bladwisselend [boodskap #146442] |
Do, 12 September 2024 16:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20344 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bladwisselend
Afbreking: blad•wis•se•lend
Samestelling: blad + wissel + -end
Byvoeglike naamwoord: bladwisselend
Attributief: bladwisselende
Betekenis:
• Wat jaarliks sy blare afgooi.
Gebruik:
• 'n Bladwisselende boom mors in die herfs, terwyl 'n immergroen boom die hele jaar blare mors.
Antoniem:
• immergroen
Vertaling:
Engels: deciduous
Nederlands: bladverliezend, loofverliezend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|