Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

God se brug na die ewige lewe

Sa, 31 Augustus 2019 15:54

God se brug na die ewige lewe
https://afrikaans.gods-bridge.com

Geloof & kerksake | 0 kommentare

My Stories Begin As Letters

So, 25 Augustus 2019 20:18

Ek weet nie waar dit vandaan kom nie, maar die gedig kan in Afrikaanse en in Engels gelees word.
Probeer gerus:

MY STORIES BEGIN AS LETTERS

My pen is my wonderland.
Word pen in my hand.
In my pen is wonder ink.
Stories sing. Stories blink.

My stories loop. My stories stop.
My pen is my wonder mop.
Drink letters. Drink my ink.
My pen is blind. My stories blink.

Prosa & poësie | 2 kommentare

Skoonma is weg

So, 04 Augustus 2019 19:38

Op sy aandrang is Koos se vrou en skoonma saam met hom op 'n jagtog in die Kalahari.
Die eerste nag maak sy vrou hom paniekbevange wakker.
"Mammie is weg!"
Koos vat sy geweer en met sy vrou agterna stap hy die donker in. Nie ver van die kamp af nie gewaar hulle sy skoonma, rug teen die boom met 'n leeu wat vir haar staan en gluur.
"Ag jittetjie tog!" gil Koos se vrou.
"Wat gaan ons nou doen?"
"Niks nie!" sê Koos kalm.
"Daai leeu het homself in die gemors gekry, hy kan homself daar uitkry!"

Humor & grappe | 5 kommentare

Melkkos

So, 28 Julie 2019 19:14

Bestanddele:

200ml meel
Knippie sout
4 koppies melk
2 eetlepels botter
Kaneelsuiker

Metode:

Sif die meel en sout saam en maak dit klam met 'n bietjie water (vryf tot groot krummels).
Verhit die melk en botter in 'n kastrol.
Verlaag hitte sodra dit begin kook en voeg die mengsel by.
Prut vir 5 tot 10 minute tot gaar, maar roer aanhoudend want melk brand gou.
Bedien warm met kaneelsuiker.

Kaneelsuiker:
Meng 60ml suiker en 10ml fyn kaneel.

Kos & resepte | 0 kommentare

Seaborne-familie

Ek is opsoek na informasie van die Seabornes; Vr, 26 Julie 2019 13:24

Hi julle

Ek is opsoek na informasie oor die Seabornes. Ek het my familie getrek tot by 1867, maar kom nie verder nie.
Ek het die volgende, ek begin met my pa:

Ronald Edward Francis Seaborne - 1962
Alfred Edward Francis Seaborne - 1932-1986
Alfred William Seaborne - 1905-1979
Edward William Seaborne - 1867-1931

Ek het geen informasie oor die laasgenoemde se ouers nie.
Kan enige iemand dalk help?

/fa/95/0/

Genealogie & famieliesake | 0 kommentare

Opgefrommelde kar

So, 14 Julie 2019 08:32

"Skattie, het jy al ooit ‘n opgefrommelde R20-noot gesien?" vra die vrou.
"Nee," sê haar man.
Sy haal 'n R20-noot tussen haar borste uit.
"Skattie, het jy al ooit 'n opgefrommelde R50-noot gesien?" vra vroulief.
"Uh, nee," sê hy so 'n bietjie meer nuuskierig.
Sy gee hom weer so ‘n stoute knipoog en steek verleidelik haar hande voor by haar panty in en trek 'n gefrommelde R50-noot uit.
"Sê my. het jy al ooit R300,000-noot opgefrommel gesien?"
"Nee," sê hy nou regtig al erg opgewonde!!!
"Wel, gaan kyk dan in die garage..."

Humor & grappe | 0 kommentare

Voer sakke polypropylene bags

Voer sakke; So, 14 Julie 2019 08:29

Ons verkoop gebruikde voer sakke
50kg en 500kg

Kontak ons gerus op 0662130165 vir pryse

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Gevaarlike gholf

So, 07 Julie 2019 13:00

Twee vroumense speel gholf.
Die eerste een slaan af en kyk in afgryse hoe haar bal reguit na 'n groepie mans daar naby trek.
Die bal tref die een man en onmiddellik slaan hy sy hande tussen sy bene saam en val op die grond.
Die vrou hardloop geskok na die man en sê:
"Ek is verskriklik jammer, ek is 'n fisio en as jy my toelaat kan ek probeer om die pyn te verlig!"
"Dit is okay, ek sal oor ‘n paar minute dalk weer reg wees," kreun die man, terwyl hy steeds opgekrul lê met sy hande tussen sy bene.
Die vroutjie voel baie sleg en op haar aandrang laat hy haar toe om te help.
Sy neem versigtig sy hande weg, maak sy gulp oop en sit haar hand in.
Sy gee hom 'n baie sagte massering en vra vir hom: "Hoe voel dit nou?"
"Ek voel baie beter, maar ek dink nog steeds my duim is gebreek!"

Humor & grappe | 0 kommentare

URL skakeling

Direkte skakeling na artikels; So, 07 Julie 2019 08:31

As mense direk na 'n spesifieke onderwerp wil skakel, maar nie die vooraf die URL ken nie, kan die volgende formaat gebruik word:

http://gesellig.co.za/t/[onderwerp]; of
http://gesellig.co.za/t/[forum]:[onderwerp]


So 'n paar voorbeelde, ter illustrasie:

Skakel na die artikel met onderwerp "a":
http://gesellig.co.za/t/a

As daar meer as een artikel met dieselfde naam bestaan, plaas 'n gedeelte van die forum se naam vooraan:

"Seeleeu" in die woordeboek: http://gesellig.co.za/t/w:seeleeu
"Seeleeu" in die ensiklopedie: http://gesellig.co.za/t/e:seeleeu

Kennisgewings | 0 kommentare

Paul Eilers

Sa, 29 Junie 2019 07:48

Paul Eilers (~1945 – 28 Junie 2019) was 'n gevierde Afrikaanse akteur en regisseur. Hy is bekend vir sy TV-rolle in programme soos Sonkring, Vyfster (as Polka) en Die dood van Elmien Adler. Daarnaas het hy in talle rolprente gespeel, soos die rol van At in Dominee Tienie. Voor sy dood het hy veral naam gemaak as die regisseur van rolprente soos Stuur groete aan Mannetjies Roux, Verraaiers en Roepman.

Eilers het in 1963 by die Johan Fourie-toneelgeselskap (teatermaatskappy) aangesluit en vir 3 jaar saam met hulle deur die land getoer. Hy was hulle maatskappy- en verhoogbestuurder, maar het ook as byspeler uitgehelp. Tussen 1963 en 1972 het hy vir al die uitvoerende kunsterade gewerk as verhoogbestuurder, akteur en regisseur. Hy het talle optredes vir KRUIK (Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste) gedoen en was in die jare 1968-1970 een van SUKOVS (Streeksraad vir die Uitvoerende Kunste van die Oranje-Vrystaat) se steunpilare.

In 1972 het hy by die Afrikaanse diens van die SAUK in Johannesburg aangesluit. In 1981 word hy 'n radio-aankondiger, TV-akteur en regisseur. Hy was ook die bemarkingsbestuurder van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vanaf 1996. In die vroeë 1990's het hy na die verhoog teruggekeer. So ook in 2005, na 'n afwesigheid van 20 jaar, het hy weereens verhoogwerk gedoen.

Eilers het van 1995 tot met sy dood op Oudtshoorn in die Wes-Kaap gewoon. Op 28 Junie 2019 is sy dood in die plaaslike koerant Die Hoorn aangekondig. Hy was 74 jaar oud en is vermoedelik aan 'n hartaanval (pulmonêre embolisme) oorlede. Hy laat sy vrou, Marina, en 'n seun, Paul (jr.), agter.

Nuus | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    20  21  22  23  24  25  26  27  28  29  30  31  32  33  34  35    »]
Tyd nou: Vr Mar 29 09:52:20 MGT 2024