iets hê”
landauer
landheer
langwylig
lasaret (hospitaal vir melaatses)
lasarus (melaatsheid)
lawaaiwater
ledekant
leerjonge
leërskare
leesdiens
leeuin
lemmie (glasalbaster in limonadebottel)
lende (bv. uit die lendene van Abraham)
let (verhinder)
letterbak
letterkas
letterspesie / ~spys
liewerlee “van liewerlee” langsamerhand
limiet
loei
loes (’n loesing gee, pak gee, tugtig)
loodsout
loopjonge
loor “te loor gaan” (verlore raak)
lor
lui (“mense”, tans nog deel van sakelui)
luifel
lukraak
lummel
luns
lunsriem
luttel
luuksueus
lykmaal
maagskap
maaifoerie
magistraat (landdros)
magistratuur
makel (vlek, gebrek)
mandoor
mannin
manuaal (vir handboek)
margine (kantlyn)
marskramer
masjiensetter
mat (Spaanse geldstuk)
matesis (wiskunde)
meester (onderwyser)
meesteres
melksalon
menigwerf
merg
metropolis (moederstad, bv. Kaapstad van Suid-Afrika)
mette “iemand die mette lees”
middelkerk
mikstuur
millibar
mirakuleus
misbakke
misdui
mitsgaders
moede
moedervlek
moerskont (vir vabond)
moestas (snor)
mog
morrie (nooi van ’n eendstert)
mouskakel
my “gedenk myner” (dink aan my)
mylmeter
mylpaal (afstandspaal)
mylwyser
naaister
naak (nader)
nael (spyker)
naelvas (met spykers vasgesit)
nagee
nagkabaai
nagwa
napaadjie
Nataller
Natals
Nederduits (Nederlands)
neef (as aanspreekvorm vir ’n man jonger of min of meer dieselfde ouderdom as jy)
neffens
negosiant (koopman)
negosie
negosiegoed
negosiewinkel
nierknyper (’n soort saal of mansbroek)
nig (as aanspreekvorm vir ’n vrou jonger of min of meer dieselfde ouderdom as jy)
node
noi
nonna
noot (vir neut)
nopens
noppies
Normaal (verkorting van Normaalkollege)
nors/noors
notedop
nu “nu en dan”
nuffie
nummer (vir nommer)
nurks
nutte
nylperd
oblaat (misbrood)
oblietjie
obsoleet
oggendty
olel
olim “in die dae van olim”
omgaande “per omgaande pos”
omnibus (vervoermiddel)
omroep (uitsaaidiens)
omsons (tevergeefs)
onbesuis
onderseeboot / onderseër (duikboot)
ongans
ongewroke
onnosel (naïef)
onpassabel
ontgaan (wangedrag)
ontketen (van kettings bevry)
ontstentenis (afwesigheid)
onverlet
onverskillig (eenders)
onvrye
oopspalk
oorlams
oorlap (oorlel)
oorly (sterf)
oortjie (een kwart van ’n pennie)
opdat (met die bedoeling, sodat)
opgaan (gaan aflê)
opsetting
opskeploer
opwag (staan en wag totdat iemand opdaag)
oragie
orasie
oulap (pennie)
ounooi
oupaaijaan
outa, outata
outomobiel
overgesetsynde
paai (pa, ou kêrel, sukkelaar)
paaiboelie
Padvinder (Boy Scout)
page (hofknapie)
paggerhout
pagter
palissanderhout
pantoen
papa (pappa)
paregorie
parogie
parool (wagwoord)
pendule (klok)
penkop
pennie
perdekrag
peseta
piano (klavier)
pint
pleeg (gewoon wees)
ploeg (versamelnaam vir ’n werkspan; bv. ’n ploeg arbeiders)
ploegbaas (voorman of opsigter van ’n ploeg arbeiders)
plotseling
plunje
poegaai
poliets
portfisiedeur
postiljon
predikaattrein
prikkel (stok waarmee diere aangedryf word)
proefsteen
proewe
promovenda
provenier
ransel (’n rugsak)
rapallie
razzia
rededeel
referte
regentes
regisseuse
register (dag)register
regulus
reikhals
rekel (kwajong)
reken “buite die waard reken” (moeilikhede onderskat)
rekenaar (boek met antwoorde of berekenings of iemand wat knap kan reken)
rekenliniaal
rentmeester (tesourier)
rep (jou haas)
retikule
retirade (toilet)
riempiesvelskoen
riggel
robbies
roepende “soos ’n stem des roepende in die woestyn” (vergelyk Markus 1:3)
Rooie (Engelsman, jingo, Kommunis)
rywiel (fiets)
sabander (weghardloop)
sakkerloot!/sapperloot! (tussenwerpsel)
sameet (fluweel)
sandkoker
scudo
seëpraal / segepraal
seil (as sinekdogee vir ’n skip)
seilklaar (seeklaar)
sekreet (toilet)
sekse (geslag)
selfbevlekking
seminaris
sentenaar
sermoen
sesponder
sesvoeter
sethaak
setmasjien
settery
seur
siekehuis (hospitaal)
siel uittrek
sieltogend (sterwend)
sieltoog
sier (baie klein, uiters min)
sig (voornaamwoord wat “hom”, “haar” of “jou” vervang)
siks “by my siks” (by my siel!)
silisium (silikoon)
siltig
silwerkollekte
sinds
sinjeur
sipier
sjofel
skaak (’n jong vrou ontvoer)
skaftyd (uitskeityd, etenstyd)
skafuur (etensuur)
skalt “skalt en walt” (rondslenter)
skamelbord
skarminkel (lang, skraal mens)
skeet (’n wind laat)
skier (byna, amper)
skooier (rondloper, bedelaar)
skoolkomitee (deesdae “skoolbeheerliggaam”)
skoolmeester (onderwyser)
skoorsoek
skort (voorskoot)
skryfburo (skryftafel)
skryn (kissie)
slaapmus / nagmus
slier
Sluiters “So maer/sleg lyk soos die dood in Sluiters”
smyt
snaar “Met snaar en stramboel (tamboer) reis” (te voetreis)
snee
sneef/snewe
snood (gemeen, slegs, misdadig)
snotkoker
soas (soos)
so-effe (so-ewe)
sokophouer
sollisitant
sollisitasie
sollisitasiebrief
sollisiteer
sosiëteit
sottin
spaaider
Spanjool (vuilsiekte)
spatbord (modderskerm)
speelster (toneelspeelster)
spekskiet
spens
spesie (muntgeld)
spoelkloset (toilet)
sponning
spraakkuns (grammatika)
spraakleer (grammatika)
spreekfilm, spreekrolprent
spreekgestoelte
spreekhoring (vroeër gebruik vir hardhorendes om beter te luister; ook alternatiewe benaming vir megafoon)
springbron, springfontein (natuurlik waterbron waar water uit die grond uitspuit)
springriem (springtou)
spuitvliegtuig (straalvliegtuig)
spys (kos, voedsel)
staak (lang, dun stok; ook ’n tak van ’n familie die gesamentlike afstammelinge van een gemeenskaplike voorouer)
stadhuiswoord; ~term
stede, stee (as wisselvorm vir plek)
stibium (antimoon)
stof (spog)
stonde (uur)
stoornis (steurnis)
stout (dapper)
straatgerug (straatrumoer)
strapasie
strapats
strawasie
streepbroek
striem (dik sweephoustreep oor die vel; ’n haal)
stroef
strykriem
stuiwer (halfpennie)
stukadoor
subiet (dadelik, onmiddellik)
suffrajet
sulks (dit, so iets)
suurkanol (suurknol)
swaelhoutjie (vuurhoutjie)
swagtel
swartlakense
swartmerrie (lokomotief)
sweepkoker
swerkater
swernoot
swets
swetterjoel
synsgelyke
tafellaken
tafereel
taggentig (80)
taverne (herberg)
te syner tyd (op die regte, die bestemde tyd)
teder (vir “teer”)
teekamer (klein restaurant)
teesuiker
tegnikon / technikon
telg
tentkar
tessie
tiekie
tienponder
tierlantyntjies
timmerasie
toemotor (sedan)
toen(t)dertyd
tonteldroog (baie droog)
toorts
towerlantern
tramas
tranedal
tribuut (skatting, belasting)
trippens
trofee (enige buit in ’n oorlog was as oorwinningsteken opgerig word)
twaalfponder
tweeponder
tweewerf
twintigponder
U-boot
uitbrand (berispe)
uitgedag (uitgedink)
uwentwil “om uwentwil” (om u ontwil, ter wille van u)
vaaljapie
vagevuur (vaevuur)
valreeptrap
vanslewe
vedel (viool)
veertigponder
vereers (“vir eers”)
vergaar, vergader (versamel, insamel)
vergader “tot jou vaders vergader word” (sterf)
vergange (verlede; nou die dag, onlangs)
vergif (gif)
vergood
vergote
vergrowwing
verkeke “die kans is verkeke” (die kans is verlore)
verlaas (“vir laas”)
verlet “iets sonder “verlet” (uitstel) doen”
verluid “na verluid”
vermaagskap
vermeester
verordineer
veroulaas (“vir oulaas”)
verskote (verbleikte)
versover (“vir sover”)
verstoor
verswind (verdwyn)
vervas (“vir vas” – ongetwyfeld)
veste (vesting, fort)
vies
viktorie
vleël
vliegmasjien (vliegtuig)
voetbalie
voetpond
voetwreef
volbrag
voldaan (vir kwitansie)
voordese (voorheen)
voorhuis
voorkamer (vir voorhuis)
voorkis
voorskoot
vrind (vriend)
vroeë en (spade) reëns
vroegstuk (ontbyt)
vryster “’n Oue vryster” (oujongnooi)
vuurslag
vuurtessie
vyfduimspyp
vyfponder
waard (herbergier, hotelbaas)
waterfiskaal (iemand wat toesig hou oor leiwatergebruik)
wederdoper
weesheer
wei (weiveld)
werwaarts (waarheen)
wet (skerpmaak)
wetsteen (slypsteen)
win (verkry, toeneem in)
winde (klimop)
wis (het geweet)
witwandband
woelag
woelig
woelwater
wroeg

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

UITROEPWOORDE

So, 30 Augustus 2020 13:21

UITROEPWOORDE

Uitroepe! van verbasing, ongeloof, ontsteltenis, verwondering.

ag nee!
allamagtag!
allamagtig!
allamapstieks!
allamensig!
allawêreld!
allemagtig!
allemensig!
allemintag!
allewêreld!
bid jou aan!
deksels!
duiwel!
duiwelsdood!
gedoriewaar
genugtig!
gits!
goeiste!
gommeslaai!
hete!
hierts!
hygend hert!
inderbloed!
jandoriewaar!
jislaaik!
jitte
klipsteen!
liewe aarde!
liewe ouers!
liewe vader!
magtag!
magtie!
magtig!
mapstieks!
maskas!
mastig!
matjiesgoed!
my hemel!
my magtig!
nou toe nou!
O gaats!
O Griet!
O hel!
O my grote Griet!
O vader!
ongelooflik!
op dees aarde!
so wragtag!
sowaar!
vader ons!
vader weet!
vaderland!
verbrands!
verdomp!
vervlaks!
vervloeks
waaragtig!
wat de joos!
wraggies!
wragtag!
wragtig!
Vul aan asseblief

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

Geheime van sukses

Ma, 03 Augustus 2020 12:30

Geheime van sukses

Die Sfinks het gevra: Wat is die geheim van sukses?

En die Almanak het geantwoord: Bly op datum.
En die Bergspits het geantwoord: Sorg dat jy uitstyg.
En die Besem het geantwoord: Vee weg alles wat in jou pad kom.
En die Boek het geantwoord: Bly op die hoogte.
En die Domino het geantwoord: Sorg dat jy presies weet waar jy inpas.
En die Doringdraad het geantwoord: Moenie laat slaplê nie, al gaan dit ook klereskeur.
En die Duim het geantwoord: Wees uniek.
En die Duimspyker het geantwoord: Hou kop.
En die Gebou het geantwoord: Staan stewig.
En die Gom het geantwoord: Kry 'n goeie ding en klou daaraan vas.
En die Grap het geantwoord: Behou jou sin vir humor.
En die Horlosie het geantwoord: Moenie agterraak nie, want dan haal jy nooit weer in nie.
En die Kam het geantwoord: Behou al jou tande.
En die Kamera het geantwoord: Fokus eers goed, en skiet dan.
En die Knoppie het geantwoord: Druk.
En die Knoop het geantwoord: Moenie los rondhang nie.
En die Koeël het geantwoord: Wees blitsig.
En die Koevert het geantwoord: Noem 'n ding op sy regte naam.
En die Kompas het geantwoord: Hou koers.
En die Leer het geantwoord: Hou aan klim.
En die Lepel het geantwoord: Bly skep.
En die Mes het geantwoord: Bly skerp.
En die Mikrofoon het geantwoord: Laat gedurig van jou hoor.
En die Mikroskoop het geantwoord: Gee aandag aan die klein dingetjies.
En die Motorenjin het geantwoord: Moet nooit lank net luier nie.
En die Pil het geantwoord: Moet nooit bitter raak nie.
En die Posseël het geantwoord: Jy moet bereid wees om ver te gaan.
En die Potlood het geantwoord: Bly by jou punt.
En die Pyl het geantwoord: Wees reguit.
En die Rek het geantwoord: Moenie oorspanne raak nie.
En die Sampioen het geantwoord: Groei! Groei! Groei!
En die Skaal het geantwoord: Wees ewewigtig.
En die Skaduwee het geantwoord: Sorg dat jy naby die grootbaas bly.
En die Son het geantwoord: Bring lig, nie net hitte nie.
En die Steen het geantwoord: Wees hardgebak.
En die Steenkool het geantwoord: Selfopoffering.
En die Ster het geantwoord: Skitter.
En die Tafel het geantwoord: Staan stewig.
En die Tandeborsel het geantwoord: Herkou 'n ding voordat jy dit sluk.
En die Telefoon het geantwoord: Kry antwoorde van die mense by jou.
En die Teleskoop het geantwoord: Kyk ver, al weet jy jy sal nooit daar kom nie.
En die Tol het geantwoord: Om staande te bly, moet jy spoed hê.
En die Toring het geantwoord: Mik wel na die sterre, maar anker jou stewig op die aarde.
En die Troffel het geantwoord: Moenie skrik vir morsige werk nie.
En die Tuin het geantwoord: Moenie laat die vuilgoed groot word nie.
En die Vensterruit het geantwoord: Bly deursigtig.
En die Veer het geantwoord: Gee mee, maar kom terug na die basiese.
En die Verloofring het geantwoord: Sorg dat mense jou sien skitter.
En die Vurk het geantwoord: Moenie jou oorlaai nie.
En die Wilger het geantwoord: Wees so ontspanne as wat jy kan.
En die Wind het geantwoord: Moet nooit gaan lê nie.
En die Woordeboek het geantwoord: Wees sistematies.
En die Wortel het geantwoord: Sorg dat jy lof kry.
En die Ysblokkie het geantwoord: Bly koel.

En hulle had almal reg, maar elkeen slegs op eie beperkte wyse. Wat jy sien, hang naamlik nie bloot af van waarna jy kyk nie; wat regtig tel, is waarmee jy kyk. Daarom is die Oog se raad die beste – dit hang af uit watter hoek jy die ding sien: Bekyk 'n saak van alle kante, en sien dit in perspektief.

Kwinksinnig : Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler. Kaapstad : Tafelberg, 1998 pp. 10 en 11.

Afrikaans, ons taal | 2 kommentare

"Black Lives Matter"-beweging

Vr, 24 Julie 2020 12:20

Hier is 'n interessante video van Steve Hofmeyr oor die "Black Lives Matter"-beweging en sy ywerige kniebuigers:



"Dekades se swart voorkeure kry toe skielik 'n nuwe groen baadjie. Onthou, hulle soek nie MEESTE van jou geld nie. Hulle soek AL jou geld. Siya, Graeme, Francois, Faf en ander sak op die knie af en binne 24 uur word sport - die laaste ding wat ons nog saamsnoer - ons grootste verdeler. En dié wat nie wil buig nie, word summier ge-cancel. Ek vra die BLM beweging, in Suid Afrika en in Amerika, 'n paar vrae oor dié kastige "diskriminasie" teen swartes. Ek vra BLM veral: waarheen hol julle as swartes nie die slagoffers is nie, maar die oortreders en die witbroodjies is?

Die "keuse" om te buig sal voor rugby gestel word en daarna kom dit na 'n sanger na aan jou hart. Dis hoe dit is.
"

Nuus | 0 kommentare

Depressie

'n Geveg waarin baie hulself bevind... ; Sa, 30 Mei 2020 19:05

Onverwags kom jy
onophoudelik!
'n dief in die nag
my drome kom steel
realiteit 'n nagmerrie gemaak
my eens wegbreek na fantasie, ontneem.

die hede
'n spel van 'slangetjies en leertjies'
vir 'n splitsekond - sewende hemel
trappe, geen ruskans of gevestigde fondasie
'n donkerte
geen vuurvliegie in sig - hoe beskryf jy dit?

MAAR
Jy is my skuiling
dié Een, my lewende en standvastige anker
my gedagtes alweer in volgorde geplaas.

Die hemelruim
só rustig
my gelukbringer
en toevlug teen die skreeuende stemme,
keer-op-keer die vier mure probeer oorwin.

Soveel uitdagings
kanse gegee, weer-en-weer
deur storms, diepe waters en winde sterker as dié mensdom
antwoorde, weggesteek en begrawe op die lewenspad
angs, bekommernis, skuld, stres en vrees

My hulp kom net van U.


Prosa & poësie | 0 kommentare

Afrikaanse Radio

Wo, 13 Mei 2020 15:28

/fa/101/0/Dagsê,

Ons het pas 'n radiospeler op die werf beskikbaar gestel waarmee luisteraars vinnig tussen Afrikaanse stasie kan spring. Ons hoop dat mense dit vir agtergrondvermaak kan gebruik terwyl hulle op die internet rondspeel.

Om die speler te aktiveer, kliek op die radio-ikoon regs bo-aan die bladsy. Die speler sal in 'n nuwe venster oopmaak. As dit nie outomaties begin speel nie, kliek op die "Speel"-knoppie. Om van stasie te verwissel, kies bloot 'n nuwe stasie en wag totdat dit begin speel.

Laat weet gerus as u weet van stasies wat ons kan bysit, of hoe ons die speler verder kan verbeter en meer bruikbaar kan maak.

Lekker luister!
Administrasie
(Trefwoorde: radio radiospeler radiostasie radiostasies internetradio Afrikaans Afrikaanse)

Kennisgewings | 0 kommentare

Heraldiese terminologie

So, 19 April 2020 07:52

Die onderstaande lys bevat Engels-Afrikaanse woorde wat algemeen deur die Buro vir Heraldiek gebruik word as hulle blasoene in die Staatskoerant publiseer. Laat weet asseblief as u addisionele terme het wat ons kan bysit, of as enige van die bestaande inskrywings verbeter kan word.

A

Abbaissé — verlaagde
Achievement of arms — wapen
Addorsed — afgewende
Adextre — na regs
Affronté — aansiende
Ancient crown — antieke kroon
Ankh — hengselkruis
Annulet — ring
Appaumé — palm na vore
Argent — silwer
Armed (claws) — genael
Armed (horns) — met horings
Armed (teeth) — getand
Armiger — wapenvoerder
Armigerous — wapenvoerend
Armory — wapenkunde
Arms — wapen
Ascending — opwaarts vlieënd
Asenestre — na links
Astral crown — astrale kroon of sterrekroon
At gaze — aansiende
Attired — met horings
Azure — blou

B

Badge — kenteken
Banded — gebind
Banner — banier
Bar — balk of dwarsbalk
Barbed — gepunt
Barrulet — streepbalk
Barry — gedwarsbalk
Bars gemelles — tweelingbalk
Base — skildvoet
Battle-axe — strydbyl
Beaked — gebek
Bend — skuinsbalk
Bend sinister — linker skuinsbalk
Bendlet — versmalde skuinsbalk
Bendlet sinister — versmalde linkerskuinsbalk
Bendwise — skuinsgeplaaste
Bendwise sinister — linkerskuinsgeplaaste
Bendy — skuinsbalkgewys
Bendy sinister —linkerskuinsbalkgewys
Between ... — vergesel van ...
Bezant — besant
Bezanté — besaai met besante
Billet — blokkie
Billety — besaai met blokkies
Blazon — blasoen
Bleu céleste — hemelsblou
Bordure — skildsoom
Bow (of a key) — ring
Bretessé — aan beide kante gekanteel
Brisure — breuk
Broad fitchy — breedspits geknobbel
Brunâtre — bruin
"Bucket shop" — wapensmous
Bureau of Heraldry — Buro vir Heraldiek

C

Cabled — gekabel
Caboshed — aansiende
Caduceus — merkuriusstaf
Caltrap — voetangel
Canting arms — sprekende wapen
Canton — kanton of vrykwartier
Catherine wheel — Katharina-wiel
Celestial crown — sterrekroon
Chained — geketting
Champagne — skildvoet
Chapé — gekap
Chaplet — krans
Charge — wapenfiguur
Charged with ... — belaai met ...
Chaussé — gekous
Chequy — geskaak
Chevron — keper
Chevronel — streepkeper of versmalde keper
Chevrons coupled — gekoppelde kepers
Chevronwise — kepersgewys
Chief — skildhoof
Chief of religion — geloofskildhoof
Cinquefoil — vyfblaar
Climant — klimmend
Close (wings) — met vlerke gevou
Cloverleaf — gedrieblad teengedrieblad
Coat of arms — wapen
Cogwheel — tandrat
Cogwheel trefly — klawerrat
Coiled — gekronkel
Collared — gehalsband
Colour — kleur
Combatant — toegewend
Compartment — kompartement
Compass rose — kompasroos
Compony — geblok
Conjoined — aanstotend
Contourné — omgewend
Coronet — kroon of kroontjie
Cotised — gerib
Couchant — leggend
Counterchanged — van die een in die ander
Couped (head) — afgesnede
Couped (ordinary) — verkort
Couped close — afgesnede
Courant — in volle ren
Coward — met stert tussen die bene
Crenellated — kanteelvormig
Crescent — wassenaar
Crest coronet — helmkroon
Crined — met hare
Cross — kruis
Cross barbed — pylkruis
Cross botonny — geknopte kruis of klawerkruis
Cross crosslet — herkruiste kruis
Cross fleuretty= geleliede kruis
Cross flory — leliekruis
Cross gably — gewelkruis
Cross humetty — verkorte kruis
Cross moline — ankerkruis
Cross patonce — geleliede kruis
Cross pattee — breedarmige kruis
Cross potent — krukkruis
Crown — kroon

D

Dancetty — hoekig
Debruised — daaroorheen
Demi — halwe
Descending — neerdalend
Dexter — regs
Dexter base — regterskildvoet
Dexter chief — regsterskildhoof
Differencing — differensiering
Displayed (wings) — met uitgespreide vleuels
Dormant — slapend
Double tressure — dubbele streepbinnesoom
Double-headed — dubbelkop
Dovetailed — swaelstertvormig
Dragon — draak

E

Eastern crown — oosterse kroon
Ecimé — afgeplat
Elevated — omhoog of opgehewe
Embattled — gekanteel
Embattled counter-embattled — beurtelings gekanteel
Embattled grady — trapvormig
Embattled pointed — spits gekanteel
Embowed — ingeboë
Embrassé — gekap
Enarched — gewelfd
Enfiled — omwonde
Engrailed — uitgeskulp
Enhanced — verhoogd
Ensigned — getop of oortop
Entwined — omwonde
Eradicated — uitgerukte
Erased — afgerukte
Erect — regopgeplaaste
Ermine — hermelyn
Ermines — teenhermelyn
Escallop — skulp
Escarbuncle — karbonkel
Escartelly — gekantelkeep
Estoile — seester

F

Fess — balk of faas
Fess point — hartpunt
Fesswise — dwarsbalksgewys geplaas
Fillet — streep
Fillet cross — streepkruis
Fillet pall — streepgaffel
Fillet saltire — streepskuinskruis
Filleted — ondersteun
Fimbriated — gefimbrieer of omboor
Firtree-topped — dennetopvormig
Firtwigged — dennetwygvormig
Fitchy — spitsvoetig
Flammant — gevlam
Flanches — die kante rond uitgesny
Fleam — vlym
Fleur de lis — Franse lelie
Fleuretty — lelievormig
Flory — gelelie
Flory counter-flory — gelelie teengelelie
Flotant — wapperend
Forcene — klimmend
Fountain — fontein
Fracted — gebroke
Fraise — aarbeibloeisel
Fret — tralie
Fructed — bevrug
Fur — pels

G

Gably — gewelvormig
Garb — koringgerf
Gardant — aansiende
Garnished — versier
Golpe — purper skyf
Gorged — gekeel
Goutté — druppel
Goutté de larmes — blou druppel
Goutté de poix — swart druppel
Goutté de sang — rooi druppel
Goutté d'eau — silwer druppel
Goutté d'huile — groen druppel
Goutté d'or — goue druppel
Grady — trapvormig
Grand-quarterly — dubbel gevierendeel
Griffin — griffioen
Guidon — wimpel
Gules — rooi
Gunstone — swart skyf
Gyron — geer
Gyronny — gegeer

H

Hauriant — regopswemmend
Helmet — helm
Heraldry — heraldiek
Heraldry Act — Heraldiekwet
Heraldry Council — Raad vir Heraldiek
Hilted — gehef
Honour point — erepunt
Huguenot cross — hugenotekruis
Hurt — blou skyf

I

In fess — naas mekaar geplaas
In frontal view — in vooraansig
In its piety — met haar kuikens
In its vigilance — wat 'n klip in sy regterpoot vashou
In orle — binnesoomsgewys
In pale — paalsgewys geplaas
In saltire — skuinsgekruiste
In umbra — in omtreklyn
Increscent — gewende wassenaar
Indented — uitgetande
Inescutcheon — binneskild
Interlaced — ineengevleg
Invected — ingeskulp
Inverted — omgekeerd
Issuant — uitkomend

J

Jupiter's thunderbolt — bliksemskig

K

Knorched — ingekeep

L

Label — barensteel
Langued — getong
Latin cross — Latynse kruis
Leaved — geblaar
Lodged — rustend
Lozenge — ruit
Lozengy — geruit
Lymphad — galei

M

Maltese cross — Malteserkruis
Maned — met maanhare
Mantling — dekklede
Mark of cadency — breuk
Martlet — merlet
Mascle — malie
Masoned — gemessel
Matriculation — matrikulasie
Membered — gepoot
Metal — metaal
Millrind — meulyster
Motto — wapenspreuk
Mount — rysende grond
Mullet — ster
Mural crown — muurkroon
Murrey — maroen
Muzzled — gemuilband

N

Naiant — swemmend
Naval crown — skepekroon of vlootkroon
Nebuly — gewolkte
Nombril point — skildnawel
Nowy — geknobbel
Nowy gably — gewelvormig geknobbel
Nowy of a Karoo gable — Karoo-gewelvormig geknobbel
Nowy of a trimount — driebergvormig geknobbel
Nowy of an Indian cupola — geknobbel met 'n Indiese koepel

O

Ocellated — geoog
Ochre — oker
Ogress — swart skyf
Ondoyant — slangsnitsgewys
Or — goud
Orange (colour) — oranje
Orange (roundel) — oranje skyf
Ordinary — heroutstuk
Orle — binnesoom
Overall — oor alles heen

P

Pale — paal
Palewise — paalsgewys
Pall — gaffel
Pallet — versmalde paal
Paly — gepaal
Partition line — snylyn
Passant — gaande
Pean — teen-goudhermelyn
Pellet — swart skyf
Pendent — hangend
Pennant — wimpel
Per bend — skuinsgedeel
Per bend sinister — skuinslinks gedeel
Per chevron — kepersgewys deursnede
Per chevron coupled — tweeling-kepersgewys
Per chevron grady — trapvormig kepersgewys
Per chevron reversed — omgekeerd kepersgewys
Per fess — deurgesny
Per pale — gedeel
Per pall — gaffelsgewys
Per saltire — skuinskruislings of skuins gevierendeel
Pheon — breë pylpunt
Pied at random — in natuurlike kleur gekol
Pierced — deurboorde
Pile — punt
Piles in point — punte aanstotend of punte na 'n punt
Pilewise — puntsgewys
Pily — puntig
Plate — silwer penning of silwer skyf
Ployé — ingeboë
Pomme — groen skyf
Pommelled — geknop
Portcullis — valhek
Potent — kruk
Prancing — pronkend
Preying — aasend
Proper — van natuurlike kleur
Purpure — purper

Q

Quadrate — vierkantig verdik
Quarterly — gevierendeel
Quatrefoil — vierblad
Queue fourché — met gesplete stert

R

Raguly — knoetsig
Rampant — klimmend
Rayonné — vlamvormig
Regardant — omsiende of terugkykend
Registration certificate — wapenbrief
Respectant — toegewend
Reversed — omgekeerd
Risant — opstygend of opvlieënd
Rod of Aesculapius — Eskulaapstaf
Rompu — gebroke
Roundel — skyf

S

Sable — swart
Salient — klimmend
Saltire — skuinskruis
Saltirewise — skuinskruisgewys geplaas
Saltorel — klein skuinskruis
Sawtoothed — saagtandvormig
Seeded — geknop
Segreant — klimmend
Sejant — sittend
Semé of ... — besaai met ...
Serpentine — slangsnitsgewys
Shakefork — verkorte gaffel
Shield — wapenskild
Shield thong — skildriem
Shod — gekous
Sinister — links
Sinister base — linkerskildvoet
Sinister chief — linkerskildhoof
Slipped — gestingel of gesteel
Springing — springend
Standard — standaard
Star cross — sterkruis
Statant — staande
State Herald — Staatsheraldikus
Stoned — besette
Storming — stormend
Supporter(s) — skildhouer(s)
Surmounted by — daaroorheen

T

Tau cross — taukruis
Tenné — oranje
Throughout — deurlopend
Tierced — in drie
Tierced in pall (pairle) — gaffelsgewys
Tierced in pall (pairle) reversed — omgekeerd gaffelsgewys
Tierced per fess — deursnede in drie
Tierced per pale — gedeel in drie
Tincture — kleur
Torteau — rooi skyf
Trefly — gedrieblad
Trefly counter-trefly — gedrieblad teengedrieblad
Trefoil — drieblad
Tressure — streepbinnesoom
Trimount — drieberg
Trippant — gaande

U

Unguled — gehoef
Unicorn — eenhoring
Urdy — palisadevormig
Uriant — duikend
Usurpation — wapenoorname

V

Vair — vair
Vambraced — gepantser
Vert — groen
Vested — gekleed
Voided — geledig
Volant — vlieënd
Vulned — gewond
Vulning — wat haarself wond

W

Ward (of a key) — baard
Wavecrested — golfkruinvormig
Wavy — golwend
Winged — gevleuel
Wreath (of leaves etc) — krans
Wreath (on helmet) — wrong
Wreathed — gewrong (geween) of omwonde (blare, ens.)
Wyvern — gevleuelde draak

Genealogie & famieliesake | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    17  18  19  20  21  22  23  24  25  26  27  28  29  30  31  32    »]
Tyd nou: Vr Mar 29 11:46:25 MGT 2024